Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Wat in kapok in Engels
Wat in kapok in Engels [boodskap #94868] Di, 13 Julie 2004 15:14 na volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jammer om te pla maar wat is die korrekte engels vir kapok?

Groete
Plato
Re: Wat in kapok in Engels [boodskap #94876 is 'n antwoord op boodskap #94868] Di, 13 Julie 2004 16:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Plato skryf:

> Jammer om te pla maar wat is die korrekte engels vir kapok?

Ek gaan probeer, sommer vir die aardigheid daarvan. ;-)
Ek sou reken dat aangesien kapok nou nie juis 'n Afrikaanse woord is
nie, maar 'n geleende Maleise woord (kapuk) om te dien as beskrywende
woord vir sneeu, sal dit seker maar in orde wees om "snow" te
gebruik?

Ek het al gehoor dat die Inuit en Amerikaanse Indiane het vreeslik
baie woorde om die verskillende tipes sneeu aan te dui, maar sovêr ek
weet (en help my gerus reg), praat ons gewoonlik van sneeu/snow en
verduidelik dan die tipe sneeu of kondisies met gewone adjektiewe soos
"falling snow" of "drifting snow" of "soft snow" if "soos wat ons baie
hier in die Suide kry "icy snow", en dan wil ek my doodlag as die
weermanne praat van "ice pellets" en "snow pellets", as hulle eintlik
"slush" bedoel. Weird...elkgeval..
O, en dan is daar die gewone woorde soos blizzard, powder, mogul,
avalanche, sleet, slush, ice-needles, en so aan. Daar moet nog tonne
ander wees, maar ek is nou voos gedink. Dit is erg warm buite op die
oomblik, so dis nie so maklik om aan sneeu woorde te dink nie. ;-)

In Engels kom dieselfde woord "kapok" ook voor, maar dan meer in die
betekenis wat dit oorspronklik in Maleis gebruik was (fyn boomwol of
so iets, soos hieronder aangehaal uit my woordeboek).

ka·pok (ka'pok')
n.
A silky fiber obtained from the fruit of the silk-cotton tree and used
for insulation and as padding in pillows, mattresses, and life
preservers.

en ook:
kapok , name for a tropical tree of the family Bombacaceae (bombax
family) and for the fiber (floss) obtained from the seeds in the
ripened pods. The floss has been important in commerce since the
1890s.
ens.
Re: Wat in kapok in Engels [boodskap #94878 is 'n antwoord op boodskap #94868] Di, 13 Julie 2004 17:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Snow - as jy van ligte sneeu praat. Daar is nie 'n Engelse ekwivalent nie.

E

"Plato" skryf in boodskap news:w5GdnQZmP7QcYW7dRVn-jg@is.co.za...
> Jammer om te pla maar wat is die korrekte engels vir kapok?
>
> Groete
> Plato
Re: Wat in kapok in Engels [boodskap #94881 is 'n antwoord op boodskap #94876] Di, 13 Julie 2004 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" >
> ... dan wil ek my doodlag as die
> weermanne praat van "ice pellets" en "snow pellets", as hulle eintlik
> "slush" bedoel. ..

Hier in Kanada is "ice pellets" en "slush" darem regtig
twee verskillende dinge. Ice pellets val uit die lug uit,
slush vergader op die grond as die temperatuur baie
na aan vriespunt is en die sneeu dus besig is om te
smelt. ( Slush is baie gevaarlik om in te ry.)

Gloudina
Re: Wat in kapok in Engels [boodskap #94882 is 'n antwoord op boodskap #94868] Di, 13 Julie 2004 19:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Jammer om te pla maar wat is die korrekte engels vir kapok?

Daar is ten minste drie verskillende betekenisse
van "kapok." Watter een wil jy hê?

( 1) Een is van Maleisiese oorsprong en verwys
na die materiaal wat sag en wit is en waarmee
mense dinge kan opstop- byvoorbeeld 'n
kapokkussing.

