Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » F9/11
F9/11 [boodskap #98726] So, 26 September 2004 05:29 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het dit toe gaan kyk, en ek is nie verbaas dat 'n expat in Kanada op 'n
ander forum, nadat hy verklaar het dit is net anti-Bush propaganda, nie kon
sê wat getoon is is 'n versinsel nie.
Behalwe vir die verminktes van albei kante wat baie erg was, en die ma wat
van 'n trotse ondersteuner van die inval handomkeer verander het na haar
kind se dood, was daar twee feite wat my baie hard laat wonder of daar
werklik 'n opposisie in die VSA is.
1) Na die 2000 verkiesing, moes die afdelings wat beswaar gemaak het teen
die uitslag, die beswaar laat onderteken deur 'n senator om 'n behoorlike
hertelling te berwerkstellig. Nie een enkele senator het enige van die talle
besware onderteken nie.
2) Van die 565 kongreslede, is daar slegs een lid wat 'n familielid het wat
in Irak veg.

--
Groetnis
Annette
Re: F9/11 [boodskap #98728 is 'n antwoord op boodskap #98726] So, 26 September 2004 06:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
> Ek het dit toe gaan kyk, en ek is nie verbaas dat 'n expat in Kanada op 'n
> ander forum, nadat hy verklaar het dit is net anti-Bush propaganda, nie kon
> sê wat getoon is is 'n versinsel nie.
> Behalwe vir die verminktes van albei kante wat baie erg was, en die ma wat
> van 'n trotse ondersteuner van die inval handomkeer verander het na haar
> kind se dood, was daar twee feite wat my baie hard laat wonder of daar
> werklik 'n opposisie in die VSA is.
> 1) Na die 2000 verkiesing, moes die afdelings wat beswaar gemaak het teen
> die uitslag, die beswaar laat onderteken deur 'n senator om 'n behoorlike
> hertelling te berwerkstellig. Nie een enkele senator het enige van die talle
> besware onderteken nie.
> 2) Van die 565 kongreslede, is daar slegs een lid wat 'n familielid het wat
> in Irak veg.
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
>
>

Die storie rondom leiers wie se kinders nie in oorloë veg nie, dink ek
jy sal maklik vind dit is regoor die wêreld die tendens. Die politieke
elite is almal so en jy kan gerus op grond van daardie argument maar die
regerings van Duitsland, Frankryk ensovoorts aanvat. Baie van F9/11 is
maar die alledaagse wat opgedis word as die fantastiese. Byvoorbeeld aan
die begin waar hulle wys hoe die politici hulle hare regkry vir TV
onderhoude en Moore jou laat dink die ouens is opperste dose! Die
waarheid is dat alle hoë-profiel politici in die wêreld daardie roetine
het. Bush en kie is nie uniek nie. Selfs die ou wat sy kam nat lek is
nie uniek nie. Baie ANC (en ander) politici doen dit elke keer wat
"Parlement Live" uitgesaai word. Kortbroek lyk permanent of hy dit
doen... ;o)

Moore noem nie dat Ossama deur sy familie verstoot is voor 9/11 nie. Hy
maak al die Bin Ladens uit as skurke net omdat hulle familie is van
Ossama en omdat hulle vriende is van Bush. Gloudina van alle mense (wat
so hoog heilig propageer hoe liberaal sy is) sal die arme ou mos naby
aan eie boesem hou en beskerm teen die wrede veralgemenings. Maar omdat
die veralgemenings van sogenaamde liberale kant kom is Bush mos die pes
vanself.

Moore is daarop uit om Bush te beseer. Dis sy doel en dit is wat hy van
die staanspoor af bedoel het om te doen. Hy weet ook hy gaan stink ryk
word uit die "dokumentêr"! Moet nie vergeet nie net omdat jy stories
vertel word van "wag the dog" beteken nie jy word nie op die oomblik ge
"wag" nie...

Groete
Plato
Re: F9/11 [boodskap #98740 is 'n antwoord op boodskap #98726] So, 26 September 2004 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:cj5ldd$p3j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
Ek het dit toe gaan kyk, en ek is nie verbaas dat 'n expat in Kanada op 'n
ander forum, nadat hy verklaar het dit is net anti-Bush propaganda, nie kon
sê wat getoon is is 'n versinsel nie.
Behalwe vir die verminktes van albei kante wat baie erg was, en die ma wat
van 'n trotse ondersteuner van die inval handomkeer verander het na haar
kind se dood, was daar twee feite wat my baie hard laat wonder of daar
werklik 'n opposisie in die VSA is.
1) Na die 2000 verkiesing, moes die afdelings wat beswaar gemaak het teen
die uitslag, die beswaar laat onderteken deur 'n senator om 'n behoorlike
hertelling te berwerkstellig. Nie een enkele senator het enige van die talle
besware onderteken nie.
2) Van die 565 kongreslede, is daar slegs een lid wat 'n familielid het wat
in Irak veg.

