Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Engels in Sjina
Engels in Sjina [boodskap #96780] Di, 17 Augustus 2004 11:16 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sjina het onlangs besluit om Engels vanaf graad drie verpligtend te
maak. Dit het ook besluit om op te hou om skoolboeke te gebruik
wat van Britse oorsprong is. Dit wou ook nie skoolboeke hê wat
in die VSA hulle oorsprong het nie. Hulle keuse het dus geval op
twee Kanadese maatskappye om skoolboeke in Engels vir Sjinese
kinders te ontwikkel. Die feit dat Kanadese die Engelse spelling
van woorde soos "favourite" en "colour" behou, het natuurlik
ook vir hulle saak gemaak. Buitendien voel die kommunistiese
regering van Sjina 'n lang verbintenis met Kanada as gevolg van
die feit dat Norman Bethune, 'n Kanadese dokter, die "Long
March" saam met Mao Zedong deurgemaak het en in Sjina
legendariese status het. Bethune is in Sjina dood aan bloed-
vergiftiging. ('n Film oor die lewe van Norman Bethune is
'n ruk gelede gemaak, met Donald Sutherland, ook 'n Kanadees,
in die hoofrol.)
Die ontwerpers en uitgewers van die boeke vir verbruik in
Sjina het van die kans gebruik gemaak om Sjinese kinders in
aanraking te bring met sommige van die werklikhede van
Noord-Amerika wat nie altyd op die voorgrond is nie, soos
die lewens van Inuit-kinders in die verre noorde van die
vasteland.
Ek hoop ook dat hierdie werkboeke vir Sjinese kinders
vertel van Prince Edward Island. Want ek is byna seker
dat as die huidige graad drie meisies oor ag of tien jaar
taamlik vlot Engels kan lees, hulle dan net so verlief sal
wees op die boek "Anne of Green Gables" wat kult-status
in Japan bereik het. Dáár in Japan word die boek deur
meisies so wyd gelees, dat honderde en honderde
Japanese bruide verkies om hulle wittebrood in Prince
Edward Island deur te bring, of selfs daar te trou. Green
Gables, wat nou 'n museum is, het opskrifte vir alle
aankondigings in Engels en Japannees. Miskien sal
hulle dit later ook in Mandaryns moet aanbring.

Gloudina
Re: Engels in Sjina [boodskap #96853 is 'n antwoord op boodskap #96780] Wo, 18 Augustus 2004 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - baie dankie vir die moeite met die plasing van die stukkie inligting.
Heel interessant - en handig vanuit ook 'n besigheidsoogpunt.
Ek het die "Anne of Green...." plaaslik op TV gevolg - en dit was iets
besonders gewees. (Daarmee skaar ek my geensins met die Japanese meisies
nie - alhoewel meeste van hulle so vroulik is dat ek nie sal omgee om te
skaar of te ploeg nie ....)
Re: Engels in Sjina [boodskap #96938 is 'n antwoord op boodskap #96853] Do, 19 Augustus 2004 13:05 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf
> Ek het die "Anne of Green...." plaaslik op TV gevolg - en dit was iets
> besonders gewees.

Ja. dit is werklik 'n baie goeie produksie. Een van
Kanada se beste uitvoerprodukte. En omtrent die
hele klomp spelers is Kanadese. Die belangrikste
uitsondering is Richard Farnsworth, wat Matthew
speel. Ek dink Kevin Sutherland, wat die film
gemaak het, het geweet dat dié rol een van die
rolle sou wees wat die film maak of breek.
(Richard Farnsworth, wat 'n Amerikaner was,
is onlangs oorlede. Hy het verskeie Oscar
nominasies gehad, en as ek reg onthou nie
baie lank voor sy dood nie die Oscar vir
best supporting actor gekry vir sy rol in
"The Straight Story." Eintlik het hy die hoof-
rol in hierdie film gespeel, maar ek dink hulle
het hom as best supporting actor genomineer
sodat hy 'n beter kans vir 'n Oscar kon hê.
"The Straight Story" is die ware verhaal van
'n man wat van die een staat na die ander gery
het op 'n grassnyer. As jy dit in die hande kry,
kyk daarna.)

Gloudina
Vorige onderwerp: i had it all this morning
Volgende onderwerp: toets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 21:53:46 MGT 2024