Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie is jy?
Wie is jy? [boodskap #95514] Sa, 24 Julie 2004 11:15 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
" Knowing where you are from is a very central component to knowing who you
are" - Gina Paige, African Ancestry's president.
Ek dink die dame praat 'n bol strooi.
Waar mens gebore is, is waar jy vandaan kom.
Ek is 'n Afrikaan. In Afrika is ek gebore - en geen mens op aarde sal my kan
oortuig ek is 'n Europeër omdat my voorouers 17 geslagte terug van daar
gekom het nie.
Mens het ook nie nodig om te weet waar hul vandaan kom om te weet wie wie
hulle is nie.
--
Groetnis
Annette
Re: Wie is jy? [boodskap #95515 is 'n antwoord op boodskap #95514] Sa, 24 Julie 2004 12:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
AMen

"Annette" skryf in boodskap news:cdtgs5$3f8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> " Knowing where you are from is a very central component to knowing who you
> are" - Gina Paige, African Ancestry's president.
> Ek dink die dame praat 'n bol strooi.
> Waar mens gebore is, is waar jy vandaan kom.
> Ek is 'n Afrikaan. In Afrika is ek gebore - en geen mens op aarde sal my kan
> oortuig ek is 'n Europeër omdat my voorouers 17 geslagte terug van daar
> gekom het nie.
> Mens het ook nie nodig om te weet waar hul vandaan kom om te weet wie wie
> hulle is nie.
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Wie is jy? [boodskap #95516 is 'n antwoord op boodskap #95514] Sa, 24 Julie 2004 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aristoteles  is tans af-lyn  Aristoteles
Boodskappe: 13
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Ek is 'n Europeër, al is ek hier in Afrika gebore. Ek is seker ook 'n
Afrikaan omdat ek hier gebore is, maar nie juis trots daarop nie.
Miskien is die beste naam vir ons iets soos Euro-Afrikane. Dieselfde
tipe benaming as "Afro-Americans".

Annette wrote:
> " Knowing where you are from is a very central component to knowing who you
> are" - Gina Paige, African Ancestry's president.
> Ek dink die dame praat 'n bol strooi.
> Waar mens gebore is, is waar jy vandaan kom.
> Ek is 'n Afrikaan. In Afrika is ek gebore - en geen mens op aarde sal my kan
> oortuig ek is 'n Europeër omdat my voorouers 17 geslagte terug van daar
> gekom het nie.
> Mens het ook nie nodig om te weet waar hul vandaan kom om te weet wie wie
> hulle is nie.
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Wie is jy? [boodskap #95522 is 'n antwoord op boodskap #95516] Sa, 24 Julie 2004 15:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek kan jouself noem wat jy wil, ek het regtig vrede daarmee. Feit bly,
niemand het die reg om vir my te sê ek is nie 'n Afrikaan nie.
Nog minder kan iemand vir my sê ek weet nie wie ek is as ek nie belangstel
presies van waar en wie my verre voorgeslagte is nie.

--
Groetnis
Annette

"Aristoteles" skryf in boodskap news:cdtkk5$osu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek is 'n Europeër, al is ek hier in Afrika gebore. Ek is seker ook 'n
> Afrikaan omdat ek hier gebore is, maar nie juis trots daarop nie.
> Miskien is die beste naam vir ons iets soos Euro-Afrikane. Dieselfde
> tipe benaming as "Afro-Americans".
>
> Annette wrote:
>> " Knowing where you are from is a very central component to knowing who you
>> are" - Gina Paige, African Ancestry's president.
>> Ek dink die dame praat 'n bol strooi.
>> Waar mens gebore is, is waar jy vandaan kom.
>> Ek is 'n Afrikaan. In Afrika is ek gebore - en geen mens op aarde sal my kan
>> oortuig ek is 'n Europeër omdat my voorouers 17 geslagte terug van daar
>> gekom het nie.
>> Mens het ook nie nodig om te weet waar hul vandaan kom om te weet wie wie
>> hulle is nie.
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>>
>
Re: Wie is jy? [boodskap #95529 is 'n antwoord op boodskap #95514] Sa, 24 Julie 2004 19:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 24 Jul 2004 13:15:49 +0200, "Annette" wrote:

> " Knowing where you are from is a very central component to knowing who you
> are" - Gina Paige, African Ancestry's president.
> Ek dink die dame praat 'n bol strooi.
> Waar mens gebore is, is waar jy vandaan kom.
> Ek is 'n Afrikaan. In Afrika is ek gebore - en geen mens op aarde sal my kan
> oortuig ek is 'n Europeër omdat my voorouers 17 geslagte terug van daar
> gekom het nie.
> Mens het ook nie nodig om te weet waar hul vandaan kom om te weet wie wie
> hulle is nie.

