Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ANC-Jeug kla oor blanke rykdom, swart armoede
ANC-Jeug kla oor blanke rykdom, swart armoede [boodskap #97460] Ma, 30 Augustus 2004 17:49 na volgende boodskap
P65  is tans af-lyn  P65
Boodskappe: 126
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
ANC-Jeug kla oor blanke rykdom, swart armoede

(Deur Jakkie Basson)
NA tien jaar van democracy is dit steeds die blankes se skuld dat
die swartes so arm is. Blankes bly welvarend, terwyl die swartes
steeds nie die mas opkom in die nuwe Suid-Afrika nie, aldus die ANC-
jeug.

Dit was die klagte van Malusi Gigaba wat tydens die afgelope kongres
van die ANC-Jeugliga as leier uitgetree het. In sy uittreeboodskap
het hy 'n striemende aanval op blankes gedoen en hulle verwyt dat
swartes steeds in armoede voortploeter, terwyl blankes steeds die
welvarende deel van die bevolking uitmaak. Hy kla veral omdat daar
nie kapitaal beskikbaar is vir swartes om besighede mee te begin
nie. Blankes is nie bereid om hul rykdom met die swartes te deel
nie, en dit veroordeel hulle tot 'n voortgesette lewe van armoede en
agtergeblewendheid. Hy skryf dit toe aan "wit rassisme".

Intussen het Mbeki misluk om sy belofte uit te voer om
werksgeleenthede vir swartes te skep. Dit was een van die ANC se
verkiesingsbeloftes waarvan weinig tereg gekom het. Dat Gibaba
steeds voortgaan om blankes vir hierdie toedrag van sake te
beskuldig, is tipies van die ANC om hul eie onvermoë om te presteer
steeds te wyt aan blanke onwilligheid.

Gigaba is reeds bevorder tot adjunk-minister van Binnelandse Sake.
Daar kan verwag word dat die druk van die kant van die kommunistiese
ANC om blanke besit vir hulself op te eis, sal voortgaan. Dit is
immers ook een van die basiese uitgangspunte van die Freedom
Charter. Dat die ANC-Jeugliga dit nogeens beklemtoon het, is 'n
duidelike aanduiding dat hulle nog glad nie tevrede is met die
situasie in Suid-Afrika nie, en dat die blankes die skuld daarvoor
moet kry. Daar kan dus verdere maatreëls te wagte wees om rykdom in
die land te verdeel, soos hulle dit stel.

In sy toespraak het Jacob Zuma hierop voortborduur en die ANC-jeug
aangemoedig om die Freedom Charter te uit te leef, en die bepalings
daarvan ten uitvoer te bring.

Zuma het die tot niet gaan van die NP en hul aansluiting by die NP
as 'n groot oorwinning bestempel. Hy het in die besonder sy vreugde
daaroor uitgespreek dat die NP ook nou die Freedom Charter voor sy
afsterwe aanvaar het. Hy het egter gewaarsku dat die ANC bedag moet
wees dat hulle nie deur invloede van buite van hul mikpunte vervreem
word nie. Onder geen omstandighede mag die ANC van buite af
voorgeskryf word wat hy moet doen en wat nie. Of dit 'n bedekte
waarskuwing aan die nuwe lede van die ANC uit die NP is, bly 'n ope
vraag. Hy het die jeug van die ANC gemaan om hierteen te waak, en
nie bereid moet wees om toegewings te maak nie.

Wat ook kenmerkend van die byeenkoms was, was dat Gigaba die ANC-
jeug gewaarsku het teen senior politici van die ANC wat hulle kan
misbruik om hul eie agendas deur te voer. Hy het selfs daarop
gesinspeel dat hulle omgekoop kon word. Die aanloklikheid van geld
het al menige tot 'n val gebring. Dit dui daarop dat senior lede
van die ANC wel bereid is om hulle tot sulke metodes te wend, maar
dan ook dat lede van die jeug maklike prooi vir sulke aanbiedinge
word.

Dit is bekend dat Thabo Mbeki tydens die opvolging van Nelson
Mandela en sy stryd teen Cyril Ramaphosa sterk gesteun het op die
stem van die ANC-Jeugliga om Ramaphosa uit te skakel. Die
waarskuwing is dus nie ongegrond nie. Dit moet ook saamgelees word
met die ambisies van sekere leiersfigure. Dit is ook iets waarteen
Zuma in sy toespraak gewaarsku het, toe hy vermeld het dat leiers
nie moes toelaat dat hulle op sleeptou geneem word om sekere
denkrigtings in te slaan wat vreemd aan die ANC-denke mag wees nie.