--
Groetnis
Annette

Annette, kom ek probeer verduidelik soos ek dit sien:

1. Gore het meer stemme as Bush gekry, maar Bush het meer stemme gekry van
die 'electoral college'. Dit is n ingewikkelde stelsel van populasie
verspreiding en verteenwoordigers wat per staat gekies word. Ek het n kort
en bondige opsomming op my email by die werk, en sal dit Maandag pos. Wat
my meer ontstem, is dat dit begin lyk of Kerry gaan verloor. Ek dink een
van die hoofredes is Cheney wat bitsige aanvalle doen (en wat sy woord goed
doen), en van Edwards, wat veronderstel is om die aanvaller te wees, maar
wat te nice is om sulke aanvalle te loods. Die swiftboat vets se
advertensies op tv help ook nie. Ons hoop maar net iets gebeur wat vir
Kerry sal help vorentoe.

2. Die meeste mense in ons weermag is of career soldiers, of mense wat nie
geld het om hulle kinders universiteit toe te stuur nie, hulle sluit dan aan
by die weermag (army, marines, air force, coast guard ens.) sodat die
regering vir hulle universiteitsopleiding betaal, maar daarvoor moet hulle
vier jaar diens doen. Die senators maak meesal genoeg geld sodat hulle
kinders na goeie staats of privaat universiteite gaan.

Sommige mense, soos my nefie, se ouers kan wel bekostig om na n privaat
universiteit te gaan, maar hy wil die weermag sy loopbaan maak, en hy
studeer nou om n offisier te word, by Cidadel.

Die meeste Bin Ladens wat in Massachussetts gewoon het, en (soos Gloudina
gese het) uit die land gevlieg is, is doodgewone goeie mense wat teruggesit
het in die gemeenskap, en wat niks met Osama te doen wil of wou he nie.
Hulle was ver verwyder van hom, en het geen kontak met hom gehad, behalwe
dat hulle sy van gedeel het. Hulle was al redelik lank burgers van die
VSA, en was nie betrokke by die 9/11 voorval nie. Hulle was ook verwester
(is daar so n woord?).
Re: F9/11 [boodskap #98742 is 'n antwoord op boodskap #98740] So, 26 September 2004 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Het jy 9/11 gesien Ellie?
Kyk. ek is onder geen illusie dat Moore sy beeldmateriaal gebruik het om sy
saak sterk te stel nie, en "vernuftige" redigering is gedoen.
Aan die ander kant dink ek nie hy sou enige feit genoem het wat hom op een
punt 'n leuenaar sou maak en dan sommer die hele poging as 'n leuen sou
afmaak nie.
Hy beweer dat, ten spyte van die ontkennings van die VSA Bin Ladens van
enige kennis of verbintenis met Osama, ten minste 30? van die VSA Bin Ladens
Osama se seun se troue bygebring het skaars drie maande vir 9/11.
Ek moet sê ek het die film geniet, juis omdat ons hier die Fransman Karel se
meer ernstige film oor Bush gesien het. Ek het Moore se siniese humor op
plekke heel vermaaklik gevind.
Een van Moore se argumente is juis dat Bush se ekonomiese beleid baie mense
werkloos gelaat het, en dat hul enige uitweg om te kan oorleef is om by die
weermag aan te sluit.
Dit was egter baie treffend om 'n soldaat te sien wat ooglopend meer dink as
wat om net blindelings " sy werk" doen se vedwasing in sy oë te sien en wat
verklaar dat 'n stukkie van sy lewe weggeneem word elke keer as hy betrokke
is waar iemand sterf.
--
Groetnis
Annette
"Ellie" wrote in message
news:1dz5d.3018$Ki1.2849@newsread2.news.atl.earthlink.net...
>
> "Annette" wrote in message
> news:cj5ldd$p3j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het dit toe gaan kyk, en ek is nie verbaas dat 'n expat in Kanada op 'n
> ander forum, nadat hy verklaar het dit is net anti-Bush propaganda, nie kon
> sê wat getoon is is 'n versinsel nie.
> Behalwe vir die verminktes van albei kante wat baie erg was, en die ma wat
> van 'n trotse ondersteuner van die inval handomkeer verander het na haar
> kind se dood, was daar twee feite wat my baie hard laat wonder of daar
> werklik 'n opposisie in die VSA is.
> 1) Na die 2000 verkiesing, moes die afdelings wat beswaar gemaak het teen
> die uitslag, die beswaar laat onderteken deur 'n senator om 'n behoorlike
> hertelling te berwerkstellig. Nie een enkele senator het enige van die talle
> besware onderteken nie.
> 2) Van die 565 kongreslede, is daar slegs een lid wat 'n familielid het wat
> in Irak veg.
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
>
> Annette, kom ek probeer verduidelik soos ek dit sien:
>
> 1. Gore het meer stemme as Bush gekry, maar Bush het meer stemme gekry van
> die 'electoral college'. Dit is n ingewikkelde stelsel van populasie
> verspreiding en verteenwoordigers wat per staat gekies word. Ek het n kort
> en bondige opsomming op my email by die werk, en sal dit Maandag pos. Wat
> my meer ontstem, is dat dit begin lyk of Kerry gaan verloor. Ek dink een
> van die hoofredes is Cheney wat bitsige aanvalle doen (en wat sy woord goed
> doen), en van Edwards, wat veronderstel is om die aanvaller te wees, maar
> wat te nice is om sulke aanvalle te loods. Die swiftboat vets se
> advertensies op tv help ook nie. Ons hoop maar net iets gebeur wat vir
> Kerry sal help vorentoe.
>
> 2. Die meeste mense in ons weermag is of career soldiers, of mense wat nie
> geld het om hulle kinders universiteit toe te stuur nie, hulle sluit dan aan
> by die weermag (army, marines, air force, coast guard ens.) sodat die
> regering vir hulle universiteitsopleiding betaal, maar daarvoor moet hulle
> vier jaar diens doen. Die senators maak meesal genoeg geld sodat hulle
> kinders na goeie staats of privaat universiteite gaan.
>
> Sommige mense, soos my nefie, se ouers kan wel bekostig om na n privaat
> universiteit te gaan, maar hy wil die weermag sy loopbaan maak, en hy
> studeer nou om n offisier te word, by Cidadel.
>
> Die meeste Bin Ladens wat in Massachussetts gewoon het, en (soos Gloudina
> gese het) uit die land gevlieg is, is doodgewone goeie mense wat teruggesit
> het in die gemeenskap, en wat niks met Osama te doen wil of wou he nie.
> Hulle was ver verwyder van hom, en het geen kontak met hom gehad, behalwe
> dat hulle sy van gedeel het. Hulle was al redelik lank burgers van die
> VSA, en was nie betrokke by die 9/11 voorval nie. Hulle was ook verwester
> (is daar so n woord?).
>
Re: F9/11 [boodskap #98744 is 'n antwoord op boodskap #98742] So, 26 September 2004 15:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:cj6ic9$kt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
Het jy 9/11 gesien Ellie?
Kyk. ek is onder geen illusie dat Moore sy beeldmateriaal gebruik het om sy
saak sterk te stel nie, en "vernuftige" redigering is gedoen.