Ek het die saadjies van my slaai in Nederland gekoop maar natuurlik my
slaai hier in Vlaandere gekweek. Watter nasionaliteit het my slaai
nou?

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Wie is jy? [boodskap #95530 is 'n antwoord op boodskap #95514] Sa, 24 Julie 2004 20:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> " Knowing where you are from is a very central component to knowing who you
> are" - Gina Paige, African Ancestry's president.
> Ek dink die dame praat 'n bol strooi.

In ons moderne wêreld, moet jy beter weet waarvandaan
jy kom, somtyds in taamlik groot besonderhede, want
met genetiese ondersoek en die uitwerking wat dit
op medisyne maak, behoort sulke informasie in elke
huisdokter se leërs te wees. Ek dink dus dat jy die
bol strooi praat.

Gloudina
Re: Wie is jy? [boodskap #95531 is 'n antwoord op boodskap #95530] Sa, 24 Julie 2004 21:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
yess yess yes, uiteindelik 'n spelfout!!! Is die lewe so gevaarlik in
Kanada dat elke huisdokter sy eie leërs moet aanhou vir beskerming?

Goed om te sien jy's ook maar menslik!!

Soois

"@rogers.com" skryf in boodskap news:9MzMc.2$t_A.1@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
>
> "Annette" skryf
>
>> " Knowing where you are from is a very central component to knowing who you
>> are" - Gina Paige, African Ancestry's president.
>> Ek dink die dame praat 'n bol strooi.
>
> In ons moderne wêreld, moet jy beter weet waarvandaan
> jy kom, somtyds in taamlik groot besonderhede, want
> met genetiese ondersoek en die uitwerking wat dit
> op medisyne maak, behoort sulke informasie in elke
> huisdokter se leërs te wees. Ek dink dus dat jy die
> bol strooi praat.
>
> Gloudina
>
Re: Wie is jy? [boodskap #95532 is 'n antwoord op boodskap #95531] Sa, 24 Julie 2004 22:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"MoerFie" skryf

> yess yess yes, uiteindelik 'n spelfout!!! Is die lewe so gevaarlik in
> Kanada dat elke huisdokter sy eie leërs moet aanhou vir beskerming?
>
> Goed om te sien jy's ook maar menslik!!

Ok, Ok, François, hou jou in. Hou jy nou
'n lêer van my spelfoute? (Die woord lyk
vir my ook verkeerd. Hoe spel mens dit?
Miskien moet ek maar net legger sê.

Gloudina
Re: Wie is jy? [boodskap #95533 is 'n antwoord op boodskap #95522] Sa, 24 Julie 2004 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hi

Ek dink dit sou meer korrek wees om te sê dat jy die reg het om die
aanmerking te ignoreer. Natuurlik kan iemand jou iets noem wat jy nie is
nie. Dink daaraan. Ek kan sê jy is dom en jy het dan die reg om jou nie
aan my te steur nie. Terloops, ek dink glad nie jy is dom nie. Mense
noem my soms 'n rassis omdat hulle nie die insig het om te begryp wat ek
sê nie. Dit is hulle goeie reg om my een te noem. Dit maak hulle nie
egter korrek/reg nie...

Semantiek is hier 'n probleem. Almal gebruik dieselfde woorde maar heg
verskillende betekenisse daaraan. As jy bedoel jy is 'n Afrikaan omdat
jy in Afrika gebore is, dan is dit seker reg so. Ek verstaan weer 'n
Afrikaan as iemand met 'n donker (swart of bruin) vel. Volgens jou
definisie is ek ook dus 'n Afrikaan. Ek dink nie jy gebruik die term reg
nie maar ons is wel van Afrika. My kultuur is egter nie. Ek is 'n
westerling.

Soos die deursnit Amerikaner of Wes-Europeër...

