Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Stadstaat rondom Pretoria?
Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91613] Wo, 24 Maart 2004 11:36 na volgende boodskap
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
http://www.praag.org/rubriek87.htm

Stadstaat rondom Pretoria?
___________________________________________________________

Dan Roodt

Onlangs skryf ene Koivis-X op LitNet oor die gedagte dat Pretoria in
'n Afrikaanse stadstaat omskep behoort te word, kompleet met 'n
beskermende muur daaromheen. Dié stadstaat-idee stem ooreen met dit
wat al lankal in my agterkop broei. Lande soos België (10m mense) en
Nederland (16m) beskik slegs oor iets soos 33 000 vk km grondgebied,
so groot soos die Krugerwildtuin. In oppervlak verteenwoordig dit
slegs 2,5% van Suid- Afrika wat meer as 1,2 miljoen vk km beslaan. Vir
ons sal dit meer as genoeg wees: Pretoria en dele van die Rand, plus
'n stuk na die Oos-Transvaal toe waar daar eintlik geen mense woon
nie. Die oorspronklike Volkstaatraad het so 'n gebied geïdentifiseer
wat 'n meerderheid Afrikaners bevat. Ons moet 'n professionele studie
laat doen om presies te bepaal waar die grense van so 'n
Afrikanermeerderheidsgebied sal lê.

Indien nodig, kan ons anderstaliges vergoed om die gebied te verlaat.
Ek sien die proses om so 'n gebied te verkry as veel makliker en
haalbaarder as 'n dekadelange taal- en kultuurstryd wat nou reeds blyk
verlore te wees, want Engels het eenvoudig oorgeneem in Suid-Afrika en
die grondwet word glad nie toegepas nie. Eerder as wat ons aanmekaar
hofsake voer, betoog en stry om onsself te handhaaf binne hierdie
vyandige omgewing, sal 'n oplossing waar ons 30 000 vk km bekom, vir
ons en vir die res van Suid-Afrika die sogenaamde wen-wen-situasie
verteenwoordig.

Suid-Afrika sal ontslae wees van 'n klomp moeilike Afrikaners wat
aandring op veeltaligheid, Afrikaanse skole en universiteite, beter
polisiëring, ens, wat die land tans net geld kos en niks bydra om 'n
nuwe nasie tot stand te bring nie. Bevry van ons, sal die res van die
land met rasse skrede vooruitgaan, en Engels- eentaligheid kan
ingestel word soos die ANC — en die Demokratiese Party, let wel — in
1994 wou gehad het. Sonder Afrikaners sal regstellende aksie en swart
bemagtiging ook baie vinniger toegepas kan word sonder dat ons nog
poste beset. Grondhervorming kan deel wees van die
onderhandelingspakket, en in ruil daarvoor om afstand te doen van hul
plase, kan ons boere hul vryheid bekom. Agterna sal die Afrikanerstaat
hulle weer help om op hul voete te kom, en oor te skakel na
hidroponiese boerdery soos die Hollanders reeds op 'n groot skaal
beoefen met behulp van robotte en ander vorme van tegnologie.

Hoewel ons aanvanklik slegs 'n 70% meerderheid sal uitmaak in ons
gebied, sal die toestroming van Afrikaners vanuit die res van die
land, asook vanuit Australië, Nieu-Seeland, Kanada, Engeland en oral
waar ons mense tans in ballingskap verkeer, na die Afrikaanse
Republiek aanstons 'n 85 tot 90% Afrikanermeerderheid verseker,
soortgelyk aan die meeste Wes-Europese lande wat as etnies homogeen
beskou word.

Jy het heeltemal gelyk om Switserland te betrek. Grenswerkers maak 25%
van die arbeidsmag van Switserland uit, en terwyl daar grensposte op
die Ben Schoeman tussen Midrand en Johannesburg sal wees, sal mense
vrylik heen en weer kan pendel tussen Azanië en die AR. Ek dink ons
moet die 1910-staat en sy kleurlose geografiese benaming maar finaal
die doodskoot gee; dis 'n oorblyfsel uit die koloniale tydperk waarvan
ons en die ANC maar te bly sal wees om van ontslae te raak. Azanië is
'n baie mooi naam, en toe ek destyds vir Beyers Naudé hoor praat het
toe hy nog ingeperk was deur die apartheidsregering het hy ook gesê
dat die nuwe land Azanië sal heet. Hier is 'n naamsverandering wat
reeds lankal moes plaasgevind het. Dis net konserwatiewes en mense wat
nie verandering kan hanteer nie wat vasklou aan "Suid- Afrika".

As jy al ooit per motor verby die Switsere grensposte beweeg het, sal
jy weet dat 'n mens 40 Switserse frank moet betaal vir 'n "vignette"
om die snelweë te mag gebruik. Buitelandse grenswerkers sal almal
toegerus word met 'n plakker op die ruit van hul motor om aan te dui
dat hulle 'n jaarlikse belasting betaal het om ons paaie te gebruik.

In ander opsigte, soos in Switserland, sal daar streng toegangsbeheer
wees. Enige buitelander wat hom aan 'n misdryf skuldig maak, sal
permanent as ongewenste immigrant verklaar word en net soos in Europa
sal ons goed opgeleide en besoldigde polisie konstant
identiteitskontroles uitvoer om seker te maak dat elkeen op ons
grondgebied die reg het om daar te verkeer. Alle nie-burgers sal
insgelyks jaarliks, driejaarliks of vyfjaarliks moet aansoek doen om
hernieuwing van die nodige werk- en verblyfpermitte. Te alle tye sal
almal in die land, sowel burgers as nie- burgers, ons onvervalsbare
identiteitskaarte moet dra, soos die geval is in die meeste Europese
lande.

Burgerskap van die Afrikaanse Republiek, wat in wese die enigste
OECD-land in Afrika sal wees, sal uiteraard geweldig gesog wees,
soortgelyk aan dié van Switserland waar mens tien jaar moet woon
voordat jy hoegenaamd vir burgerskap in aanmerking kom. Weens die hoë
pryse van eiendom en grond in ons klein landjie, sal dié voorreg
ongelukkig slegs vir 'n uitgesoekte élite beskore wees, behalwe nou
natuurlik mede-Afrikaners wat soos jy sê uitgesoek sal word op grond
van hul Afrikaanse taalvaardigheid, opleidingsvlak en potensiële
bydrae tot ons ekonomie. Om ons bevolkingsgroei te stimuleer sal daar
belastingtoegewings aan jong gesinne en mense met kinders wees. Ons
behoort ook aktief immigrante in Nederland, Vlaandere en Duitsland te
werf, want tradisioneel het sulke mense binne een geslag by ons
geïntegreer en geassimileer, en hul verwante tale maak dit ook soveel
makliker om Afrikaans aan te leer. Ons demografiese doelwit behoort te
wees om ons bevolking binne een geslag te verdubbel tot vyf miljoen,
soveel soos die Dene.

Ons grondwet sal alle internasionale menseregte- beginsels eerbiedig,
en ons sal die VN se konvensie teen rassisme, xenofobie, ens
onderteken. Dit sal Azanië of enige ander land vry staan om ons voor
die Internasionale Hof in Den Haag te daag indien ons versuim om
daardie of enige ander verdrag of menseregtebeginsel na te kom. Op ons
beurt sal ons streng optree teen lande in Afrika wat
menseregteskendings pleeg, deur ekonomiese sanksies en ander
maatreëls, in oorleg met die internasionale gemeenskap.

Ons buitelandse beleid sal, afgesien van 'n goeie verhouding met
Azanië, gerig wees op die VSA en die Europese Unie, met die klem op
die Benelux, Frankryk en Duitsland, ons stamlande waarmee ons ook
tradisioneel handel dryf. Waarskynlik sal sowel BMW as
Daimler-Chrysler se huidige Suid-Afrikaanse hoofkantore binne ons
gebied val.

In ons klein landjie sal Afrikaans bloei soos nog nooit tevore nie, as
gevolg van 'n geïntegreerde beleid sover dit taal, kuns en kultuur
betref. Waar nodig sal klassieke musiek, vertalings in en vanuit
Afrikaans, film, radio, TV en internet, gesubsidieer word ten einde
Afrikaans op gelyke voet met ander tale te stel. Die Universiteit van
Pretoria sal weer eens 'n Afrikaanstalige instelling word en enige
buitelandse student wat daar wil studeer sal eers 'n intensiewe
taalkursus moet volg, met 'n taaltoets voordat hy of sy toegelaat
word. Ons skole sal 'n klassieke kurrikulum aanbied met die klem op
Afrikaans en wiskunde, maar ook vreemde tale waar Engels geen "tweede
taal" sal wees nie, maar net een tussen ander, soos Duits, Frans of
Italiaans.

Azanië sal steeds die minerale rykdom van die huidige Suid-Afrika
beheer, maar tydens die onderhandelinge behoort ons aanspraak te maak
op die Krugerwildtuin wat ná alles deur Paul Kruger aangelê is en ons
behoort toe te kom. Afgesien van toerisme, veral kulturele toerisme
wat aan die 120 miljoen baie ryk Germaanse taalsprekers in Europa
bemark sal word, sal ons ekonomie gebaseer wees op vervaardiging, hoë
tegnologie, finansiële en mediese dienste, asook die militêre
nywerheid wat tradisioneel rondom Pretoria voorkom. Ek voorsien egter
dat ons die groot aantal Afrikaanse dokters in Kanada sal kan teruglok
hierheen en dat ons operasies en ander behandeling aan mediese
toeriste vanuit Brittanje gaan aanbied want daardie land se nasionale
gesondheidstelsel is besig om in duie te stort weens swak bestuur en
'n ouerwordende bevolking. Ons tariewe sal uiters mededingend wees,
vergeleke met dié op die Europese Vasteland of Switserland, en 'n
groot aantal Britte sal hierheen stroom vir behandeling in ons
privaatklinieke en -hospitale. Uiteraard sal die mediese skool by
Tukkies weer verAfrikaans word en 'n groot aantal van ons jongmense
sal hulle in die mediese beroep bekwaam sonder dat die woord "kwota"
ooit weer gehoor sal word.

Pretoria sal sy eie aandelebeurs hê en meeding met dié in
Johannesburg. Die groot aantal Afrikaanse aandelemakelaars in
Johannesburg sal oortrek Pretoria toe en in samewerking met een of
ander Europese beurs sal ons vryhandel in aandele aanbied sonder enige
vorm van belasting op finansiële transaksies, soortgelyk aan Hong Kong
of Singapoer.

Staatsamptenare in die Afrikaanse Republiek sal soos in Frankryk
mededingende eksamens moet aflê om poste te bekom. Toelatingsvereistes
tot die hoër poste sal geweldig straf wees en elkeen sal soortgelyk
aan die Franse model 'n intensiewe tweejaar-kursus moet loop aan 'n
hoër instelling. Ook ons politici sal hierdie vorm van opleiding moet
ondergaan omdat ons nooit weer wil toesien hoe ons deur onbekwame en
oningeligte mense regeer word wat heeltemal uit voeling is met die
internasionale politiek nie.

Die regeringsvorm sal 'n liberale demokrasie wees en ek vermoed dat
daar twee politieke faksies sal bestaan: 'n regse
Christen-Demokratiese party wat godsdiens op skool en 'n morele
ordening van die samelewing voorstaan, asook 'n Liberale Party wat
meer ingestel sal wees op sekulêre opvoeding en individuele vryheid.
My vermoede is dat die Liberale Party die verkiesings sal wen, hoewel
die Christen-Demokrate ook 'n groot invloed op beleid sal uitoefen
weens die groot aantal konserwatiewe en godsdienstige Afrikaners. Aan
die heel linkerkant sal daar 'n onbeduidende aantal klein partytjies
wees wat heraansluiting by Azanië bepleit, 'n Kommunistiese Party met
minder as vyftig lede en moontlik 'n kleinerige Groen Party.

Radiolisensies sal vrylik toegestaan word vir alle beskikbare
frekwensies, en 'n groot aantal Afrikaanse stasies sal op die lug
wees, anders as in Azanië in 2004 waar daar Stalinistiese beheer
toegepas word en geen nuwe Afrikaanse lisensies toegelaat word nie.

Daar sal 'n openbare TV-kanaal wees met hoë- gehalteprogramme, veral
aktualiteits- en kinderprogramme. Die Afrikaanse republiek sal egter
ook groot klem plaas op geletterdheid en die bevordering van geskrewe
Afrikaans in al sy vorme. Alle openbare kennisgewings, reklame,
restaurantspyskaarte en dergelike meer sal volgens wet slegs in
Afrikaans wees. Waar prakties nodig, sal vreemde tale naas Afrikaans
toegelaat word, maar soos in Québec moet dit streng in 'n
ondergeskikte posisie wees, en slegs 30% van die grootte van enige
Afrikaanse kennisgewing.

Die Afrikaanse Republiek sal verreweg die veiligste land in Afrika
wees, veiliger as die meeste groot lande in Wes-Europa en beslis baie
veiliger as die VSA of selfs Kanada. Ons polisie en ander
veiligheidsdienste sal die modernste toerusting ter wêreld hê, asook
konstante opleiding ondergaan in misdaadbestryding. Alle vorme van
georganiseerde misdaad, dwelmhandel, handel in gesteelde goedere,
motordiefstal en -kapings sal genadeloos beveg word en die publiek sal
met die polisie saamwerk om die hele samelewing op 'n ordelike
grondslag te plaas waar die eiendom, lewe en vryheid van elke burger
deur die staat gewaarborg word. Azanië sal heel waarskynlik sy posisie
behou as die grootste uitvoerder van dagga ter wêreld, maar die
Afrikaanse Republiek sal nie meer deel van daardie land se mark wees
nie. Hier en daar mag dwelmtoerisme na Azanië onder ons jeug voorkom,
iets wat deur die owerhede ontmoedig sal word.

