Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dis lekker in Souf Efrika
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97418 is 'n antwoord op boodskap #97393] Ma, 30 Augustus 2004 08:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf in boodskap news:cgssbp$i97$1@ctb-nnrp2.saix.net...
. Dus moet Europeers in die noorde nie vir 'n oomblik dink
> hulle is beter as die blanke velletjies hieronder nie.
-----Maar hulle dink so! Met die spul toeriste hier in ons land sien ons
dit amper weekliks. Mense wat uit Europa en die VSA afklim met hierdie
'attitude' van julle Afrikane is mos eintlik agterlik en onopgevoed. Hulle
skaap saam by die eerste klerewinkel in en koop die regte toerusting vir hul
Afrika-ervaring. dis hemde en hoede, waterbottels en GPS'se. O, en moet
nie die sonblok vergeet nie, hulle velletjies is eintlik deurskynend so wit
is dit. En water! Hulle koop water in die bottel in die supermark en
vertrou nie die plaaslike kraanwater nie. Glo vuil en besoedel soos daar
in 'ontwikkelde' Europa!
Dan is dit die woestyn in. Jitte, maar sweet die bliksems nie lekker
in die hitte nie? Hulle sluk daai bottels dat die spoeg spat en as die 4x4
nou 'n pap wiel kry in die hitte van die dag, en dan sien jy hoe verdwyn
daai 'attitude' vinnig. Of 'n skerpioen steek een van hulle waar hulle
rondloop en krap. Dit brand en die arme mens voel sy gaan vrek want sy kry
koue rillings van skoon seunuwees en die banggeit vir doodgaan. Hulle soek
salfies in hulle nuwe 'First Aid' kit en niks help nie. Dan vat die 'stun
gun' en zap die die meisie op haar boud met 40 000 volt. Sy gil
verskriklik en die spul Europeërs kyk jou geskok aan. Hoe kan jy so iets
aan n vrou doen?........dan hou haar gekerm op. Haai! Dit brand nie meer
nie! Wel nou twee blou kolle waar die 'stun gun' haar gelooi het, maar
geen pyn meer nie. Hoe het jy gedoen wonder hulle verwonderd? Hul
kakebene hang oop as jy hulle vertel dit werk vir slangbyt ook. Nuwe
respek.....uiteindelik dring dit deur tot dié lotjie dat hierdie dom Boer
van Afrika meer weet van wat in sy land aangaan as wat hulle ooit uit 'n
boek kon wysraak. Dat die water uit ons krane beter is as waaraan hulle
gewoond is, dat ons land meer besonders is as waaraan hulle gewoond is.
Dat ons mense, wit en swart, beter is as waaraan hulle gewoond is en dat
hulle nie die politieke gemors wat hulle in die verlede gehad of nou het,
verdien nie.

> Dus is ek ook trots daarop om blank of "blank" te wees.

-----Ek wil nog 'n Damara, Owambo, Herero, Nama of Baster ontmoet wat nie
trots daarop is om 'n swart man te wees nie. Net so ken ek ook geen
Afrikaner, Duitser of Engelsman wat swart wil wees nie. Hoekom mag iemand
nie trots op sy wit vel wees nie? Hoekom is dit mense soos Gloudina wat
regverdigheid predik, maar tog dit nie vir die wit mense gun nie? Sy moet
'n verskuilde agenda hê...........
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97428 is 'n antwoord op boodskap #97416] Ma, 30 Augustus 2004 12:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
�n "i" en 'n "a" sit nie langs mekaar (of naby mekaar) op die sleutelbord
nie. Kan nie 'n tikfout wees nie...

"Suidwester" skryf in boodskap news:4132e7f4.1@news1.mweb.co.za...
> Verskoon die tikfout. Skram weg!
> "@rogers.com" wrote in message
> news:IC8Yc.83618$pTn.42662@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>>
>> "Plato" skryf
>>
>>> Ek skrum nie van die waarheid af weg nie
>>
>> Jy bedoel as jy nou vir Gloudina as taal-
>> kunstenaar moet beskryf en haar amper
>> perfekte grammatika bewonder, dan
>> skrim jy nie daarvan weg nie?
>>
>> Aristoteles
>>
>
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97431 is 'n antwoord op boodskap #97407] Ma, 30 Augustus 2004 12:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> -----Upington die verstaan ek, maar Strandfontein? Weet jy hoe ver is dit
> van Upington en Marchand af?

Natuurlik. Ons het dan soontoe gery in die
dae toe daar nog nie so baie teerpaaie in
daardie wêreld was nie. Maar ek het
bedoel, my ouers was nie die soort wat
plekke besoek het wat ek as misterieus
beskou het net omdat ek nie daar kon kom
nie. Oom Piet en Ant Bessie Sans het my
altyd saam met hulle dogter Hendrina in
die bulte ingery op hulle perdekar, en my
die wondere van die buiteveld leer ken.
Maar as hulle die keer opgepak het vir
'n tog na Ais-Ais kon ek nie saamgaan nie,
en het ek Hendrina vreeslik beny.

Gloudina
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97432 is 'n antwoord op boodskap #97415] Ma, 30 Augustus 2004 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Jy skaram weg, nie skrim nie.................