Cheers
Plato

Annette wrote:

> Ek kan jouself noem wat jy wil, ek het regtig vrede daarmee. Feit bly,
> niemand het die reg om vir my te sê ek is nie 'n Afrikaan nie.
> Nog minder kan iemand vir my sê ek weet nie wie ek is as ek nie belangstel
> presies van waar en wie my verre voorgeslagte is nie.
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "Aristoteles" wrote in message
> news:cdtkk5$osu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Ek is 'n Europeër, al is ek hier in Afrika gebore. Ek is seker ook 'n
>> Afrikaan omdat ek hier gebore is, maar nie juis trots daarop nie.
>> Miskien is die beste naam vir ons iets soos Euro-Afrikane. Dieselfde
>> tipe benaming as "Afro-Americans".

>> Annette wrote:

>>> " Knowing where you are from is a very central component to knowing who
>
> you
>
>>> are" - Gina Paige, African Ancestry's president.
>>> Ek dink die dame praat 'n bol strooi.
>>> Waar mens gebore is, is waar jy vandaan kom.
>>> Ek is 'n Afrikaan. In Afrika is ek gebore - en geen mens op aarde sal my
>
> kan
>
>>> oortuig ek is 'n Europeër omdat my voorouers 17 geslagte terug van daar
>>> gekom het nie.
>>> Mens het ook nie nodig om te weet waar hul vandaan kom om te weet wie
>
> wie
>
>>> hulle is nie.
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>
>
>

>
Re: Wie is jy? [boodskap #95534 is 'n antwoord op boodskap #95532] Sa, 24 Julie 2004 22:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Leêr?

@rogers.com wrote:

> "MoerFie" skryf
>
>
>
>> yess yess yes, uiteindelik 'n spelfout!!! Is die lewe so gevaarlik in
>> Kanada dat elke huisdokter sy eie leërs moet aanhou vir beskerming?

>> Goed om te sien jy's ook maar menslik!!
>
>
>
> Ok,Ok, François, hou jou in. Hou jy nou
> 'n lêer van my spelfoute? (Die woord lyk
> vir my ook verkeerd. Hoe spel mens dit?
> Miskien moet ek maar net legger sê.
>
> Gloudina
>
Re: Wie is jy? [boodskap #95535 is 'n antwoord op boodskap #95533] Sa, 24 Julie 2004 22:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

Ek is 'n
> westerling.
> Soos die deursnit Amerikaner of Wes-Europeër...

Jy praat in cliché's. Wanneer jy van "Amerikaner"
of "Wes-Europeër" praat, dink jy "wit" en
mense wat tale praat wat hulle honderd jaar gelede
in Europa gepraat het. Wes-Europa is skaars meer
totaal wit, Amerika is 'n mengsel van baie baie
kleure en geure. Dieselfde ding wat jy heelwaarskynlik
doen as jy oor Kanada praat. Maar jy moet ons
Goewerneur-Generaal sien. Sy het Chinese
gelaatstrekke.

Gloudina
Re: Wie is jy? [boodskap #95539 is 'n antwoord op boodskap #95535] So, 25 Julie 2004 06:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
In daardie lande is die meerderheid mense wit, ja jy is reg. Maar dit is
nie wat ek bedoel met Westerling nie. Kanada se Goewerneur-Generaal is
'n Westerling. Jy hoef nie wit te wees om 'n Westerling in my opinie te
wees nie. So jy maak 'n onregverdige aanname Gloudina.

Ek propageer dat die Westerse kultuur die sleutel tot 'n samelewing se
sukses is. Ek sien kulturele ontwikkeling as 'n reguit lyn van
ontwikkeling en nie 'n vertakte een nie. Ek sien die Westerse kultuur
soos dit hom leen in lande waar mens veral 'n vermindering in bevolking
sien en waar vlakke van hoë tegnologiese vooruitgang en opvoeding aan
die orde van die dag is, is aan die spits van die lyn van ontwikkeling.

Groete
Plato

@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
> Ek is 'n
>
>> westerling.
>> Soos die deursnit Amerikaner of Wes-Europeër...
>
>
> Jy praat in cliché's. Wanneer jy van "Amerikaner"
> of "Wes-Europeër" praat, dink jy "wit" en
> mense wat tale praat wat hulle honderd jaar gelede
> in Europa gepraat het. Wes-Europa is skaars meer
> totaal wit, Amerika is 'n mengsel van baie baie
> kleure en geure. Dieselfde ding wat jy heelwaarskynlik
> doen as jy oor Kanada praat. Maar jy moet ons
> Goewerneur-Generaal sien. Sy het Chinese
> gelaatstrekke.
>
> Gloudina
>
Re: Wie is jy? [boodskap #95540 is 'n antwoord op boodskap #95532] So, 25 Julie 2004 07:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jy't hom hier reg gespel (lêer).