Intussen het dit geblyk dat die ANC-Jeugliga onder dieselfde
magstryd as die senior organisasie deurloop. Veral die kommuniste
wil verhoed dat daar verder wegbeweeg word van die sosialistiese
strewes van die ANC. Derhalwe was daar sterk waarskuwings teen
diegene wat die "kapitalistiese" denkrigting inslaan, iets waarvan
die ANC-leierskap beskuldig word.

Die Jeugliga het hulle ook sterk uitgespreek vir versnelling van die
beleid van swart bemagtiging. Dit is ook duidelik dat hulle hul
heelhartig agter Jacob Zuma geskaar het as moontlike opvolger van
Thabo Mbeki.

www.hnp.org.za

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: ANC-Jeug kla oor blanke rykdom, swart armoede [boodskap #97477 is 'n antwoord op boodskap #97460] Di, 31 Augustus 2004 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die ou storie. Hulle moet maar lekker kla. Daar is 'n ander probleem, en die
probleem is witkleurig nie.

"P_65" skryf in boodskap news:mn.f4a57d48c9d0c4d4.14359@hotmail.com...
> ANC-Jeug kla oor blanke rykdom, swart armoede
>
> (Deur Jakkie Basson)
> NA tien jaar van democracy is dit steeds die blankes se skuld dat
> die swartes so arm is. Blankes bly welvarend, terwyl die swartes
> steeds nie die mas opkom in die nuwe Suid-Afrika nie, aldus die ANC-
> jeug.
>
> Dit was die klagte van Malusi Gigaba wat tydens die afgelope kongres
> van die ANC-Jeugliga as leier uitgetree het. In sy uittreeboodskap
> het hy 'n striemende aanval op blankes gedoen en hulle verwyt dat
> swartes steeds in armoede voortploeter, terwyl blankes steeds die
> welvarende deel van die bevolking uitmaak. Hy kla veral omdat daar
> nie kapitaal beskikbaar is vir swartes om besighede mee te begin
> nie. Blankes is nie bereid om hul rykdom met die swartes te deel
> nie, en dit veroordeel hulle tot 'n voortgesette lewe van armoede en
> agtergeblewendheid. Hy skryf dit toe aan "wit rassisme".
>
> Intussen het Mbeki misluk om sy belofte uit te voer om
> werksgeleenthede vir swartes te skep. Dit was een van die ANC se
> verkiesingsbeloftes waarvan weinig tereg gekom het. Dat Gibaba
> steeds voortgaan om blankes vir hierdie toedrag van sake te
> beskuldig, is tipies van die ANC om hul eie onvermoë om te presteer
> steeds te wyt aan blanke onwilligheid.
>
> Gigaba is reeds bevorder tot adjunk-minister van Binnelandse Sake.
> Daar kan verwag word dat die druk van die kant van die kommunistiese
> ANC om blanke besit vir hulself op te eis, sal voortgaan. Dit is
> immers ook een van die basiese uitgangspunte van die Freedom
> Charter. Dat die ANC-Jeugliga dit nogeens beklemtoon het, is 'n
> duidelike aanduiding dat hulle nog glad nie tevrede is met die
> situasie in Suid-Afrika nie, en dat die blankes die skuld daarvoor
> moet kry. Daar kan dus verdere maatreëls te wagte wees om rykdom in
> die land te verdeel, soos hulle dit stel.
>
> In sy toespraak het Jacob Zuma hierop voortborduur en die ANC-jeug
> aangemoedig om die Freedom Charter te uit te leef, en die bepalings
> daarvan ten uitvoer te bring.
>
> Zuma het die tot niet gaan van die NP en hul aansluiting by die NP
> as 'n groot oorwinning bestempel. Hy het in die besonder sy vreugde
> daaroor uitgespreek dat die NP ook nou die Freedom Charter voor sy
> afsterwe aanvaar het. Hy het egter gewaarsku dat die ANC bedag moet
> wees dat hulle nie deur invloede van buite van hul mikpunte vervreem
> word nie. Onder geen omstandighede mag die ANC van buite af
> voorgeskryf word wat hy moet doen en wat nie. Of dit 'n bedekte
> waarskuwing aan die nuwe lede van die ANC uit die NP is, bly 'n ope
> vraag. Hy het die jeug van die ANC gemaan om hierteen te waak, en
> nie bereid moet wees om toegewings te maak nie.
>
> Wat ook kenmerkend van die byeenkoms was, was dat Gigaba die ANC-
> jeug gewaarsku het teen senior politici van die ANC wat hulle kan