Nee jong. "Skaram" is dit darem sekerlik nie.
"Skrum" ook nie. Maar ek is ook nie seker
van my "skrim weg" nie. (Dis nou die Engels
vir "shy away." ) Wonder of iemand anders
ons kan help.

Gloudina
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97433 is 'n antwoord op boodskap #97416] Ma, 30 Augustus 2004 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester"

> Verskoon die tikfout. Skram weg!

Ja, dis reg. "Skram weg" soos in skrams.

Gloudina
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97434 is 'n antwoord op boodskap #97418] Ma, 30 Augustus 2004 12:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Sy moet
> 'n verskuilde agenda hê...........

As ek 'n verskuilde agenda het, Suidwester, is
dit een wat ek in die Bergpredikasie en in die
Dhammapada geleer het.

Gloudina
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97438 is 'n antwoord op boodskap #97431] Ma, 30 Augustus 2004 13:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wonder maar net waar het julle gebly op Strandfontein so baie kilometer
van Upington af? Dalk by so 'n plekkie net so 5km noord van Strandfontein?
"@rogers.com" wrote in message
news:SVEYc.5978$pDB1.4669@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> -----Upington die verstaan ek, maar Strandfontein? Weet jy hoe ver is
> dit
>> van Upington en Marchand af?
>
> Natuurlik. Ons het dan soontoe gery in die
> dae toe daar nog nie so baie teerpaaie in
> daardie wêreld was nie. Maar ek het
> bedoel, my ouers was nie die soort wat
> plekke besoek het wat ek as misterieus
> beskou het net omdat ek nie daar kon kom
> nie. Oom Piet en Ant Bessie Sans het my
> altyd saam met hulle dogter Hendrina in
> die bulte ingery op hulle perdekar, en my
> die wondere van die buiteveld leer ken.
> Maar as hulle die keer opgepak het vir
> 'n tog na Ais-Ais kon ek nie saamgaan nie,
> en het ek Hendrina vreeslik beny.
>
> Gloudina
>
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97440 is 'n antwoord op boodskap #97438] Ma, 30 Augustus 2004 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Ek wonder maar net waar het julle gebly op Strandfontein so baie kilometer
> van Upington af?

Dit was baie jare gelede. My pa het gehoor hulle
bou 'n hotel op Strandfontein, en vat toe die pad
aan. Toe ons op Strandfontein kom, toe is die
hotel nog nie heeltemal klaar nie, en moes ons
in halfklaar kamers slaap.

Gloudina
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97454 is 'n antwoord op boodskap #97343] Ma, 30 Augustus 2004 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Sy was in bevel van alle tuinopse in SA in die 80's gewees . hoof Hoof HOOF
van die LEER

"Plato" skryf in boodskap news:cgo6h9$alc$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Suidwester wrote:
>
>> Foeit tog en dan sit die polisiemanne by die polisiekantore sonder
>> voertuie?
>> Oorlat die offisiere en onderoffisiere die voertuie as privaattaxi's
>> gebruik?
>> "@rogers.com" wrote in message
>> news:OOGXc.637$6EE.328@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..

>>> "Suidwester" skryf
>
>>> In 'n stad soos Windhoek is die
>
>>>> 'armed response' sekerheidsmaatskappye veel vinniger op 'n misdaadtoneel
>
>>> as
>
>>>> die polisie self.
>
>>> In 'n stad soos Ottawa is die private sekerheids-
>>> maatskappy ook veel vinniger op die misdaad-
>>> toneel as die polisie self. Jy moet agter jou duin
>>> uitkom en die wêreld leer ken.
>
>>> Tant Hessie van die Nossob
>
>



>
> Sy is van haar sinne beroof Suidwester...
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97455 is 'n antwoord op boodskap #97352] Ma, 30 Augustus 2004 17:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
ek sal laaik om haar 'n snotklap te gee....

"Suidwester" skryf in boodskap news:413033f1.0@news1.mweb.co.za...
> Ag ons almal weet mos wat die antie se probleem is......pigmentgestrem en
> skaam daaroor.
> "Plato" wrote in message
> news:cgo6h9$alc$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Suidwester wrote:

>>> Foeit tog en dan sit die polisiemanne by die polisiekantore sonder
> voertuie?
>>> Oorlat die offisiere en onderoffisiere die voertuie as privaattaxi's
>>> gebruik?
>>> "@rogers.com" wrote in message
>>> news:OOGXc.637$6EE.328@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>>>
>>>> "Suidwester" skryf
>>
>>>> In 'n stad soos Windhoek is die
>>
>>>> >'armed response' sekerheidsmaatskappye veel vinniger op 'n
> misdaadtoneel
>>
>>>> as
>>
>>>> >die polisie self.
>>
>>>> In 'n stad soos Ottawa is die private sekerheids-
>>>> maatskappy ook veel vinniger op die misdaad-
>>>> toneel as die polisie self. Jy moet agter jou duin
>>>> uitkom en die wêreld leer ken.
>>
>>>> Tant Hessie van die Nossob
>>
>>
>>>
>>>
>>>

>> Sy is van haar sinne beroof Suidwester...
>
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97456 is 'n antwoord op boodskap #97328] Ma, 30 Augustus 2004 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
is net snaaks dat ons/almal verbied was om poletiek te praat in die army