Moerfie, jy is nie baie oplettend nie, is jy?

@rogers.com wrote:
> "MoerFie" skryf
>
>
>
>> yess yess yes, uiteindelik 'n spelfout!!! Is die lewe so gevaarlik in
>> Kanada dat elke huisdokter sy eie leërs moet aanhou vir beskerming?

>> Goed om te sien jy's ook maar menslik!!
>
>
>
> Ok,Ok, François, hou jou in. Hou jy nou
> 'n lêer van my spelfoute? (Die woord lyk
> vir my ook verkeerd. Hoe spel mens dit?
> Miskien moet ek maar net legger sê.
>
> Gloudina
>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Wie is jy? [boodskap #95541 is 'n antwoord op boodskap #95532] So, 25 Julie 2004 07:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Haai, ek sien nou eers hoe mooi het jy Francois gespel! Hoe kry jy daai
cedilla daar?

@rogers.com wrote:
> "MoerFie" skryf
>
>
>
>> yess yess yes, uiteindelik 'n spelfout!!! Is die lewe so gevaarlik in
>> Kanada dat elke huisdokter sy eie leërs moet aanhou vir beskerming?

>> Goed om te sien jy's ook maar menslik!!
>
>
>
> Ok,Ok, François, hou jou in. Hou jy nou
> 'n lêer van my spelfoute? (Die woord lyk
> vir my ook verkeerd. Hoe spel mens dit?
> Miskien moet ek maar net legger sê.
>
> Gloudina
>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Wie is jy? [boodskap #95543 is 'n antwoord op boodskap #95541] So, 25 Julie 2004 11:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Haai, ek sien nou eers hoe mooi het jy Francois gespel! Hoe kry jy daai
> cedilla daar?

Man, as jou rekenaar nou so gestel is dat jy net
die leestekens eerste tik en dan die letter, en die
eerste een verskyn bokant die tweede een
(dus ė), dan maak jy die cedilla deur net die
enkele aanhalingsteken te druk en direk daarna
die c en dan kry jy die ē dadelik. Maar jou
rekenaar moet opgestel wees vir iets soos
international english of american english of
soiets, ek vergeet nou wat dit is.

Gloudina
Re: Wie is jy? [boodskap #95544 is 'n antwoord op boodskap #95540] So, 25 Julie 2004 11:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Moerfie, jy is nie baie oplettend nie, is jy?

Hy bedoel dat jy nie al die spelfoute gemerk het wat
ek al vantevore gemaak het nie. Hy hou 'n lêer daarvan.

Gloudina
Re: Wie is jy? [boodskap #95549 is 'n antwoord op boodskap #95522] So, 25 Julie 2004 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aristoteles  is tans af-lyn  Aristoteles
Boodskappe: 13
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Junior Lid
As jy nie weet of omgee waar jy vandaan kom nie, kan jy dalk steeds 'n
identiteit vir jouself probeer skep. Ek dink diegene wat sê dat jy "nie
sal weet wie jy is nie", bedoel waarskynlik dat jy sommige (heelwat)
dinge nie in perspektief sal kan sien nie, en verkeerde interpretasies
maak. Soos bv. mense, wat wel weet en omgee waar jy vandaan kom, se
houdings teenoor jou mag vir jou onbegryplik wees, omdat jy nie oor
daardie kennis beskik, of wil beskik nie. In daardie sin "weet jy nie
wie jy is nie".

Annette wrote:
> Ek kan jouself noem wat jy wil, ek het regtig vrede daarmee. Feit bly,
> niemand het die reg om vir my te sê ek is nie 'n Afrikaan nie.
> Nog minder kan iemand vir my sê ek weet nie wie ek is as ek nie belangstel
> presies van waar en wie my verre voorgeslagte is nie.
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "Aristoteles" wrote in message
> news:cdtkk5$osu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Ek is 'n Europeër, al is ek hier in Afrika gebore. Ek is seker ook 'n
>> Afrikaan omdat ek hier gebore is, maar nie juis trots daarop nie.
>> Miskien is die beste naam vir ons iets soos Euro-Afrikane. Dieselfde
>> tipe benaming as "Afro-Americans".