Terwyl mure en ander strategiese versperrings, waar nodig, aan die
buitegrense aangebring sal word ten einde onwettige immigrante,
misdadigers en ander ongewenste elemente uit te hou, sal die regering
sy burgers aanmoedig om alle binnelandse mure af te breek sodat mense
vrylik kan sirkuleer en hul openbare ruimtes, veral stedelike ruimtes,
kan benut. Pretoria sal, benewens die sentrum van regering en
finansies, ook die wêreldwye Afrikaanse kultuursentrum verteenwoordig,
'n kunstefees sonder ophou, met teaters, bioskope vol Afrikaanse en
oorgeklankte films, straatkafees, boekwinkels vol Afrikaanse boeke,
museums, kunsuitstallings, boetieks, ens. 'n Eg- Afrikaanse modebedryf
sal in dele van die stad gedy, en besoekende toeriste sal die jongste
modes in die stad kom bewonder en hul dollars en euro's uitgee op
stylvol ontwerpte items, soortgelyk aan dit wat te vinde is in
soortgelyke buurte in Milaan, Parys of Antwerpen. Die sypaadjies sal
naweke krioel van die mense wat kom om die stadslewe te geniet, en te
deel in die voorreg om 'n burger van die republiek te wees: veilig,
Afrikaans en welvarend.

Binne die eerste paar jaar sal die Afrikaanse Republiek reeds die
tweede grootste ekonomie in Afrika suid van die Sahara hê, ná Azanië
en voor Nigerië. Binne tien tot vyftien jaar behoort ons Azanië vir
goed agter te laat en die vlak van Denemarke, Noorweë of Finland te
bereik. As die sterkste moondheid op die Afrikavasteland sal ons die
aandag en respek van die hele wêreld geniet. Oral ter wêreld by ons
ambassades sal daar Afrikaanse Institute gevestig wees waar ons taal
en kultuur uitgedra sal word, en duisende buitelanders sal dit
aanleer, ook in Azanië, in die hoop dat hulle eendag tot ons
utopie-in-die-kleine toegelaat mag word.

Maar in die raadsale van die republiek sal die aanvraag om in ons
voorspoed te kom deel, met groot omsigtigheid gehanteer word. Elke
aspek van staatsbeleid sal lank bestudeer en gedebatteer word, elke
internasionale uitspraak of verwikkeling sal met 'n arendsoog dopgehou
word, want voortdurend sal 'n nuwe geslag staatsmanne na die donker
jare aan die einde van die twintigste eeu verwys toe Afrikaners hul
vryheid verloor het en gebuk gegaan het onder die absurdste
diskriminasie, toe hul taal onderdruk is, hul identiteit aangeval is,
toe hulle selfs nie eens hul eie mense vrylik in hul eie ondernemings
kon aanstel nie. En in tye van nood of verdeeldheid in die land, sal
almal terug verwys na die "Donker Tyd" toe ons onvry was, en mekaar
wedersyds aanspoor om eerder kleinlike rusies by te lê as om ooit weer
die gevaar te loop om ons vryheid en soewereiniteit prys te gee.
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91614 is 'n antwoord op boodskap #91613] Wo, 24 Maart 2004 11:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rhino  is tans af-lyn  Rhino
Boodskappe: 32
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
'n bietjie te laat nou, moes dit gedoen het toe daar nie swartes in die
binneland was nie. die tyd toe Retief en sy garde deur die land getrek het
met ossewaens en niemand daar gevind het nie tot hulle by die Skei rivier,
die Drakensberge en iewers in die Transvaal aangekom het. kon al daardie
gebiede nou gehad het as moederland en geen ander kon dit kluim nie.

"George B." skryf in boodskap news:748f6132.0403240336.2b05df39@posting.google.com...
> http://www.praag.org/rubriek87.htm
>
>
>
> Stadstaat rondom Pretoria?
> ___________________________________________________________
>
> Dan Roodt
>
> Onlangs skryf ene Koivis-X op LitNet oor die gedagte dat Pretoria in
> 'n Afrikaanse stadstaat omskep behoort te word, kompleet met 'n
> beskermende muur daaromheen. Dié stadstaat-idee stem ooreen met dit
> wat al lankal in my agterkop broei. Lande soos België (10m mense) en
> Nederland (16m) beskik slegs oor iets soos 33 000 vk km grondgebied,
> so groot soos die Krugerwildtuin. In oppervlak verteenwoordig dit
> slegs 2,5% van Suid- Afrika wat meer as 1,2 miljoen vk km beslaan. Vir
> ons sal dit meer as genoeg wees: Pretoria en dele van die Rand, plus
> 'n stuk na die Oos-Transvaal toe waar daar eintlik geen mense woon
> nie. Die oorspronklike Volkstaatraad het so 'n gebied geïdentifiseer
> wat 'n meerderheid Afrikaners bevat. Ons moet 'n professionele studie
> laat doen om presies te bepaal waar die grense van so 'n
> Afrikanermeerderheidsgebied sal lê.
>
> Indien nodig, kan ons anderstaliges vergoed om die gebied te verlaat.
> Ek sien die proses om so 'n gebied te verkry as veel makliker en
> haalbaarder as 'n dekadelange taal- en kultuurstryd wat nou reeds blyk
> verlore te wees, want Engels het eenvoudig oorgeneem in Suid-Afrika en
> die grondwet word glad nie toegepas nie. Eerder as wat ons aanmekaar
> hofsake voer, betoog en stry om onsself te handhaaf binne hierdie
> vyandige omgewing, sal 'n oplossing waar ons 30 000 vk km bekom, vir
> ons en vir die res van Suid-Afrika die sogenaamde wen-wen-situasie
> verteenwoordig.
>
> Suid-Afrika sal ontslae wees van 'n klomp moeilike Afrikaners wat
> aandring op veeltaligheid, Afrikaanse skole en universiteite, beter
> polisiëring, ens, wat die land tans net geld kos en niks bydra om 'n
> nuwe nasie tot stand te bring nie. Bevry van ons, sal die res van die
> land met rasse skrede vooruitgaan, en Engels- eentaligheid kan
> ingestel word soos die ANC - en die Demokratiese Party, let wel - in
> 1994 wou gehad het. Sonder Afrikaners sal regstellende aksie en swart
> bemagtiging ook baie vinniger toegepas kan word sonder dat ons nog
> poste beset. Grondhervorming kan deel wees van die
> onderhandelingspakket, en in ruil daarvoor om afstand te doen van hul
> plase, kan ons boere hul vryheid bekom. Agterna sal die Afrikanerstaat
> hulle weer help om op hul voete te kom, en oor te skakel na
> hidroponiese boerdery soos die Hollanders reeds op 'n groot skaal
> beoefen met behulp van robotte en ander vorme van tegnologie.
>
> Hoewel ons aanvanklik slegs 'n 70% meerderheid sal uitmaak in ons
> gebied, sal die toestroming van Afrikaners vanuit die res van die
> land, asook vanuit Australië, Nieu-Seeland, Kanada, Engeland en oral
> waar ons mense tans in ballingskap verkeer, na die Afrikaanse
> Republiek aanstons 'n 85 tot 90% Afrikanermeerderheid verseker,
> soortgelyk aan die meeste Wes-Europese lande wat as etnies homogeen
> beskou word.
>
> Jy het heeltemal gelyk om Switserland te betrek. Grenswerkers maak 25%
> van die arbeidsmag van Switserland uit, en terwyl daar grensposte op
> die Ben Schoeman tussen Midrand en Johannesburg sal wees, sal mense
> vrylik heen en weer kan pendel tussen Azanië en die AR. Ek dink ons
> moet die 1910-staat en sy kleurlose geografiese benaming maar finaal
> die doodskoot gee; dis 'n oorblyfsel uit die koloniale tydperk waarvan
> ons en die ANC maar te bly sal wees om van ontslae te raak. Azanië is
> 'n baie mooi naam, en toe ek destyds vir Beyers Naudé hoor praat het
> toe hy nog ingeperk was deur die apartheidsregering het hy ook gesê
> dat die nuwe land Azanië sal heet. Hier is 'n naamsverandering wat
> reeds lankal moes plaasgevind het. Dis net konserwatiewes en mense wat
> nie verandering kan hanteer nie wat vasklou aan "Suid- Afrika".
>
> As jy al ooit per motor verby die Switsere grensposte beweeg het, sal
> jy weet dat 'n mens 40 Switserse frank moet betaal vir 'n "vignette"
> om die snelweë te mag gebruik. Buitelandse grenswerkers sal almal
> toegerus word met 'n plakker op die ruit van hul motor om aan te dui
> dat hulle 'n jaarlikse belasting betaal het om ons paaie te gebruik.
>
> In ander opsigte, soos in Switserland, sal daar streng toegangsbeheer
> wees. Enige buitelander wat hom aan 'n misdryf skuldig maak, sal
> permanent as ongewenste immigrant verklaar word en net soos in Europa
> sal ons goed opgeleide en besoldigde polisie konstant
> identiteitskontroles uitvoer om seker te maak dat elkeen op ons
> grondgebied die reg het om daar te verkeer. Alle nie-burgers sal
> insgelyks jaarliks, driejaarliks of vyfjaarliks moet aansoek doen om
> hernieuwing van die nodige werk- en verblyfpermitte. Te alle tye sal
> almal in die land, sowel burgers as nie- burgers, ons onvervalsbare
> identiteitskaarte moet dra, soos die geval is in die meeste Europese
> lande.
>
> Burgerskap van die Afrikaanse Republiek, wat in wese die enigste
> OECD-land in Afrika sal wees, sal uiteraard geweldig gesog wees,
> soortgelyk aan dié van Switserland waar mens tien jaar moet woon
> voordat jy hoegenaamd vir burgerskap in aanmerking kom. Weens die hoë
> pryse van eiendom en grond in ons klein landjie, sal dié voorreg
> ongelukkig slegs vir 'n uitgesoekte élite beskore wees, behalwe nou
> natuurlik mede-Afrikaners wat soos jy sê uitgesoek sal word op grond
> van hul Afrikaanse taalvaardigheid, opleidingsvlak en potensiële
> bydrae tot ons ekonomie. Om ons bevolkingsgroei te stimuleer sal daar
> belastingtoegewings aan jong gesinne en mense met kinders wees. Ons
> behoort ook aktief immigrante in Nederland, Vlaandere en Duitsland te
> werf, want tradisioneel het sulke mense binne een geslag by ons
> geïntegreer en geassimileer, en hul verwante tale maak dit ook soveel
> makliker om Afrikaans aan te leer. Ons demografiese doelwit behoort te
> wees om ons bevolking binne een geslag te verdubbel tot vyf miljoen,
> soveel soos die Dene.
>
> Ons grondwet sal alle internasionale menseregte- beginsels eerbiedig,
> en ons sal die VN se konvensie teen rassisme, xenofobie, ens
> onderteken. Dit sal Azanië of enige ander land vry staan om ons voor
> die Internasionale Hof in Den Haag te daag indien ons versuim om
> daardie of enige ander verdrag of menseregtebeginsel na te kom. Op ons
> beurt sal ons streng optree teen lande in Afrika wat
> menseregteskendings pleeg, deur ekonomiese sanksies en ander
> maatreëls, in oorleg met die internasionale gemeenskap.
>
> Ons buitelandse beleid sal, afgesien van 'n goeie verhouding met
> Azanië, gerig wees op die VSA en die Europese Unie, met die klem op
> die Benelux, Frankryk en Duitsland, ons stamlande waarmee ons ook
> tradisioneel handel dryf. Waarskynlik sal sowel BMW as
> Daimler-Chrysler se huidige Suid-Afrikaanse hoofkantore binne ons
> gebied val.
>
> In ons klein landjie sal Afrikaans bloei soos nog nooit tevore nie, as
> gevolg van 'n geïntegreerde beleid sover dit taal, kuns en kultuur
> betref. Waar nodig sal klassieke musiek, vertalings in en vanuit
> Afrikaans, film, radio, TV en internet, gesubsidieer word ten einde
> Afrikaans op gelyke voet met ander tale te stel. Die Universiteit van
> Pretoria sal weer eens 'n Afrikaanstalige instelling word en enige
> buitelandse student wat daar wil studeer sal eers 'n intensiewe
> taalkursus moet volg, met 'n taaltoets voordat hy of sy toegelaat
> word. Ons skole sal 'n klassieke kurrikulum aanbied met die klem op
> Afrikaans en wiskunde, maar ook vreemde tale waar Engels geen "tweede
> taal" sal wees nie, maar net een tussen ander, soos Duits, Frans of
> Italiaans.
>
> Azanië sal steeds die minerale rykdom van die huidige Suid-Afrika
> beheer, maar tydens die onderhandelinge behoort ons aanspraak te maak
> op die Krugerwildtuin wat ná alles deur Paul Kruger aangelê is en ons
> behoort toe te kom. Afgesien van toerisme, veral kulturele toerisme
> wat aan die 120 miljoen baie ryk Germaanse taalsprekers in Europa
> bemark sal word, sal ons ekonomie gebaseer wees op vervaardiging, hoë
> tegnologie, finansiële en mediese dienste, asook die militêre
> nywerheid wat tradisioneel rondom Pretoria voorkom. Ek voorsien egter
> dat ons die groot aantal Afrikaanse dokters in Kanada sal kan teruglok
> hierheen en dat ons operasies en ander behandeling aan mediese
> toeriste vanuit Brittanje gaan aanbied want daardie land se nasionale
> gesondheidstelsel is besig om in duie te stort weens swak bestuur en
> 'n ouerwordende bevolking. Ons tariewe sal uiters mededingend wees,
> vergeleke met dié op die Europese Vasteland of Switserland, en 'n
> groot aantal Britte sal hierheen stroom vir behandeling in ons
> privaatklinieke en -hospitale. Uiteraard sal die mediese skool by
> Tukkies weer verAfrikaans word en 'n groot aantal van ons jongmense
> sal hulle in die mediese beroep bekwaam sonder dat die woord "kwota"
> ooit weer gehoor sal word.
>
> Pretoria sal sy eie aandelebeurs hê en meeding met dié in
> Johannesburg. Die groot aantal Afrikaanse aandelemakelaars in
> Johannesburg sal oortrek Pretoria toe en in samewerking met een of
> ander Europese beurs sal ons vryhandel in aandele aanbied sonder enige
> vorm van belasting op finansiële transaksies, soortgelyk aan Hong Kong
> of Singapoer.
>
> Staatsamptenare in die Afrikaanse Republiek sal soos in Frankryk
> mededingende eksamens moet aflê om poste te bekom. Toelatingsvereistes
> tot die hoër poste sal geweldig straf wees en elkeen sal soortgelyk
> aan die Franse model 'n intensiewe tweejaar-kursus moet loop aan 'n
> hoër instelling. Ook ons politici sal hierdie vorm van opleiding moet
> ondergaan omdat ons nooit weer wil toesien hoe ons deur onbekwame en
> oningeligte mense regeer word wat heeltemal uit voeling is met die
> internasionale politiek nie.
>
> Die regeringsvorm sal 'n liberale demokrasie wees en ek vermoed dat
> daar twee politieke faksies sal bestaan: 'n regse
> Christen-Demokratiese party wat godsdiens op skool en 'n morele
> ordening van die samelewing voorstaan, asook 'n Liberale Party wat
> meer ingestel sal wees op sekulêre opvoeding en individuele vryheid.
> My vermoede is dat die Liberale Party die verkiesings sal wen, hoewel
> die Christen-Demokrate ook 'n groot invloed op beleid sal uitoefen
> weens die groot aantal konserwatiewe en godsdienstige Afrikaners. Aan
> die heel linkerkant sal daar 'n onbeduidende aantal klein partytjies
> wees wat heraansluiting by Azanië bepleit, 'n Kommunistiese Party met
> minder as vyftig lede en moontlik 'n kleinerige Groen Party.
>
> Radiolisensies sal vrylik toegestaan word vir alle beskikbare
> frekwensies, en 'n groot aantal Afrikaanse stasies sal op die lug
> wees, anders as in Azanië in 2004 waar daar Stalinistiese beheer
> toegepas word en geen nuwe Afrikaanse lisensies toegelaat word nie.
>
> Daar sal 'n openbare TV-kanaal wees met hoë- gehalteprogramme, veral
> aktualiteits- en kinderprogramme. Die Afrikaanse republiek sal egter
> ook groot klem plaas op geletterdheid en die bevordering van geskrewe
> Afrikaans in al sy vorme. Alle openbare kennisgewings, reklame,
> restaurantspyskaarte en dergelike meer sal volgens wet slegs in
> Afrikaans wees. Waar prakties nodig, sal vreemde tale naas Afrikaans
> toegelaat word, maar soos in Québec moet dit streng in 'n
> ondergeskikte posisie wees, en slegs 30% van die grootte van enige
> Afrikaanse kennisgewing.
>
> Die Afrikaanse Republiek sal verreweg die veiligste land in Afrika
> wees, veiliger as die meeste groot lande in Wes-Europa en beslis baie
> veiliger as die VSA of selfs Kanada. Ons polisie en ander
> veiligheidsdienste sal die modernste toerusting ter wêreld hê, asook
> konstante opleiding ondergaan in misdaadbestryding. Alle vorme van
> georganiseerde misdaad, dwelmhandel, handel in gesteelde goedere,
> motordiefstal en -kapings sal genadeloos beveg word en die publiek sal
> met die polisie saamwerk om die hele samelewing op 'n ordelike
> grondslag te plaas waar die eiendom, lewe en vryheid van elke burger
> deur die staat gewaarborg word. Azanië sal heel waarskynlik sy posisie
> behou as die grootste uitvoerder van dagga ter wêreld, maar die
> Afrikaanse Republiek sal nie meer deel van daardie land se mark wees
> nie. Hier en daar mag dwelmtoerisme na Azanië onder ons jeug voorkom,
> iets wat deur die owerhede ontmoedig sal word.
>
> Terwyl mure en ander strategiese versperrings, waar nodig, aan die
> buitegrense aangebring sal word ten einde onwettige immigrante,
> misdadigers en ander ongewenste elemente uit te hou, sal die regering
> sy burgers aanmoedig om alle binnelandse mure af te breek sodat mense
> vrylik kan sirkuleer en hul openbare ruimtes, veral stedelike ruimtes,
> kan benut. Pretoria sal, benewens die sentrum van regering en
> finansies, ook die wêreldwye Afrikaanse kultuursentrum verteenwoordig,
> 'n kunstefees sonder ophou, met teaters, bioskope vol Afrikaanse en
> oorgeklankte films, straatkafees, boekwinkels vol Afrikaanse boeke,
> museums, kunsuitstallings, boetieks, ens. 'n Eg- Afrikaanse modebedryf
> sal in dele van die stad gedy, en besoekende toeriste sal die jongste
> modes in die stad kom bewonder en hul dollars en euro's uitgee op
> stylvol ontwerpte items, soortgelyk aan dit wat te vinde is in
> soortgelyke buurte in Milaan, Parys of Antwerpen. Die sypaadjies sal
> naweke krioel van die mense wat kom om die stadslewe te geniet, en te
> deel in die voorreg om 'n burger van die republiek te wees: veilig,
> Afrikaans en welvarend.
>
> Binne die eerste paar jaar sal die Afrikaanse Republiek reeds die
> tweede grootste ekonomie in Afrika suid van die Sahara hê, ná Azanië
> en voor Nigerië. Binne tien tot vyftien jaar behoort ons Azanië vir
> goed agter te laat en die vlak van Denemarke, Noorweë of Finland te
> bereik. As die sterkste moondheid op die Afrikavasteland sal ons die
> aandag en respek van die hele wêreld geniet. Oral ter wêreld by ons
> ambassades sal daar Afrikaanse Institute gevestig wees waar ons taal
> en kultuur uitgedra sal word, en duisende buitelanders sal dit
> aanleer, ook in Azanië, in die hoop dat hulle eendag tot ons
> utopie-in-die-kleine toegelaat mag word.
>
> Maar in die raadsale van die republiek sal die aanvraag om in ons
> voorspoed te kom deel, met groot omsigtigheid gehanteer word. Elke
> aspek van staatsbeleid sal lank bestudeer en gedebatteer word, elke
> internasionale uitspraak of verwikkeling sal met 'n arendsoog dopgehou
> word, want voortdurend sal 'n nuwe geslag staatsmanne na die donker
> jare aan die einde van die twintigste eeu verwys toe Afrikaners hul
> vryheid verloor het en gebuk gegaan het onder die absurdste
> diskriminasie, toe hul taal onderdruk is, hul identiteit aangeval is,
> toe hulle selfs nie eens hul eie mense vrylik in hul eie ondernemings
> kon aanstel nie. En in tye van nood of verdeeldheid in die land, sal
> almal terug verwys na die "Donker Tyd" toe ons onvry was, en mekaar
> wedersyds aanspoor om eerder kleinlike rusies by te lê as om ooit weer
> die gevaar te loop om ons vryheid en soewereiniteit prys te gee.
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91616 is 'n antwoord op boodskap #91613] Wo, 24 Maart 2004 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pan Gerwazy  is tans af-lyn  Pan Gerwazy
Boodskappe: 5
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
V 24 Mar 2004 03:36:13 -0800, bart...@yahoo.com (George B.)
napisaw(a) v v
be.politics:

