Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ´n Jaar verder, en fokol verder...
´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91486] Do, 18 Maart 2004 15:43 na volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
20 Maart 2003 het die eerste kak in Irak gespat...

Wonder hoe Bush voel as hy terugdink aan die afgelope jaar...

Max____________________________
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91487 is 'n antwoord op boodskap #91486] Do, 18 Maart 2004 16:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" wrote

> Wonder hoe Bush voel as hy terugdink aan die afgelope jaar...

En mens wonder hoe die ouer Bush en die jonger
Bush gevoel het die dag met 9/11. Hulle het die naam
Bin Laden goed geken. Die Bin Ladens was van
hulle grootste geldbydraers. 'n Hele klomp Bin
Ladens is die volgende dag uit die VSA uit gevlieg.
Geen wonder Bush wil nie voor die 9/11 kommissie
verskyn nie.

Gloudina
Re: ́n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91495 is 'n antwoord op boodskap #91487] Do, 18 Maart 2004 23:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" > Wonder hoe Bush voel as hy terugdink aan die afgelope
jaar...
>
> En mens wonder hoe die ouer Bush en die jonger
> Bush gevoel het die dag met 9/11. Hulle het die naam
> Bin Laden goed geken. Die Bin Ladens was van
> hulle grootste geldbydraers. 'n Hele klomp Bin
> Ladens is die volgende dag uit die VSA uit gevlieg.
> Geen wonder Bush wil nie voor die 9/11 kommissie
> verskyn nie.
>
> Gloudina

Ja, maar die ander Bin Ladens is goeie mense hoor, en jy het nog nie
geantwoord of jy dink die hele 9/11 ding is beplan in die 8 jaar wat
Clinton pres was nie. Hoe verdedig jy dit? (Nie dat ek Bush wil verdedig
nie, maar mens kan nie die hele aanval op Bush afskryf nie). So asof die
wereld n scape goat soek
Mêeeee . . ..
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91496 is 'n antwoord op boodskap #91495] Vr, 19 Maart 2004 02:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ellie - ek gaan akkoord met jou.
Terwyl Clitton besig was met Monica was die dinge beplan. Dis ook duidelik
dat Clinton bepaald stappe ten Bin Laden kon geneem het - maar natuurlik te
huiwerig om te doen.
Wat ek ietwat eienaardig vind is dat die Demokrate nou versot is op Kerry -
hoofsaaklik vanweë sy militêre agtergrond - maar hulle het nie omgegee om
die dienspligontduiker (Clitton) te kies nie. Ietwat eiegenaardig.
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91497 is 'n antwoord op boodskap #91495] Vr, 19 Maart 2004 03:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" wrote

> Ja, maar die ander Bin Ladens is goeie mense hoor, en jy het nog nie
> geantwoord of jy dink die hele 9/11 ding is beplan in die 8 jaar wat
> Clinton pres was nie. Hoe verdedig jy dit? (Nie dat ek Bush wil verdedig
> nie, maar mens kan nie die hele aanval op Bush afskryf nie). So asof die
> wereld n scape goat soek

En wie sê die ander Bin Ladens is "goeie" mense
en Osama nie? Osama is oortuig dat hy die
Amerikaners uit sy tuisland wil hê en dat hy
die reg het om onder sy eie godsdienstige
reëls te lewe. Hoekom maak dit hom "sleg."
Dat hy gevaarlik is, is wel waar. Enige groep
wat bereid is om hulle lewens op te offer
vir hulle beginsels is gevaarlik.
Natuurlik is 9/11 beplan lank voor die huidige
Bush. Heelwaarskynlik vóór Clinton ook.
Maar ons weet dat die Clinton regime in die
laaste weke voor hulle oorgegee het aan die
Bush administrasie, die Bush-mense gewaarsku
het dat daar sal moet opgetree word. Maar
Condoleeza Rice het beter geweet. Sy het
gedink die Chinese is 'n groter gevaar.

Gloudina
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91498 is 'n antwoord op boodskap #91496] Vr, 19 Maart 2004 03:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> Wat ek ietwat eienaardig vind is dat die Demokrate nou versot is op Kerry -
> hoofsaaklik vanweë sy militêre agtergrond - maar hulle het nie omgegee om
> die dienspligontduiker (Clitton) te kies nie. Ietwat eiegenaardig.

