Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afskeidsgeskenk.
Afskeidsgeskenk. [boodskap #91883] Do, 01 April 2004 08:01 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
'n Gesin, op pad uit Gauteng na hul nuwe huis en lewe in die Kaap, is toe
vir oulaas in Gauteng 'n presentjie gegee.
Die voertuig is van die pad gedwing, die vrou en dogter is weggeneem en
verkrag, die man is aangerand en geskiet, en die rowers het toe weggejaag.
Almal van die gesin leef nog.
Nou wonder ek net - was daar nie ander motoriste op daardie pad wat kon help
nie?
--
Annette
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91888 is 'n antwoord op boodskap #91883] Do, 01 April 2004 10:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jy's reg, dis alles die ANC/SAKP/COSATU se skuld...

Max____________________________

"Jonas" skryf in boodskap news:c4grtl$2ls$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Klaarblyklik was daar nie ander motoriste nie - die gesin het (op die oogaf)
> die verkeerde, stil, pad gevat.
> 'n Pragtige verkiesingsgebaar van die ANC/SAKP/COSATU- regering wat binne
> 10-jaar nog nie so 'n ding kon voorkom het nie. Hulle teel bloot rioolrotte
> in plakkerskampe wat sulke dinge aan onskuldiges doen.
>
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91889 is 'n antwoord op boodskap #91883] Do, 01 April 2004 10:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Klaarblyklik was daar nie ander motoriste nie - die gesin het (op die oogaf)
die verkeerde, stil, pad gevat.
'n Pragtige verkiesingsgebaar van die ANC/SAKP/COSATU- regering wat binne
10-jaar nog nie so 'n ding kon voorkom het nie. Hulle teel bloot rioolrotte
in plakkerskampe wat sulke dinge aan onskuldiges doen.
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91901 is 'n antwoord op boodskap #91883] Do, 01 April 2004 12:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Praat jy dalk van die gesin wat op pad was na hul vanaksiehuis in die
Oos-Kaap en toe 5 uur die oggend by die tolpad-betaalpunt weggedraai
het en oorval was 'n ent verder?

Het jy gesien Sonja Heroldt se kind is daar in die Kaap ge-hijack?

On Thu, 1 Apr 2004 10:01:49 +0200, "Annette" wrote:

> 'n Gesin, op pad uit Gauteng na hul nuwe huis en lewe in die Kaap, is toe
> vir oulaas in Gauteng 'n presentjie gegee.
> Die voertuig is van die pad gedwing, die vrou en dogter is weggeneem en
> verkrag, die man is aangerand en geskiet, en die rowers het toe weggejaag.
> Almal van die gesin leef nog.
> Nou wonder ek net - was daar nie ander motoriste op daardie pad wat kon help
> nie?
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91903 is 'n antwoord op boodskap #91901] Do, 01 April 2004 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sallie wetie - die nuusberig wat ek gehoor het was van 'n gesin van 3 wat 'n
nuwe huis in die Kaap gekoop het en vir goed uit Gauteng sou padgee.
Sonja Herhold se spruit se storie het nie die koerant hier gemaak nie.
--
Annette

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:ir3o60tapn55l9paqffb20vipqh9mk9a4j@4ax.com...
>
> Praat jy dalk van die gesin wat op pad was na hul vanaksiehuis in die
> Oos-Kaap en toe 5 uur die oggend by die tolpad-betaalpunt weggedraai
> het en oorval was 'n ent verder?
>
> Het jy gesien Sonja Heroldt se kind is daar in die Kaap ge-hijack?
>
> On Thu, 1 Apr 2004 10:01:49 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> 'n Gesin, op pad uit Gauteng na hul nuwe huis en lewe in die Kaap, is toe
>> vir oulaas in Gauteng 'n presentjie gegee.
>> Die voertuig is van die pad gedwing, die vrou en dogter is weggeneem en
>> verkrag, die man is aangerand en geskiet, en die rowers het toe weggejaag.
>> Almal van die gesin leef nog.
>> Nou wonder ek net - was daar nie ander motoriste op daardie pad wat kon help
>> nie?
>
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91906 is 'n antwoord op boodskap #91903] Do, 01 April 2004 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 1 Apr 2004 14:58:28 +0200, "Annette" wrote:

> Sallie wetie - die nuusberig wat ek gehoor het was van 'n gesin van 3 wat 'n
> nuwe huis in die Kaap gekoop het en vir goed uit Gauteng sou padgee.

Check weer die feite. Ek dink hulle bedoel die scenario wat ek beskryf
het.

Sonja Herhold se spruit se storie het nie die koerant hier gemaak
nie.