> http://www.praag.org/rubriek87.htm
>
>
>
> Stadstaat rondom Pretoria?
> ___________________________________________________________
>
> Dan Roodt
>
> Onlangs skryf ene Koivis-X op LitNet oor die gedagte dat Pretoria in
> 'n Afrikaanse stadstaat omskep behoort te word, kompleet met 'n
> beskermende muur daaromheen. Dié stadstaat-idee stem ooreen met dit
> wat al lankal in my agterkop broei. Lande soos België (10m mense) en
> Nederland (16m) beskik slegs oor iets soos 33 000 vk km grondgebied,
> so groot soos die Krugerwildtuin. In oppervlak verteenwoordig dit
> slegs 2,5% van Suid- Afrika wat meer as 1,2 miljoen vk km beslaan. Vir
> ons sal dit meer as genoeg wees: Pretoria en dele van die Rand, plus
> 'n stuk na die Oos-Transvaal toe waar daar eintlik geen mense woon
> nie. Die oorspronklike Volkstaatraad het so 'n gebied geïdentifiseer
> wat 'n meerderheid Afrikaners bevat. Ons moet 'n professionele studie
> laat doen om presies te bepaal waar die grense van so 'n
> Afrikanermeerderheidsgebied sal lê.
>

Tja, stel je voor dat een groepje kommunisten zou voorstellen om een
nieuwe communististische heilstaat op te starten als stadstaat rondom
Stalingrad, er zou nogal wat afgelachen worden, hier.

> Indien nodig, kan ons anderstaliges vergoed om die gebied te verlaat.

Ja, ten tye van die tuislande het ons gesien wat hierdie saak beteken.
Julle het nooit niemand gedwing te vertrek nie, en julle het hulle
dalk te alle tije goed vergoed. ROTFL

> Hoewel ons aanvanklik slegs 'n 70% meerderheid sal uitmaak in ons
> gebied

Ok, voor wie die sotternij gelooft, dit is de samenstelling van de
gemeenteraad van Tshwane (waartoe ook het vorige Petroria behoort), op
152 gemeenteraadsleden:
86 ANC, 54 Democratic Action (waarvan 9 "swartes"), 3 "African
Christian Democratic Party" (waarvan 1 "swarte"), 2 Pan Africanist
Congress, 2 "VISION 2000+" (linkse blanken) en zeven éénmansfracties,
allen "swartes".
http://www.tshwane.gov.za/council/councillist.htm

70% ja, "swartes". Dat wordt fameus "ethnic cleansing".

--
Wszyscy ludzie rodza sie wolni i równi pod wzgledem swej godnosci i
swych praw. Sa oni obdarzeni rozumem i sumieniem i powinni postepowac
wobec innych w duchu braterstwa.
--
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91621 is 'n antwoord op boodskap #91613] Wo, 24 Maart 2004 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Boeveel steun het Roodt onder Afrikaners?

On 24 Mar 2004 03:36:13 -0800, bart...@yahoo.com (George B.) wrote:

