Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nog grond-sake in SA
Nog grond-sake in SA [boodskap #93414] Vr, 28 Mei 2004 14:50 na volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Uitspraak van appelhof

==================================

Salomo-uitspraak
Philip de Bruin


Die uitspraak van die appèlhof oor die ernstige plakkerprobleem op die
plaas Modderklip aan die Oos-Rand is "gelewer met Salomo se wysheid".

Dit is deur kenners verwelkom en bestempel as " 'n meesterstuk", asook
'n "wegwyser en 'n sleuteluitspraak".

Die vyf appèlregters het, met die Grondwet as basis, sterk klem gelê
op die plakkers se reg op menswaardige behandeling, die staat se
uitdruklike grondwetlike plig om huisvesting aan haweloses te verskaf
én die grondeienaar, mnr. Braam Duvenage (gesigfoto), se reg op sy
eiendom.

Tussen dié drie botsende regte deur het die regters " 'n goue
middeweg" gevind en beveel:

Dat die plakkers - daar is tans na raming tussen 50 000 en 70 000 van
hulle - bly net waar hulle is totdat die staat alternatiewe en
aanvaarbare grond vir hulle beskikbaar stel;

Dat die staat onmiddellik sulke alternatiewe grond moet soek en kry of
alternatiewelik met Duvenage moet onderhandel om die 50 ha van sy
plaas waarop die plakkers reeds sedert 2000 sit, van hom te koop;

Dat die staat "grondwetlike skadevergoeding" aan Duvenage moet betaal
(vir die aantasting van sy reg op sy eiendom) van die dag waarop die
plakkerprobleem begin het tot die dag waarop die plaas ontruim word.
Om dié skadevergoeding te bepaal, is beveel dat 'n amptelike
skadevergoeding-ondersoek ingestel word. As die staat Duvenage se
grond koop, sal die skadevergoeding duur totdat só 'n ooreenkoms
gesluit word.
"Geen ander remedie is regverdig of prakties nie. Onmiddellike
teruggawe van die grond is nie moontlik of menslik nie," het
appèlregters Louis Harms, Ian Farlam, Edwin Cameron, Kennith Mthinyane
en Brian Southwood gesê.

Duvenage het Donderdagmiddag gesê: "Ek is tevrede. Dit is nou 'n
positiewe uitspraak met die regte benadering. Die eerste keer sedert
2000 gebeur daar iets - en die appèlhof het dit láát gebeur."

Sy seun en bestuurder van die plaas, ook Braam, het gesê: "Ek hoop die
staat koop die grond nou en kry klaar. 'n Mens moet menslik wees met
die plakkers, maar ook regverdig teenoor ons as eienaars. Ons gewasse
moet op daardie grond aangeplant word."

Hy sê dit gaan die staat "sonder twyfel baie miljoene rande kos", of
die staat nou skadevergoeding betaal of die grond koop. Die grond is
glo sowat R40 000 per hektaar werd.

Prof. Marinus Wiechers, oud-hoogleraar in die regte aan Unisa, sê die
uitspraak "maak my baie opgewonde".

"Dit is 'n wegwyser, 'n sleuteluitspraak. Dit is terughoudend, soos 'n
hof in maatskaplike kwessies behoort te wees, maar met Salomo se
wysheid gelewer.

"Die uitspraak bewys dat die howe nie net 'n spreekbuis van die
regering is nie, maar dat hulle 'n hervormende krag gekry het. Dié
krag put hulle uit die Grondwet met sy verskanste regte. Die uitspraak
gee die beste resultaat aan die plakkers, die grondeienaar en die
staat."
Re: Nog grond-sake in SA [boodskap #93487 is 'n antwoord op boodskap #93414] Di, 01 Junie 2004 06:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdietjiekie - eers was dit Frikkie wat nuusberigte hier geplaas het - nou
is dit jy.
Ons kan lees en ons koop die koerante - later aan is ons spyt ons het dit
gekoop...

