Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suidpool skuif
Suidpool skuif [boodskap #9617] Vr, 30 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Dis vrek koud.

Laasweek Woensdag het 'n manfront seelangs tot bokant
Namibia gestorm. Toe swaai hy oos waarts oor die binneland
en vee alles wat vroulik is uit sy pad tot in die Indiese oseaan.
Hy het die weg voorberei vir die Grote.

Die Grote het sommer reguit van Kaapstad na Messina toe
gestorm, op soek na iets wat vroulik is. Natuurlik was daar niks.
Sy frustrasie het hy op bykans al die berge in wit uitgestort.
Tipies sou dit net die Kaapse berge soos die Swartberge en
daarna die Drakensberge wees. Maar die slag het hy nie net
die Ho"eveld bygekom nie, maar self die Steenkampsberge
oos van Groblersdal en die Wolkberge suid van Tzaneen.

Dis so jammer dat die Blouberg so afgelee is. Hierdie
geheimsinnige berg is reg wes van die Soutpansberg te vinde.
Hy is nie sommer 'n bergie nie, maar 'n meneer. Ek is seker
dat hy bedek is met sneeu. Wil iemand nie vir ons gaan kyk
nie?

As julle mens of dier teekom wat verkluim, help tog.

At de Lange
Re: Suidpool skuif [boodskap #9639 is 'n antwoord op boodskap #9617] Sa, 31 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
At, dankie vir die verklaring van die onlangse
koue dwarsoor Suid-Afrika. Wat gaan aan?
Het die weerkundiges enige verklaring vir die
baie kouer weer wat julle nou al die tweede jaar
na mekaar kry?
Ek het teruggegaan na jou vorige beskrywing
van weerpatrone (wat ek destyds uitgedruk het)
om my geheue te verfris oor die verskillende
"manlike" en "vroulike" fronte waarvan jy gepraat
het. Dit maak vir my baie sin. Ek wil egter oor die
volgende seker maak:
(1) Die Westewind wat in die Noordkaap in die
somer waai: Is ek reg as ek aanneem dat
daardie winde die periferie is van die koue
front vanuit Antarktika, wat op pad verder
noord is en eers later die swakker warmer
front uit Sentraal Afrika sal ontmoet? Of is
daardie westewinde maar net sagte winde
veroorsaak deur die feit dat die Atlantiese
Oseaan koud is en die landmassa warm,
en die koue briese dan binneland toe waai.
Het jy al ooit besluit hoe diep die Westewind
in die binneland inwaai? Dit wil sê: is daar
'n westewind by Kimberley of Bloemfontein?
Sover ek kan onthou, het die westewind altyd
so nege tien uur in die aand by ons daar op
Marchand begin waai. As dit die aand nie daar
was nie, dan het ons geweet daar sou donder-
wolke uit die Noorde op ons kom storm.
(2) Is daar die ekwivalent van die noordelike "Jet
Stream" in die suidelike halfrond? Ek neem
aan dit sal daar van oos na wes waai, in plaas
wes na oos soos hier by ons.
(3) Ek dink nog nie ek kan verstaan hoekom die
"suidoosters" in die Kaap waai, volgens jou
weerpatrone nie (tensy dit die front uit Midde-
Afrika is wat so ver suid 'n draai gaan gooi?)

Gloudina
Vorige onderwerp: Grudge: Still hating afrikaans?
Volgende onderwerp: Afrkaners wat uitwyk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 01:31:49 MGT 2024