> http://www.praag.org/rubriek87.htm
>
>
>
> Stadstaat rondom Pretoria?
> ___________________________________________________________
>
> Dan Roodt
>
> Onlangs skryf ene Koivis-X op LitNet oor die gedagte dat Pretoria in
> 'n Afrikaanse stadstaat omskep behoort te word, kompleet met 'n
> beskermende muur daaromheen. Dié stadstaat-idee stem ooreen met dit
> wat al lankal in my agterkop broei. Lande soos België (10m mense) en
> Nederland (16m) beskik slegs oor iets soos 33 000 vk km grondgebied,
> so groot soos die Krugerwildtuin. In oppervlak verteenwoordig dit
> slegs 2,5% van Suid- Afrika wat meer as 1,2 miljoen vk km beslaan. Vir
> ons sal dit meer as genoeg wees: Pretoria en dele van die Rand, plus
> 'n stuk na die Oos-Transvaal toe waar daar eintlik geen mense woon
> nie. Die oorspronklike Volkstaatraad het so 'n gebied geïdentifiseer
> wat 'n meerderheid Afrikaners bevat. Ons moet 'n professionele studie
> laat doen om presies te bepaal waar die grense van so 'n
> Afrikanermeerderheidsgebied sal lê.
>
> Indien nodig, kan ons anderstaliges vergoed om die gebied te verlaat.
> Ek sien die proses om so 'n gebied te verkry as veel makliker en
> haalbaarder as 'n dekadelange taal- en kultuurstryd wat nou reeds blyk
> verlore te wees, want Engels het eenvoudig oorgeneem in Suid-Afrika en
> die grondwet word glad nie toegepas nie. Eerder as wat ons aanmekaar
> hofsake voer, betoog en stry om onsself te handhaaf binne hierdie
> vyandige omgewing, sal 'n oplossing waar ons 30 000 vk km bekom, vir
> ons en vir die res van Suid-Afrika die sogenaamde wen-wen-situasie
> verteenwoordig.
>
> Suid-Afrika sal ontslae wees van 'n klomp moeilike Afrikaners wat
> aandring op veeltaligheid, Afrikaanse skole en universiteite, beter
> polisiëring, ens, wat die land tans net geld kos en niks bydra om 'n
> nuwe nasie tot stand te bring nie. Bevry van ons, sal die res van die
> land met rasse skrede vooruitgaan, en Engels- eentaligheid kan
> ingestel word soos die ANC — en die Demokratiese Party, let wel — in
> 1994 wou gehad het. Sonder Afrikaners sal regstellende aksie en swart
> bemagtiging ook baie vinniger toegepas kan word sonder dat ons nog
> poste beset. Grondhervorming kan deel wees van die
> onderhandelingspakket, en in ruil daarvoor om afstand te doen van hul
> plase, kan ons boere hul vryheid bekom. Agterna sal die Afrikanerstaat
> hulle weer help om op hul voete te kom, en oor te skakel na
> hidroponiese boerdery soos die Hollanders reeds op 'n groot skaal
> beoefen met behulp van robotte en ander vorme van tegnologie.
>
> Hoewel ons aanvanklik slegs 'n 70% meerderheid sal uitmaak in ons
> gebied, sal die toestroming van Afrikaners vanuit die res van die
> land, asook vanuit Australië, Nieu-Seeland, Kanada, Engeland en oral
> waar ons mense tans in ballingskap verkeer, na die Afrikaanse
> Republiek aanstons 'n 85 tot 90% Afrikanermeerderheid verseker,
> soortgelyk aan die meeste Wes-Europese lande wat as etnies homogeen
> beskou word.
>
> Jy het heeltemal gelyk om Switserland te betrek. Grenswerkers maak 25%
> van die arbeidsmag van Switserland uit, en terwyl daar grensposte op
> die Ben Schoeman tussen Midrand en Johannesburg sal wees, sal mense
> vrylik heen en weer kan pendel tussen Azanië en die AR. Ek dink ons
> moet die 1910-staat en sy kleurlose geografiese benaming maar finaal
> die doodskoot gee; dis 'n oorblyfsel uit die koloniale tydperk waarvan
> ons en die ANC maar te bly sal wees om van ontslae te raak. Azanië is
> 'n baie mooi naam, en toe ek destyds vir Beyers Naudé hoor praat het
> toe hy nog ingeperk was deur die apartheidsregering het hy ook gesê
> dat die nuwe land Azanië sal heet. Hier is 'n naamsverandering wat
> reeds lankal moes plaasgevind het. Dis net konserwatiewes en mense wat
> nie verandering kan hanteer nie wat vasklou aan "Suid- Afrika".
>
> As jy al ooit per motor verby die Switsere grensposte beweeg het, sal
> jy weet dat 'n mens 40 Switserse frank moet betaal vir 'n "vignette"
> om die snelweë te mag gebruik. Buitelandse grenswerkers sal almal
> toegerus word met 'n plakker op die ruit van hul motor om aan te dui
> dat hulle 'n jaarlikse belasting betaal het om ons paaie te gebruik.
>
> In ander opsigte, soos in Switserland, sal daar streng toegangsbeheer
> wees. Enige buitelander wat hom aan 'n misdryf skuldig maak, sal
> permanent as ongewenste immigrant verklaar word en net soos in Europa
> sal ons goed opgeleide en besoldigde polisie konstant
> identiteitskontroles uitvoer om seker te maak dat elkeen op ons
> grondgebied die reg het om daar te verkeer. Alle nie-burgers sal
> insgelyks jaarliks, driejaarliks of vyfjaarliks moet aansoek doen om
> hernieuwing van die nodige werk- en verblyfpermitte. Te alle tye sal
> almal in die land, sowel burgers as nie- burgers, ons onvervalsbare
> identiteitskaarte moet dra, soos die geval is in die meeste Europese
> lande.
>
> Burgerskap van die Afrikaanse Republiek, wat in wese die enigste
> OECD-land in Afrika sal wees, sal uiteraard geweldig gesog wees,
> soortgelyk aan dié van Switserland waar mens tien jaar moet woon
> voordat jy hoegenaamd vir burgerskap in aanmerking kom. Weens die hoë
> pryse van eiendom en grond in ons klein landjie, sal dié voorreg
> ongelukkig slegs vir 'n uitgesoekte élite beskore wees, behalwe nou
> natuurlik mede-Afrikaners wat soos jy sê uitgesoek sal word op grond
> van hul Afrikaanse taalvaardigheid, opleidingsvlak en potensiële
> bydrae tot ons ekonomie. Om ons bevolkingsgroei te stimuleer sal daar
> belastingtoegewings aan jong gesinne en mense met kinders wees. Ons
> behoort ook aktief immigrante in Nederland, Vlaandere en Duitsland te
> werf, want tradisioneel het sulke mense binne een geslag by ons
> geïntegreer en geassimileer, en hul verwante tale maak dit ook soveel
> makliker om Afrikaans aan te leer. Ons demografiese doelwit behoort te
> wees om ons bevolking binne een geslag te verdubbel tot vyf miljoen,
> soveel soos die Dene.
>
> Ons grondwet sal alle internasionale menseregte- beginsels eerbiedig,
> en ons sal die VN se konvensie teen rassisme, xenofobie, ens
> onderteken. Dit sal Azanië of enige ander land vry staan om ons voor
> die Internasionale Hof in Den Haag te daag indien ons versuim om
> daardie of enige ander verdrag of menseregtebeginsel na te kom. Op ons
> beurt sal ons streng optree teen lande in Afrika wat
> menseregteskendings pleeg, deur ekonomiese sanksies en ander
> maatreëls, in oorleg met die internasionale gemeenskap.
>
> Ons buitelandse beleid sal, afgesien van 'n goeie verhouding met
> Azanië, gerig wees op die VSA en die Europese Unie, met die klem op
> die Benelux, Frankryk en Duitsland, ons stamlande waarmee ons ook
> tradisioneel handel dryf. Waarskynlik sal sowel BMW as
> Daimler-Chrysler se huidige Suid-Afrikaanse hoofkantore binne ons
> gebied val.
>
> In ons klein landjie sal Afrikaans bloei soos nog nooit tevore nie, as
> gevolg van 'n geïntegreerde beleid sover dit taal, kuns en kultuur
> betref. Waar nodig sal klassieke musiek, vertalings in en vanuit
> Afrikaans, film, radio, TV en internet, gesubsidieer word ten einde
> Afrikaans op gelyke voet met ander tale te stel. Die Universiteit van
> Pretoria sal weer eens 'n Afrikaanstalige instelling word en enige
> buitelandse student wat daar wil studeer sal eers 'n intensiewe
> taalkursus moet volg, met 'n taaltoets voordat hy of sy toegelaat
> word. Ons skole sal 'n klassieke kurrikulum aanbied met die klem op
> Afrikaans en wiskunde, maar ook vreemde tale waar Engels geen "tweede
> taal" sal wees nie, maar net een tussen ander, soos Duits, Frans of
> Italiaans.
>
> Azanië sal steeds die minerale rykdom van die huidige Suid-Afrika
> beheer, maar tydens die onderhandelinge behoort ons aanspraak te maak
> op die Krugerwildtuin wat ná alles deur Paul Kruger aangelê is en ons
> behoort toe te kom. Afgesien van toerisme, veral kulturele toerisme
> wat aan die 120 miljoen baie ryk Germaanse taalsprekers in Europa
> bemark sal word, sal ons ekonomie gebaseer wees op vervaardiging, hoë
> tegnologie, finansiële en mediese dienste, asook die militêre
> nywerheid wat tradisioneel rondom Pretoria voorkom. Ek voorsien egter
> dat ons die groot aantal Afrikaanse dokters in Kanada sal kan teruglok
> hierheen en dat ons operasies en ander behandeling aan mediese
> toeriste vanuit Brittanje gaan aanbied want daardie land se nasionale
> gesondheidstelsel is besig om in duie te stort weens swak bestuur en
> 'n ouerwordende bevolking. Ons tariewe sal uiters mededingend wees,
> vergeleke met dié op die Europese Vasteland of Switserland, en 'n
> groot aantal Britte sal hierheen stroom vir behandeling in ons
> privaatklinieke en -hospitale. Uiteraard sal die mediese skool by
> Tukkies weer verAfrikaans word en 'n groot aantal van ons jongmense
> sal hulle in die mediese beroep bekwaam sonder dat die woord "kwota"
> ooit weer gehoor sal word.
>
> Pretoria sal sy eie aandelebeurs hê en meeding met dié in
> Johannesburg. Die groot aantal Afrikaanse aandelemakelaars in
> Johannesburg sal oortrek Pretoria toe en in samewerking met een of
> ander Europese beurs sal ons vryhandel in aandele aanbied sonder enige
> vorm van belasting op finansiële transaksies, soortgelyk aan Hong Kong
> of Singapoer.
>
> Staatsamptenare in die Afrikaanse Republiek sal soos in Frankryk
> mededingende eksamens moet aflê om poste te bekom. Toelatingsvereistes
> tot die hoër poste sal geweldig straf wees en elkeen sal soortgelyk
> aan die Franse model 'n intensiewe tweejaar-kursus moet loop aan 'n
> hoër instelling. Ook ons politici sal hierdie vorm van opleiding moet
> ondergaan omdat ons nooit weer wil toesien hoe ons deur onbekwame en
> oningeligte mense regeer word wat heeltemal uit voeling is met die
> internasionale politiek nie.
>
> Die regeringsvorm sal 'n liberale demokrasie wees en ek vermoed dat
> daar twee politieke faksies sal bestaan: 'n regse
> Christen-Demokratiese party wat godsdiens op skool en 'n morele
> ordening van die samelewing voorstaan, asook 'n Liberale Party wat
> meer ingestel sal wees op sekulêre opvoeding en individuele vryheid.
> My vermoede is dat die Liberale Party die verkiesings sal wen, hoewel
> die Christen-Demokrate ook 'n groot invloed op beleid sal uitoefen
> weens die groot aantal konserwatiewe en godsdienstige Afrikaners. Aan
> die heel linkerkant sal daar 'n onbeduidende aantal klein partytjies
> wees wat heraansluiting by Azanië bepleit, 'n Kommunistiese Party met
> minder as vyftig lede en moontlik 'n kleinerige Groen Party.
>
> Radiolisensies sal vrylik toegestaan word vir alle beskikbare
> frekwensies, en 'n groot aantal Afrikaanse stasies sal op die lug
> wees, anders as in Azanië in 2004 waar daar Stalinistiese beheer
> toegepas word en geen nuwe Afrikaanse lisensies toegelaat word nie.
>
> Daar sal 'n openbare TV-kanaal wees met hoë- gehalteprogramme, veral
> aktualiteits- en kinderprogramme. Die Afrikaanse republiek sal egter
> ook groot klem plaas op geletterdheid en die bevordering van geskrewe
> Afrikaans in al sy vorme. Alle openbare kennisgewings, reklame,
> restaurantspyskaarte en dergelike meer sal volgens wet slegs in
> Afrikaans wees. Waar prakties nodig, sal vreemde tale naas Afrikaans
> toegelaat word, maar soos in Québec moet dit streng in 'n
> ondergeskikte posisie wees, en slegs 30% van die grootte van enige
> Afrikaanse kennisgewing.
>
> Die Afrikaanse Republiek sal verreweg die veiligste land in Afrika
> wees, veiliger as die meeste groot lande in Wes-Europa en beslis baie
> veiliger as die VSA of selfs Kanada. Ons polisie en ander
> veiligheidsdienste sal die modernste toerusting ter wêreld hê, asook
> konstante opleiding ondergaan in misdaadbestryding. Alle vorme van
> georganiseerde misdaad, dwelmhandel, handel in gesteelde goedere,
> motordiefstal en -kapings sal genadeloos beveg word en die publiek sal
> met die polisie saamwerk om die hele samelewing op 'n ordelike
> grondslag te plaas waar die eiendom, lewe en vryheid van elke burger
> deur die staat gewaarborg word. Azanië sal heel waarskynlik sy posisie
> behou as die grootste uitvoerder van dagga ter wêreld, maar die
> Afrikaanse Republiek sal nie meer deel van daardie land se mark wees
> nie. Hier en daar mag dwelmtoerisme na Azanië onder ons jeug voorkom,
> iets wat deur die owerhede ontmoedig sal word.
>
> Terwyl mure en ander strategiese versperrings, waar nodig, aan die
> buitegrense aangebring sal word ten einde onwettige immigrante,
> misdadigers en ander ongewenste elemente uit te hou, sal die regering
> sy burgers aanmoedig om alle binnelandse mure af te breek sodat mense
> vrylik kan sirkuleer en hul openbare ruimtes, veral stedelike ruimtes,
> kan benut. Pretoria sal, benewens die sentrum van regering en
> finansies, ook die wêreldwye Afrikaanse kultuursentrum verteenwoordig,
> 'n kunstefees sonder ophou, met teaters, bioskope vol Afrikaanse en
> oorgeklankte films, straatkafees, boekwinkels vol Afrikaanse boeke,
> museums, kunsuitstallings, boetieks, ens. 'n Eg- Afrikaanse modebedryf
> sal in dele van die stad gedy, en besoekende toeriste sal die jongste
> modes in die stad kom bewonder en hul dollars en euro's uitgee op
> stylvol ontwerpte items, soortgelyk aan dit wat te vinde is in
> soortgelyke buurte in Milaan, Parys of Antwerpen. Die sypaadjies sal
> naweke krioel van die mense wat kom om die stadslewe te geniet, en te
> deel in die voorreg om 'n burger van die republiek te wees: veilig,
> Afrikaans en welvarend.
>
> Binne die eerste paar jaar sal die Afrikaanse Republiek reeds die
> tweede grootste ekonomie in Afrika suid van die Sahara hê, ná Azanië
> en voor Nigerië. Binne tien tot vyftien jaar behoort ons Azanië vir
> goed agter te laat en die vlak van Denemarke, Noorweë of Finland te
> bereik. As die sterkste moondheid op die Afrikavasteland sal ons die
> aandag en respek van die hele wêreld geniet. Oral ter wêreld by ons
> ambassades sal daar Afrikaanse Institute gevestig wees waar ons taal
> en kultuur uitgedra sal word, en duisende buitelanders sal dit
> aanleer, ook in Azanië, in die hoop dat hulle eendag tot ons
> utopie-in-die-kleine toegelaat mag word.
>
> Maar in die raadsale van die republiek sal die aanvraag om in ons
> voorspoed te kom deel, met groot omsigtigheid gehanteer word. Elke
> aspek van staatsbeleid sal lank bestudeer en gedebatteer word, elke
> internasionale uitspraak of verwikkeling sal met 'n arendsoog dopgehou
> word, want voortdurend sal 'n nuwe geslag staatsmanne na die donker
> jare aan die einde van die twintigste eeu verwys toe Afrikaners hul
> vryheid verloor het en gebuk gegaan het onder die absurdste
> diskriminasie, toe hul taal onderdruk is, hul identiteit aangeval is,
> toe hulle selfs nie eens hul eie mense vrylik in hul eie ondernemings
> kon aanstel nie. En in tye van nood of verdeeldheid in die land, sal
> almal terug verwys na die "Donker Tyd" toe ons onvry was, en mekaar
> wedersyds aanspoor om eerder kleinlike rusies by te lê as om ooit weer
> die gevaar te loop om ons vryheid en soewereiniteit prys te gee.
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91623 is 'n antwoord op boodskap #91616] Wo, 24 Maart 2004 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vir wat wil hulle Pretoria hê? Is hulle te snobisties om in Orania te gaan
bly?
--
Annette