Wonder hoekom nie?
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91908 is 'n antwoord op boodskap #91883] Do, 01 April 2004 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek is altyd reg.
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91910 is 'n antwoord op boodskap #91888] Do, 01 April 2004 14:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Max - jy is reg.
(Tussen ons gesê - die ANC-regering is wel verantwoordelik vir die
handwawing van wet en orde - nou reeds vir die laaste 10 jaar.)
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91911 is 'n antwoord op boodskap #91906] Do, 01 April 2004 14:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
As die feite so verskil is dit RSG se skuld - julle mense daar onder in
Gauteng moet regkom en saamstaan sodat ons normale mense die regte storie
kan kry:)

Wat Sonja se seun betref, miskien was daar nie plek in die koerant vir die
nuus nie? Miskien was dit net iemand se verbeeldingsvlug?

Ons praat juis gisteraand rustyd daaroor - ons is 120 koorlede - en nog nie
een van ons is gekaap, was by 'n poging tot kaping by betrokke , of het
familie of vriende wat al hier gekaap is in die Kaap nie.
--
Annette

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3l7o60h1qif86hnb1g364vqurrsmurbcj7@4ax.com...
> On Thu, 1 Apr 2004 14:58:28 +0200, "Annette"
> wrote:
>
> > nuwe huis in die Kaap gekoop het en vir goed uit Gauteng sou padgee.
>
> Check weer die feite. Ek dink hulle bedoel die scenario wat ek beskryf
> het.
>
>
> Wonder hoekom nie?
>
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91914 is 'n antwoord op boodskap #91908] Do, 01 April 2004 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek ook!
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91917 is 'n antwoord op boodskap #91914] Do, 01 April 2004 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Mooi man! Ons is trots op jou!

Is heerlik as ons almal niks aanhaal nie, dan weet niemand tog waaroor ons
praat nie, behalwe onsself!
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91919 is 'n antwoord op boodskap #91917] Do, 01 April 2004 14:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
...of weet ons dalk self ook nie?
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91923 is 'n antwoord op boodskap #91911] Do, 01 April 2004 16:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote

> Ons praat juis gisteraand rustyd daaroor - ons is 120 koorlede - en nog nie
> een van ons is gekaap, was by 'n poging tot kaping by betrokke , of het
> familie of vriende wat al hier gekaap is in die Kaap nie.

Ja, dit is vir my so vreeslik snaaks. Ons het familielede
in SA wat vas glo dat hulle nie pakkies moet stuur nie,
want alles raak mos gesteel deur jy-weet-wie. En hulle
sê dit nou al weet hulle dat nog nie een van die briewe
met geldwissels of persente wat ons vir hulle deur die
pos gestuur het, gesteel is nie.
En dan is daar die ander wat weer vertel hoe gevaarlik
dit is om rond te ry, maar hulle ry die hele wêreld vol in
SA, en sover het nog nie een iets oorgekom nie. Ek weet
natuurlik daar is baie slegte dinge wat aangaan in SA. So
is daar hier in Ontario. Moord en doodslag en korrupte
polisie en baantjies vir boeties.

Gloudina
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91928 is 'n antwoord op boodskap #91889] Do, 01 April 2004 18:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 1 Apr 2004 12:45:35 +0200, "Jonas" wrote:

> Hulle teel bloot rioolrotte
> in plakkerskampe wat sulke dinge aan onskuldiges doen.
>

kan nie glo nie Jonas, dat jy dit voor bouwer sê!
Jy is nie dapper nie, maar domastrant!'

DD
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91929 is 'n antwoord op boodskap #91911] Do, 01 April 2004 18:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 1 Apr 2004 16:36:50 +0200, "Annette" wrote:

>
> Ons praat juis gisteraand rustyd daaroor - ons is 120 koorlede - en nog nie
> een van ons is gekaap, was by 'n poging tot kaping by betrokke , of het
> familie of vriende wat al hier gekaap is in die Kaap nie.

Seker maar 'n goedkoop riller storie die Annette.
Die storie van kapings en moorde in Suid Afrika.
Om die huidige regering wat die land se inwoners
gered het, cheap te maak.
Vra vir bouwer, die anti sal my ondersteun.

DD
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91934 is 'n antwoord op boodskap #91923] Vr, 02 April 2004 04:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - ek moes reeds 3X met "my" posmeester gaan praat oor posstukke van my
wat oopgemaak is - die inhoud word dan vervang met plaaslike
strooibiljette... Benewens skelm is hulle boonop onnosel ook - so ek weet
wie dit steel.
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91938 is 'n antwoord op boodskap #91911] Vr, 02 April 2004 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dis omdat julle al klaar ge-"Kaap" is...