-e- Beslis, dit is nie n dokumenter nie, maar n mengsel van waarhede aan
die een kant, en sy opinies aan die ander kant, wat nie noodwendig waar is
nie. Maar nogtans n belangrike film m.i.

Ek dink dit kan dalk anders geinterpreteer word in ander lande. Soos bv.
Suid-Afrika. Ek is altyd verbaas as ek daar kuier, hoe min wereld nuus daar
op julle lokale kanale aangebied word. Dis gewoonlik twee-drie minute se
wereldnuus, en dan lokale en Afrika nuus. As jy nie n skottel of internet
het in S.A. nie, gaan jy nie weet wat juis in die wereld gebeur nie. En
meeste van die nuusuitsendings en koerante plaas berigte net so oor van
ander oorsese kanale, en wie weet hoe hulle kies wat hulle wil wys. Of hulle
het een korrespondent wat sy/haar eie opinie gee, en dan word dit net so
geplaas in die koerante, waar of nie.

Aan die ander kant dink ek nie hy sou enige feit genoem het wat hom op een
punt 'n leuenaar sou maak en dan sommer die hele poging as 'n leuen sou
afmaak nie.

-e- Nee, hy is nie n leuenaar nie, maar soms verdraai mense feite net so n
bietjie om n hele ander perspektief aan dinge te gee. Sommige mense noem
dit moedswilligheid ;-)

Hy beweer dat, ten spyte van die ontkennings van die VSA Bin Ladens van
enige kennis of verbintenis met Osama, ten minste 30? van die VSA Bin Ladens
Osama se seun se troue bygebring het skaars drie maande vir 9/11.

-e- Ek weet nie hiervan nie, kan dalk waar wees.

Ek moet sê ek het die film geniet, juis omdat ons hier die Fransman Karel se
meer ernstige film oor Bush gesien het. Ek het Moore se siniese humor op
plekke heel vermaaklik gevind.

-e- Hy is beslis snaaks, en is nie dom nie.

Een van Moore se argumente is juis dat Bush se ekonomiese beleid baie mense
werkloos gelaat het, en dat hul enige uitweg om te kan oorleef is om by die
weermag aan te sluit.

-e- Daarmee stem ek nie saam nie. Ek is in die privaatsektor en het te
doen met besighede oor wye spektrums. Sommige mense is werkloos, sommige
mense doen baie goed. Dit hang af waar jy woon. Dit was nog altyd so, net
net nou nie. En die Republikeine was nog altyd vir big business, en probeer
die ekonomie stimuleer. Die demokrate is tipies meer vir die
bloukraagmense, en nou dat baie van die manufacturing werke na Indie,
Meksiko en Sjina verskuif het, is hulle werkloos. Ek is nie ten gunste van
outsourcing nie, ek glo ons moet werk hier hou vir ons mense, maar ek weet
nie of dit n republican of demokratiese skuif is, of bloot n besigheids
besluit wat maatskappye self maak nie. Vat maar vir Allan Greenspan en wat
hy se, hy het laas op n talking head progam op TV gese die ekonomie is
basies gesond. Behalwe nou vir die trade deficit wat astornomies hoog is,
maar dit pla nie die gewone mens in die straat juis nie, alhoewel dit hulle
moet pla.

Dit was egter baie treffend om 'n soldaat te sien wat ooglopend meer dink as
wat om net blindelings " sy werk" doen se vedwasing in sy oë te sien en wat
verklaar dat 'n stukkie van sy lewe weggeneem word elke keer as hy betrokke
is waar iemand sterf.