Ek dink nie die Demokrate is "versot" op Kerry nie.
Ek dink hulle wil maar net iemand hê wat George
Bush uit die saal kan lig.
Ja, my dierbare Jonas, dit moet seker vir jou
vrééslik moeilik wees om te verstaan hoekom
Bill Clinton en sy vrou so gewild is. Selfs onder
Republikeine. Jy kan nie 'n goeie staatsman
of -vrou raaksien al is dit voor jou eie neus
nie.

Tant Hessie op die Potomac
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91499 is 'n antwoord op boodskap #91498] Vr, 19 Maart 2004 05:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek stem saam met Gloudina oor Kerry.
--
Annette
"@rogers.com" wrote in message
news:C2u6c.57223$uUx1.19508@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Jonas" wrote
>
>> Wat ek ietwat eienaardig vind is dat die Demokrate nou versot is op
> Kerry -
>> hoofsaaklik vanweë sy militêre agtergrond - maar hulle het nie omgegee om
>> die dienspligontduiker (Clitton) te kies nie. Ietwat eiegenaardig.
>
> Ek dink nie die Demokrate is "versot" op Kerry nie.
> Ek dink hulle wil maar net iemand hê wat George
> Bush uit die saal kan lig.
> Ja, my dierbare Jonas, dit moet seker vir jou
> vrééslik moeilik wees om te verstaan hoekom
> Bill Clinton en sy vrou so gewild is. Selfs onder
> Republikeine. Jy kan nie 'n goeie staatsman
> of -vrou raaksien al is dit voor jou eie neus
> nie.
>
> Tant Hessie op die Potomac
>
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91500 is 'n antwoord op boodskap #91496] Vr, 19 Maart 2004 05:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Eintlik is die opskrif verkeerd - daar is meer as 300 VSA soldate in Irak
dood sedert die inval opgehou het. Daar is bevind dat daar nooit WMD's was
om 'n inval te regverdig nie. Saddam is gevang sodat hy moet stilbly. Daar
is bevind dat die intelligensie baie onintelligent was.
En Spanje was vir die eerste keer ooit die teiken van die radikale moslems
--
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:c3dm12$865$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ellie - ek gaan akkoord met jou.
> Terwyl Clitton besig was met Monica was die dinge beplan. Dis ook duidelik
> dat Clinton bepaald stappe ten Bin Laden kon geneem het - maar natuurlik te
> huiwerig om te doen.
> Wat ek ietwat eienaardig vind is dat die Demokrate nou versot is op Kerry -
> hoofsaaklik vanweë sy militêre agtergrond - maar hulle het nie omgegee om
> die dienspligontduiker (Clitton) te kies nie. Ietwat eiegenaardig.
>
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91501 is 'n antwoord op boodskap #91498] Vr, 19 Maart 2004 05:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Een moerse staatsman, ja, maar ook een moerse spektakel!
"@rogers.com" wrote in message
news:C2u6c.57223$uUx1.19508@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Jonas" wrote
>
>> Wat ek ietwat eienaardig vind is dat die Demokrate nou versot is op
> Kerry -
>> hoofsaaklik vanweë sy militêre agtergrond - maar hulle het nie omgegee om
>> die dienspligontduiker (Clitton) te kies nie. Ietwat eiegenaardig.
>
> Ek dink nie die Demokrate is "versot" op Kerry nie.
> Ek dink hulle wil maar net iemand hê wat George
> Bush uit die saal kan lig.
> Ja, my dierbare Jonas, dit moet seker vir jou
> vrééslik moeilik wees om te verstaan hoekom
> Bill Clinton en sy vrou so gewild is. Selfs onder
> Republikeine. Jy kan nie 'n goeie staatsman
> of -vrou raaksien al is dit voor jou eie neus
> nie.
>
> Tant Hessie op die Potomac
>
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91504 is 'n antwoord op boodskap #91496] Vr, 19 Maart 2004 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Werner  is tans af-lyn  Werner
Boodskappe: 37
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Volle Lid
Het die VSA soos die SA van ouds verpligte militêre diensplig. Ek het altyd
gedink dit VSA magte bestaan uit vrywillige aansluitings.