Max____________________________

"Annette"
> Ons praat juis gisteraand rustyd daaroor - ons is 120 koorlede - en nog nie
> een van ons is gekaap, was by 'n poging tot kaping by betrokke , of het
> familie of vriende wat al hier gekaap is in die Kaap nie.
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91941 is 'n antwoord op boodskap #91938] Vr, 02 April 2004 07:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daardie Kaap is 'n voorreg:)))
--
Annette

"Max" skryf in boodskap news:406d16ee$0$567$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Dis omdat julle al klaar ge-"Kaap" is...
>
> Max____________________________
>
> "Annette"
>> Ons praat juis gisteraand rustyd daaroor - ons is 120 koorlede - en nog nie
>> een van ons is gekaap, was by 'n poging tot kaping by betrokke , of het
>> familie of vriende wat al hier gekaap is in die Kaap nie.
>
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91943 is 'n antwoord op boodskap #91923] Vr, 02 April 2004 07:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet saamstem, Gloudina. My familie is ook nog nie vermoor, verkrag of
gekaap nie. (Touch wood).

Oor die posstelsel kan ek maar net sê dat julle baie gelukkig is. Een op die
vyf posstukke wat ons stuur kom nie by die bestemming uit nie. Maar ja, dit
kan die blêrrie skelm Holanders ook wees... Dit kos ons baie geld, want ons
verdeel alles nou in drie, want dan weet ons (byna) seker dat twee posstukke
daar sal uitkom.

Klein crimes is egter ook volop. Ons tel nie meer die gesteelde selfone,
karradio's, wieldoppe, wiele, TV's, "smash & grab's" ens ens nie. Ons sien
dit almal as deel van die herverdeling van rykdom... Net jammer dat daar 'n
apartheidsvark agter 9 van die 10 gevalle sit...!!!

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:siXac.15201$JO6.5646@twister01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> "Annette" wrote
>
>> Ons praat juis gisteraand rustyd daaroor - ons is 120 koorlede - en nog nie
>> een van ons is gekaap, was by 'n poging tot kaping by betrokke , of het
>> familie of vriende wat al hier gekaap is in die Kaap nie.
>
> Ja, dit is vir my so vreeslik snaaks. Ons het familielede
> in SA wat vas glo dat hulle nie pakkies moet stuur nie,
> want alles raak mos gesteel deur jy-weet-wie. En hulle
> sê dit nou al weet hulle dat nog nie een van die briewe
> met geldwissels of persente wat ons vir hulle deur die
> pos gestuur het, gesteel is nie.
> En dan is daar die ander wat weer vertel hoe gevaarlik
> dit is om rond te ry, maar hulle ry die hele wêreld vol in
> SA, en sover het nog nie een iets oorgekom nie. Ek weet
> natuurlik daar is baie slegte dinge wat aangaan in SA. So
> is daar hier in Ontario. Moord en doodslag en korrupte
> polisie en baantjies vir boeties.
>
> Gloudina
>
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91965 is 'n antwoord op boodskap #91923] Vr, 02 April 2004 20:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ooskus  is tans af-lyn  Ooskus
Boodskappe: 15
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Junior Lid
In Pretoria het ons 'n paar baie nare ondervindings gehad. Ek het al
vantevore daaroor geskryf en gaan nie nou herhaal nie. Maar soos Gloudina
sê - dit gebeur blykbaar oral. Ook hier naby ons in Philadelphia. Vanoggend
was daar weer so 'n berig van 'n pizza aflewer man wat in 'n lokval gelei
is. Iemand bel en bestel baie kos - 14 pakke "french fries" en toe die
aflewering kom, toe skiet hulle die man en vat die kos. Los die geld uit.
Byna $100.

Maar oor die pakkies moet ek saamstem. Ek het al hoeveel pakkies gestuur met
(dink ek) hoogs begeerlike inhoud, van klere tot boeke en rekenaaronderdele.
Klokslag twee weke na die gepos is, is dit in die ontvanger se hande. Ook al
baie briewe met kontantgeld daarin.

Henry in Pennsylvania

"@rogers.com" wrote in message
news:siXac.15201$JO6.5646@twister01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
> Ja, dit is vir my so vreeslik snaaks. Ons het familielede
> in SA wat vas glo dat hulle nie pakkies moet stuur nie,
> want alles raak mos gesteel deur jy-weet-wie. En hulle
> sê dit nou al weet hulle dat nog nie een van die briewe
> met geldwissels of persente wat ons vir hulle deur die
> pos gestuur het, gesteel is nie.
> Gloudina
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91966 is 'n antwoord op boodskap #91883] Vr, 02 April 2004 20:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ooskus  is tans af-lyn  Ooskus
Boodskappe: 15
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Junior Lid
In vandag se Internet Beeld op
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1507776,00. html?kps=193

Man vas ná kaping by tolhek
Lizel Steenkamp

Die Vaal-Randse teen-kapingseenheid het 'n 38-jarige verdagte in hegtenis
geneem in verband met die kaping en verkragting vandeesweek by die
Grasmere-tolhek op die N1 van Johannesburg na Bloemfontein.