"Pan Gerwazy" skryf in boodskap news:3mu260h3k5cperf0gk2ohjqhrank9e4ud8@4ax.com...
> V 24 Mar 2004 03:36:13 -0800, bart...@yahoo.com (George B.)
> napisaw(a) v v
> be.politics:
>
>> http://www.praag.org/rubriek87.htm
>>
>>
>>
>> Stadstaat rondom Pretoria?
>> ___________________________________________________________
>>
>> Dan Roodt
>>
>> Onlangs skryf ene Koivis-X op LitNet oor die gedagte dat Pretoria in
>> 'n Afrikaanse stadstaat omskep behoort te word, kompleet met 'n
>> beskermende muur daaromheen. Dié stadstaat-idee stem ooreen met dit
>> wat al lankal in my agterkop broei. Lande soos België (10m mense) en
>> Nederland (16m) beskik slegs oor iets soos 33 000 vk km grondgebied,
>> so groot soos die Krugerwildtuin. In oppervlak verteenwoordig dit
>> slegs 2,5% van Suid- Afrika wat meer as 1,2 miljoen vk km beslaan. Vir
>> ons sal dit meer as genoeg wees: Pretoria en dele van die Rand, plus
>> 'n stuk na die Oos-Transvaal toe waar daar eintlik geen mense woon
>> nie. Die oorspronklike Volkstaatraad het so 'n gebied geïdentifiseer
>> wat 'n meerderheid Afrikaners bevat. Ons moet 'n professionele studie
>> laat doen om presies te bepaal waar die grense van so 'n
>> Afrikanermeerderheidsgebied sal lê.
>>
>
> Tja, stel je voor dat een groepje kommunisten zou voorstellen om een
> nieuwe communististische heilstaat op te starten als stadstaat rondom
> Stalingrad, er zou nogal wat afgelachen worden, hier.
>
>> Indien nodig, kan ons anderstaliges vergoed om die gebied te verlaat.
>
> Ja, ten tye van die tuislande het ons gesien wat hierdie saak beteken.
> Julle het nooit niemand gedwing te vertrek nie, en julle het hulle
> dalk te alle tije goed vergoed. ROTFL
>
>> Hoewel ons aanvanklik slegs 'n 70% meerderheid sal uitmaak in ons
>> gebied
>
> Ok, voor wie die sotternij gelooft, dit is de samenstelling van de
> gemeenteraad van Tshwane (waartoe ook het vorige Petroria behoort), op
> 152 gemeenteraadsleden:
> 86 ANC, 54 Democratic Action (waarvan 9 "swartes"), 3 "African
> Christian Democratic Party" (waarvan 1 "swarte"), 2 Pan Africanist
> Congress, 2 "VISION 2000+" (linkse blanken) en zeven éénmansfracties,
> allen "swartes".
> http://www.tshwane.gov.za/council/councillist.htm
>
> 70% ja, "swartes". Dat wordt fameus "ethnic cleansing".
>
>
> --
> Wszyscy ludzie rodza sie wolni i r�wni pod wzgledem swej godnosci i
> swych praw. Sa oni obdarzeni rozumem i sumieniem i powinni postepowac
> wobec innych w duchu braterstwa.
> --
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91625 is 'n antwoord op boodskap #91623] Wo, 24 Maart 2004 15:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pan Gerwazy  is tans af-lyn  Pan Gerwazy
Boodskappe: 5
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
V Wed, 24 Mar 2004 16:51:57 +0200, "Annette"
napisaw(a) v v nl.politiek:

> Vir wat wil hulle Pretoria hê? Is hulle te snobisties om in Orania te gaan
> bly?

Ongelukkig, ja!

For those in be.politics and nl.politiek:

"With the establishment of the new government in 1994, provision was
made for formal consideration of an Afrikaner homeland by a clause in
the new constitution in terms of which a Volkstaat Council was
established. The task of this Council is to advise the government
about the advisability and practical implementation of an Afrikaner
homeland. Even though this Council produced no meaningful results by
the beginning of 1996, it was included as part of the final
constitution which was adopted in May 1996.
Avstig (the Afrikaner Freedom Foundation,) advocating an Afrikaner
homeland in the Northern Cape, became an important partner in the
Freedom Front, the major political party representing "right-wing" or
"ethnic" Afrikaners in Parliament. The Volkstaat Council,
unfortunately, was dominated by ultra-conservative members who still
cling to views of a white homeland in the northern part of the
country. The Council therefore failed to reach agreement on the
geographic location of the proposed homeland.

The retention of the Volkstaat Council in the new constitution is
evidence of the prevailing spirit of conciliation and a commitment to
negotiation especially between the ANC and the Freedom Front. It is to
be expected that this Council will gradually acquire primarily a
symbolic role. The idea of an independent state is unacceptable to
black leadership. The prospects of an Afrikaner homeland as a
geographic and economically viable unit is questionable, but the
symbolic importance of an Afrikaner "heartland" is obvious. A symbolic
ethnic Afrikaner heartland could be accommodated in the new South
Africa."
(Bron: http://www.gmu.edu/academic/ijps/vol2_2/merwe.htm )

--
Alle menslike wesens word vry, met gelyke waardigheid en regte,
gebore. Hulle het rede en gewete en behoort in die gees van
broederskap teenoor mekaar op te tree.
--
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91629 is 'n antwoord op boodskap #91621] Wo, 24 Maart 2004 18:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 24 Mar 2004 16:17:50 +0200, Ferdi Greyling wrote:

>
> Boeveel steun het Roodt onder Afrikaners?
>
>

Boeveel steun vra jy? Haie, ek belowe jou, hy het bope steun
onder Suid Afrikaners.

DD
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91631 is 'n antwoord op boodskap #91613] Wo, 24 Maart 2004 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Mar 2004 03:36:13 -0800, bart...@yahoo.com (George B.) wrote:

> http://www.praag.org/rubriek87.htm
>
>
>
> Stadstaat rondom Pretoria?
> ___________________________________________________________
>

Hee! Wat sien ek hier op die nuusgroep "be.politics"? My vroeëre
vriende van soc.culture.south-africa.afrikaans!!! Hoe gaan dit met
julle? Sedert Gloudina my weggeja het durf ek haas nie meer loer na
julle nuusgroep nie. Sy het vir my gesê daar is teveel Belge op die
nuusgroep wat die botoon voer! :-)
Sal ek julle dan ook maar vra -in die goeie Afrikaanse tradisies- wat
julle hier eintlik kom doen? Het julle dalk iets nodig? :-)

Norbert
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91632 is 'n antwoord op boodskap #91631] Wo, 24 Maart 2004 19:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 24 Mar 2004 20:19:30 +0100, Sterrenkijker
wrote:

> On 24 Mar 2004 03:36:13 -0800, bart...@yahoo.com (George B.) wrote:
>
>> http://www.praag.org/rubriek87.htm



>> Stadstaat rondom Pretoria?
>> ___________________________________________________________

>
> Hee! Wat sien ek hier op die nuusgroep "be.politics"? My vroeëre
> vriende van soc.culture.south-africa.afrikaans!!! Hoe gaan dit met
> julle? Sedert Gloudina my weggeja het durf ek haas nie meer loer na
> julle nuusgroep nie. Sy het vir my gesê daar is teveel Belge op die
> nuusgroep wat die botoon voer! :-)
> Sal ek julle dan ook maar vra -in die goeie Afrikaanse tradisies- wat
> julle hier eintlik kom doen? Het julle dalk iets nodig? :-)
>
> Norbert

Dit is toe ook nie die eerste nuusgroep waar jy weggejaag is nie.
Botoon sê jy? Jy is weggeja oor lae vlakke en nie boonstes soos
jy probeer voorgee nie.

Daar is voorheen iemand anders ook hier verjaag, maar ek sien
dat hy weer inloer. En steeds wegjaagbaar is.

DD
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91633 is 'n antwoord op boodskap #91632] Wo, 24 Maart 2004 20:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 24 Mar 2004 21:28:07 +0200, DD wrote:

> Dit is toe ook nie die eerste nuusgroep waar jy weggejaag is nie.
> Botoon sê jy? Jy is weggeja oor lae vlakke en nie boonstes soos
> jy probeer voorgee nie.

Hoe sou jy nou weet ek is ooit weggejaag op 'n nuusgroep, DD? Daar is
nog niemand wat my ooit weggejaag het nie! Ek het weggegaan omdat
Gloudina eintlik reg is: Engelse, Belge en Nederlanders moenie teveel
aanwesig wees op julle nuusgroepe nie. Dis nie gesond nie. Ook
Afrikaners het reg op hulle eie private lewe.

> Daar is voorheen iemand anders ook hier verjaag, maar ek sien
> dat hy weer inloer. En steeds wegjaagbaar is.

Van watter een praat jy nou, DD? Het Nude Raider dalk teruggekom?

Norbert
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91634 is 'n antwoord op boodskap #91633] Wo, 24 Maart 2004 20:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 24 Mar 2004 21:02:56 +0100, Sterrenkijker
wrote:

>
> Van watter een praat jy nou, DD? Het Nude Raider dalk teruggekom?
>
> Norbert

Ja, as Ferdi

DD
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91635 is 'n antwoord op boodskap #91634] Wo, 24 Maart 2004 21:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 24 Mar 2004 22:22:20 +0200, DD wrote:

> On Wed, 24 Mar 2004 21:02:56 +0100, Sterrenkijker
> wrote:
>
>

>> Van watter een praat jy nou, DD? Het Nude Raider dalk teruggekom?

>> Norbert
>
> Ja, as Ferdi
>
> DD
>
Ag! Neen, ek gaan me eie daar nie inmeng nie, DD! Hier in Vlaandere
het ek al genoeg katte wat krap!

Norbert
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91637 is 'n antwoord op boodskap #91633] Do, 25 Maart 2004 03:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" skryf

Ek het weggegaan omdat
> Gloudina eintlik reg is: Engelse, Belge en Nederlanders moenie teveel
> aanwesig wees op julle nuusgroepe nie.

Norbert, jy verdraai alweer die waarheid. Ek het dit nie teen
Belge en Nederlanders op die nuusgroep nie, selfs nie teen
Engelse of Amerikaners wat inligting wil hê en dit in Engels
vra nie. Ek het dit teen Afrikaners wat elke kans wat hulle
kry die rooitaal besig. Hulle besef nie dat hulle aanhou kla
oor die manier waarop Engels oorneem in SA nie, en aller-
hande politici die skuld daarvoor gee, maar tog eintlik deel
van die probleem self is .
Dis dieselfde tweegesig-filosofie wat Dan Roodt het. Hy
bly in 'n verskansde Johannesburgse woonbuurt met 'n
Engelse naam, maar wil vir almal kom preek oor die
wenslikheid van 'n Afrikaner-staat. Ek dink dat sommige
van die ANC grootkoppe meer doen om Afrikaans te
handhaaf en Afrikaans te respekteer, as sommige van
dié mense wat so teen hulle praat maar Afrikaans
nie genoeg respekteer nie.

Tant Hessie van die Derde Republiek
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91639 is 'n antwoord op boodskap #91629] Do, 25 Maart 2004 06:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
DD, jy's 'n stout hlikskottel.

"DD" skryf in boodskap news:49j360lhtp72h5qiheejgc4vmkh3q8es98@4ax.com...
> On Wed, 24 Mar 2004 16:17:50 +0200, Ferdi Greyling
> wrote:
>
>>
>> Boeveel steun het Roodt onder Afrikaners?
>>
>
> Boeveel steun vra jy? Haie, ek belowe jou, hy het bope steun
> onder Suid Afrikaners.
>
> DD
>
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91643 is 'n antwoord op boodskap #91623] Do, 25 Maart 2004 09:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Klink vir my of hulle nou al so bang is dat die stert die hond rondjaag!