Wat ek ietwat eienaardig vind is dat die Demokrate nou versot is op Kerry -
hoofsaaklik vanweë sy militêre agtergrond - maar hulle het nie omgegee om
die dienspligontduiker (Clitton) te kies nie. Ietwat eiegenaardig.
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91512 is 'n antwoord op boodskap #91504] Vr, 19 Maart 2004 09:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die hele ou spul is politiek. Wie se brood jy eet, sy gat lek jy blink!
Daar's mos geen beginsels in politiek nie, wat jou pas op die oomblik, die
hang jy aan. Ek stem saam met jou. Die VSA se soldate is vrywilligers en
het nogal 'n goeie loopbaan in die magte en terwyl hulle in die buiteland
is, verdien hulle bo-normaal goed. Eintlik snaaks, jy sal nie maklik die
soldate hoor kla oor die oorlog nie.....maar ons siviele leuenstoel
'experts'? Voor in die koor!

"Werner" skryf in boodskap news:c3e4dc$2d4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Het die VSA soos die SA van ouds verpligte militêre diensplig. Ek het altyd
> gedink dit VSA magte bestaan uit vrywillige aansluitings.
>
>
>
>
> Wat ek ietwat eienaardig vind is dat die Demokrate nou versot is op Kerry -
> hoofsaaklik vanweë sy militêre agtergrond - maar hulle het nie omgegee om
> die dienspligontduiker (Clitton) te kies nie. Ietwat eiegenaardig.
>
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91513 is 'n antwoord op boodskap #91512] Vr, 19 Maart 2004 09:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat ek nog wou bysê: Moenie verbaas wees as Osama Bin Laden gevang word so
op die laaste reguit stuk na die verkiesing toe nie!

"Suidwester" skryf in boodskap news:405abe2d.0@news1.mweb.co.za...
> Die hele ou spul is politiek. Wie se brood jy eet, sy gat lek jy blink!
> Daar's mos geen beginsels in politiek nie, wat jou pas op die oomblik, die
> hang jy aan. Ek stem saam met jou. Die VSA se soldate is vrywilligers en
> het nogal 'n goeie loopbaan in die magte en terwyl hulle in die buiteland
> is, verdien hulle bo-normaal goed. Eintlik snaaks, jy sal nie maklik die
> soldate hoor kla oor die oorlog nie.....maar ons siviele leuenstoel
> 'experts'? Voor in die koor!
> "Werner" wrote in message
> news:c3e4dc$2d4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Het die VSA soos die SA van ouds verpligte militêre diensplig. Ek het altyd
>> gedink dit VSA magte bestaan uit vrywillige aansluitings.
>>
>>
>>
>>
>> Wat ek ietwat eienaardig vind is dat die Demokrate nou versot is op Kerry -
>> hoofsaaklik vanweë sy militêre agtergrond - maar hulle het nie omgegee om
>> die dienspligontduiker (Clitton) te kies nie. Ietwat eiegenaardig.
>>
>
Re: ́n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91517 is 'n antwoord op boodskap #91498] Vr, 19 Maart 2004 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:C2u6c.57223$uUx1.19508@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Jonas" wrote
>
>> Wat ek ietwat eienaardig vind is dat die Demokrate nou versot is op
> Kerry -
>> hoofsaaklik vanweë sy militêre agtergrond - maar hulle het nie omgegee om
>> die dienspligontduiker (Clitton) te kies nie. Ietwat eiegenaardig.
>
> Ek dink nie die Demokrate is "versot" op Kerry nie.
> Ek dink hulle wil maar net iemand hê wat George
> Bush uit die saal kan lig.
> Ja, my dierbare Jonas, dit moet seker vir jou
> vrééslik moeilik wees om te verstaan hoekom
> Bill Clinton en sy vrou so gewild is. Selfs onder
> Republikeine. Jy kan nie 'n goeie staatsman
> of -vrou raaksien al is dit voor jou eie neus
> nie.
>
> Tant Hessie op die Potomac

Kerry 'staan' nie eintlik vir iets nie, maar hy is n aanvaarbare kandidaat
en iemand wat n kans het om te wen teen Bush, en dit is wat baie mense in
die land
wil doen, vir Bush uitstem. Hoop net Kerry kry goeie mense om hom by te
staan.
Ek dink nie die Clintons is juis so terribly gewild onder die Republikeine
nie Gloudina, maar mens kan nie NIE van Clinton hou nie, hy is so n
goedgeaarde mensliewende man.