"Suidwester" skryf in boodskap news:412f4f8b.0@news1.mweb.co.za...
> Tante, jy moet leer om die kaf van die koring te skei. Jy praat van
> vergrype deur die polisie van ouds ek praat van die wese van 'n
> polisiemag.
> Maak nie saak watter politieke party aan bewind is nie, die polisiemag van
> die land, net soos sy weermag, staan heeltemal neutraal teenoor die
> politiek
> omdat hulle die gemeenskap dien. Met die nuwe bedeling en regstellende
> aksie, het die mense met ervaring van die werk, na die privaatsektor
> verkas
> en die polisie gelaat met mense wat nie die omvang van die werk ken en kan
> doen nie. Jy kan dit orals sien. Vuil polisiekantore, geroesde
> voertuie,
> ens. Ook die mag het nie meer die dissipline van vroeër nie. Hoe sal
> jy
> ook weet? Jy sit en tjol skryf uit teoretisering uit! Plus natuurlik
> jou
> psigopatiese haat van blanke Suid-Afrika.......jy's 'n 'nut-case', besef
> jy
> dit?
> "@rogers.com" wrote in message
> news:3SGXc.698$6EE.523@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..

>> "Suidwester" skryf

>> Wat eens 'n trotse mag was, met dissipline en
>>> doeltreffendheid, is nou 'n patetiese gemors.

>> Luister, ek val nie vir daardie "trotse mag, met
>> dissipline en doeltreffendheid"-strooi nie. Hulle
>> mag doeltreffend gewees het in die wit buurtes,
>> maar hulle was nie daar vir tagtig persent van
>> die land se bevolking nie, wat in baie gevalle
>> deur wit polisiemanne geterroriseer is.

>> Gloudina


>
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97457 is 'n antwoord op boodskap #97345] Ma, 30 Augustus 2004 17:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
soos daai juffrou in Heide, ROTTENHEIMER

"Plato" skryf in boodskap news:cgo75j$egn$3@ctb-nnrp2.saix.net...
> @rogers.com wrote:
>
>> "TJ"

>> Dis die debat waarvoor ek gehoop het met my vraag van

>>> kommentaar - die res is humorsin - waarvan daar blykbaar min in Kanada
>>> is.
>
>>> As 'n mens nie eens vir jou self kan lag nie. Wat dan?


>> A, maar jy sien, jy is vals as jy sê dat hierdie pos
>> 'n poging was om debat te stimuleer en om mens
>> vir jouself te laat lag. Jy weet en ander weet en ek
>> weet PRESIES waaroor dit gaan. Hierdie soort
>> poste is 'n siekte wat in SA uitgebreek het onder
>> die Afrikaners. Dis 'n manier om te hunker na die
>> "goeie ou dae" toe dinge "nie so was nie." Ons
>> ken dié soort wat hier in Kanada aankom, omdat
>> hulle hoop dat hulle "die goeie ou dae" in Kanada
>> kan dupliseer, in 'n "wit land" wat "geen geweld"
>> het nie. En sodra hulle hier aanland, begin hulle
>> hul fout uitvind en dan begin hulle kritiseer. Iemand
>> vra my nou die dag wat "verkeerd" is met een van
>> die mense wat hier in ons gebou ingetrek het en
>> wat vantevore van SA was. Sy sê die persoon
>> dink sy is sê belangrik, en sy kritiseer Kanada
>> die hele tyd. Ek sê toe vir haar sy moet altyd
>> vir mense uit SA vra wanneer hulle uit SA uit
>> is. As hulle na 1994 uit is, dan kan jy maar seker
>> wees hulle sal dink hulle is beter as Kanadese en
>> sal alles kritiseer. En ek is jammer om te sien
>> dat jy ook een van daardie tipe is. En nogal
>> iemand wat met die artslink-site duidelik
>> geidentifiseer op jou poste, van hierdie soort
>> goed kwyt raak. Dis eenvoudig onprofessioneel.

>> Gloudina


>
>
> Ek kon nie deur die geprewel lees nie. Verskoon my maar kan enige iemand
> die ou tannie met die bolla (wat so skud) sien? Verbeel jou dit terwyl jy
> die eerste twee of drie lyne van haar teks lees. So siniele ou feeks met
> so krom vinger en 'n skril stem...
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97458 is 'n antwoord op boodskap #97390] Ma, 30 Augustus 2004 17:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
dog jys beter as ons regses

"@rogers.com" wrote in message
news:OsjYc.480$1Ag1.304@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>
> "Suidwester" skryf
>
> ek is trots daarop om 'n blanke te
>> wees. Wat van jou?
>
> Ek is deel van die menslike ras. Maar ek verhoog
> myself nie eens om te dink ek is beter as ander
> lewende dinge nie. Jy, Suidwester, is ook nie
> "blank" nie. Jou vel is nie wit nie. Jy probeer
> politiek maak van iets wat so onbelangrik is dat
> dit belaglik word.
>
> Gloudina
>
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97462 is 'n antwoord op boodskap #97418] Ma, 30 Augustus 2004 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
He-he, dis nou 'n mooi uitdrukking, "skaap saam": dit sê presies hoe
sommige van hierdie toeriste-hordes optree.