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:cckeb0hf8va2t5adgsm3kgbkg5ob0e9mjd@4ax.com...
>
> Uitspraak van appelhof
>
> ==================================
>
> Salomo-uitspraak
> Philip de Bruin
>
>
> Die uitspraak van die appèlhof oor die ernstige plakkerprobleem op die
> plaas Modderklip aan die Oos-Rand is "gelewer met Salomo se wysheid".
>
> Dit is deur kenners verwelkom en bestempel as " 'n meesterstuk", asook
> 'n "wegwyser en 'n sleuteluitspraak".
>
> Die vyf appèlregters het, met die Grondwet as basis, sterk klem gelê
> op die plakkers se reg op menswaardige behandeling, die staat se
> uitdruklike grondwetlike plig om huisvesting aan haweloses te verskaf
> 'n die grondeienaar, mnr. Braam Duvenage (gesigfoto), se reg op sy
> eiendom.
>
> Tussen dié drie botsende regte deur het die regters " 'n goue
> middeweg" gevind en beveel:
>
>
> Dat die plakkers - daar is tans na raming tussen 50 000 en 70 000 van
> hulle - bly net waar hulle is totdat die staat alternatiewe en
> aanvaarbare grond vir hulle beskikbaar stel;
>
> Dat die staat onmiddellik sulke alternatiewe grond moet soek en kry of
> alternatiewelik met Duvenage moet onderhandel om die 50 ha van sy
> plaas waarop die plakkers reeds sedert 2000 sit, van hom te koop;
>
> Dat die staat "grondwetlike skadevergoeding" aan Duvenage moet betaal
> (vir die aantasting van sy reg op sy eiendom) van die dag waarop die
> plakkerprobleem begin het tot die dag waarop die plaas ontruim word.
> Om dié skadevergoeding te bepaal, is beveel dat 'n amptelike
> skadevergoeding-ondersoek ingestel word. As die staat Duvenage se
> grond koop, sal die skadevergoeding duur totdat sê 'n ooreenkoms
> gesluit word.
> "Geen ander remedie is regverdig of prakties nie. Onmiddellike
> teruggawe van die grond is nie moontlik of menslik nie," het
> appèlregters Louis Harms, Ian Farlam, Edwin Cameron, Kennith Mthinyane
> en Brian Southwood gesê.
>
> Duvenage het Donderdagmiddag gesê: "Ek is tevrede. Dit is nou 'n
> positiewe uitspraak met die regte benadering. Die eerste keer sedert
> 2000 gebeur daar iets - en die appèlhof het dit lê�t gebeur."
>
> Sy seun en bestuurder van die plaas, ook Braam, het gesê: "Ek hoop die
> staat koop die grond nou en kry klaar. 'n Mens moet menslik wees met
> die plakkers, maar ook regverdig teenoor ons as eienaars. Ons gewasse
> moet op daardie grond aangeplant word."
>
> Hy sê dit gaan die staat "sonder twyfel baie miljoene rande kos", of
> die staat nou skadevergoeding betaal of die grond koop. Die grond is
> glo sowat R40 000 per hektaar werd.
>
> Prof. Marinus Wiechers, oud-hoogleraar in die regte aan Unisa, sê die
> uitspraak "maak my baie opgewonde".
>
> "Dit is 'n wegwyser, 'n sleuteluitspraak. Dit is terughoudend, soos 'n
> hof in maatskaplike kwessies behoort te wees, maar met Salomo se
> wysheid gelewer.
>
> "Die uitspraak bewys dat die howe nie net 'n spreekbuis van die
> regering is nie, maar dat hulle 'n hervormende krag gekry het. Di�
> krag put hulle uit die Grondwet met sy verskanste regte. Die uitspraak
> gee die beste resultaat aan die plakkers, die grondeienaar en die
> staat."
>
Re: Nog grond-sake in SA [boodskap #93496 is 'n antwoord op boodskap #93487] Di, 01 Junie 2004 08:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Vandaar die term NUUSgroep.