"Annette" skryf in boodskap news:c3s7g3$b20$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Vir wat wil hulle Pretoria hê? Is hulle te snobisties om in Orania te gaan
> bly?
> --
> Annette
> "Pan Gerwazy" wrote in message
> news:3mu260h3k5cperf0gk2ohjqhrank9e4ud8@4ax.com...
>> V 24 Mar 2004 03:36:13 -0800, bart...@yahoo.com (George B.)
>> napisaw(a) v v
>> be.politics:
>>
>>> http://www.praag.org/rubriek87.htm
>>>
>>>
>>>
>>> Stadstaat rondom Pretoria?
>>> ___________________________________________________________
>>>
>>> Dan Roodt
>>>
>>> Onlangs skryf ene Koivis-X op LitNet oor die gedagte dat Pretoria in
>>> 'n Afrikaanse stadstaat omskep behoort te word, kompleet met 'n
>>> beskermende muur daaromheen. Dié stadstaat-idee stem ooreen met dit
>>> wat al lankal in my agterkop broei. Lande soos België (10m mense) en
>>> Nederland (16m) beskik slegs oor iets soos 33 000 vk km grondgebied,
>>> so groot soos die Krugerwildtuin. In oppervlak verteenwoordig dit
>>> slegs 2,5% van Suid- Afrika wat meer as 1,2 miljoen vk km beslaan. Vir
>>> ons sal dit meer as genoeg wees: Pretoria en dele van die Rand, plus
>>> 'n stuk na die Oos-Transvaal toe waar daar eintlik geen mense woon
>>> nie. Die oorspronklike Volkstaatraad het so 'n gebied geïdentifiseer
>>> wat 'n meerderheid Afrikaners bevat. Ons moet 'n professionele studie
>>> laat doen om presies te bepaal waar die grense van so 'n
>>> Afrikanermeerderheidsgebied sal lê.
>>>
>>
>> Tja, stel je voor dat een groepje kommunisten zou voorstellen om een
>> nieuwe communististische heilstaat op te starten als stadstaat rondom
>> Stalingrad, er zou nogal wat afgelachen worden, hier.
>>
>>> Indien nodig, kan ons anderstaliges vergoed om die gebied te verlaat.
>>
>> Ja, ten tye van die tuislande het ons gesien wat hierdie saak beteken.
>> Julle het nooit niemand gedwing te vertrek nie, en julle het hulle
>> dalk te alle tije goed vergoed. ROTFL
>>
>>> Hoewel ons aanvanklik slegs 'n 70% meerderheid sal uitmaak in ons
>>> gebied
>>
>> Ok, voor wie die sotternij gelooft, dit is de samenstelling van de
>> gemeenteraad van Tshwane (waartoe ook het vorige Petroria behoort), op
>> 152 gemeenteraadsleden:
>> 86 ANC, 54 Democratic Action (waarvan 9 "swartes"), 3 "African
>> Christian Democratic Party" (waarvan 1 "swarte"), 2 Pan Africanist
>> Congress, 2 "VISION 2000+" (linkse blanken) en zeven éénmansfracties,
>> allen "swartes".
>> http://www.tshwane.gov.za/council/councillist.htm
>>
>> 70% ja, "swartes". Dat wordt fameus "ethnic cleansing".
>>
>>
>> --
>> Wszyscy ludzie rodza sie wolni i r�wni pod wzgledem swej godnosci i
>> swych praw. Sa oni obdarzeni rozumem i sumieniem i powinni postepowac
>> wobec innych w duchu braterstwa.
>> --
>
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91648 is 'n antwoord op boodskap #91633] Do, 25 Maart 2004 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Norbert,laat jy jou wegjaag deur die ou bok wat weggeharloop het na
Kanada,sy het hier niets te sê
Sy mag net gedigies voorlees wat ek nuut nie lees nie
Jou buurman
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:ebq360hvdkmau4j9t8599st6d08oebl7dh@4ax.com...
> On Wed, 24 Mar 2004 21:28:07 +0200, DD wrote:
>
>> Dit is toe ook nie die eerste nuusgroep waar jy weggejaag is nie.
>> Botoon sê jy? Jy is weggeja oor lae vlakke en nie boonstes soos
>> jy probeer voorgee nie.
>
> Hoe sou jy nou weet ek is ooit weggejaag op 'n nuusgroep, DD? Daar is
> nog niemand wat my ooit weggejaag het nie! Ek het weggegaan omdat
> Gloudina eintlik reg is: Engelse, Belge en Nederlanders moenie teveel
> aanwesig wees op julle nuusgroepe nie. Dis nie gesond nie. Ook
> Afrikaners het reg op hulle eie private lewe.
>
>> Daar is voorheen iemand anders ook hier verjaag, maar ek sien
>> dat hy weer inloer. En steeds wegjaagbaar is.
>
> Van watter een praat jy nou, DD? Het Nude Raider dalk teruggekom?
>
> Norbert
>
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91652 is 'n antwoord op boodskap #91637] Do, 25 Maart 2004 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 25 Mar 2004 03:56:59 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "Sterrenkijker" skryf
>
> Ek het weggegaan omdat
>> Gloudina eintlik reg is: Engelse, Belge en Nederlanders moenie teveel
>> aanwesig wees op julle nuusgroepe nie.
>
> Norbert, jy verdraai alweer die waarheid. Ek het dit nie teen
> Belge en Nederlanders op die nuusgroep nie, selfs nie teen
> Engelse of Amerikaners wat inligting wil hê en dit in Engels
> vra nie. Ek het dit teen Afrikaners wat elke kans wat hulle
> kry die rooitaal besig. Hulle besef nie dat hulle aanhou kla
> oor die manier waarop Engels oorneem in SA nie, en aller-
> hande politici die skuld daarvoor gee, maar tog eintlik deel
> van die probleem self is .
> Dis dieselfde tweegesig-filosofie wat Dan Roodt het. Hy
> bly in 'n verskansde Johannesburgse woonbuurt met 'n
> Engelse naam, maar wil vir almal kom preek oor die
> wenslikheid van 'n Afrikaner-staat. Ek dink dat sommige
> van die ANC grootkoppe meer doen om Afrikaans te
> handhaaf en Afrikaans te respekteer, as sommige van
> dié mense wat so teen hulle praat maar Afrikaans
> nie genoeg respekteer nie.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>

Nou, dan het ek jou dalk nie goed verstaan nie, Gloudina. Maar ek meen
tog dat buitelanders nie oorvloedig mag aanwesig wees op nuusgroepe
wat nie van hulle eie land is nie. Dis rêrig nie gesond nie. Moes
byvoorbeeld die soc.culture-groep van julle dagliks oorstroom van
Nederlandse bydraes wat gaan julle dan sê? Ek weet seker julle gaan sê
ons herken ons eie nuusgroep nie meer nie en die onderwerpe is nie
meer van die Afrikaner se belang nie. En dan gaan julle almal huis toe
en kom nie meer terug nie of julle maak 'n andere nuusgroep en hierdie
sou nie meer as tereg wees nie. Iedere nuusgroep is vir sy gebruikers
maar ek vind die gebruikers mag hulle eie ook 'n bietjie tuisvoel.

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91653 is 'n antwoord op boodskap #91648] Do, 25 Maart 2004 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 25 Mar 2004 13:25:28 GMT, "Paul" wrote:

> Norbert,laat jy jou wegjaag deur die ou bok wat weggeharloop het na
> Kanada,sy het hier niets te sê
> Sy mag net gedigies voorlees wat ek nuut nie lees nie
> Jou buurman

Kom-kom, Paul! Gloudina is 'n bejaarde dame waarvoor ons respek moet
hê! As JY nou eens iets vir my sê, dan sê ek vir jou tog ook steeds jy
is reg, nè? Nou?..

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91656 is 'n antwoord op boodskap #91639] Do, 25 Maart 2004 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Ferdi Greyling's question:

>>>
>>> Boeveel steun het Roodt onder Afrikaners?
>>>
>>>
> "DD's" clever reply:

>> Boeveel steun vra jy? Haie, ek belowe jou, hy het bope steun
>> onder Suid Afrikaners.

>> DD

> and "Koot's" smile:

> DD, jy's 'n stout hlikskottel.

ba ba ba ba ba

Ferdi bly hollie praat
en hy is irriterend met sy lihelarisme
band aan band met die anc

DD
'n konserwatiewe hoer
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91664 is 'n antwoord op boodskap #91652] Vr, 26 Maart 2004 06:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Norbert, as jy daardie simpel argument gaan gebruik swem ek soontoe en vryf
jou ore warm. Die nuusgroep gebruik Afrikaans as medium en as doelwit, maak
nie saak of 'n Marsman dit besig nie.

Ek waardeer julle bydraes baie. Jou Afrikaans het vir my so 'n mooi
klassieke, ouwêreldse klank wat ek baie sal mis.

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:ijt560dr9bco1hi8qrgebvqbgmhlgck8vq@4ax.com...
> On Thu, 25 Mar 2004 03:56:59 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
>>
>> "Sterrenkijker" skryf
>>
>> Ek het weggegaan omdat
>>> Gloudina eintlik reg is: Engelse, Belge en Nederlanders moenie teveel
>>> aanwesig wees op julle nuusgroepe nie.
>>
>> Norbert, jy verdraai alweer die waarheid. Ek het dit nie teen
>> Belge en Nederlanders op die nuusgroep nie, selfs nie teen
>> Engelse of Amerikaners wat inligting wil hê en dit in Engels
>> vra nie. Ek het dit teen Afrikaners wat elke kans wat hulle
>> kry die rooitaal besig. Hulle besef nie dat hulle aanhou kla
>> oor die manier waarop Engels oorneem in SA nie, en aller-
>> hande politici die skuld daarvoor gee, maar tog eintlik deel
>> van die probleem self is .
>> Dis dieselfde tweegesig-filosofie wat Dan Roodt het. Hy
>> bly in 'n verskansde Johannesburgse woonbuurt met 'n
>> Engelse naam, maar wil vir almal kom preek oor die
>> wenslikheid van 'n Afrikaner-staat. Ek dink dat sommige
>> van die ANC grootkoppe meer doen om Afrikaans te
>> handhaaf en Afrikaans te respekteer, as sommige van
>> dié mense wat so teen hulle praat maar Afrikaans
>> nie genoeg respekteer nie.
>>
>> Tant Hessie van die Derde Republiek
>>
>
> Nou, dan het ek jou dalk nie goed verstaan nie, Gloudina. Maar ek meen
> tog dat buitelanders nie oorvloedig mag aanwesig wees op nuusgroepe
> wat nie van hulle eie land is nie. Dis rêrig nie gesond nie. Moes
> byvoorbeeld die soc.culture-groep van julle dagliks oorstroom van
> Nederlandse bydraes wat gaan julle dan sê? Ek weet seker julle gaan sê
> ons herken ons eie nuusgroep nie meer nie en die onderwerpe is nie
> meer van die Afrikaner se belang nie. En dan gaan julle almal huis toe
> en kom nie meer terug nie of julle maak 'n andere nuusgroep en hierdie
> sou nie meer as tereg wees nie. Iedere nuusgroep is vir sy gebruikers
> maar ek vind die gebruikers mag hulle eie ook 'n bietjie tuisvoel.
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91682 is 'n antwoord op boodskap #91664] Vr, 26 Maart 2004 17:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 26 Mar 2004 08:26:12 +0200, "Koot" wrote:

> Norbert, as jy daardie simpel argument gaan gebruik swem ek soontoe en vryf
> jou ore warm. Die nuusgroep gebruik Afrikaans as medium en as doelwit, maak
> nie saak of 'n Marsman dit besig nie.

Gie-gie-gie!!! Jy meen dit nie, Koot!!! :-) Hahahaaaa!!! Wees nou tog
versigtig, asseblief. Een van deesdae kom nog rêrig 'n Marsman
Suid-Afrika toe!!!! HA!! :-)
>
> Ek waardeer julle bydraes baie. Jou Afrikaans het vir my so 'n mooi
> klassieke, ouwêreldse klank wat ek baie sal mis.

Oh! Nou, dan kom ek terug na Suid-Afrika. Daardie stomme Belge kan na
die maan loop!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91683 is 'n antwoord op boodskap #91629] Vr, 26 Maart 2004 20:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Die Boerenasie is baie vindingryk en nie bang vir 'n uitdaging. Ongelukkig
geheel en al buite die kwessie. Pretoria was die bakermat van die Afrikaner
trots en middelpunt van die apartheidsprobleem. Die swartes is baie trots
daarop om hierdie stad te beheer en alles te verneder waarop die blankes
trots was. Die naamsverandering van Pretoria is nog steeds sterk aan die
vorentoe beweeg, en dit gaan nog gebeur.

Indien iemand ooit so 'n voorstel sou probeer maak sal daar absoluut geen
aandag aan gegee word. Die blankes wat reeds die "staat van Orania" gestig
het, en 90% blank hou, word reeds net weg gelag. Vir die swartes is dit
alles of niks. Daar is geen middelweg. In teendeel, die nuwe swart rasisme
is besig om die blankes steeds verder ondertoe te druk. Spytig maar waar.
Die Afrikaanse taal word stadg maar seker oral uitgedruk alhoewel dit
volgens die grondwet 'n regmatige posisie moet beklee. Niks aan te doen. Die
swartes duld nog huidiglik die blankes want dit is hulle wat die ZA ekonomie
nog laat draai. Hoe lank so weinig so hard kan werk vir soveel wat niks
doen, en nie daartoe in staat is, weet ek nie.