-e- Dit is waar, maar daar is seker 360 000 soldate in Irak, en elke een
sal n ander storie vertel. Ek dink die ouens wat besig is om op te bou in
die land, soos die weermag ouens wat skole en paaie ens. herbou, en met van
die goedgunstige Irakie in die straat te doen het se persepsie is baie
anders as die ouens wat die vrede moet bewaar, en wat doodgeskiet of
opgeblaas word. As mens by die weermag aansluit, weet jy dat daar dalk n
oorlog kan uitbreek, so daardie ouens is nie gedwing om aan te sluit nie.
Ek dink wel nul van die regering se onvermoee om aan elke Amerikaanse burger
wat wil, gratis universiteitsopleiding te verskaf, soos in so baie Europese
lande die geval is. Dit en die horribale toestand van sake in die mediese
dienste in hierdie land. Mense wat arm is kan nie bekostig om siek te word
nie, en dit is nie reg nie.

Maar dit is goed dat mense soos Moore die kans gegun word om te sê wat hy
wil sê, dit wys dat hier darem nog n demokratiese stelsel aan bewind is. En
dat die mense in droves kan gaan en demonstreer is ook n goeie ding, dis net
dat die land nou so poler is, mens kan dit amper met n mes sny. Soos ek van
tevore gese het, is die regse christelike rightwing die mees gevaarlikste,
en hulle is besig om te groei, die vet weet hoekom.

Ellie
--
Groetnis
Annette
"Ellie" wrote in message
news:1dz5d.3018$Ki1.2849@newsread2.news.atl.earthlink.net...
>
> "Annette" wrote in message
> news:cj5ldd$p3j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het dit toe gaan kyk, en ek is nie verbaas dat 'n expat in Kanada op 'n
> ander forum, nadat hy verklaar het dit is net anti-Bush propaganda, nie kon
> sê wat getoon is is 'n versinsel nie.
> Behalwe vir die verminktes van albei kante wat baie erg was, en die ma wat
> van 'n trotse ondersteuner van die inval handomkeer verander het na haar
> kind se dood, was daar twee feite wat my baie hard laat wonder of daar
> werklik 'n opposisie in die VSA is.
> 1) Na die 2000 verkiesing, moes die afdelings wat beswaar gemaak het teen
> die uitslag, die beswaar laat onderteken deur 'n senator om 'n behoorlike
> hertelling te berwerkstellig. Nie een enkele senator het enige van die talle
> besware onderteken nie.
> 2) Van die 565 kongreslede, is daar slegs een lid wat 'n familielid het wat
> in Irak veg.
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
>
> Annette, kom ek probeer verduidelik soos ek dit sien:
>
> 1. Gore het meer stemme as Bush gekry, maar Bush het meer stemme gekry van
> die 'electoral college'. Dit is n ingewikkelde stelsel van populasie
> verspreiding en verteenwoordigers wat per staat gekies word. Ek het n kort
> en bondige opsomming op my email by die werk, en sal dit Maandag pos. Wat
> my meer ontstem, is dat dit begin lyk of Kerry gaan verloor. Ek dink een
> van die hoofredes is Cheney wat bitsige aanvalle doen (en wat sy woord goed
> doen), en van Edwards, wat veronderstel is om die aanvaller te wees, maar
> wat te nice is om sulke aanvalle te loods. Die swiftboat vets se
> advertensies op tv help ook nie. Ons hoop maar net iets gebeur wat vir
> Kerry sal help vorentoe.
>
> 2. Die meeste mense in ons weermag is of career soldiers, of mense wat nie
> geld het om hulle kinders universiteit toe te stuur nie, hulle sluit dan aan
> by die weermag (army, marines, air force, coast guard ens.) sodat die
> regering vir hulle universiteitsopleiding betaal, maar daarvoor moet hulle
> vier jaar diens doen. Die senators maak meesal genoeg geld sodat hulle
> kinders na goeie staats of privaat universiteite gaan.
>
> Sommige mense, soos my nefie, se ouers kan wel bekostig om na n privaat
> universiteit te gaan, maar hy wil die weermag sy loopbaan maak, en hy
> studeer nou om n offisier te word, by Cidadel.
>
> Die meeste Bin Ladens wat in Massachussetts gewoon het, en (soos Gloudina
> gese het) uit die land gevlieg is, is doodgewone goeie mense wat teruggesit
> het in die gemeenskap, en wat niks met Osama te doen wil of wou he nie.
> Hulle was ver verwyder van hom, en het geen kontak met hom gehad, behalwe
> dat hulle sy van gedeel het. Hulle was al redelik lank burgers van die
> VSA, en was nie betrokke by die 9/11 voorval nie. Hulle was ook verwester
> (is daar so n woord?).
>

Ek dink daar is iets soos selektiewe redigering Annette. En wat dit m.i vir
Moore bederf het, is die feit dat hy fiktiewe goed saam met ware feite
aangebied het, sodat mens sy credibility by tye bevraagteken. Ek het talle
en talle artikels gelees oor die film, van Newsweek, tot Time, tot Atlantic
Montly, The New Yorker ens. en almal is dit eens dat daar briljante stukke
in is, sy sin vir humor is goed, maar dat die gewone mens in die straat nie
die feite van die verdraaiings kan onderskei nie.
Re: F9/11 [boodskap #98750 is 'n antwoord op boodskap #98744] So, 26 September 2004 16:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf:

> Ek dink wel nul van die regering se onvermoee om aan elke Amerikaanse burger
> wat wil, gratis universiteitsopleiding te verskaf, soos in so baie Europese
> lande die geval is.