Max____________________________

"Jonas" skryf in boodskap news:c9h6s7$8uc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ferdietjiekie - eers was dit Frikkie wat nuusberigte hier geplaas het - nou
> is dit jy.
> Ons kan lees en ons koop die koerante - later aan is ons spyt ons het dit
> gekoop...
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:cckeb0hf8va2t5adgsm3kgbkg5ob0e9mjd@4ax.com...
>>
>> Uitspraak van appelhof
>>
>> ==================================
>>
>> Salomo-uitspraak
>> Philip de Bruin
>>
>>
>> Die uitspraak van die appèlhof oor die ernstige plakkerprobleem op die
>> plaas Modderklip aan die Oos-Rand is "gelewer met Salomo se wysheid".
>>
>> Dit is deur kenners verwelkom en bestempel as " 'n meesterstuk", asook
>> 'n "wegwyser en 'n sleuteluitspraak".
>>
>> Die vyf appèlregters het, met die Grondwet as basis, sterk klem gelê
>> op die plakkers se reg op menswaardige behandeling, die staat se
>> uitdruklike grondwetlike plig om huisvesting aan haweloses te verskaf
>> 'n die grondeienaar, mnr. Braam Duvenage (gesigfoto), se reg op sy
>> eiendom.
>>
>> Tussen dié drie botsende regte deur het die regters " 'n goue
>> middeweg" gevind en beveel:
>>
>>
>> Dat die plakkers - daar is tans na raming tussen 50 000 en 70 000 van
>> hulle - bly net waar hulle is totdat die staat alternatiewe en
>> aanvaarbare grond vir hulle beskikbaar stel;
>>
>> Dat die staat onmiddellik sulke alternatiewe grond moet soek en kry of
>> alternatiewelik met Duvenage moet onderhandel om die 50 ha van sy
>> plaas waarop die plakkers reeds sedert 2000 sit, van hom te koop;
>>
>> Dat die staat "grondwetlike skadevergoeding" aan Duvenage moet betaal
>> (vir die aantasting van sy reg op sy eiendom) van die dag waarop die
>> plakkerprobleem begin het tot die dag waarop die plaas ontruim word.
>> Om dié skadevergoeding te bepaal, is beveel dat 'n amptelike
>> skadevergoeding-ondersoek ingestel word. As die staat Duvenage se
>> grond koop, sal die skadevergoeding duur totdat sê 'n ooreenkoms
>> gesluit word.
>> "Geen ander remedie is regverdig of prakties nie. Onmiddellike
>> teruggawe van die grond is nie moontlik of menslik nie," het
>> appèlregters Louis Harms, Ian Farlam, Edwin Cameron, Kennith Mthinyane
>> en Brian Southwood gesê.
>>
>> Duvenage het Donderdagmiddag gesê: "Ek is tevrede. Dit is nou 'n
>> positiewe uitspraak met die regte benadering. Die eerste keer sedert
>> 2000 gebeur daar iets - en die appèlhof het dit lê�t gebeur."
>>
>> Sy seun en bestuurder van die plaas, ook Braam, het gesê: "Ek hoop die
>> staat koop die grond nou en kry klaar. 'n Mens moet menslik wees met
>> die plakkers, maar ook regverdig teenoor ons as eienaars. Ons gewasse
>> moet op daardie grond aangeplant word."
>>
>> Hy sê dit gaan die staat "sonder twyfel baie miljoene rande kos", of
>> die staat nou skadevergoeding betaal of die grond koop. Die grond is
>> glo sowat R40 000 per hektaar werd.
>>
>> Prof. Marinus Wiechers, oud-hoogleraar in die regte aan Unisa, sê die
>> uitspraak "maak my baie opgewonde".
>>
>> "Dit is 'n wegwyser, 'n sleuteluitspraak. Dit is terughoudend, soos 'n
>> hof in maatskaplike kwessies behoort te wees, maar met Salomo se
>> wysheid gelewer.
>>
>> "Die uitspraak bewys dat die howe nie net 'n spreekbuis van die
>> regering is nie, maar dat hulle 'n hervormende krag gekry het. Di�
>> krag put hulle uit die Grondwet met sy verskanste regte. Die uitspraak
>> gee die beste resultaat aan die plakkers, die grondeienaar en die
>> staat."
>>
>
Re: Nog grond-sake in SA [boodskap #93539 is 'n antwoord op boodskap #93496] Di, 01 Junie 2004 14:12 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Shame. Ek lees nie meer Jonas se goed nie. Hy is op die killfile. Ek
sien hy pos nog steeds maar net tewende one liners.