Ellie op die Cahaba
Re: ́n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91518 is 'n antwoord op boodskap #91504] Vr, 19 Maart 2004 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Alles vrywillig Werner, geen verpligte diensplig nie. Ek dink nogal 6
maande se verpligte diensplig vir seuns en meisies is n goeie ding, die
disipline ens.

Ellie

"Werner" skryf in boodskap news:c3e4dc$2d4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Het die VSA soos die SA van ouds verpligte militêre diensplig. Ek het altyd
> gedink dit VSA magte bestaan uit vrywillige aansluitings.
>
>
>
>
> Wat ek ietwat eienaardig vind is dat die Demokrate nou versot is op Kerry -
> hoofsaaklik vanweë sy militêre agtergrond - maar hulle het nie omgegee om
> die dienspligontduiker (Clitton) te kies nie. Ietwat eiegenaardig.
>
Re: ́n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91519 is 'n antwoord op boodskap #91513] Vr, 19 Maart 2004 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:405abe8a.0@news1.mweb.co.za...
> Wat ek nog wou bysê: Moenie verbaas wees as Osama Bin Laden gevang word so
> op die laaste reguit stuk na die verkiesing toe nie!

Hier is stories in die omgang wat se hy is al klaar gevang, en die media
gaan eers weet net voor die verkiesing. Op die oomblik is daar n
'skermutseling' in die Stan om sy nommer twee te vang.

Ellie
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91520 is 'n antwoord op boodskap #91519] Vr, 19 Maart 2004 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sal dit nie 'n storie wees om Bush te help nie!?

"Ellie" skryf in boodskap news:oqC6c.58$V66.53@newsread3.news.atl.earthlink.net...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:405abe8a.0@news1.mweb.co.za...
>> Wat ek nog wou bysê: Moenie verbaas wees as Osama Bin Laden gevang word so
>> op die laaste reguit stuk na die verkiesing toe nie!
>
> Hier is stories in die omgang wat se hy is al klaar gevang, en die media
> gaan eers weet net voor die verkiesing. Op die oomblik is daar n
> 'skermutseling' in die Stan om sy nommer twee te vang.
>
> Ellie
>
Re: ́n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91522 is 'n antwoord op boodskap #91520] Vr, 19 Maart 2004 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Beslis, maar of dit hom gaan help weet ek nie, ek
dink nie hy gaan dit maak nie.

"Suidwester" skryf in boodskap news:405af557.0@news1.mweb.co.za...
> Sal dit nie 'n storie wees om Bush te help nie!?
> "Ellie" wrote in message
> news:oqC6c.58$V66.53@newsread3.news.atl.earthlink.net...
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:405abe8a.0@news1.mweb.co.za...
>>> Wat ek nog wou bysê: Moenie verbaas wees as Osama Bin Laden gevang word so
>>> op die laaste reguit stuk na die verkiesing toe nie!
>>
>> Hier is stories in die omgang wat se hy is al klaar gevang, en die media
>> gaan eers weet net voor die verkiesing. Op die oomblik is daar n
>> 'skermutseling' in die Stan om sy nommer twee te vang.
>>
>> Ellie
>>
>
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91523 is 'n antwoord op boodskap #91518] Vr, 19 Maart 2004 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
The pioneers of a warless world are the youth that refuse military
service: Albert Einstein

On Fri, 19 Mar 2004 13:14:39 GMT, "Ellie" wrote:

> Alles vrywillig Werner, geen verpligte diensplig nie. Ek dink nogal 6
> maande se verpligte diensplig vir seuns en meisies is n goeie ding, die
> disipline ens.
>
> Ellie
>
>
> "Werner" wrote in message
> news:c3e4dc$2d4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Het die VSA soos die SA van ouds verpligte militêre diensplig. Ek het
> altyd
>> gedink dit VSA magte bestaan uit vrywillige aansluitings.