Die dag wanneer swart teen swart in opstand gaan kom gaan dit chaos word in
ZA. Die swartes is soveel dinge belowe deur Mandela en Mbeki en nog steeds
kry hulle nie dit alles gratis. Hulle begin nou al moeilik raak daaroor.
Daar is tans 'n groter baie ryk groep swartes maar 'n groeiende arm swart
massa.

van my vriend Marten

"DD" skryf in boodskap news:49j360lhtp72h5qiheejgc4vmkh3q8es98@4ax.com...
> On Wed, 24 Mar 2004 16:17:50 +0200, Ferdi Greyling
> wrote:
>
>>
>> Boeveel steun het Roodt onder Afrikaners?
>>
>
> Boeveel steun vra jy? Haie, ek belowe jou, hy het bope steun
> onder Suid Afrikaners.
>
> DD
>
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91696 is 'n antwoord op boodskap #91623] Sa, 27 Maart 2004 16:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Renaissance Man  is tans af-lyn  Renaissance Man
Boodskappe: 12
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Junior Lid
Orania= hell se ander adres

c"

"Annette" skryf in boodskap news:c3s7g3$b20$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Vir wat wil hulle Pretoria hê? Is hulle te snobisties om in Orania te gaan
> bly?
> --
> Annette
> "Pan Gerwazy" wrote in message
> news:3mu260h3k5cperf0gk2ohjqhrank9e4ud8@4ax.com...
>> V 24 Mar 2004 03:36:13 -0800, bart...@yahoo.com (George B.)
>> napisaw(a) v v
>> be.politics:
>>
>>> http://www.praag.org/rubriek87.htm
>>>
>>>
>>>
>>> Stadstaat rondom Pretoria?
>>> ___________________________________________________________
>>>
>>> Dan Roodt
>>>
>>> Onlangs skryf ene Koivis-X op LitNet oor die gedagte dat Pretoria in
>>> 'n Afrikaanse stadstaat omskep behoort te word, kompleet met 'n
>>> beskermende muur daaromheen. Dié stadstaat-idee stem ooreen met dit
>>> wat al lankal in my agterkop broei. Lande soos België (10m mense) en
>>> Nederland (16m) beskik slegs oor iets soos 33 000 vk km grondgebied,
>>> so groot soos die Krugerwildtuin. In oppervlak verteenwoordig dit
>>> slegs 2,5% van Suid- Afrika wat meer as 1,2 miljoen vk km beslaan. Vir
>>> ons sal dit meer as genoeg wees: Pretoria en dele van die Rand, plus
>>> 'n stuk na die Oos-Transvaal toe waar daar eintlik geen mense woon
>>> nie. Die oorspronklike Volkstaatraad het so 'n gebied geïdentifiseer
>>> wat 'n meerderheid Afrikaners bevat. Ons moet 'n professionele studie
>>> laat doen om presies te bepaal waar die grense van so 'n
>>> Afrikanermeerderheidsgebied sal lê.
>>>
>>
>> Tja, stel je voor dat een groepje kommunisten zou voorstellen om een
>> nieuwe communististische heilstaat op te starten als stadstaat rondom
>> Stalingrad, er zou nogal wat afgelachen worden, hier.
>>
>>> Indien nodig, kan ons anderstaliges vergoed om die gebied te verlaat.
>>
>> Ja, ten tye van die tuislande het ons gesien wat hierdie saak beteken.
>> Julle het nooit niemand gedwing te vertrek nie, en julle het hulle
>> dalk te alle tije goed vergoed. ROTFL
>>
>>> Hoewel ons aanvanklik slegs 'n 70% meerderheid sal uitmaak in ons
>>> gebied
>>
>> Ok, voor wie die sotternij gelooft, dit is de samenstelling van de
>> gemeenteraad van Tshwane (waartoe ook het vorige Petroria behoort), op
>> 152 gemeenteraadsleden:
>> 86 ANC, 54 Democratic Action (waarvan 9 "swartes"), 3 "African
>> Christian Democratic Party" (waarvan 1 "swarte"), 2 Pan Africanist
>> Congress, 2 "VISION 2000+" (linkse blanken) en zeven éénmansfracties,
>> allen "swartes".
>> http://www.tshwane.gov.za/council/councillist.htm
>>
>> 70% ja, "swartes". Dat wordt fameus "ethnic cleansing".
>>
>>
>> --
>> Wszyscy ludzie rodza sie wolni i r�wni pod wzgledem swej godnosci i
>> swych praw. Sa oni obdarzeni rozumem i sumieniem i powinni postepowac
>> wobec innych w duchu braterstwa.
>> --
>
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91697 is 'n antwoord op boodskap #91613] Sa, 27 Maart 2004 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Renaissance Man  is tans af-lyn  Renaissance Man
Boodskappe: 12
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Junior Lid
Reg- nou weet ek Roodt het die kluts kwyt. Siestog- sy ma het hom seker nie
genoeg drukkies gegee toe hy klein was nie

c"

"George B." skryf in boodskap news:748f6132.0403240336.2b05df39@posting.google.com...
> http://www.praag.org/rubriek87.htm
>
>
>
> Stadstaat rondom Pretoria?
> ___________________________________________________________
>
> Dan Roodt
>
> Onlangs skryf ene Koivis-X op LitNet oor die gedagte dat Pretoria in
> 'n Afrikaanse stadstaat omskep behoort te word, kompleet met 'n
> beskermende muur daaromheen. Dié stadstaat-idee stem ooreen met dit
> wat al lankal in my agterkop broei. Lande soos België (10m mense) en
> Nederland (16m) beskik slegs oor iets soos 33 000 vk km grondgebied,
> so groot soos die Krugerwildtuin. In oppervlak verteenwoordig dit
> slegs 2,5% van Suid- Afrika wat meer as 1,2 miljoen vk km beslaan. Vir
> ons sal dit meer as genoeg wees: Pretoria en dele van die Rand, plus
> 'n stuk na die Oos-Transvaal toe waar daar eintlik geen mense woon
> nie. Die oorspronklike Volkstaatraad het so 'n gebied geïdentifiseer
> wat 'n meerderheid Afrikaners bevat. Ons moet 'n professionele studie
> laat doen om presies te bepaal waar die grense van so 'n
> Afrikanermeerderheidsgebied sal lê.
>
> Indien nodig, kan ons anderstaliges vergoed om die gebied te verlaat.
> Ek sien die proses om so 'n gebied te verkry as veel makliker en
> haalbaarder as 'n dekadelange taal- en kultuurstryd wat nou reeds blyk
> verlore te wees, want Engels het eenvoudig oorgeneem in Suid-Afrika en
> die grondwet word glad nie toegepas nie. Eerder as wat ons aanmekaar
> hofsake voer, betoog en stry om onsself te handhaaf binne hierdie
> vyandige omgewing, sal 'n oplossing waar ons 30 000 vk km bekom, vir
> ons en vir die res van Suid-Afrika die sogenaamde wen-wen-situasie
> verteenwoordig.
>
> Suid-Afrika sal ontslae wees van 'n klomp moeilike Afrikaners wat
> aandring op veeltaligheid, Afrikaanse skole en universiteite, beter
> polisiëring, ens, wat die land tans net geld kos en niks bydra om 'n
> nuwe nasie tot stand te bring nie. Bevry van ons, sal die res van die
> land met rasse skrede vooruitgaan, en Engels- eentaligheid kan
> ingestel word soos die ANC - en die Demokratiese Party, let wel - in
> 1994 wou gehad het. Sonder Afrikaners sal regstellende aksie en swart
> bemagtiging ook baie vinniger toegepas kan word sonder dat ons nog
> poste beset. Grondhervorming kan deel wees van die
> onderhandelingspakket, en in ruil daarvoor om afstand te doen van hul
> plase, kan ons boere hul vryheid bekom. Agterna sal die Afrikanerstaat
> hulle weer help om op hul voete te kom, en oor te skakel na
> hidroponiese boerdery soos die Hollanders reeds op 'n groot skaal
> beoefen met behulp van robotte en ander vorme van tegnologie.
>
> Hoewel ons aanvanklik slegs 'n 70% meerderheid sal uitmaak in ons
> gebied, sal die toestroming van Afrikaners vanuit die res van die
> land, asook vanuit Australië, Nieu-Seeland, Kanada, Engeland en oral
> waar ons mense tans in ballingskap verkeer, na die Afrikaanse
> Republiek aanstons 'n 85 tot 90% Afrikanermeerderheid verseker,
> soortgelyk aan die meeste Wes-Europese lande wat as etnies homogeen
> beskou word.
>
> Jy het heeltemal gelyk om Switserland te betrek. Grenswerkers maak 25%
> van die arbeidsmag van Switserland uit, en terwyl daar grensposte op
> die Ben Schoeman tussen Midrand en Johannesburg sal wees, sal mense
> vrylik heen en weer kan pendel tussen Azanië en die AR. Ek dink ons
> moet die 1910-staat en sy kleurlose geografiese benaming maar finaal
> die doodskoot gee; dis 'n oorblyfsel uit die koloniale tydperk waarvan
> ons en die ANC maar te bly sal wees om van ontslae te raak. Azanië is
> 'n baie mooi naam, en toe ek destyds vir Beyers Naudé hoor praat het
> toe hy nog ingeperk was deur die apartheidsregering het hy ook gesê
> dat die nuwe land Azanië sal heet. Hier is 'n naamsverandering wat
> reeds lankal moes plaasgevind het. Dis net konserwatiewes en mense wat
> nie verandering kan hanteer nie wat vasklou aan "Suid- Afrika".
>
> As jy al ooit per motor verby die Switsere grensposte beweeg het, sal
> jy weet dat 'n mens 40 Switserse frank moet betaal vir 'n "vignette"
> om die snelweë te mag gebruik. Buitelandse grenswerkers sal almal
> toegerus word met 'n plakker op die ruit van hul motor om aan te dui
> dat hulle 'n jaarlikse belasting betaal het om ons paaie te gebruik.
>
> In ander opsigte, soos in Switserland, sal daar streng toegangsbeheer
> wees. Enige buitelander wat hom aan 'n misdryf skuldig maak, sal
> permanent as ongewenste immigrant verklaar word en net soos in Europa
> sal ons goed opgeleide en besoldigde polisie konstant
> identiteitskontroles uitvoer om seker te maak dat elkeen op ons
> grondgebied die reg het om daar te verkeer. Alle nie-burgers sal
> insgelyks jaarliks, driejaarliks of vyfjaarliks moet aansoek doen om
> hernieuwing van die nodige werk- en verblyfpermitte. Te alle tye sal
> almal in die land, sowel burgers as nie- burgers, ons onvervalsbare
> identiteitskaarte moet dra, soos die geval is in die meeste Europese
> lande.
>
> Burgerskap van die Afrikaanse Republiek, wat in wese die enigste
> OECD-land in Afrika sal wees, sal uiteraard geweldig gesog wees,
> soortgelyk aan dié van Switserland waar mens tien jaar moet woon
> voordat jy hoegenaamd vir burgerskap in aanmerking kom. Weens die hoë
> pryse van eiendom en grond in ons klein landjie, sal dié voorreg
> ongelukkig slegs vir 'n uitgesoekte élite beskore wees, behalwe nou
> natuurlik mede-Afrikaners wat soos jy sê uitgesoek sal word op grond
> van hul Afrikaanse taalvaardigheid, opleidingsvlak en potensiële
> bydrae tot ons ekonomie. Om ons bevolkingsgroei te stimuleer sal daar
> belastingtoegewings aan jong gesinne en mense met kinders wees. Ons
> behoort ook aktief immigrante in Nederland, Vlaandere en Duitsland te
> werf, want tradisioneel het sulke mense binne een geslag by ons
> geïntegreer en geassimileer, en hul verwante tale maak dit ook soveel
> makliker om Afrikaans aan te leer. Ons demografiese doelwit behoort te
> wees om ons bevolking binne een geslag te verdubbel tot vyf miljoen,
> soveel soos die Dene.
>
> Ons grondwet sal alle internasionale menseregte- beginsels eerbiedig,
> en ons sal die VN se konvensie teen rassisme, xenofobie, ens
> onderteken. Dit sal Azanië of enige ander land vry staan om ons voor
> die Internasionale Hof in Den Haag te daag indien ons versuim om
> daardie of enige ander verdrag of menseregtebeginsel na te kom. Op ons
> beurt sal ons streng optree teen lande in Afrika wat
> menseregteskendings pleeg, deur ekonomiese sanksies en ander
> maatreëls, in oorleg met die internasionale gemeenskap.
>
> Ons buitelandse beleid sal, afgesien van 'n goeie verhouding met
> Azanië, gerig wees op die VSA en die Europese Unie, met die klem op
> die Benelux, Frankryk en Duitsland, ons stamlande waarmee ons ook
> tradisioneel handel dryf. Waarskynlik sal sowel BMW as
> Daimler-Chrysler se huidige Suid-Afrikaanse hoofkantore binne ons
> gebied val.
>
> In ons klein landjie sal Afrikaans bloei soos nog nooit tevore nie, as
> gevolg van 'n geïntegreerde beleid sover dit taal, kuns en kultuur
> betref. Waar nodig sal klassieke musiek, vertalings in en vanuit
> Afrikaans, film, radio, TV en internet, gesubsidieer word ten einde
> Afrikaans op gelyke voet met ander tale te stel. Die Universiteit van
> Pretoria sal weer eens 'n Afrikaanstalige instelling word en enige
> buitelandse student wat daar wil studeer sal eers 'n intensiewe
> taalkursus moet volg, met 'n taaltoets voordat hy of sy toegelaat
> word. Ons skole sal 'n klassieke kurrikulum aanbied met die klem op
> Afrikaans en wiskunde, maar ook vreemde tale waar Engels geen "tweede
> taal" sal wees nie, maar net een tussen ander, soos Duits, Frans of
> Italiaans.
>
> Azanië sal steeds die minerale rykdom van die huidige Suid-Afrika
> beheer, maar tydens die onderhandelinge behoort ons aanspraak te maak
> op die Krugerwildtuin wat ná alles deur Paul Kruger aangelê is en ons
> behoort toe te kom. Afgesien van toerisme, veral kulturele toerisme
> wat aan die 120 miljoen baie ryk Germaanse taalsprekers in Europa
> bemark sal word, sal ons ekonomie gebaseer wees op vervaardiging, hoë
> tegnologie, finansiële en mediese dienste, asook die militêre
> nywerheid wat tradisioneel rondom Pretoria voorkom. Ek voorsien egter
> dat ons die groot aantal Afrikaanse dokters in Kanada sal kan teruglok
> hierheen en dat ons operasies en ander behandeling aan mediese
> toeriste vanuit Brittanje gaan aanbied want daardie land se nasionale
> gesondheidstelsel is besig om in duie te stort weens swak bestuur en
> 'n ouerwordende bevolking. Ons tariewe sal uiters mededingend wees,
> vergeleke met dié op die Europese Vasteland of Switserland, en 'n
> groot aantal Britte sal hierheen stroom vir behandeling in ons
> privaatklinieke en -hospitale. Uiteraard sal die mediese skool by
> Tukkies weer verAfrikaans word en 'n groot aantal van ons jongmense
> sal hulle in die mediese beroep bekwaam sonder dat die woord "kwota"
> ooit weer gehoor sal word.
>
> Pretoria sal sy eie aandelebeurs hê en meeding met dié in
> Johannesburg. Die groot aantal Afrikaanse aandelemakelaars in
> Johannesburg sal oortrek Pretoria toe en in samewerking met een of
> ander Europese beurs sal ons vryhandel in aandele aanbied sonder enige
> vorm van belasting op finansiële transaksies, soortgelyk aan Hong Kong
> of Singapoer.
>
> Staatsamptenare in die Afrikaanse Republiek sal soos in Frankryk
> mededingende eksamens moet aflê om poste te bekom. Toelatingsvereistes
> tot die hoër poste sal geweldig straf wees en elkeen sal soortgelyk
> aan die Franse model 'n intensiewe tweejaar-kursus moet loop aan 'n
> hoër instelling. Ook ons politici sal hierdie vorm van opleiding moet
> ondergaan omdat ons nooit weer wil toesien hoe ons deur onbekwame en
> oningeligte mense regeer word wat heeltemal uit voeling is met die
> internasionale politiek nie.
>
> Die regeringsvorm sal 'n liberale demokrasie wees en ek vermoed dat
> daar twee politieke faksies sal bestaan: 'n regse
> Christen-Demokratiese party wat godsdiens op skool en 'n morele
> ordening van die samelewing voorstaan, asook 'n Liberale Party wat
> meer ingestel sal wees op sekulêre opvoeding en individuele vryheid.
> My vermoede is dat die Liberale Party die verkiesings sal wen, hoewel
> die Christen-Demokrate ook 'n groot invloed op beleid sal uitoefen
> weens die groot aantal konserwatiewe en godsdienstige Afrikaners. Aan
> die heel linkerkant sal daar 'n onbeduidende aantal klein partytjies
> wees wat heraansluiting by Azanië bepleit, 'n Kommunistiese Party met
> minder as vyftig lede en moontlik 'n kleinerige Groen Party.
>
> Radiolisensies sal vrylik toegestaan word vir alle beskikbare
> frekwensies, en 'n groot aantal Afrikaanse stasies sal op die lug
> wees, anders as in Azanië in 2004 waar daar Stalinistiese beheer
> toegepas word en geen nuwe Afrikaanse lisensies toegelaat word nie.
>
> Daar sal 'n openbare TV-kanaal wees met hoë- gehalteprogramme, veral
> aktualiteits- en kinderprogramme. Die Afrikaanse republiek sal egter
> ook groot klem plaas op geletterdheid en die bevordering van geskrewe
> Afrikaans in al sy vorme. Alle openbare kennisgewings, reklame,
> restaurantspyskaarte en dergelike meer sal volgens wet slegs in
> Afrikaans wees. Waar prakties nodig, sal vreemde tale naas Afrikaans
> toegelaat word, maar soos in Québec moet dit streng in 'n
> ondergeskikte posisie wees, en slegs 30% van die grootte van enige
> Afrikaanse kennisgewing.
>
> Die Afrikaanse Republiek sal verreweg die veiligste land in Afrika
> wees, veiliger as die meeste groot lande in Wes-Europa en beslis baie
> veiliger as die VSA of selfs Kanada. Ons polisie en ander
> veiligheidsdienste sal die modernste toerusting ter wêreld hê, asook
> konstante opleiding ondergaan in misdaadbestryding. Alle vorme van
> georganiseerde misdaad, dwelmhandel, handel in gesteelde goedere,
> motordiefstal en -kapings sal genadeloos beveg word en die publiek sal
> met die polisie saamwerk om die hele samelewing op 'n ordelike
> grondslag te plaas waar die eiendom, lewe en vryheid van elke burger
> deur die staat gewaarborg word. Azanië sal heel waarskynlik sy posisie
> behou as die grootste uitvoerder van dagga ter wêreld, maar die
> Afrikaanse Republiek sal nie meer deel van daardie land se mark wees
> nie. Hier en daar mag dwelmtoerisme na Azanië onder ons jeug voorkom,
> iets wat deur die owerhede ontmoedig sal word.
>
> Terwyl mure en ander strategiese versperrings, waar nodig, aan die
> buitegrense aangebring sal word ten einde onwettige immigrante,
> misdadigers en ander ongewenste elemente uit te hou, sal die regering
> sy burgers aanmoedig om alle binnelandse mure af te breek sodat mense
> vrylik kan sirkuleer en hul openbare ruimtes, veral stedelike ruimtes,
> kan benut. Pretoria sal, benewens die sentrum van regering en
> finansies, ook die wêreldwye Afrikaanse kultuursentrum verteenwoordig,
> 'n kunstefees sonder ophou, met teaters, bioskope vol Afrikaanse en
> oorgeklankte films, straatkafees, boekwinkels vol Afrikaanse boeke,
> museums, kunsuitstallings, boetieks, ens. 'n Eg- Afrikaanse modebedryf
> sal in dele van die stad gedy, en besoekende toeriste sal die jongste
> modes in die stad kom bewonder en hul dollars en euro's uitgee op
> stylvol ontwerpte items, soortgelyk aan dit wat te vinde is in
> soortgelyke buurte in Milaan, Parys of Antwerpen. Die sypaadjies sal
> naweke krioel van die mense wat kom om die stadslewe te geniet, en te
> deel in die voorreg om 'n burger van die republiek te wees: veilig,
> Afrikaans en welvarend.
>
> Binne die eerste paar jaar sal die Afrikaanse Republiek reeds die
> tweede grootste ekonomie in Afrika suid van die Sahara hê, ná Azanië
> en voor Nigerië. Binne tien tot vyftien jaar behoort ons Azanië vir
> goed agter te laat en die vlak van Denemarke, Noorweë of Finland te
> bereik. As die sterkste moondheid op die Afrikavasteland sal ons die
> aandag en respek van die hele wêreld geniet. Oral ter wêreld by ons
> ambassades sal daar Afrikaanse Institute gevestig wees waar ons taal
> en kultuur uitgedra sal word, en duisende buitelanders sal dit
> aanleer, ook in Azanië, in die hoop dat hulle eendag tot ons
> utopie-in-die-kleine toegelaat mag word.
>
> Maar in die raadsale van die republiek sal die aanvraag om in ons
> voorspoed te kom deel, met groot omsigtigheid gehanteer word. Elke
> aspek van staatsbeleid sal lank bestudeer en gedebatteer word, elke
> internasionale uitspraak of verwikkeling sal met 'n arendsoog dopgehou
> word, want voortdurend sal 'n nuwe geslag staatsmanne na die donker
> jare aan die einde van die twintigste eeu verwys toe Afrikaners hul
> vryheid verloor het en gebuk gegaan het onder die absurdste
> diskriminasie, toe hul taal onderdruk is, hul identiteit aangeval is,
> toe hulle selfs nie eens hul eie mense vrylik in hul eie ondernemings
> kon aanstel nie. En in tye van nood of verdeeldheid in die land, sal
> almal terug verwys na die "Donker Tyd" toe ons onvry was, en mekaar
> wedersyds aanspoor om eerder kleinlike rusies by te lê as om ooit weer
> die gevaar te loop om ons vryheid en soewereiniteit prys te gee.
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91709 is 'n antwoord op boodskap #91637] So, 28 Maart 2004 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
>
> Ek het dit teen Afrikaners wat elke kans wat hulle
> kry die rooitaal besig. Hulle besef nie dat hulle aanhou kla
> oor die manier waarop Engels oorneem in SA nie, en aller-
> hande politici die skuld daarvoor gee, maar tog eintlik deel
> van die probleem self is .