On Tue, 1 Jun 2004 10:34:37 +0200, "Max" wrote:

> Vandaar die term NUUSgroep.
>
> Max____________________________
>
>
> "Jonas" wrote in message
> news:c9h6s7$8uc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ferdietjiekie - eers was dit Frikkie wat nuusberigte hier geplaas het -
> nou
>> is dit jy.
>> Ons kan lees en ons koop die koerante - later aan is ons spyt ons het dit
>> gekoop...
>> "Ferdi Greyling" wrote in message
>> news:cckeb0hf8va2t5adgsm3kgbkg5ob0e9mjd@4ax.com...
>>>
>>> Uitspraak van appelhof
>>>
>>> ==================================
>>>
>>> Salomo-uitspraak
>>> Philip de Bruin
>>>
>>>
>>> Die uitspraak van die appèlhof oor die ernstige plakkerprobleem op die
>>> plaas Modderklip aan die Oos-Rand is "gelewer met Salomo se wysheid".
>>>
>>> Dit is deur kenners verwelkom en bestempel as " 'n meesterstuk", asook
>>> 'n "wegwyser en 'n sleuteluitspraak".
>>>
>>> Die vyf appèlregters het, met die Grondwet as basis, sterk klem gelê
>>> op die plakkers se reg op menswaardige behandeling, die staat se
>>> uitdruklike grondwetlike plig om huisvesting aan haweloses te verskaf
>>> én die grondeienaar, mnr. Braam Duvenage (gesigfoto), se reg op sy
>>> eiendom.
>>>
>>> Tussen dié drie botsende regte deur het die regters " 'n goue
>>> middeweg" gevind en beveel:
>>>
>>>
>>> Dat die plakkers - daar is tans na raming tussen 50 000 en 70 000 van
>>> hulle - bly net waar hulle is totdat die staat alternatiewe en
>>> aanvaarbare grond vir hulle beskikbaar stel;
>>>
>>> Dat die staat onmiddellik sulke alternatiewe grond moet soek en kry of
>>> alternatiewelik met Duvenage moet onderhandel om die 50 ha van sy
>>> plaas waarop die plakkers reeds sedert 2000 sit, van hom te koop;
>>>
>>> Dat die staat "grondwetlike skadevergoeding" aan Duvenage moet betaal
>>> (vir die aantasting van sy reg op sy eiendom) van die dag waarop die
>>> plakkerprobleem begin het tot die dag waarop die plaas ontruim word.
>>> Om dié skadevergoeding te bepaal, is beveel dat 'n amptelike
>>> skadevergoeding-ondersoek ingestel word. As die staat Duvenage se
>>> grond koop, sal die skadevergoeding duur totdat só 'n ooreenkoms
>>> gesluit word.
>>> "Geen ander remedie is regverdig of prakties nie. Onmiddellike
>>> teruggawe van die grond is nie moontlik of menslik nie," het
>>> appèlregters Louis Harms, Ian Farlam, Edwin Cameron, Kennith Mthinyane
>>> en Brian Southwood gesê.
>>>
>>> Duvenage het Donderdagmiddag gesê: "Ek is tevrede. Dit is nou 'n
>>> positiewe uitspraak met die regte benadering. Die eerste keer sedert
>>> 2000 gebeur daar iets - en die appèlhof het dit láát gebeur."
>>>
>>> Sy seun en bestuurder van die plaas, ook Braam, het gesê: "Ek hoop die
>>> staat koop die grond nou en kry klaar. 'n Mens moet menslik wees met
>>> die plakkers, maar ook regverdig teenoor ons as eienaars. Ons gewasse
>>> moet op daardie grond aangeplant word."
>>>
>>> Hy sê dit gaan die staat "sonder twyfel baie miljoene rande kos", of
>>> die staat nou skadevergoeding betaal of die grond koop. Die grond is
>>> glo sowat R40 000 per hektaar werd.
>>>
>>> Prof. Marinus Wiechers, oud-hoogleraar in die regte aan Unisa, sê die
>>> uitspraak "maak my baie opgewonde".
>>>
>>> "Dit is 'n wegwyser, 'n sleuteluitspraak. Dit is terughoudend, soos 'n
>>> hof in maatskaplike kwessies behoort te wees, maar met Salomo se
>>> wysheid gelewer.
>>>
>>> "Die uitspraak bewys dat die howe nie net 'n spreekbuis van die
>>> regering is nie, maar dat hulle 'n hervormende krag gekry het. Dié
>>> krag put hulle uit die Grondwet met sy verskanste regte. Die uitspraak
>>> gee die beste resultaat aan die plakkers, die grondeienaar en die
>>> staat."
>>>
>>>


>
Vorige onderwerp: 'SA vorder, maar land bly verdeel'
Volgende onderwerp: Gru-moord op boer skok wyd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 00:48:13 MGT 2024