Ek dink weer die regering moet eerder hulle neuse uithou en dit aan
die individuele state oorlaat om self die tipe besluit te neem. Soos
wat tans die geval is.
Hier in my staat, Georgia, is 4 jaar universiteitsopleiding gratis vir
almal wat hier woon en ten minste 'n B gemiddeld kon handhaaf op
ho"erskool.
Ons het o.a die HOPE scholarship wat die koste dek.
Jare gelede wou Alabama ook die lotery stelsel inbring en gebruik vir
skolastiese opleiding soos hier in Georgia. Dit het seker nooit
gebeur nie, want anders sou jy bewus gewees het van die tipe van ding
wat in ander state gebeur.
Re: F9/11 [boodskap #98752 is 'n antwoord op boodskap #98750] So, 26 September 2004 16:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:01rdl0laadp9mnedd5f9hc31e6skpqp7a0@4ax.com...
"Ellie" skryf:

> Ek dink wel nul van die regering se onvermoee om aan elke Amerikaanse burger
> wat wil, gratis universiteitsopleiding te verskaf, soos in so baie Europese
> lande die geval is.

Ek dink weer die regering moet eerder hulle neuse uithou en dit aan
die individuele state oorlaat om self die tipe besluit te neem. Soos
wat tans die geval is.
Hier in my staat, Georgia, is 4 jaar universiteitsopleiding gratis vir
almal wat hier woon en ten minste 'n B gemiddeld kon handhaaf op
ho"erskool.
Ons het o.a die HOPE scholarship wat die koste dek.
Jare gelede wou Alabama ook die lotery stelsel inbring en gebruik vir
skolastiese opleiding soos hier in Georgia. Dit het seker nooit
gebeur nie, want anders sou jy bewus gewees het van die tipe van ding
wat in ander state gebeur.

Ja, ek weet van die Hope scholarship, maar soms doen kinders nie goed genoeg
op skool om n scholarship te kry nie. Vat maar my swaer. Hy is nou so in sy
mid dertigs. Hy het net-net deurgekom op hoërskool, en moes eers na n
community college gaan. Vandaar het het UNC Chapel Hill toe gegaan, sy
graad in biologie gekry, toe sy Masters, en hy het nou net sy MBA van
Wharton (spelling? ) een van die beste besigheids kolleges in die land
gekry. Hy werk vir n pharma mpy in research. My punt? Hy het, soos baie
ander (meesal seuns )op hoërskool nie goed gedoen in die vakke wat hy nie
in belanggestel het nie om verskeie redes, en sy ouers het hom seker nie
genoeg gedruk nie, maar hy het tog op die einde goed gedoen.

Ek het juis gestem destyds vir Goewerneur Siegelman, wat die loterystelsel
wou inbring in Alabama, maar die far right het gesorg dat ons dit nooit
gekry het nie. Ons kyk juis na Georgia se lottery stelsel wat uitstekend
werk, en wie weet dalk in die jaar 2020 sal iets hier gebeur, ons is mos
maar altyd so n bietjie agter die res.

My dogter het deur Europa gebackpack vir twee maande hierdie somer, en sy
het kom vertel van verskeie kids wat net gemiddeld is, maar waar die staat
betaal vir enige hoër opleiding. Ek dink die lande wat sy genoem het was
Finland, Swede, Denemarke en Nederland, is nie seker of sy al die feite reg
het nie, maar dit klink vir my na n goeie plan. Betaal vir hulle eerste
jaar ten minste, en as hulle nie die mas opkom nie, hou dan op met betaal,
maar as hulle goed aangaan, betaal.
Re: F9/11 [boodskap #98761 is 'n antwoord op boodskap #98752] So, 26 September 2004 17:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf:

> Ja, ek weet van die Hope scholarship, maar soms doen kinders nie goed genoeg
> op skool om n scholarship te kry nie.

Dit is 'n goeie punt wat jy maak.
Ek dink daar is nogal baie te sê vir en teen "gratis" universitêre
opleiding. Maar vir Georgia werk die lottery stelsel vir nou heel
goed. Dit was mos die ..er.. nimlike Zel Miller se baba, nè?
Hy het darem baie gedoen vir Georgia. Juis daarom "intrigue" sy
storie my nogal, want waarom het hy besluit om so hewige Bush
ondersteuner te word? Wat weet hy dalk, wat hy nie vir ons wil sê
nie? Elkgeval - genoeg geklets vir eers.

> Betaal vir hulle eerste
> jaar ten minste, en as hulle nie die mas opkom nie, hou dan op met betaal,
> maar as hulle goed aangaan, betaal.