Ek stem saam - die mense wat nie eers vir hulle eie kinders afrikaans
leer nie maar heeltyd moan en groan oor hoe ander afrikaans praat moet
beslis verantwoordelik gehou word dat afrikaans uitsterf! RODVELMGA!

:)

Hef ei laverlie dei!
Lou
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91710 is 'n antwoord op boodskap #91709] So, 28 Maart 2004 13:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Mar 2004 04:41:11 -0800, l...@lous.zzn.com (Lou) wrote:

> "@rogers.com" skryf in boodskap news:...

>> Ek het dit teen Afrikaners wat elke kans wat hulle
>> kry die rooitaal besig. Hulle besef nie dat hulle aanhou kla
>> oor die manier waarop Engels oorneem in SA nie, en aller-
>> hande politici die skuld daarvoor gee, maar tog eintlik deel
>> van die probleem self is .
>
> Ek stem saam - die mense wat nie eers vir hulle eie kinders afrikaans
> leer nie maar heeltyd moan en groan oor hoe ander afrikaans praat moet
> beslis verantwoordelik gehou word dat afrikaans uitsterf! RODVELMGA!
>
> :)
>
> Hef ei laverlie dei!
> Lou

rol..........:-)))))))!!!!!!!!!!!

DD

ns.
onthou jy haar man wat een tyd gespog het
dat hy nie eens meer 'n Afrikaanse aksent het nie, Lou?
Die mense oortref Schuster.
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91730 is 'n antwoord op boodskap #91709] So, 28 Maart 2004 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
conciliator  is tans af-lyn  conciliator
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Junior Lid
"Lou" skryf in boodskap news:bfb75562.0403280441.c676628@posting.google.com...
> "@rogers.com" wrote in message
news:...
>>
>> Ek het dit teen Afrikaners wat elke kans wat hulle
>> kry die rooitaal besig. Hulle besef nie dat hulle aanhou kla
>> oor die manier waarop Engels oorneem in SA nie, en aller-
>> hande politici die skuld daarvoor gee, maar tog eintlik deel
>> van die probleem self is .
>
> Ek stem saam - die mense wat nie eers vir hulle eie kinders afrikaans
> leer nie maar heeltyd moan en groan oor hoe ander afrikaans praat moet
> beslis verantwoordelik gehou word dat afrikaans uitsterf! RODVELMGA!
>
> :)
>
> Hef ei laverlie dei!
> Lou

Ekskuus tog, maar "moan en groan" is nie Afrikaans nie, hoor! Se dan
liewer "gekerm en gekreun"! :>)

Maar ek hou van jou RODVELMGA!!
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91739 is 'n antwoord op boodskap #91710] So, 28 Maart 2004 21:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Slow Eddy  is tans af-lyn  Slow Eddy
Boodskappe: 5
Geregistreer: Maart 2004
Karma: 0
Junior Lid
DD wrote:

>

>> Ek stem saam - die mense wat nie eers vir hulle eie kinders afrikaans
>> leer nie maar heeltyd moan en groan oor hoe ander afrikaans praat moet
>> beslis verantwoordelik gehou word dat afrikaans uitsterf! RODVELMGA!

>> :)

>> Hef ei laverlie dei!
>> Lou
>
>
> rol..........:-)))))))!!!!!!!!!!!
>
> DD
>
> ns.
> onthou jy haar man wat een tyd gespog het
> dat hy nie eens meer 'n Afrikaanse aksent het nie, Lou?
> Die mense oortref Schuster.

Da, en dan poog die heltans altevoor. Blik van allietrou maak tot en
weerheen dit maak. Ja? So vorder derdalwe deur myn adeltrop. Vordel dan
derhans agtervore nagtensby. Blink voor allietrou duisendklip.

En van aksent hoor dog ietterwat hoogtens allietrou en blank volle blink.
Dop seg die digte. Dop inner die aksent van't oorgetruide. Definitiefini.
--

Slow Eddy
Re: Stadstaat rondom Pretoria? [boodskap #91795 is 'n antwoord op boodskap #91739] Di, 30 Maart 2004 06:28 Na vorige boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Slow Eddy skryf in boodskap news:...
>
> Da, en dan poog die heltans altevoor. Blik van allietrou maak tot en
> weerheen dit maak. Ja? So vorder derdalwe deur myn adeltrop. Vordel dan
> derhans agtervore nagtensby. Blink voor allietrou duisendklip.
>
> En van aksent hoor dog ietterwat hoogtens allietrou en blank volle blink.
> Dop seg die digte. Dop inner die aksent van't oorgetruide. Definitiefini.

Net so my ou - net so! 'k kon dit nie beter gesê g`het nie - ek dink
jy is 'n natural vir die politiek - twee paragrawe geskryf en bokkerol
gesê! Die feit dat dit geen sin maak is mos daar ook nie ter sprake
nie.
Vorige onderwerp: Demokrasie in Aksie
Volgende onderwerp: Reisiger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 07:13:08 MGT 2024