(2) Die tweede betekenis kom ook van die
Maleisiese woord af, dink ek. Dit word
in SA gebruik ongeveer vir sneeu. Miskien
het die slawe, as hulle sneeu op die berge
van die Kaap gesien het, dit vergelyk met
die wollerige wit kapok waarmee hulle
bekend was in hulle tuislande. Maar ek
kan nog nooit verstaan hoekom my pa
byvoorbeeld altyd van kapok gepraat
het, wanneer hy tog eintlik sneeu bedoel
het. Ek dink egter dis 'n uitdrukking van
die weste van SA. Sou Johannesburgers,
die enkele kere wat dit daar gesneeu het,
dit ook as kapok bestempel het? Sou die
Voortrekkers in Natal, as hulle sneeu op
die Drakensberge sien val het, dit ook as
kapok bestempel het? Of is kapok 'n
sekere soort sneeu, meer korrelrig, meer
'n mengsel van hael en sneeu, en nie
gewone sagte sneeu nie?

(3) Dan is daar ook die woord "kapok" soos
in kapokhaan, kapokkie ens. Maar hier
dink ek dit kom van die Frans "capon"
en het niks met sneeu te doen nie.

Gloudina
Re: Wat in kapok in Engels [boodskap #94883 is 'n antwoord op boodskap #94881] Di, 13 Julie 2004 19:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> "Katryn" >
>
> dan wil ek my doodlag as die
>> weermanne praat van "ice pellets" en "snow pellets", as hulle eintlik
>> "slush" bedoel. ..
>
> Hier in Kanada is "ice pellets" en "slush" darem regtig
> twee verskillende dinge.

Ag aarde - jy is natuurlik reg. Dit is twee verskillende dinge -
selfs hier in Georgia. ;-) Ek het "sleet" bedoel.
Ons kry wel baie ys en veral "sleet"- bedoelende so mengsel van reën,
sneeu en fyn hael. Dit is dan wanneer hulle van die ice pellets en
snow pellets praat.
Kapok [boodskap #94884 is 'n antwoord op boodskap #94882] Di, 13 Julie 2004 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek ken kapok as sneeu (natuurlik ook die ander twee betekenisse wat jy
noem), maar soos in baie sagte, klein sneeuvlokkies wat val of sneeu wat
baie los op die grond lê en nog nie gekompakteer het nie. In Engels dan
bloot net "snow", dalk soos in "snowdrift". Ek het die 1ste keer in my
lewe aan sneeu gevat toe ek goed oor die 40 was, op die Jungfraujoch in
Switserland! Die Switsers kon dit nie glo nie.

Ken julle 'n kapokboom? Ek dink in Engels is dit 'n cottonwood.

Tongknoper:

Kapokkie pak op, kapokkie pak af.

Hoe vinnig kan jy dit REG sê en herhaal sonder om hopeloos verstrengel
te raak?

@rogers.com wrote:
> Daar is ten minste drie verskillende betekenisse
> van "kapok." Watter een wil jy hê?

> (2) Die tweede betekenis kom ook van die
> Maleisiese woord af, dink ek. Dit word
> in SA gebruik ongeveer vir sneeu. Miskien

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Kapok [boodskap #94885 is 'n antwoord op boodskap #94884] Di, 13 Julie 2004 20:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Ek ken kapok as sneeu (natuurlik ook die ander twee betekenisse wat jy
> noem), maar soos in baie sagte, klein sneeuvlokkies wat val of sneeu wat
> baie los op die grond lê en nog nie gekompakteer het nie.

OK. Miskien is dit wat dit is. "Sagte klein sneeuvlokkies, sneeu wat
baie los op die grond lê" en dus ook sneeu wat maklik wegsmelt.
Miskien is dit wat my pa bedoel het. Maar my vraag is nog. Is dit
nie 'n uitdrukking wat aan die westekant van SA gebruik word, en
nie in die oostelike gebiede nie. Praat hulle in Johannesburg van
kapok?

Gloudina
Re: Kapok [boodskap #94886 is 'n antwoord op boodskap #94884] Di, 13 Julie 2004 20:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

Ek het die 1ste keer in my
> lewe aan sneeu gevat toe ek goed oor die 40 was, op die Jungfraujoch in
> Switserland! Die Switsers kon dit nie glo nie.

