Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Oorspronklike kunstenaars
Oorspronklike kunstenaars [boodskap #92525] Vr, 30 April 2004 06:49 na volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
'n Gawe Hollander het 'n draaibal na my gegooi - hy wil sy versameling van
musiekmidi's orden en wil weet wie die oorspronklike kunstenaars van 'n paar
Suid-Afrikaanse liedere is. Heelwat was maklik, soos die van Mango Groove,
maar wie het oorspronklik die volgende bekendgemaak, of wie het nuwe lewe
daarin geblaas?

Duitsweswals - was dit Randall Wicomb of Blessie?
Kalfiewals - sal mens maar sê dis "tradisioneel"?
Ver in die ou Kalahari - Jurie Ferreira?
Meadowlands - wie?
Boesmanland -??
Re: Oorspronklike kunstenaars [boodskap #92526 is 'n antwoord op boodskap #92525] Vr, 30 April 2004 07:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek sal wag en kyk of TJ jou kan antwoord - indien nie, kan ek vir iemand
anders in die musiekbedryf vra.
Duitsweswals - definitief Wicomb

--
Annette
ann...@ctnet.co.za
The main battlefield for good is not the
open ground of the public arena but the
small clearing of each heart.
( Life of Pi by Yann Martel)

"Koot" skryf in boodskap news:c6sssl$719$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Gawe Hollander het 'n draaibal na my gegooi - hy wil sy versameling van
> musiekmidi's orden en wil weet wie die oorspronklike kunstenaars van 'n paar
> Suid-Afrikaanse liedere is. Heelwat was maklik, soos die van Mango Groove,
> maar wie het oorspronklik die volgende bekendgemaak, of wie het nuwe lewe
> daarin geblaas?
>
> Duitsweswals - was dit Randall Wicomb of Blessie?
> Kalfiewals - sal mens maar sê dis "tradisioneel"?
> Ver in die ou Kalahari - Jurie Ferreira?
> Meadowlands - wie?
> Boesmanland -??
>
Re: Oorspronklike kunstenaars [boodskap #92527 is 'n antwoord op boodskap #92525] Vr, 30 April 2004 07:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Meadowlands The Meteors recorded their 1st single during 1962. Rob Allingham
confirmed that the date of the recording session was 17 May 1962.
'Meadowlands' was their 2nd single and confirms my argument that this 1960
chart list is incorrect.
-- Tertius Louw, February 2001

Listen to an MP3 of Meadowlands by clicking on the song title.

www.new.co.za/~currin/sahits_1960.html

:-)

TJ
Artslink.co.za
www.artslink.co.za

"Koot" skryf in boodskap news:c6sssl$719$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Gawe Hollander het 'n draaibal na my gegooi - hy wil sy versameling van
> musiekmidi's orden en wil weet wie die oorspronklike kunstenaars van 'n paar
> Suid-Afrikaanse liedere is. Heelwat was maklik, soos die van Mango Groove,
> maar wie het oorspronklik die volgende bekendgemaak, of wie het nuwe lewe
> daarin geblaas?
>
> Duitsweswals - was dit Randall Wicomb of Blessie?
> Kalfiewals - sal mens maar sê dis "tradisioneel"?
> Ver in die ou Kalahari - Jurie Ferreira?
> Meadowlands - wie?
> Boesmanland -??
>
Re: Oorspronklike kunstenaars [boodskap #92528 is 'n antwoord op boodskap #92527] Vr, 30 April 2004 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ook baie gesing deur Ladysmith Black Mambazo, maar die naam "Strike Vilikazi
standard 'Meadowlands'" staan die meeste uit.

"... it was Strike Vilikazi, who ran Trutone's black division from 1952 to
1970 and whose recording, in 1954, of penny-whistler Spokes Mashiyane
sparked off the kwela craze."

Ek kan egter nie 'n oorsprong kry nie, behalwe die verwysing na Meadowlands
township se verwyderings nie.

:-)

