Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Akadiërs van Noord-Amerika
Die Akadiërs van Noord-Amerika [boodskap #96353] Ma, 09 Augustus 2004 02:43 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die Akadiërs van Noord-Amerika

Niemand kan in Noord-Amerika bly, en nie omtrent daagliks
bewus wees van die feit dat die Franse oor die laaste vier of
vyf eeue hier 'n belangrike rol gespeel het nie. Franse
het lank voor die Engelse hulle teenwoordigheid in Noord-
Amerika laat voel. En nie net in die ooste van die vasteland,
waar daar vandag nog Franssprekende nageslagte bly nie.
Ook in die weste van byvoorbeeld Kanada sien ons hulle
invloed op die name van die Métis (gemengde ras) wat
in omtrent alle gevalle Frans is. Ook op die woordeskat
van selfs Engelssprekende Kanadese het die Franse 'n
invloed gehad. Die woord "portage" word deur almal
gebruik asof dit nie 'n Franse woord is nie.
As mens 'n vlag met rooi, wit en blou panele en een
ster hier in Kanada sien, dan weet jy dis die vlag van die
Akadiërs, wat vanjaar die 400ste herdenking van die
koms van die Akadiërs na Noord-Amerika vier.
Verrazano was die Italiaanse ontdekker wat in 1524
dié naam vir die hele oostelike deel van die vasteland
gebruik het. Die Akadiërs, wat hulle gevestig het in wat
vandag New Brunswick en Nova Scotia is, het dié naam
vir hulleself toegeeien. Ongelukkig was hierdie deel
van die vasteland van die uiterste strategiese belang,
en toe die Engelse hulle invloed in Noord-Amerika wou
bestendig, toe het Akadia die area geword waar die
Engelse en die Franse hulle gevegte geveg het.
Die Engelse het uiteindelik geseëvier en in 1713
het hulle oorgeneem. Hulle het verwag dat elke Akadiër
'n eed aan die Britse koning moes sweer. Die Franse
wat dit nie wou doen nie, is aangesê om die land te verlaat,
en as hulle dit nie wou doen nie, is hulle gedeporteer. Baie
het na die eiland van Miquelon en St. Pierre gegaan, wat
naby Newfoundland is, en wat vandag nog onder Frankryk
is. Ander het gewilliglik na ander dele van Noord-Amerika
gegaan, maar daar was ook 'n grootskaalse deportasie van
Akadiërs na verskillende Britse besitting ( 'n soort etniese
skoonmaak dus) in 1755, wat nou nog "the Expulsion"
genoem word. Dis oor hierdie insident wat Longfellow
in 1847 sy lang gedig "Evangeline" geskryf het. In 1763
met die Treaty of Paris is hulle toegelaat om terug te kom.

Gloudina
Re: Die Akadiërs van Noord-Amerika [boodskap #96371 is 'n antwoord op boodskap #96353] Ma, 09 Augustus 2004 11:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Franse, Engels, Afrikaans en 'n paar ander is Germaanse tale Gloudina.
Hulle deel almal woorde. "Portage' is 'n erkende Engelse woord.

Cheers
Plato

@rogers.com wrote:
> Die Akadiërs van Noord-Amerika
>
> Niemand kan in Noord-Amerika bly, en nie omtrent daagliks
> bewus wees van die feit dat die Franse oor die laaste vier of
> vyf eeue hier 'n belangrike rol gespeel het nie. Franse
> het lank voor die Engelse hulle teenwoordigheid in Noord-
> Amerika laat voel. En nie net in die ooste van die vasteland,
> waar daar vandag nog Franssprekende nageslagte bly nie.
> Ook in die weste van byvoorbeeld Kanada sien ons hulle
> invloed op die name van die Métis (gemengde ras) wat
> in omtrent alle gevalle Frans is. Ook op die woordeskat
> van selfs Engelssprekende Kanadese het die Franse 'n
> invloed gehad. Die woord "portage" word deur almal
> gebruik asof dit nie 'n Franse woord is nie.
> As mens 'n vlag met rooi, wit en blou panele en een
> ster hier in Kanada sien, dan weet jy dis die vlag van die
> Akadiërs, wat vanjaar die 400ste herdenking van die
> koms van die Akadiërs na Noord-Amerika vier.
> Verrazano was die Italiaanse ontdekker wat in 1524
> dié naam vir die hele oostelike deel van die vasteland
> gebruik het. Die Akadiërs, wat hulle gevestig het in wat
> vandag New Brunswick en Nova Scotia is, het dié naam
> vir hulleself toegeeien. Ongelukkig was hierdie deel
> van die vasteland van die uiterste strategiese belang,
> en toe die Engelse hulle invloed in Noord-Amerika wou
> bestendig, toe het Akadia die area geword waar die
> Engelse en die Franse hulle gevegte geveg het.
> Die Engelse het uiteindelik geseëvier en in 1713
> het hulle oorgeneem. Hulle het verwag dat elke Akadiër
> 'n eed aan die Britse koning moes sweer. Die Franse
> wat dit nie wou doen nie, is aangesê om die land te verlaat,
> en as hulle dit nie wou doen nie, is hulle gedeporteer. Baie
> het na die eiland van Miquelon en St. Pierre gegaan, wat
> naby Newfoundland is, en wat vandag nog onder Frankryk
> is. Ander het gewilliglik na ander dele van Noord-Amerika
> gegaan, maar daar was ook 'n grootskaalse deportasie van
> Akadiërs na verskillende Britse besitting ( 'n soort etniese
> skoonmaak dus) in 1755, wat nou nog "the Expulsion"
> genoem word. Dis oor hierdie insident wat Longfellow
> in 1847 sy lang gedig "Evangeline" geskryf het. In 1763
> met die Treaty of Paris is hulle toegelaat om terug te kom.
>
> Gloudina
>
Re: Die Akadiërs van Noord-Amerika [boodskap #96380 is 'n antwoord op boodskap #96371] Ma, 09 Augustus 2004 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato"