Ja, dit werk min of meer ook so hier by ons. Die kinders moet 'n
sekere gemiddeld behou om te kan kwalifiseer vir die volgende jaar.
Australië het ook 'n goeie stelsel sovêr ek weet.
Re: F9/11 [boodskap #98768 is 'n antwoord op boodskap #98744] So, 26 September 2004 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

nou dat baie van die manufacturing werke na Indie,
> Meksiko en Sjina verskuif het, is hulle werkloos.

Nou die dag gelees: 40 % van die outsourcing is na
Indië, 36 % na Kanada, en van die ander 24 %
persent is Ierland derde op die lys, voor Meksiko.

Gloudina
Re: F9/11 [boodskap #98771 is 'n antwoord op boodskap #98761] So, 26 September 2004 20:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" wrote in Dit was mos die ..er.. nimlike
Zel Miller se baba, nè?
Hy het darem baie gedoen vir Georgia. Juis daarom "intrigue" sy
storie my nogal, want waarom het hy besluit om so hewige Bush
ondersteuner te word?

Ek kon self nie glo toe hy so n vurige toespraak gemaak het by by die
konvensie nie (ek het dit nie gekyk nie, maar gelees daarvan). Ek dink hy
is soos van daardie Boere Sappe gewees in die ou dae, so gebore, en so
gelatstaan. Bietjie dislojaal, maar hy is eintlik n goeie ou . .
Re: F9/11 [boodskap #98772 is 'n antwoord op boodskap #98768] So, 26 September 2004 20:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:zI-dndFM-smemMrcRVn-hQ@rogers.com...

"Ellie" skryf

nou dat baie van die manufacturing werke na Indie,
> Meksiko en Sjina verskuif het, is hulle werkloos.

Nou die dag gelees: 40 % van die outsourcing is na
Indië, 36 % na Kanada, en van die ander 24 %
persent is Ierland derde op die lys, voor Meksiko.

Gloudina

Interessant Gloudina, ek dog julle het unions daar, en dat meeste van die
werk wat uitgesors :-) is, is juis omdat die unions so baie eise gehad het.
Ek dink daar is ook unies in Ierland, maar ek het nou die dag n dokumenter
gelees dat Ierland se ekonomie nogal goed is deesdae.

ellie
Re: F9/11 [boodskap #98776 is 'n antwoord op boodskap #98772] So, 26 September 2004 21:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Interessant Gloudina, ek dog julle het unions daar, en dat meeste van die
> werk wat uitgesors :-) is, is juis omdat die unions so baie eise gehad het.
> Ek dink daar is ook unies in Ierland, maar ek het nou die dag n dokumenter
> gelees dat Ierland se ekonomie nogal goed is deesdae.

Ek dink jy verwar twee verskynsels. Die een is
dié werk wat nou wettig vir VSA besighede
in Meksiko of Kanada gedoen kan word, as
gevolg van NAFTA ( North American Free
Trade Agreement).
"Outsourcing" is 'n verskynsel waar, met
die kom van elektroniese media, dinge net
sowel in Indië gedoen kan word as in die
VSA. As jy byvoorbeeld iemand bel vir
ondersteuning vir die rekenaar wat jy hier
in die VSA gekoop het, en jy kry 'n stem
wat vir jou met 'n baie Indiese aksent
baie goed die ding verduidelik, dan kan
jy amper seker wees hy sit in Bangalore
in Indië deesdae. Baie Amerikaanse
besighede stuur ook elektronies allerhande
informasie wat geprossesseer moet word
na ander lande waar dit goedkoper is om
die werk te doen. In die ou dae voor die
Internet het groot winkels al lankal hulle
strokies informasie wat ingetik moes word,
byvoorbeeld na van die Karibbiese eilande
gestuur. Nou gaan dit net vinniger met die
internet.
Dit het my ook verbaas dat 36% van die
"outsourcing" (wat nou so 'n eleksie-onderwerp
in die VSA is) deur Kanada gehanteer word.
Maar mens weet dat baie Amerikaanse "call
centres" al vir 'n aansienlike tyd in Kanada
gehanteer word, veral in New Brunswick, waar
hulle die hele provinsie fiberopties bedraad het
op 'n baie vroeë stadium.
Die feit dat die Kanadese dollar so laag was
teen die Amerikaanse dollar vir so lank, het
natuurlik iets te doen gehad met die feit dat
sake baie goedkoper in Kanada gedoen kon
word as in die VSA. ( Ons dollar het nou
taamlik baie gestyg, maar is nog laer teen
die Amerikaanse dollar.) Dis daarom dat
so baie films byvoorbeeld in Kanada verfilm
word, selfs al speel hulle in die VSA af.
Die hele film "Chicago" is in Toronto verfilm.

Gloudina
Re: F9/11 [boodskap #98778 is 'n antwoord op boodskap #98750] So, 26 September 2004 22:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Hier in my staat, Georgia, is 4 jaar universiteitsopleiding gratis vir
> almal wat hier woon en ten minste 'n B gemiddeld kon handhaaf op
> ho"erskool.