Toerisme is vir my altyd 'n tweesnydende swaard. Vergelyk byv.
Durbaniete en Natallers se houding teenoor "Valies": hulle verpes die
Valies wat hulle elke jaar oorval, maar weet deksels goed dat hulle nie
sonder die Valies se jaarlikse inval kan oorleef nie.

Oor die water weet ek nie altyd nie. Ek drink my water uit die kraan
uit. My tannie wat op Sannieshof bly het lewerslakke en allerhande
gevuiltes opgedoen van hulle munisipale water, sodat hulle bou maar 'n
ekstra filter aangebring het vir drinkwater. Oor Suidwes se water:
Windhoek se water is vir my lekker (suiwer julle nog steeds die
rioolwater vir drinkdoeleindes? Ek dink dis 'n puik idee in 'n waterarm
land) As ek reg onthou kry Walvisbaai (en Swakop?) meeste van sy water
van diep boorgate in die Kuiseb- en Kahnriviere. Was daar nie 'n groot
ontsouter ook daar nie? Etosha se water is sommer plein ga-ga. Nog
nooit in my lewe sulke brak water gedrink nie. Grootfontein se water is
heerlik soet!

Suidwester wrote:
> ... Hulle
> skaap saam by die eerste klerewinkel in en koop die regte toerusting vir hul
> Afrika-ervaring. dis hemde en hoede, waterbottels en GPS'se. O, en moet
> nie die sonblok vergeet nie, hulle velletjies is eintlik deurskynend so wit
> is dit. En water! Hulle koop water in die bottel in die supermark en
> vertrou nie die plaaslike kraanwater nie. Glo vuil en besoedel soos daar
> in 'ontwikkelde' Europa!

> boek kon wysraak. Dat die water uit ons krane beter is as waaraan hulle
> gewoond is, dat ons land meer besonders is as waaraan hulle gewoond is.
> Dat ons mense, wit en swart, beter is as waaraan hulle gewoond is en dat
> hulle nie die politieke gemors wat hulle in die verlede gehad of nou het,
> verdien nie.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97465 is 'n antwoord op boodskap #97434] Ma, 30 Augustus 2004 22:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> As ek 'n verskuilde agenda het, Suidwester, is
> dit een wat ek in die Bergpredikasie en in die
> Dhammapada geleer het.

Die Dhammapada klink soos Afrikaan vir padda se dam.
Kan jy Pali lees en verstaan? Ek wonder altyd of Westerse Buddhiste
moeite doen om Sanskrit te leer, bv.?
Was dit Jung wat ook gewonder het wat gebeur wanneer westerlinge
Oosterse gelowe aanneem? Sy bekommernis was dat hy gereken het hulle
vergeet dalk die mitologie en ander kulturele ankers wat hulle van
kindsbeen aan moederskoot geleer is, en sal nooit heeltemal die
mitologie en kulturele ankers van hulle nuwe geloof kan aanleer nie.
Ek wonder ook nogal baie hieroor.
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97468 is 'n antwoord op boodskap #97465] Di, 31 Augustus 2004 00:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Kan jy Pali lees en verstaan? Ek wonder altyd of Westerse Buddhiste
> moeite doen om Sanskrit te leer, bv.?

Nee, ek ken nie Sanskrit nie. Het eenslag probeer,
maar dit vra hare op die tande om daarmee deur te
gaan. Die vrou wat ons lei, is egter oorspronklik
na Indië op 'n Sanskrit- scholarship en ken dit
redelik goed. Die Vajrayana-rigting wat ons
volg, is tot 'n groot mate voortsetting van
Hindoe doen en denk gemeng met die nuwe
filosofiese rigting waarvoor Gautama Buddha
verantwoordelik is. Alle mantras in die
Vajrayana is dan ook van Sanskrit-oorsprong.
(Die basiese verskil tussen Hindoe en Buddhistiese
denke is dat Hindoe filosofie "glo" in 'n "siel"
(atman) en die Buddha het hom uitgedruk teen
so 'n konsep. Buddhisme is teen alle konsepte
as mensgemaakte konstrukte.)

Gloudina
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97469 is 'n antwoord op boodskap #97465] Di, 31 Augustus 2004 00:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Was dit Jung wat ook gewonder het wat gebeur wanneer westerlinge
> Oosterse gelowe aanneem? Sy bekommernis was dat hy gereken het hulle
> vergeet dalk die mitologie en ander kulturele ankers wat hulle van
> kindsbeen aan moederskoot geleer is, en sal nooit heeltemal die
> mitologie en kulturele ankers van hulle nuwe geloof kan aanleer nie.
> Ek wonder ook nogal baie hieroor.

Ja, dis iets waaroor mense praat en dink. Die Dalai Lama self
moedig mense aan om binne hulle eie raamwerk die praktyke
en filosofie en psigologie van tradisionele Buddhisme te verwerk.
Ek het 'n dieper waardering vir Katolieke doen en dink begin
ontwikkel sedert ek met Buddhisme in aanraking gekom het.
Maar wat soos 'n paal bo water staan, 'n Buddhis glo nie
aan "God" nie, maar wel aan "Buddha-natuur" wat in alle
mense is, maar wat versluier word deur dit negatiewe
kragte wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir ego-formasie.