>> Annette wrote:

>>> " Knowing where you are from is a very central component to knowing who
>
> you
>
>>> are" - Gina Paige, African Ancestry's president.
>>> Ek dink die dame praat 'n bol strooi.
>>> Waar mens gebore is, is waar jy vandaan kom.
>>> Ek is 'n Afrikaan. In Afrika is ek gebore - en geen mens op aarde sal my
>
> kan
>
>>> oortuig ek is 'n Europeër omdat my voorouers 17 geslagte terug van daar
>>> gekom het nie.
>>> Mens het ook nie nodig om te weet waar hul vandaan kom om te weet wie
>
> wie
>
>>> hulle is nie.
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>
>
>

>
Re: Wie is jy? [boodskap #95550 is 'n antwoord op boodskap #95522] So, 25 Julie 2004 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aristoteles  is tans af-lyn  Aristoteles
Boodskappe: 13
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Jy voel vere wat ek myself noem, al impliseer dit iets vir jouself. Jy
is ook 'n Europeër, en jy sal dit moeilik kan afsweer. Ek meen, jy sal
altyd as een gesien word.

Annette wrote:

> Ek kan jouself noem wat jy wil, ek het regtig vrede daarmee. Feit bly,
> niemand het die reg om vir my te sê ek is nie 'n Afrikaan nie.
> Nog minder kan iemand vir my sê ek weet nie wie ek is as ek nie belangstel
> presies van waar en wie my verre voorgeslagte is nie.
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "Aristoteles" wrote in message
> news:cdtkk5$osu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Ek is 'n Europeër, al is ek hier in Afrika gebore. Ek is seker ook 'n
>> Afrikaan omdat ek hier gebore is, maar nie juis trots daarop nie.
>> Miskien is die beste naam vir ons iets soos Euro-Afrikane. Dieselfde
>> tipe benaming as "Afro-Americans".

>> Annette wrote:

>>> " Knowing where you are from is a very central component to knowing who
>
> you
>
>>> are" - Gina Paige, African Ancestry's president.
>>> Ek dink die dame praat 'n bol strooi.
>>> Waar mens gebore is, is waar jy vandaan kom.
>>> Ek is 'n Afrikaan. In Afrika is ek gebore - en geen mens op aarde sal my
>
> kan
>
>>> oortuig ek is 'n Europeër omdat my voorouers 17 geslagte terug van daar
>>> gekom het nie.
>>> Mens het ook nie nodig om te weet waar hul vandaan kom om te weet wie
>
> wie
>
>>> hulle is nie.
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>
>
>

>
Re: Wie is jy? [boodskap #95555 is 'n antwoord op boodskap #95541] So, 25 Julie 2004 18:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 25 Jul 2004 09:33:23 +0200, knersus wrote:

> Haai, ek sien nou eers hoe mooi het jy Francois gespel! Hoe kry jy daai
> cedilla daar?
>

Slaan {ALT + 0231} op jou klavier en jy kry "ç".

Groete uit Vlaandere

Norbert
Re: Wie is jy? [boodskap #95556 is 'n antwoord op boodskap #95544] So, 25 Julie 2004 21:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hou Moerfie 'n lêer daarvan aan? Hy's 'n ernstige kêrel, hè?

@rogers.com wrote:
> "knersus" skryf
>
>
>> Moerfie, jy is nie baie oplettend nie, is jy?
>
>
> Hy bedoel dat jy nie al die spelfoute gemerk het wat
> ek al vantevore gemaak het nie. Hy hou 'n lêer daarvan.
>
> Gloudina
>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Wie is jy? [boodskap #95576 is 'n antwoord op boodskap #95555] Ma, 26 Julie 2004 14:13 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker"
> On Sun, 25 Jul 2004 09:33:23 +0200, knersus wrote:
>
>> Haai, ek sien nou eers hoe mooi het jy Francois gespel! Hoe kry jy daai
>> cedilla daar?
>>
>
> Slaan {ALT + 0231} op jou klavier en jy kry "ç".
>
> Groete uit Vlaandere
>
> Norbert

Kyk nou net weer hierdie Belg! Is g'n 'n klavier nie! Ek dink die Afrikaans
sal iets soos sleutelbord wees, miskien toetsbord.

'n Klavier is 'n "piano".

Maar moenie sleg voel nie, Norbert, daar's niks fout met jou Afrikaans nie,
inteendeel, ek vind dit uitstekend!

Max____________________________
Vorige onderwerp: Vrotties
Volgende onderwerp: Re: SA Olympics team "far too white"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 06:17:53 MGT 2024