Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » 'n Pannekoek vir Gloudie
'n Pannekoek vir Gloudie [boodskap #93304] Wo, 26 Mei 2004 20:31 na volgende boodskap
HansWillem  is tans af-lyn  HansWillem
Boodskappe: 15
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina
Ek kan ook doodgaan oor SA pannekoek, maar eet nooit die Amerikaanse
pancakes nie, want hulle is te vol deeg.

Hans Willem:
Hier's hy Gloudie - getoets, beproef, bewese. Jy behoort die bestandele
alles daar bymekaar te kan skraap
Die resep is vir 100 pannekoeke - maklik om nou die bestandele aan te pas
vir 50 of 25 of veelvoude van 100.
As daar deegmengsel oorbly, kan jy dit vries om later te gebruik.

Hierdie resep is vir massaproduksie - ons meng maklik deeg vir 4000
pannekoeke ten tye van die kerkbasaar.
As jy KAN raakvat langs n stoof en pan, kan ek die regte "fyngebak" resep
ook vir julle mense plaas.

Koekmeel Kg 2.5
Eiers (Jumbo) Elk 24
Kookolie liter 1.866 (Sonneblom of Canola)
Sout ml 25
Bakpoeier ml 100
Water liter 4.054
Brandewyn ml 100
Asyn ml 200
~~~~~~~
Eiers se volume = 1.08 liter
Totale volume vloeistof = 7.3 liter
Die verhouding van vloeistof teen meel = 2.92 Liter Vloeistof per Kg
Meel

Bostaande syfers en vehoudings is belangrik. As die eiers kleiner as
"jumbo" grootte is, sal jy noodwending die aantal eiers vermeerder om die
gevraagde VOLUME eiers te kry
~~~~~~~~~~~~~~

Vul groot mengbak met WATER en ASYN .
Klop die EIERS apart en voeg by in groot mengbak
Voeg SOUT nou by.
Voeg die OLIE by in die groot mengbak
Voer nou die MEEL in.
Klontjies wat bo-op dryf kan per hand met 'n "whisk" stukkend geroer word.
OF
Vang die klontjies met 'n sif en vryf deur VERAL AS DIE BAKPOEIER INGAAN.
Klop die mengsel tot dit egalig glad vertoon
Voeg nou die BRANDEWYN by.
Voeg laastens die BAKPOEIER in. Moenie onnodig lank klop na bakpoeier in
is nie
Gooi die mengsel deur 'n sif en laat oornag staan. (of vir minstens 30
minute)
Roer goed deur voor gebruik.

Die kaneelsuiker : Meng 200 ml kaneelpoeier met 2½ Kg wit suiker
Re: 'n Pannekoek vir Gloudie [boodskap #93307 is 'n antwoord op boodskap #93304] Wo, 26 Mei 2004 21:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"HansWillem" skryf

> Hier's hy Gloudie - getoets, beproef, bewese. Jy behoort die bestandele
> alles daar bymekaar te kan skraap

Dankie vir die resep. Maar ek het al lankal besluit
dat my ma my nie grootgemaak het om pannekoek
te bak nie. Ek dink net eenvoudig dat dit te ongesond
is om soveel deeg in die maag te kry, want mens hou
net eenvoudig nooit op deur net een te eet nie. En in
die proses van "pannekoek-bak" maak jy eenvoudig
net te veel deeg wat dan onmiddellik verorber word.
Hier in Ottawa word iets verkoop wat nogal
baie na aan pannekoek smaak. Dit word genoem
"beavertails" en dit het ook suiker en kaneel op.
Maar die eindproduk is ietwat harder. Maar ek
merk ook op dat dit minder en minder verkoop
word, seker omdat die mode deesdae is om
minder koolhidrate te eet.
Ek merk jou pannekoek se resep het
brandewyn in. Wat sê die ouderlinge daarvan?

Gloudina
Re: 'n Pannekoek vir Gloudie [boodskap #93345 is 'n antwoord op boodskap #93307] Do, 27 Mei 2004 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 May 2004 21:33:31 GMT, "@rogers.com" wrote:

Dankie vir die resep. Maar ek het al lankal besluit
> dat my ma my nie grootgemaak het om pannekoek
> te bak nie. Ek dink net eenvoudig dat dit te ongesond
> is om soveel deeg in die maag te kry, want mens hou
> net eenvoudig nooit op deur net een te eet nie. En in
> die proses van "pannekoek-bak" maak jy eenvoudig
> net te veel deeg wat dan onmiddellik verorber word.

Maak dan crepes wat dunner en kleiner is en eet dit met suiker en
kaneel. Kan jou 'n crepe resep pos.
Re: 'n Pannekoek vir Gloudie [boodskap #93373 is 'n antwoord op boodskap #93345] Do, 27 Mei 2004 15:43 Na vorige boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
My vrou maak elke vrydagaand pannekoeke,mm,een lekkerny waar ek naar
uitkyk,pannekoeke met bruin suiker of met bessenconfituur,baie lekker.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:0onbb09usfejanjluh9lrlga77h288lnjp@4ax.com...
> On Wed, 26 May 2004 21:33:31 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
>
> > dat my ma my nie grootgemaak het om pannekoek
>> te bak nie. Ek dink net eenvoudig dat dit te ongesond
>> is om soveel deeg in die maag te kry, want mens hou
>> net eenvoudig nooit op deur net een te eet nie. En in
>> die proses van "pannekoek-bak" maak jy eenvoudig
>> net te veel deeg wat dan onmiddellik verorber word.
>
> Maak dan crepes wat dunner en kleiner is en eet dit met suiker en
> kaneel. Kan jou 'n crepe resep pos.
>
Vorige onderwerp: Veselperskes
Volgende onderwerp: Re: Kroketten Croquettes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 13:34:54 MGT 2024