Gloudina
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97475 is 'n antwoord op boodskap #97462] Di, 31 Augustus 2004 06:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf in boodskap news:cgvrj4$o96$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> He-he, dis nou 'n mooi uitdrukking, "skaap saam": dit sê presies hoe
> sommige van hierdie toeriste-hordes optree.
>
> Toerisme is vir my altyd 'n tweesnydende swaard. Vergelyk byv.
> Durbaniete en Natallers se houding teenoor "Valies": hulle verpes die
> Valies wat hulle elke jaar oorval, maar weet deksels goed dat hulle nie
> sonder die Valies se jaarlikse inval kan oorleef nie.
-----Eintlik nie 'n probleem met hulle nie, eerder is hulle 'n bron van
lekker humor.

Oor Suidwes se water:
> Windhoek se water is vir my lekker (suiwer julle nog steeds die
> rioolwater vir drinkdoeleindes? Ek dink dis 'n puik idee in 'n waterarm
> land)
----Windhoek se ou registrasienommer was juis SW.....stront water!

As ek reg onthou kry Walvisbaai (en Swakop?) meeste van sy water
> van diep boorgate in die Kuiseb- en Kahnriviere.
-----Walvisbaai uit die Kuiseb. Swakop uit die Omaruru doer bo by Henties.
Die boorgate is ook g'n diep nie. Die sandriviere is einlik lopende
riviere met sand bo-oor.
Was daar nie 'n groot
> ontsouter ook daar nie?
------ontsouting is nie ekonomies nie.
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97495 is 'n antwoord op boodskap #97468] Wo, 01 September 2004 00:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Nee, ek ken nie Sanskrit nie. Het eenslag probeer,
> maar dit vra hare op die tande om daarmee deur te
> gaan.

Dit is wat ek ook al gehoor het. ;-)

> Die vrou wat ons lei, is egter oorspronklik
> na Indië op 'n Sanskrit- scholarship en ken dit
> redelik goed.

Wel, ek haal my hoed af vir mense soos daardie. En vir ernstige
studente van enige godsdiens/geloof.
Maar Westerse Buddhisme veral, klink vir my baie gekompliseerd.
Ek neem aan dat hulle seker maar half geforseer word om terminologie
te gebruik wat hoofsaaklik deur Christene (Katoliek en Protestant
veral) geskep is, en ook seker sielkundige konsepte soos beskryf deur
Freud en Jung, asook dalk moderne en post-moderne filosofie, om
Buddhisme te probeer verduidelik aan Westerlinge?
Daar moet mos net eenvoudig baie verwarring ontstaan wanneer seker
konsepte verduidelik probeer word?
Ek probeer dit vergelyk (verkeerdelik dalk), met die verwarring wat
daar voorkom en voorgekom het deur die eeue tussen die verskillende
interpretasies van die "heilige" boeke van die Christene, en soms
selfs binne dieselfde of min of meer dieselfde kulturele
verwysingsraamwerke.
Aan die ander kant kan mens seker ook redeneer dat X is nie X nie, en
daarom noem ons dit maar X. Woorde is maar net dit- woorde. So iets.
;-)

> Die Vajrayana-rigting wat ons
> volg, is tot 'n groot mate voortsetting van
> Hindoe doen en denk gemeng met die nuwe
> filosofiese rigting waarvoor Gautama Buddha
> verantwoordelik is.

Net vir interessantheid - is daar 'n filosofiese verskil in die Hindoe
konsep vir logos/ "reason", en die van die leer wat julle volg? En
wat van konsepte soos "mind" en "heart"?
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97498 is 'n antwoord op boodskap #97495] Wo, 01 September 2004 01:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Maar Westerse Buddhisme veral, klink vir my baie gekompliseerd.
> Ek neem aan dat hulle seker maar half geforseer word om terminologie
> te gebruik wat hoofsaaklik deur Christene (Katoliek en Protestant
> veral) geskep is, en ook seker sielkundige konsepte soos beskryf deur
> Freud en Jung, asook dalk moderne en post-moderne filosofie, om
> Buddhisme te probeer verduidelik aan Westerlinge?

Ek dink jy moet nie "Westerse Buddhisme" verhef as 'n
aparte soort van persuasie nie. Ek dink jy sal vind dat
ernstige praktiserende Buddhiste gegrond is in 'n sekere
tradisie, en ook gekenmerk word deur die "vehicles"
wat hulle gebruik. As jy dus iemand teenkom wat sê
hy is 'n Buddhis, dan moet jy vir hom vra watter tradisie
hy volg. Daar is ook groot verskille in doen tussen
die verskillende groepe. Iemand wat die Hinayana
vorm van Buddhisme volg, is so verskillend soos
Protestant en Katoliek met die Vajrayana tradisie
wat ons bestudeer. En selfs binne die Vajrayana
is daar verskille. Die Dalai Lama is Gelug, maar
ook in die Vajrayana tradisie.

Gloudina
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97499 is 'n antwoord op boodskap #97495] Wo, 01 September 2004 01:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Net vir interessantheid - is daar 'n filosofiese verskil in die Hindoe
> konsep vir logos/ "reason", en die van die leer wat julle volg? En
> wat van konsepte soos "mind" en "heart"?