> misbruik om hul eie agendas deur te voer. Hy het selfs daarop
> gesinspeel dat hulle omgekoop kon word. Die aanloklikheid van geld
> het al menige tot 'n val gebring. Dit dui daarop dat senior lede
> van die ANC wel bereid is om hulle tot sulke metodes te wend, maar
> dan ook dat lede van die jeug maklike prooi vir sulke aanbiedinge
> word.
>
> Dit is bekend dat Thabo Mbeki tydens die opvolging van Nelson
> Mandela en sy stryd teen Cyril Ramaphosa sterk gesteun het op die
> stem van die ANC-Jeugliga om Ramaphosa uit te skakel. Die
> waarskuwing is dus nie ongegrond nie. Dit moet ook saamgelees word
> met die ambisies van sekere leiersfigure. Dit is ook iets waarteen
> Zuma in sy toespraak gewaarsku het, toe hy vermeld het dat leiers
> nie moes toelaat dat hulle op sleeptou geneem word om sekere
> denkrigtings in te slaan wat vreemd aan die ANC-denke mag wees nie.
>
> Intussen het dit geblyk dat die ANC-Jeugliga onder dieselfde
> magstryd as die senior organisasie deurloop. Veral die kommuniste
> wil verhoed dat daar verder wegbeweeg word van die sosialistiese
> strewes van die ANC. Derhalwe was daar sterk waarskuwings teen
> diegene wat die "kapitalistiese" denkrigting inslaan, iets waarvan
> die ANC-leierskap beskuldig word.
>
> Die Jeugliga het hulle ook sterk uitgespreek vir versnelling van die
> beleid van swart bemagtiging. Dit is ook duidelik dat hulle hul
> heelhartig agter Jacob Zuma geskaar het as moontlike opvolger van
> Thabo Mbeki.
>
> www.hnp.org.za
>
> --
> Dit is een automatische handtekening van MesNews.
> Site : http://mesnews.no-ip.com
>
Re: ANC-Jeug kla oor blanke rykdom, swart armoede [boodskap #97479 is 'n antwoord op boodskap #97460] Di, 31 Augustus 2004 11:07 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat is nuut hieraan? Swart politici wat eintlik nie meer weet wat om te
lieg vir hul kiesers nie, slaan die rassisme drom. Steeds word die groot
lieg van Afrika voortgedra: Dat die blankes hul voorspoed bekom het deur
die swart mense te onderdruk en van hulle te steel. Gerieflik vergeet
hulle om ook te vertel hoe het Afrika gelyk voor die blankes hier aangekom
het. Ja, die blankes het beheer oorgevat en die land ontwikkel, maar die
groot meerderheid gewone blanke mense, werk elke dag vir hul geld en
spandeer hulle geld om vir hulself 'n beter lewe te maak. Nêrens, ooit in
die geskiedenis het die blankes gaan bakhand staan voor die regering en eis
dat die regering vir hulle huise moet gee of grond moet skenk nie. Ja,
plase en erwe was TE KOOP en daarvoor is betaal.
Ten spyte van die vordering, hang die swart gemeenskap steeds vandag in
die groter meerderheid net rond en wag vir iets om te gebeur. Hoekom moet
die blankes hul rykdom met iemand anders deel? As jy wil werk, gaan na die
ondernemer toe en bewys jouself bereid om te werk en te leer hoe om die werk
reg te doen, en jy sal geld verdien waarmee jy jou eie erf, huis of plaas
kan koop. Ongelukkig sal een en elke werknemer vandag jou vertel dat om
'n jong swartmens in diens te neem, is die kanse 95% dat jy die een of ander
tyd arbeidsprobleme gaan optel. Die mense is nie meer bereid om hul pad
boontoe oop te werk nie neem ook nie maklik verantwoordelikheid nie.
Drank is 'n probleem en selfdissipline 'n moerse probleem. So wat maak die
werknemer? Meganiseer sover moontlik en neem net handearbeid in
diens.......of soek 'n jong blanke wat bereid is om vinger te trek.
Die feite van die lewe is dat niks verniet kom nie. Soveel as wat jy
bereid is om in te sit, soveel gaan jy uitkry. Dis die les wat swart
Afrika dringend benodig om te verstaan.

"P_65" skryf in boodskap news:mn.f4a57d48c9d0c4d4.14359@hotmail.com...
> ANC-Jeug kla oor blanke rykdom, swart armoede
>
Vorige onderwerp: 'n Vliegtuig vir elke werkdag
Volgende onderwerp: Die Spele
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 02:30:42 MGT 2024