TJ
Artslink.co.za
www.artslink.co.za

"TJ" skryf in boodskap news:c6t077$bof$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Meadowlands The Meteors recorded their 1st single during 1962. Rob Allingham
> confirmed that the date of the recording session was 17 May 1962.
> 'Meadowlands' was their 2nd single and confirms my argument that this 1960
> chart list is incorrect.
> -- Tertius Louw, February 2001
>
> Listen to an MP3 of Meadowlands by clicking on the song title.
>
> www.new.co.za/~currin/sahits_1960.html
>
>
> :-)
>
> TJ
> Artslink.co.za
> www.artslink.co.za
>
>
> "Koot" wrote in message
> news:c6sssl$719$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 'n Gawe Hollander het 'n draaibal na my gegooi - hy wil sy versameling van
>> musiekmidi's orden en wil weet wie die oorspronklike kunstenaars van 'n paar
>> Suid-Afrikaanse liedere is. Heelwat was maklik, soos die van Mango Groove,
>> maar wie het oorspronklik die volgende bekendgemaak, of wie het nuwe lewe
>> daarin geblaas?
>>
>> Duitsweswals - was dit Randall Wicomb of Blessie?
>> Kalfiewals - sal mens maar sê dis "tradisioneel"?
>> Ver in die ou Kalahari - Jurie Ferreira?
>> Meadowlands - wie?
>> Boesmanland -??
>>
>
Re: Oorspronklike kunstenaars [boodskap #92529 is 'n antwoord op boodskap #92525] Vr, 30 April 2004 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek mag totaal verkeerd wees, maar net uit wat ek onthou:
Kalfiewals: Nico Carstens
Duitsweswals: Randall Wicomb
Boesmanland: Worsie Visser
Ver in die ou kalahari het Jurie Ferreira gesing, maar is sy skrywer nie ook
Nico Carstens nie?

"Koot" skryf in boodskap news:c6sssl$719$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Gawe Hollander het 'n draaibal na my gegooi - hy wil sy versameling van
> musiekmidi's orden en wil weet wie die oorspronklike kunstenaars van 'n paar
> Suid-Afrikaanse liedere is. Heelwat was maklik, soos die van Mango Groove,
> maar wie het oorspronklik die volgende bekendgemaak, of wie het nuwe lewe
> daarin geblaas?
>
> Duitsweswals - was dit Randall Wicomb of Blessie?
> Kalfiewals - sal mens maar sê dis "tradisioneel"?
> Ver in die ou Kalahari - Jurie Ferreira?
> Meadowlands - wie?
> Boesmanland -??
>
Re: Oorspronklike kunstenaars [boodskap #92530 is 'n antwoord op boodskap #92528] Vr, 30 April 2004 08:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, TJ. Ek gaan voorlopig hou by The Meteors - klink my Strike het
eerder opnames van ander gemaak.

"TJ" skryf in boodskap news:c6t11h$cm9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ook baie gesing deur Ladysmith Black Mambazo, maar die naam "Strike Vilikazi
> standard 'Meadowlands'" staan die meeste uit.
>
> "... it was Strike Vilikazi, who ran Trutone's black division from 1952 to
> 1970 and whose recording, in 1954, of penny-whistler Spokes Mashiyane
> sparked off the kwela craze."
>
> Ek kan egter nie 'n oorsprong kry nie, behalwe die verwysing na Meadowlands
> township se verwyderings nie.
>
>
> :-)
>
> TJ
> Artslink.co.za
> www.artslink.co.za
>
>
> "TJ" wrote in message
> news:c6t077$bof$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Meadowlands The Meteors recorded their 1st single during 1962. Rob Allingham
>> confirmed that the date of the recording session was 17 May 1962.
>> 'Meadowlands' was their 2nd single and confirms my argument that this 1960
>> chart list is incorrect.
>> -- Tertius Louw, February 2001
>>
>> Listen to an MP3 of Meadowlands by clicking on the song title.
>>
>> www.new.co.za/~currin/sahits_1960.html
>>
>>
>> :-)
>>
>> TJ
>> Artslink.co.za
>> www.artslink.co.za
>>
>>
>> "Koot" wrote in message
>> news:c6sssl$719$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> 'n Gawe Hollander het 'n draaibal na my gegooi - hy wil sy versameling van
>>> musiekmidi's orden en wil weet wie die oorspronklike kunstenaars van 'n paar
>>> Suid-Afrikaanse liedere is. Heelwat was maklik, soos die van Mango Groove,
>>> maar wie het oorspronklik die volgende bekendgemaak, of wie het nuwe lewe
>>> daarin geblaas?
>>>
>>> Duitsweswals - was dit Randall Wicomb of Blessie?
>>> Kalfiewals - sal mens maar sê dis "tradisioneel"?
>>> Ver in die ou Kalahari - Jurie Ferreira?
>>> Meadowlands - wie?
>>> Boesmanland -??
>>>
>>
>
Re: Oorspronklike kunstenaars [boodskap #92531 is 'n antwoord op boodskap #92527] Vr, 30 April 2004 08:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
---en sommer nog 'n dankie - jy't my na'n vrek interessante webblad gelei.