> Franse, Engels, Afrikaans en 'n paar ander is Germaanse tale Gloudina.
> Hulle deel almal woorde. "Portage' is 'n erkende Engelse woord.

Frans word nie deur taalwetenskaplikes as 'n
Germaanse taal gereken nie. Dis 'n Romaanse
taal. Hulle enigste verwantskap is dat hulle
albei Indo-Europese tale is ( d.w.s. dat hulle
taalvoorvader uit die Indus-vallei van die
Indiese subkontinent weswaarts beweeg het.
Vandaar dat Sanskrit en Latyn en Afrikaans
seker familiale verbande het.)

Natuurlik is "portage" 'n "erkende Engelse
woord." Net soos "trek" nou 'n erkende
Engelse woord is. Maar dit verander nie
die feit dat die woord portage in algemene
gebruik gekom het as gevolg van die
aktiwiteite van die Franse voyageurs van
Noord-Amerika nie.

Gloudina
Re: Die Akadiërs van Noord-Amerika [boodskap #96429 is 'n antwoord op boodskap #96380] Di, 10 Augustus 2004 11:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat beteken daai woord "voyageurs". Ek het dit nog nooit gehoor nie - is
nie dalk 'n direkte vertaling van die woord voyagers nie?

E

"@rogers.com" wrote:

> aktiwiteite van die Franse voyageurs van
> Noord-Amerika nie.
>
> Gloudina
>
Re: Die Akadiërs van Noord-Amerika [boodskap #96432 is 'n antwoord op boodskap #96429] Di, 10 Augustus 2004 11:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" "skryf

> Wat beteken daai woord "voyageurs". Ek het dit nog nooit gehoor nie - is
> nie dalk 'n direkte vertaling van die woord voyagers nie?

Wanneer jy daardie woord gebruik, verwys jy spesifiek
na die Franse ouens wat in die sestiende en sewentiende
eeue en daarna van die oostelike dele van noordelike
Noord-Amerika op die waterweë weswaarts geseil
het tot sover as die prairies en met die Eerste Nasies
handel gedryf het, hoofsaaklik in pelse. Beaver pelse
was baie populêr in Europa.
Soos jy miskien weet uit die geografie van Kanada is
dit moontlik om sover as Montreal op te vaar in die
St. Lawrence en dan verder op in die Ottawa-rivier.
Of met portages kan mens ook van die een Groot
Meer na die ander gaan. Kanada het duisende
kleinere mere, dus kan jy maar sê, met portages,
dat Kanada bevaarbaar is tot diep in die weste.
Wanneer jy die woord "voyageur" hier in
Kanada gebruik, weet elkeen presies waarvan
gepraat word. Net soos met die woord "portage."
Ons het ook 'n Voyageur buslyn.

Gloudina
Re: Die Akadiërs van Noord-Amerika [boodskap #96466 is 'n antwoord op boodskap #96432] Di, 10 Augustus 2004 14:40 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Baie interessant - dankie. Dit sal egter verduidelik hoekom ek nie die
woord ken nie :)

E

"@rogers.com" wrote:

> Wanneer jy die woord "voyageur" hier in
> Kanada gebruik, weet elkeen presies waarvan
> gepraat word. Net soos met die woord "portage."
> Ons het ook 'n Voyageur buslyn.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Interessante water
Volgende onderwerp: Culture!? Don't make me laugh!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 22:50:17 MGT 2024