Duidelik is jy nie 'n Matie nie, of nie 'n Matie wat die Pieke
geklim het en nog sneeudrifsels daarbo aangetref het nie.
Ek het aan my eerste sneeu geraak in die Tulbaghvallei.
Ons was op 'n BTK toer in September, en het net van
Ceres in die Tulbaghvallei afgesak, toe daar 'n ontydige
koue front kom en die berge en voetheuwels wit sneeu.
Ons kon toe nie verder ons toer voortsit nie, en moes
die res van die week onder in die Tulbagh se sports-
stadium op die sement uitkamp, totdat ons terug is
Stellenbosch toe. Iemand met 'n kar het 'n klomp
van ons tot by die sneeulyn geneem, en daar kon ek
aan die sneeu raak. Ek het nounog 'n foto waar 'n
paar van ons onder ons bene deur na die sneeuberge
in die verte kyk.

Gloudina
Re: Wat in kapok in Engels [boodskap #94887 is 'n antwoord op boodskap #94883] Di, 13 Julie 2004 20:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn"

> Ons kry wel baie ys en veral "sleet"- bedoelende so mengsel van reën,
> sneeu en fyn hael.

Verlede Sondag het so 'n mengsel vir Edmonton in Alberta
hier in Kanada getref. Dis nou in die middel van die somer.
Een van ons kinders en sy gesin was daar vir 'n troue.
Gelukkig was hulle buite die stad, by 'n opelugtroue, en
was nie soseer geaffekteer deur die storm nie. Maar toe
hulle na die stad terugry, toe is daar voethoë opdrifsels
van hael en sneeu langs die paaie, en strate wat voete
onder die water is. Die West Edmonton Mall, wat tot
'n ruk gelede die grootste mall in die wêreld was, moes
ontruim word, want die waterpype kon nie al die
water opneem nie. Ek moet sê ons het baie snaakse
weer in Kanada hierdie somer.

Gloudina
kapokbome [boodskap #94888 is 'n antwoord op boodskap #94884] Di, 13 Julie 2004 21:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
knersus skryf:

> Ken julle 'n kapokboom? Ek dink in Engels is dit 'n cottonwood.

Ek glo nie. ;-) Die cottonwoods is in die familie poplars (populier?)
bome. Kapokbome of Katoenbome (of is dit dalk iets anders alweer?) is
soos ek in my ander boodskap genoem het, van die bombax (Bombacaceae)
familie. Soos die boabab.
Die kapokboom staan in Engels bekend as silk-cotton tree sovêr ek
weet.
Re: kapokbome [boodskap #94889 is 'n antwoord op boodskap #94888] Di, 13 Julie 2004 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn"

Die cottonwoods is in die familie poplars (populier?)
> bome.

Werklik? Familie van die populier? Dis een
van die mooiste gesigte om cottonwoods
in blom te sien as mens ver genoeg suid in
die VSA in die lente is. Ons het nie cottonwoods
hier in Kanada in die woude nie.

Gloudina
Re: kapokbome [boodskap #94890 is 'n antwoord op boodskap #94889] Di, 13 Julie 2004 22:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> "Katryn"
>
> Die cottonwoods is in die familie poplars (populier?)
>> bome.
>
> Werklik? Familie van die populier?

Ja, taksonomies gesproke, wel. Genus Populus.
Waar ek dit die eerste keer opgelet het was toe my buurman gepraat het
van carolina poplars en vir my was dit cottonwoods.

> Dis een
> van die mooiste gesigte om cottonwoods
> in blom te sien as mens ver genoeg suid in
> die VSA in die lente is. Ons het nie cottonwoods
> hier in Kanada in die woude nie.

En die dogwoods ook. Hulle is ook pragtig. Ons het selfs 'n paar in
ons tuin, en ek maak maar verder tuin rondom hulle, want in die lente
is hulle so pragtig. Ons het die gewone wittes, maar ook een met
pienk blommetjies.

Wag - ek moet gaan kosmaak.
Re: Wat in kapok in Engels [boodskap #94896 is 'n antwoord op boodskap #94868] Wo, 14 Julie 2004 06:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Van sneeu weet ons woestynbewoners nou nie eintlik nie en ek self het dit
nog net een keer gesien toe dit 'n frats-sneeu in Johannesburg was rondom
die vroeë tagtigs. Maar hier is ou bene wat wel van sneeu ken en hulle
reken dat kapok eintlik 'n erge ryp is en dat dit op die grond gevorm word.
Sneeu val uit die lug uit.....maar die resultaat van ligte sneeu en kapok is
feitlik dieselfde, as jy nie weet waar dit vandaan kom nie.

