Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » " Psalm 23 " deur TOTIUS
" Psalm 23 " deur TOTIUS [boodskap #91924] Do, 01 April 2004 16:24 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Totius

Psalm 23

Net soos 'n herder uittrek met sy skape
en hul laat neerlê in die veld van milde groen,
met sagte hand hul lei langs stille waters -
so is die Heer, so het Hy ook aan my gedoen:
Hy laaf my siel en lei my swakke skrede
in vaste spoor van sy geregtighede.

En is ek soos 'n skaap in doodsgevare,
wat in die velde as 'n prooi van wolwe gaan,
en moet ek in die doodsdal, diep en donker,
van alle hulp ontbloot, in my alleenheid staan -
dan nog ken ek geen doodsvrees of verskrikking,
omdat u staf my troos is en verkwikking.

U bring vir my die tafel in gereedheid,
my hoof druip olie en my beker vloei van wyn,
'n bron van goedheid stroom vir my gedurig;
dit is my gees 'n vreugd', my vyande 'n pyn;
dit kroon my lewe met u welbehae;
en in u huis, daar bly ek al my dae.
Re: " Psalm 23 " deur TOTIUS [boodskap #91931 is 'n antwoord op boodskap #91924] Do, 01 April 2004 20:32 Na vorige boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Is hierdie pesalme nou om te bewys vir DD dat jy 'n christen is?

sooi met tong ferm in die kies

"@rogers.com" wrote in message
news:QmXac.15230$JO6.5625@twister01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
> Totius
>
> Psalm 23
>
> Net soos 'n herder uittrek met sy skape
> en hul laat neerlê in die veld van milde groen,
> met sagte hand hul lei langs stille waters -
> so is die Heer, so het Hy ook aan my gedoen:
> Hy laaf my siel en lei my swakke skrede
> in vaste spoor van sy geregtighede.
>
> En is ek soos 'n skaap in doodsgevare,
> wat in die velde as 'n prooi van wolwe gaan,
> en moet ek in die doodsdal, diep en donker,
> van alle hulp ontbloot, in my alleenheid staan -
> dan nog ken ek geen doodsvrees of verskrikking,
> omdat u staf my troos is en verkwikking.
>
> U bring vir my die tafel in gereedheid,
> my hoof druip olie en my beker vloei van wyn,
> 'n bron van goedheid stroom vir my gedurig;
> dit is my gees 'n vreugd', my vyande 'n pyn;
> dit kroon my lewe met u welbehae;
> en in u huis, daar bly ek al my dae.
>
Vorige onderwerp: " Psalm 8 " deur TOTIUS
Volgende onderwerp: Bid Anders
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 13:40:39 MGT 2024