Ek ken nie die Hindoe-denke goed genoeg om
te weet waarvan jy praat as jy van "logos/reason"
praat nie. Waarna spesifiek verwys jy?
Ek dink jy moet ook versigtig wees om te sê
"die leer wat julle volg." Buddhisme is eintlik
meer 'n psigologie en 'n filosofie as wat dit 'n
leer is. Daar is sekere fondamente waarop dit
staan: daar is nie so iets soos 'n "siel" soos
wat die Hindoes glo met die konsep van
Atman nie. Hulle glo basies dat die fenomenale
wêreld ontstaan deur "dependent origination"
en dat alles relatief bestaan.
Interessant vir my veral is dit wanneer die Buddhis
"with body, speech and mind..." sy praktyk
begin, hy sy hande teen sy kop plaas, wanneer
hy sê "with body.." Dit beteken vir my dat die
oorsaak van die feit dat ons dink ons 'n liggaam
het, en 'n aparte bestaan, iets is wat in die brein
gesetel is. Ons breinfunksies is dus die oorsaak
van die konsep van die liggaam. Die hande is
by die keel vir "speech" en by die hart vir "mind."
Vir die Buddhis is die hart die setel van die "mind."

Gloudina
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97529 is 'n antwoord op boodskap #97498] Wo, 01 September 2004 13:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> . Daar is ook groot verskille in doen tussen
> die verskillende groepe. Iemand wat die Hinayana
> vorm van Buddhisme volg, is so verskillend soos
> Protestant en Katoliek met die Vajrayana tradisie
> wat ons bestudeer. En selfs binne die Vajrayana
> is daar verskille. Die Dalai Lama is Gelug, maar
> ook in die Vajrayana tradisie.

Ek is effe bekend met die verskillende tradisies. Hinayana beteken
blykbaar iets in die lyn van "evil, pathetic, or defective vehicle"
volgens iemand op 'n ander poslys waaraan ek behoort weens my
belangstelling in verskillende godsdienste.
Dit lyk asof daar ook 'n tipe van snob waarde aan die Vajrayana
tradisie is?
Volgens iemand van daardie poslys wat vanoggend gepos is as antwoord
op 'n vraag van my:

"When I went to India and listened to various Lamas, I heard over and
over again that Theravada is for people of low intelligence and
capacity; Mahayana is for people of medium intelligence and capacity;
and Vajrayana is for people of high intelligence and capacity"
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97536 is 'n antwoord op boodskap #97529] Wo, 01 September 2004 20:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Ek is effe bekend met die verskillende tradisies. Hinayana beteken
> blykbaar iets in die lyn van "evil, pathetic, or defective vehicle"

Ek weet nie waar jy dié aanhaling vandaan kry nie.
Ek dink iemand wat niks van Buddhisme af weet,
moes soiets gesê het nie. Hinayana, of Theravada
( The School of the Elders) is die "original orthodox
Buddhism... followed in Ceylon, Burma, Thailand,
Cambodia, Laos and Chittagong in East Pakistan.
Mahayana, which developed relatively later, is
followed in other Buddhist countries like China,
Japan, Tibet, Mongolia. There are certain
differences, mainly with regard to some beliefs,
practices and observances between these two
schools, but on the most important teachings
of the Buddha....Theravada and Mahayana are
unanimously agreed. "
Een belangrike verskil, wat altyd uitgewys word,
is dat die Theravada praktisyn glo dat hy alleen
kan werk vir sy eie "enlightenment," terwyl die
Mahayana praktisyn homself verbind tot die
"enlightenment of all sentient beings."

Gloudina
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97538 is 'n antwoord op boodskap #97529] Wo, 01 September 2004 20:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Dit lyk asof daar ook 'n tipe van snob waarde aan die Vajrayana
> tradisie is?

Daar is jy ook heeltemal verkeerd. Maar dit is duidelik
dat die Tibetaanse Buddhisme die idees en praktyke
van Buddhisme oorgeneem het, maar dat hulle ook
geindoktrineer is met die Hindoe-praktyke wat vanaf
die suide na hulle gebring is deur mense soos byvoorbeeld
Padmasambhava. En dan ook juis dié deel van Hindoe-
isme wat tantries genoem word. Hulle maak dus gebruik
van allerhande yogiese tegnieke, met veral sterk
visualisasies, om die ego af te breek. Daar is ook baie
meer "ritual" in die Vajrayana as byvoorbeeld in die
Hinayana.

Gloudina
Vir Gloudina (niks meer te doen met Afrikaanse kultuur nie) verskoning by voorbaat aan groep [boodskap #97552 is 'n antwoord op boodskap #97536] Wo, 01 September 2004 22:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> "Katryn" skryf
>
>> Ek is effe bekend met die verskillende tradisies. Hinayana beteken
>> blykbaar iets in die lyn van "evil, pathetic, or defective vehicle"
>
> Ek weet nie waar jy dié aanhaling vandaan kry nie.