Hoewel die verdagte reeds Donderdag om 16:00 in Johannesburg aangekeer is,
het die polisie sy inhegtenisneming eers Vrydag bekend gemaak. Hy word in
die polisieselle aangehou en is Vrydag ondervra, het insp. Trudie Wilken,
polisiewoordvoerder, gesê.

Sy het bygevoeg die man gaan van roof en verkragting aangekla word. "Nog
klagte kan bygevoeg word, afhangend van die ondersoek."

'n Familie van Randburg is Woensdag om 05:00 by die Grasmere-tolhek
vermoedelik in 'n lokval gelei. Hulle was op pad na die Oos-Kaap. Een van
hulle, 'n 56-jarige man, beweer al die hekke was gesluit en hy het geen
ander keuse gehad as om deur die hek op die Ennerdale-afrit te ry nie.

Hy, sy 46-jarige vrou en haar 14-jarige broerskind is op dié brug oorval toe
hulle by 'n stopteken stilgehou het. Die vrou en kind is verkrag.

Die familie se goudkleurige Colt-bakkie is steeds soek. Speurders het
intussen met die hulp van die vrou en meisie 'n identikit saamgestel van een
van die drie verdagtes wat nog op vrye voete is.

Dié man is vermoedelik 28 jaar oud, hy het ligte gelaatstrekke en praat
Portugees en Engels. Hy is vermoedelik van Mosambiekse afkoms.

Mnr. Gustav van Tromp, 'n arbeidsregpraktisyn van Sasolburg, het Vrydag gesê
hy moet minstens een keer per week deur die Grasmere-tolhek ry en ál die
hekke is dikwels vroegoggend gesluit.

"Die ligte wys al die hekke is toe. Dan soek ek maar 'n hokkie waar ek kan
sien iemand sit en slaap en klop hulle wakker."

Hy vermy die N1-hoofweg saans weens kapers en booswigte wat klippe in die
pad pak. "Dit is eintlik onaanvaarbaar want dit is 'n tolpad waarvoor ons
betaal. Ek dink as die tolbeamptes wakker is en al die hekke is oop, sal dit
(kapings) nie sommer plaasvind nie."

Beeld het Vrydag berig Intertoll, wat Grasmere bestuur, stel ondersoek in na
die omstandighede rondom die kaping.

Mense met inligting word versoek om supt. André du Plessis, hoof van die
Vaal-Randse teen-kapingseenheid, te bel by 082 822 7675.

Henry in Pennsylvania

"Annette" skryf in boodskap news:c4gif4$gl3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Gesin, op pad uit Gauteng na hul nuwe huis en lewe in die Kaap, is toe
> vir oulaas in Gauteng 'n presentjie gegee.
> Die voertuig is van die pad gedwing, die vrou en dogter is weggeneem en
> verkrag, die man is aangerand en geskiet, en die rowers het toe weggejaag.
> Almal van die gesin leef nog.
> Nou wonder ek net - was daar nie ander motoriste op daardie pad wat kon help
> nie?
> --
> Annette
>
Re: Afskeidsgeskenk. [boodskap #91968 is 'n antwoord op boodskap #91965] Vr, 02 April 2004 21:02 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ooskus" skryf

> Maar oor die pakkies moet ek saamstem. Ek het al hoeveel pakkies gestuur met
> (dink ek) hoogs begeerlike inhoud, van klere tot boeke en rekenaaronderdele.
> Klokslag twee weke na die gepos is, is dit in die ontvanger se hande. Ook al
> baie briewe met kontantgeld daarin.
>
> Henry in Pennsylvania

Welkom terug, Henry. Jy praat van die snelheid waarmee die
pos deesdae SA bereik. Ek kan dit ook byna nie glo nie.
Baie lank gelede het dit so omtrent twee weke geneem. Toe
in die sewentigs en tagtigerjare het dit soms drie weke of
langer geneem. Nou is dit soms in SA in omtrent twaalf dae.
En ek is seker dit het niks te doen met die poswese in
Kanada nie. Hier kan 'n pakkie van Toronto na Ottawa
nog sommer maklik vier dae neem. En om pakkies na
die VSA te stuur, is afgryslik. Een kerspersent wat ek
in die middel van Desember na Kalifornië gestuur het,
het in die eerste week van Februarie aangekom ( Miskien
het dit iets te doen met na-911 se waaksaamheid op die
grense, maar eintlik glo ek dis nie dit nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Baie goeie idee
Volgende onderwerp: Toets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 06:10:19 MGT 2024