Wêreld, ek verwonder my darem aan hierdie
feit. Selfs in Kanada is hierdie soort ding nie
moontlik nie. Daar is wel die moontlikheid
om studentelenings aan te gaan, en daar is
ook goeie beurse by meeste universiteite,
maar om almal vry te laat studeer wat 'n
B gemiddeld handhaaf, moet darem 'n
hele klomp geld kos. Is dit net vir inwoners
van Georgia, of is dit vir enigiemand wat
in 'n Georgia-universiteit studeer?

Gloudina
Re: F9/11 [boodskap #98779 is 'n antwoord op boodskap #98776] Ma, 27 September 2004 00:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:_-GdnTCC3b9jssrcRVn-gQ@rogers.com...

"Ellie" skryf

> Interessant Gloudina, ek dog julle het unions daar, en dat meeste van die
> werk wat uitgesors :-) is, is juis omdat die unions so baie eise gehad het.
> Ek dink daar is ook unies in Ierland, maar ek het nou die dag n dokumenter
> gelees dat Ierland se ekonomie nogal goed is deesdae.

Ek dink jy verwar twee verskynsels. Die een is
dié werk wat nou wettig vir VSA besighede
in Meksiko of Kanada gedoen kan word, as
gevolg van NAFTA ( North American Free
Trade Agreement).
"Outsourcing" is 'n verskynsel waar, met
die kom van elektroniese media, dinge net
sowel in Indië gedoen kan word as in die
VSA. As jy byvoorbeeld iemand bel vir
ondersteuning vir die rekenaar wat jy hier
in die VSA gekoop het, en jy kry 'n stem
wat vir jou met 'n baie Indiese aksent
baie goed die ding verduidelik, dan kan
jy amper seker wees hy sit in Bangalore
in Indië deesdae. Baie Amerikaanse
besighede stuur ook elektronies allerhande
informasie wat geprossesseer moet word
na ander lande waar dit goedkoper is om
die werk te doen. In die ou dae voor die
Internet het groot winkels al lankal hulle
strokies informasie wat ingetik moes word,
byvoorbeeld na van die Karibbiese eilande
gestuur. Nou gaan dit net vinniger met die
internet.
Dit het my ook verbaas dat 36% van die
"outsourcing" (wat nou so 'n eleksie-onderwerp
in die VSA is) deur Kanada gehanteer word.
Maar mens weet dat baie Amerikaanse "call
centres" al vir 'n aansienlike tyd in Kanada
gehanteer word, veral in New Brunswick, waar
hulle die hele provinsie fiberopties bedraad het
op 'n baie vroeë stadium.
Die feit dat die Kanadese dollar so laag was
teen die Amerikaanse dollar vir so lank, het
natuurlik iets te doen gehad met die feit dat
sake baie goedkoper in Kanada gedoen kon
word as in die VSA. ( Ons dollar het nou
taamlik baie gestyg, maar is nog laer teen
die Amerikaanse dollar.) Dis daarom dat
so baie films byvoorbeeld in Kanada verfilm
word, selfs al speel hulle in die VSA af.
Die hele film "Chicago" is in Toronto verfilm.

Gloudina

Ja, ek het die twee per ongeluk verbind. Ek het so n paar maande gelede my
bediener gebel met n probleem, en toe praat ek met iemand met n sterk
Indiese aksent, ek wou nog praatjies maak en vra waar hy woon in Indié, en
hoe die weer is, maar hy het vir my gesê hulle mag nie persoonlike
inligting uitgee nie :-))

Ek het nogal baie gehou van Chicago, en ja, ek weet baie films word daar by
julle gemaak, want julle tegnici is ook blykbaar baie goed. Ek sien
kort-kort n advertensie hier wat ek weet in S.A. (veral Kaapstad, en die
Houtbaai pad of Seepunt) as agtergrond het. Dit laat mens nogal lekker voel
dat sulke geld S.A. toe gaan.
Re: F9/11 [boodskap #98780 is 'n antwoord op boodskap #98778] Ma, 27 September 2004 01:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:
> "Katryn" skryf
>
>> Hier in my staat, Georgia, is 4 jaar universiteitsopleiding gratis vir
>> almal wat hier woon en ten minste 'n B gemiddeld kon handhaaf op
>> ho"erskool.
>
> Wêreld, ek verwonder my darem aan hierdie
> feit. Selfs in Kanada is hierdie soort ding nie
> moontlik nie.

Aaah, dit wys jou net. Selfs Kanada kan 'n les of 2 kom leer hier by
ons?
Ek weet nie of jy weet wie Zell Miller, die "Demokraat" senator van
Georgia, is nie? Hy het 'n hetige toespraak by die Republikeinse
konvensie gegee, en uitgevaar teen die huidige Demokrate. Hy sê hy
sal nooit 'n Republikein wees nie, want hy is 'n Demokraat gebore,
maar hy het geen ooghare vir die huidige spul "liberale" wat sy
geliefde party oorgeneem het nie... jawelnofaain.
Elkgeval, dit is sy breinkind, en ek praat onder korreksie, maar ek
dink amper daar is al 21 ander state wat ons stelsel naboots. Of ten
minste variasies van dieselfde idee.

> Daar is wel die moontlikheid
> om studentelenings aan te gaan, en daar is
> ook goeie beurse by meeste universiteite,
> maar om almal vry te laat studeer wat 'n
> B gemiddeld handhaaf, moet darem 'n
> hele klomp geld kos.