Ek het mos verduidelik dat dit van 'n poslys afkomstig was waaraan ek
behoort. Dit is terloops 'n akademiese lys (Buddhist Academic
Discussion Forum), en af en toe pos iemand iets "vreemds" . Dit word
gelukkig dan gewoonlik bespreek. Hierdie het ook my oog gevang, en ek
was nuuskurig wat jy daarvan sou maak. Veral omdat ek opgelet het dat
jy spesifiek van Hinayana gepraat het.
Laat ek gou die konteks waarin die persoon bogenoemde geskryf het,
plaas. Die bespreking was oor moontlike anti-Theravada sentimente.

" I suspect that anti-Theravada sentiments have arisen due to a
combination of (1) the popularity (in the West) of Mahayana and
Vajrayana traditions and their (potentially propagandistic) claims of
superiority; and (2) the habitual (and problematic) identification of
Theravada as "Hinayana" (which means something along the lines of:
evil, pathetic, or defective vehicle)."

Die persoon wat bogenoemde gepos het, was toevallig nie uitgekryt dat
hy verkeerd was/is nie, maar daar was interessante besprekings wat
gevolg het.

Die antwoord wat ek die meeste geniet het, was die van Jim Peavler
(dalk ken jy hom?):

"As I have been told, size doesn't matter. The boat one chooses to
cross is not relevant, it is the crossing that is relevant. This
Hinayana/Mahayana dilemma has been discussed on (x) approximately
once every 1.5 years. I suspect it may have resonance in India (as has
been suggested), but I have not seen or heard much about it in the
west"

Ek dink dit verklaar dan ook jou antwoord?

'n Ander reaksie was:

"One faulty thought process I have seen elsewhere goes like this:
1) People become aware that hinayana is a pejorative term
2) They realise that it is potentially insulting to call the Theravada
"hinayana"
3) They train themselves therefore to say "Theravada" instead of
"hinayana"
Then, in a context such as Tibetan buddhism, in which hinayana,
mahayana and other yanas are technical terms for aspects of buddhist
practice
*within that system* it all goes wrong. *In that system* the hinayana
approach is contrasted with the mahayana, and shown (rightly, I would
contend) to be good but inferior to the mahayana. So...
4) The "people" still substitue the word "Theravada" for "hinayana",
arguing that Theravada is inferior to mahayana, and thereby making
*exactly* the mistake the word-swap was supposed to avoid."

> Ek dink iemand wat niks van Buddhisme af weet,
> moes soiets gesê het nie.

Ek reken jy maak dalk 'n groot fout om so te dink.

> Een belangrike verskil, wat altyd uitgewys word,
> is dat die Theravada praktisyn glo dat hy alleen
> kan werk vir sy eie "enlightenment," terwyl die
> Mahayana praktisyn homself verbind tot die
> "enlightenment of all sentient beings."

Baie interessant.

Ek weet ons is nou heeltemal buite die groep se charter, en ek voel
ongemaklik om verder hieroor te gesels op die forum. Maar ek waardeer
jou antwoorde.
Re: Vir Gloudina (niks meer te doen met Afrikaanse kultuur nie) verskoning by voorbaat aan groep [boodskap #97554 is 'n antwoord op boodskap #97552] Wo, 01 September 2004 22:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> "@rogers.com" skryf:
>
> "Katryn" skryf
>
> Hinayana beteken
> blykbaar iets in die lyn van "evil, pathetic, or defective vehicle"

>> Ek weet nie waar jy dié aanhaling vandaan kry nie.

Terloops, ek het gou gaan kyk wat Wikipedia heirvan sê:
http://en.wikipedia.org/wiki/Hinayana

Etymology
The word Hinayana is divided into two components:

Hina: often translated in this context as 'inferior'
Yana: most often translated as 'vehicle'.

"Hina in Sanskrit (or hiina in Pali) means inferior, less, low, base,
mean, incomplete, deficient, wanting and so on. The usage of 'hina-'
as a prefix therefore covers those "inferior" path that do not result
in salvation of others, which under Mahayanan interpretation cover
those who achieve Arahathoold by the path of Savaka-Buddah. In this
sense, 'Hinayana' represents those practitioners whose "selfish"
motive is to achieve enlightenment (or Nirvana) for themselves alone
and their "inferior" teaching capacity result in fewer people led to
englightenment"
Re: Vir Gloudina (niks meer te doen met Afrikaanse kultuur nie) verskoning by voorbaat aan groep [boodskap #97555 is 'n antwoord op boodskap #97552] Do, 02 September 2004 00:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

.> Then, in a context such as Tibetan buddhism, in which hinayana,
> mahayana and other yanas are technical terms for aspects of buddhist
> practice

Ja, jou aanhalings is interessant, en dis duidelik dat
daar 'n soort van politieke debat oor hierdie terme
gaan. Maar soos hierbo gesê, in Tibetaanse buddhisme
is die nege yanas tegniese terme vir die verskeie
"vehicles" wat mens kan volg om "enlightenment"
te bereik.

Gloudina
Re: Vir Gloudina (niks meer te doen met Afrikaanse kultuur nie) verskoning by voorbaat aan groep [boodskap #97556 is 'n antwoord op boodskap #97554] Do, 02 September 2004 00:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> http://en.wikipedia.org/wiki/Hinayana

Lees die artikel deur W. Rahula. Dit gee
'n goeie opsomming van waaroor dit gaan.