"TJ" skryf in boodskap news:c6t077$bof$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Meadowlands The Meteors recorded their 1st single during 1962. Rob Allingham
> confirmed that the date of the recording session was 17 May 1962.
> 'Meadowlands' was their 2nd single and confirms my argument that this 1960
> chart list is incorrect.
> -- Tertius Louw, February 2001
>
> Listen to an MP3 of Meadowlands by clicking on the song title.
>
> www.new.co.za/~currin/sahits_1960.html
>
>
> :-)
>
> TJ
> Artslink.co.za
> www.artslink.co.za
>
>
> "Koot" wrote in message
> news:c6sssl$719$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 'n Gawe Hollander het 'n draaibal na my gegooi - hy wil sy versameling van
>> musiekmidi's orden en wil weet wie die oorspronklike kunstenaars van 'n paar
>> Suid-Afrikaanse liedere is. Heelwat was maklik, soos die van Mango Groove,
>> maar wie het oorspronklik die volgende bekendgemaak, of wie het nuwe lewe
>> daarin geblaas?
>>
>> Duitsweswals - was dit Randall Wicomb of Blessie?
>> Kalfiewals - sal mens maar sê dis "tradisioneel"?
>> Ver in die ou Kalahari - Jurie Ferreira?
>> Meadowlands - wie?
>> Boesmanland -??
>>
>
Re: Oorspronklike kunstenaars [boodskap #92532 is 'n antwoord op boodskap #92529] Vr, 30 April 2004 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir Worsie en Randall.

My skakel in die hol lande stel nie so belang in die skrywer as in die
arties nie.

Ek dink amper nie Nico het die Kalfiewals geskryf nie. Dis 'n ou gunsteling
van my, maar ek dink dis bietjie benede bedrewe oom Nico se vermoë. Vir daai
oom het ek groot respekte...

"Suidwester" skryf in boodskap news:4092077f.0@news1.mweb.co.za...
> Ek mag totaal verkeerd wees, maar net uit wat ek onthou:
> Kalfiewals: Nico Carstens
> Duitsweswals: Randall Wicomb
> Boesmanland: Worsie Visser
> Ver in die ou kalahari het Jurie Ferreira gesing, maar is sy skrywer nie ook
> Nico Carstens nie?
> "Koot" wrote in message
> news:c6sssl$719$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 'n Gawe Hollander het 'n draaibal na my gegooi - hy wil sy versameling van
>> musiekmidi's orden en wil weet wie die oorspronklike kunstenaars van 'n paar
>> Suid-Afrikaanse liedere is. Heelwat was maklik, soos die van Mango Groove,
>> maar wie het oorspronklik die volgende bekendgemaak, of wie het nuwe lewe
>> daarin geblaas?
>>
>> Duitsweswals - was dit Randall Wicomb of Blessie?
>> Kalfiewals - sal mens maar sê dis "tradisioneel"?
>> Ver in die ou Kalahari - Jurie Ferreira?
>> Meadowlands - wie?
>> Boesmanland -??
>>
>
Re: Oorspronklike kunstenaars [boodskap #92533 is 'n antwoord op boodskap #92525] Vr, 30 April 2004 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf

> Meadowlands - wie?

Ek weet nie of ek van dieselfde Meadowlands praat
as waarvan jy praat nie. Ons het die afgelope week
programme oor SA gesien ( heelwaarskynlik oor die
tiende jaar herdenking) en een het oor die struggle
musiek gegaan. Dolly Radebe en nog 'n vrou het
oor Meadowlands gepraat. Dolly sê toe oor
Meadowlands dat die boere gedink het die blacks
sing so mooi, maar al die tyd sê die woorde van
Meadowlands oppas vir julle, ons sal julle skiet,
ons sal julle doodmaak en sulke dinge, en dan weet
die boere nie waarvan hulle praat nie. Ek kan nie seker
wees wie die komponis was nie, maar ek dink dis
iemand wat opgehang is en wie se naam geklink het
soos Mini of soiets. Sover ek kan onthou, is daardie
ou se graf oopgemaak en hulle het hom glo met
groot eer herbegrawe na 1994.

Gloudina
Re: Oorspronklike kunstenaars [boodskap #92538 is 'n antwoord op boodskap #92527] Vr, 30 April 2004 17:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die eerste wat ek van die Duitsweswals gehoor het, was Randall Wicomb,
maar ek meen die liedjie is baie ouer. Chris Blignaut?

Daardie top-20 lys van 1960 maak sommer groot onthoue oop! Percy Faith
met "Theme from a Summer Place" is vir my een van die bestes ooit!
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|

TJ wrote:
> Meadowlands The Meteors recorded their 1st single during 1962. Rob Allingham
> confirmed that the date of the recording session was 17 May 1962.
> 'Meadowlands' was their 2nd single and confirms my argument that this 1960
> chart list is incorrect.
> -- Tertius Louw, February 2001
>
> Listen to an MP3 of Meadowlands by clicking on the song title.
>
> www.new.co.za/~currin/sahits_1960.html
>
>
> :-)
>
> TJ
> Artslink.co.za
> www.artslink.co.za
>
>
> "Koot" wrote in message
> news:c6sssl$719$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> 'n Gawe Hollander het 'n draaibal na my gegooi - hy wil sy versameling van
>> musiekmidi's orden en wil weet wie die oorspronklike kunstenaars van 'n paar
>
>> Suid-Afrikaanse liedere is. Heelwat was maklik, soos die van Mango Groove,
>> maar wie het oorspronklik die volgende bekendgemaak, of wie het nuwe lewe
>> daarin geblaas?