Die Hope (as HOPE geskryf - akroniem vir "Helping Outstanding
Pupils Educationally" ) beurse word deur die staat lotery bekostigbaar
gemaak. 'n Groot gedeelte van die lotery (ek hoop maar dit is wat
"lottery" is?), se inkomste gaan ook aan ons K12 skool programme.

> Is dit net vir inwoners
> van Georgia, of is dit vir enigiemand wat
> in 'n Georgia-universiteit studeer?

Ja, dit is suiwer net vir wettige Georgia inwoners. Jy moet hier
gegradueer het aan een van ons hoërskole ook. Dit betaal 100% vir
enige van die talle publieke universiteite en tegniese kolleges, maar
as jy verkies om jou kind na 'n privaat skool te stuur, betaal die
HOPE beurs net sowat $4000.00 - nie seker oor die presiese bedrag nie.
My seun gaan nie na Emory nie, maar is sommer hier by UGA.
Ons dra wel by vir sy boeke, want hulle kry net 'n redlike klein
bedrag per semester vir boeke. Maar selfs daardie uitgawe eis ons
weer van ons belasting terug aan die einde van die jaar.

En die HOPE beurs onderskei nie tussen ryk of arm of swart of wit of
watookal nie. Daar is eenvoudig net 'n paar maatreëls wat gevolg moet
word. Die "B" gemiddeld en dat die kind aan een van ons
geakrediteerde hoërskole moes gradueer. En natuurlik moet die student
'n wettige inwoner wees. Ek dink amper dat studente met groenkaarte
kan ook kwalifiseer, maar ek is nie heeltemal seker hiervan nie.
Maar "out of state tuition" is nogal duur vir iemand wat nie 'n
Georgia resident is nie.

Net iets oor daardie "B" gemiddeld. Hier in Georgia moet die kind
werklik iets groots skeel as hy/sy nie 'n B kan handhaaf nie. Dit is
seker een van ons grootste probleme, dat onderwysers vir almal 'n "A"
moet gee. En dit reflekteer ook dan op Universiteits vlak. Die
student verwag eenvoudig 'n A, en as jy dit nie gee nie, is hulle
sielsongelukkig en sal in jou kantoor instorm met ellelange klagtes en
dreigemente en watookal. Dit is 'n nagmerrie, en iets wat reggestel
sal moet word. Maar dit is alweer 'n heel ander saak.
Re: F9/11 [boodskap #98781 is 'n antwoord op boodskap #98780] Ma, 27 September 2004 02:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn"

> Net iets oor daardie "B" gemiddeld. Hier in Georgia moet die kind
> werklik iets groots skeel as hy/sy nie 'n B kan handhaaf nie. Dit is
> seker een van ons grootste probleme, dat onderwysers vir almal 'n "A"
> moet gee. En dit reflekteer ook dan op Universiteits vlak. Die
> student verwag eenvoudig 'n A, en as jy dit nie gee nie, is hulle
> sielsongelukkig en sal in jou kantoor instorm met ellelange klagtes en
> dreigemente en watookal. Dit is 'n nagmerrie, en iets wat reggestel
> sal moet word. Maar dit is alweer 'n heel ander saak.

Ja-nee, dis ook iets wat ek net nie kon aan
gewoond raak hier in Noord-Amerika nie.
Hulle hele puntestelsel is op die koffie. Mens
kan eenvoudig nie weet wie die werklik
begaafdes is en wie die net gewoon slimmes
is, as jy na hulle punte kyk nie. My kinders
toe hulle nog in die hoërskool was, het
kom sê hulle het 'n 89% vir 'n punt en dan
moet ek vra is dit nou goed of sleg. Gee vir
my enige tyd die stelsel wat ons in my
hoërskooldae in Kaapland gehad het.
Waar 'n gemiddelde kind 50% gekry
het, 60% was eersteklas, 80% was
met onderskeiding, en enigiemand wat
oor 80% gekry het was werklik uitsonderlik.

Gloudina
Re: F9/11 [boodskap #98782 is 'n antwoord op boodskap #98780] Ma, 27 September 2004 02:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Ek weet nie of jy weet wie Zell Miller, die "Demokraat" senator van
> Georgia, is nie?

Ja, ek weet wie Zell Miller is. Ek dink die Demokrate
moet vir hom uit hulle party verwyder. Hy probeer
net aandag trek. Ek dink egter die media het nie vir
hom te simpatiek aangesien na sy toespraak by die
Republikeinse konvensie nie. Selfs die Republikeine
lyk my het effens ongemaklik gevoel.

Gloudina
Re: F9/11 [boodskap #98783 is 'n antwoord op boodskap #98780] Ma, 27 September 2004 02:38 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Die Hope (as HOPE geskryf - akroniem vir "Helping Outstanding
> Pupils Educationally" ) beurse word deur die staat lotery bekostigbaar
> gemaak.

Wel, dis 'n baie goeie plan. Hier by ons is daar
ook baie loterye, maar die profyte word nie
vir onderwys gebruik nie. Ek weet nie hoekom
nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Soek inligting oor au pairs in Holland
Volgende onderwerp: Vertel asb
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 16:52:18 MGT 2024