Gloudina
Re: Vir Gloudina (niks meer te doen met Afrikaanse kultuur nie) verskoning by voorbaat aan groep [boodskap #97557 is 'n antwoord op boodskap #97552] Do, 02 September 2004 00:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Ek weet ons is nou heeltemal buite die groep se charter, en ek voel
> ongemaklik om verder hieroor te gesels op die forum.

Die gesprek word in Afrikaans gedryf. Dit is dus par excellence
binne die oktrooi van die nuusgroep. Hoeveel meer alles en nog
wat IN AFRIKAANS op hierdie nuusgroep geskryf word,
hoe meer gee dit ons 'n kans om Afrikaans in al sy soepelheid
te gebruik.

Gloudina
Re: Vir Gloudina (niks meer te doen met Afrikaanse kultuur nie) verskoning by voorbaat aan groep [boodskap #97559 is 'n antwoord op boodskap #97556] Do, 02 September 2004 00:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

>
> "Katryn" skryf
>
>> http://en.wikipedia.org/wiki/Hinayana
>
> Lees die artikel deur W. Rahula. Dit gee
> 'n goeie opsomming van waaroor dit gaan.

Dit was goed. En onthou nou om mooi te dink voor jy volgende keer
weer van Hinayana praat. Doen dit liewer nie. ;-)

Soos Ven. Dr. W. Rahula geskryf het:
" Today there is no Hinayana sect in existence anywhere in the world.
Therefore, in 1950 the World Fellowship of Buddhists inaugurated in
Colombo unanimously decided that the term Hinayana should be dropped
when referring to Buddhism existing today in Sri Lanka, Thailand,
Burma, Cambodia, Laos, etc"
Re: Dis lekker in Souf Efrika [boodskap #97561 is 'n antwoord op boodskap #97536] Do, 02 September 2004 00:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.
Ek dink iemand wat niks van Buddhisme af weet,
moes soiets gesê het nie. Hinayana, of Theravada
( The School of the Elders) is die "original orthodox
Buddhism... followed in Ceylon, Burma, Thailand,
Cambodia, Laos and Chittagong in East Pakistan.
Mahayana, which developed relatively later, is
followed in other Buddhist countries like China,
Japan, Tibet, Mongolia. There are certain
differences, mainly with regard to some beliefs,
practices and observances between these two
schools, but on the most important teachings
of the Buddha....Theravada and Mahayana are
unanimously agreed. "
Een belangrike verskil, wat altyd uitgewys word,
is dat die Theravada praktisyn glo dat hy alleen
kan werk vir sy eie "enlightenment," terwyl die
Mahayana praktisyn homself verbind tot die
"enlightenment of all sentient beings."

Gloudina

Gloudina, ek het juis toevallig vanmiddag n lekker lang chat gehad met die
bemarkingsbestuurder van Wisdom Publications, jy kan gerus, as jy tyd kry,
hulle werf besoek http://www.wisdompubs.org/
Die man was geintresseerd dat ek in n land gewoon het met drie offisiele
godsdienste, en het gevra hoe hulle saam leef, en ek het gese m.i. was die
Boedhiste die mees vreedsaam van al drie. Ongelukkig het ek te min geweet
van Boedhisme om intelligent saam met hom te kon praat, dalk volgende keer
as ek hom weer moet bel kan ek vir hom meer uitvra.

-e-
Re: Vir Gloudina (niks meer te doen met Afrikaanse kultuur nie) verskoning by voorbaat aan groep [boodskap #97564 is 'n antwoord op boodskap #97559] Do, 02 September 2004 01:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Dit was goed. En onthou nou om mooi te dink voor jy volgende keer
> weer van Hinayana praat. Doen dit liewer nie. ;-)

Maar, jy vergeet natuurlik gerieflik die ander ding wat jy
ook gepos het. Dit is dat in Tibetaanse buddhisme die
term Hinayana 'n tegniese term is vir een van die nege
"vehicles." Ek dink dus jy behoort nou op te hou
pontifikeer oor dinge waaroor jy net 'n oppervlakkige
kennis van dra.

Gloudina
Re: Vir Gloudina (niks meer te doen met Afrikaanse kultuur nie) verskoning by voorbaat aan groep [boodskap #97565 is 'n antwoord op boodskap #97564] Do, 02 September 2004 01:56 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

>
> "Katryn" skryf
>
>> Dit was goed. En onthou nou om mooi te dink voor jy volgende keer
>> weer van Hinayana praat. Doen dit liewer nie. ;-)
>
> Maar, jy vergeet natuurlik gerieflik die ander ding wat jy
> ook gepos het. Dit is dat in Tibetaanse buddhisme die
> term Hinayana 'n tegniese term is vir een van die nege
> "vehicles." Ek dink dus jy behoort nou op te hou
> pontifikeer oor dinge waaroor jy net 'n oppervlakkige
> kennis van dra.

Jou arrogansie is werklik iets ongeloofliks om te aanskou.

En dit is nou die laaste wat ek hieroor te sê het.
Vorige onderwerp: 5 September 2004
Volgende onderwerp: Artikel in die Rapport
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 09:54:04 MGT 2024