>> Duitsweswals - was dit Randall Wicomb of Blessie?
>> Kalfiewals - sal mens maar sê dis "tradisioneel"?
>> Ver in die ou Kalahari - Jurie Ferreira?
>> Meadowlands - wie?
>> Boesmanland -??
>
Re: Oorspronklike kunstenaars [boodskap #92543 is 'n antwoord op boodskap #92525] Sa, 01 Mei 2004 02:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ooskus  is tans af-lyn  Ooskus
Boodskappe: 15
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Junior Lid
"Koot" wrote in
Ver in die ou Kalahari - Jurie Ferreira?

Nee! Beslis nie Jurie Ferreira nie.

"Ver in die ou Kalahari" is gekomponeer en oorspronklik gesing deur Danie
Pretorius. Hy het baie Afrikaanse musiek geskryf - onder andere ook Die
Braake van Turffontein. Ek weet, want in 1962 en 1963 het ons (my ouers) 'n
huis by hom gehuur in Vryburg. Danie en sy gesin het in die huis gater ons
s'n gebly. Ons het dikwels oor en weer gekuier en hy het by meer as een
geleentheid sy kitaar saam gebring en vir ons gesing. Hy het ook vir my 'n
handgeskrewe manusrkip van "Ou Kalahari" gegee - wat ongelukkig sedertdien
verlore geraak het. Ek het ook ander musiek by hom gekry. (Ek het nogal
destyds gedink ek kan klavier speel, en het baie van sy musiek gespeel.
Saterdae het ek 'n werk gehad om klavier te speel in 'n winkel in Vryburg.)

Hy het 'n paar (minstens twee) langspeelplate gemaak met van sy musiek wat
hy self sing. Sy groot mededinger op musiekgebied in Vryburg was Zoon
Oberholzer, wat ook Afrikaanse musiek geskryf en self gesing het.

Henry in Pennsylvania
Re: Oorspronklike kunstenaars [boodskap #92573 is 'n antwoord op boodskap #92543] Ma, 03 Mei 2004 11:03 Na vorige boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dis nou baie interessant wat jy daar kwytraak. Ek sal dit beslis opvolg.

Het hy self die "Kalahari"-lied bekendgemaak, of het ander eerste met sy
komposisie geslaag (dit is wat ons eintlik soek)? Ek weet nie hoe vind mens
so iets uit nie...

Dit klink in elk geval nogtans vir my regverdig dat my Hollandse vriend die
regte inligting het.

"Ooskus" skryf in boodskap news:XcydneeVA7AqjA7dRVn-ug@comcast.com...
>
> "Koot" wrote in
> Ver in die ou Kalahari - Jurie Ferreira?
>
> Nee! Beslis nie Jurie Ferreira nie.
>
> "Ver in die ou Kalahari" is gekomponeer en oorspronklik gesing deur Danie
> Pretorius. Hy het baie Afrikaanse musiek geskryf - onder andere ook Die
> Braake van Turffontein. Ek weet, want in 1962 en 1963 het ons (my ouers) 'n
> huis by hom gehuur in Vryburg. Danie en sy gesin het in die huis gater ons
> s'n gebly. Ons het dikwels oor en weer gekuier en hy het by meer as een
> geleentheid sy kitaar saam gebring en vir ons gesing. Hy het ook vir my 'n
> handgeskrewe manusrkip van "Ou Kalahari" gegee - wat ongelukkig sedertdien
> verlore geraak het. Ek het ook ander musiek by hom gekry. (Ek het nogal
> destyds gedink ek kan klavier speel, en het baie van sy musiek gespeel.
> Saterdae het ek 'n werk gehad om klavier te speel in 'n winkel in Vryburg.)
>
> Hy het 'n paar (minstens twee) langspeelplate gemaak met van sy musiek wat
> hy self sing. Sy groot mededinger op musiekgebied in Vryburg was Zoon
> Oberholzer, wat ook Afrikaanse musiek geskryf en self gesing het.
>
> Henry in Pennsylvania
>
Vorige onderwerp: Ver in die ou Kalahari - Oorsrpronklike Kunstenaar
Volgende onderwerp: Brenda Fassie dood.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:32:22 MGT 2024