"Plato" skryf in boodskap news:w5GdnQZmP7QcYW7dRVn-jg@is.co.za...
> Jammer om te pla maar wat is die korrekte engels vir kapok?
>
> Groete
> Plato
Re: Kapok [boodskap #94941 is 'n antwoord op boodskap #94884] Wo, 14 Julie 2004 15:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het ook op die Jungfraujoch in die sneeu gesukkel. Dit was die derde keer
wat ek aan sneeu gevat het.
--
Groetnis
Annette

"knersus" skryf in boodskap news:cd1fhi$6be$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek ken kapok as sneeu (natuurlik ook die ander twee betekenisse wat jy
> noem), maar soos in baie sagte, klein sneeuvlokkies wat val of sneeu wat
> baie los op die grond lê en nog nie gekompakteer het nie. In Engels dan
> bloot net "snow", dalk soos in "snowdrift". Ek het die 1ste keer in my
> lewe aan sneeu gevat toe ek goed oor die 40 was, op die Jungfraujoch in
> Switserland! Die Switsers kon dit nie glo nie.
>
> Ken julle 'n kapokboom? Ek dink in Engels is dit 'n cottonwood.
>
> Tongknoper:
>
> Kapokkie pak op, kapokkie pak af.
>
> Hoe vinnig kan jy dit REG sê en herhaal sonder om hopeloos verstrengel
> te raak?
>
> @rogers.com wrote:
>> Daar is ten minste drie verskillende betekenisse
>> van "kapok." Watter een wil jy hê?
>
>> (2) Die tweede betekenis kom ook van die
>> Maleisiese woord af, dink ek. Dit word
>> in SA gebruik ongeveer vir sneeu. Miskien
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |__&CO__|
Re: kapokbome [boodskap #94955 is 'n antwoord op boodskap #94888] Wo, 14 Julie 2004 18:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Sorrie, ek moes daai stuk van die boodskap misgelees het. Die boom wat
ek aan dink het dorings op sy stam en takke, sommer baie, en deksels
skerp, hulle lyk nogal soos roosdorings. In elk geval, soos ek die ding
verstaan, is dit waar die kapok wat in reddingsbaadjies ens. gebruik is,
vandaan kom.

Katryn wrote:
> knersus skryf:
>
>
>> Ken julle 'n kapokboom? Ek dink in Engels is dit 'n cottonwood.
>
>
> Ek glo nie. ;-) Die cottonwoods is in die familie poplars (populier?)
> bome. Kapokbome of Katoenbome (of is dit dalk iets anders alweer?) is
> soos ek in my ander boodskap genoem het, van die bombax (Bombacaceae)
> familie. Soos die boabab.
> Die kapokboom staan in Engels bekend as silk-cotton tree sovêr ek
> weet.
>
>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Kapok [boodskap #94961 is 'n antwoord op boodskap #94885] Do, 15 Julie 2004 01:53 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf

Maar my vraag is nog. Is dit
> nie 'n uitdrukking wat aan die westekant van SA gebruik word, en
> nie in die oostelike gebiede nie. Praat hulle in Johannesburg van
> kapok?

Ek sien in Beeld dat dit 'n dag of wat gelede
op die Long Tom pas tussen Lydenburg en
Sabie gesneeu het. Dit is dus blykbaar iets
wat taamlik gereeld gebeur, want my jongste
suster se seun het 'n paar jare terug in daardie
wêreld uitgekamp en die môre toe hulle wakker
word, toe moes hulle die sneeu van hulle gesigte
verwyder. En ek dink nie dit was eers in die
middel van die winter nie.
Beeld se nuusberig het dit "sneeu" genoem,
nie "kapok" nie. Dis vir my al of kapok altyd net
gebruik word in die weste van die land.

Gloudina
Vorige onderwerp: Afrikaanse woorde
Volgende onderwerp: Skote Petoors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:25:13 MGT 2024