>> Wat ek ietwat eienaardig vind is dat die Demokrate nou versot is op
> Kerry -
>> hoofsaaklik vanweë sy militêre agtergrond - maar hulle het nie omgegee om
>> die dienspligontduiker (Clitton) te kies nie. Ietwat eiegenaardig.
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91524 is 'n antwoord op boodskap #91517] Vr, 19 Maart 2004 15:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 19 Mar 2004 13:12:13 GMT, "Ellie" wrote:

> Kerry 'staan' nie eintlik vir iets nie, maar hy is n aanvaarbare kandidaat

O, nou staan Kerry alweer nie vir iets nie? My wereld...

> en iemand wat n kans het om te wen teen Bush, en dit is wat baie mense in
> die land
> wil doen, vir Bush uitstem. Hoop net Kerry kry goeie mense om hom by te
> staan.

Soos Bush?

http://www.informationclearinghouse.info/article3995.htm
John Kerry [boodskap #91525 is 'n antwoord op boodskap #91524] Vr, 19 Maart 2004 16:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> On Fri, 19 Mar 2004 13:12:13 GMT, "Ellie" wrote:
>
>> Kerry 'staan' nie eintlik vir iets nie, maar hy is n aanvaarbare kandidaat

Probeer http://www.johnkerry.com/issues/ as 'n begin om te verstaan
waaroor dit gaan.

Die " wat does kerry stand for", is maar net een van die vele regse
mantra's wat ons nog baie sal hoor in die volgende paar maande.
Doen gerus 'n google met presies daardie woorde, en kyk wat ek bedoel.
Dit kom direk uit die Repug smeer masjien.
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91527 is 'n antwoord op boodskap #91497] Vr, 19 Maart 2004 17:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Ellie:
> Dalk moet jy vir jouself vra of 9/11 nie dalk beplan is in
> detail toe Clinton aan bewind was nie?

> Gloudina:
> Natuurlik is 9/11 beplan lank voor die huidige
> Bush. Heelwaarskynlik vóór Clinton ook.
> Maar ons weet dat die Clinton regime in die
> laaste weke voor hulle oorgegee het aan die
> Bush administrasie, die Bush-mense gewaarsku
> het dat daar sal moet opgetree word.

Natuurlik was dit lankal beplan. Kan enige mens is sy of haar right
mind anders dink?
Van al die verdraaide leuens wat die regse media en Bush ondersteuners
sedert 9/11 versprei het, is hierdie spesifieke ene om die publiek te
probeer oortuig dat die Al-Quaeda aanvalle op ons land weens Clinton
se onbevoegdheid was, vir my seker die mees laakbare, idiotiese en
anti-amerikaanse sentiment ooit. Maar dan weer, die Repugs se boelie
taktiek om enige Amerikaner wat nie met hulle agendas saamstem nie, af
te probeer kraak as onpatrioties is nie nuut nie.
Die ou truuk om as hulle in 'n hoek gedryf word, vir Clinton te
blameer is al eintlik so tragies, dat dit nie eens meer snaaks is nie.
Tog bly dit vir my baie snaaks as mense van Suid Afrika en elders
dieselfde breindood sentimente napraat, en erger, dit glo ook.
Al wat mense hoef te doen, is om na die feite te gaan kyk. Gaan kyk
wat Clinton en sy administrasie gedoen het om terrorisme en veral Bin
Laden te probeer aankeer. Hoe hy keer op keer gekeer was deur die
Republikeins beheerde senaat en kongres om sy doel te bereik. As mens
dit nou vergelyk met die totale onvermoeë en niksdoen van die Bush
Adminsitrasie in die eerste 8 maande van 2001, dan is dit amper
skrikwekkend! Dit maak natuurlik alles logiese sin as mens na die
Bush familie en die Carlyle groep begin kyk.
Maar om terug te keer na Clinton -
Wat veral vir my uitstaan was in 1998-99 toe Clinton legislasie wou
uitbring om alle finansiële assets van internasionale organisasies wat
onder verdenking staan, en wat geld verskaf aan bin Laden en die Al
Qaeda netwerk te vries, gestop was deur o.a Texas se Repug Senator,
Phil Gramm.

Dat Joe Lockhart vir ons in 1999/2000 gewaarsku het dat Al Qaeda
beplan tereur aanvalle op ons land, word verkieslik vergeet. Dat weens
die manier waarop Clinton sy intelligensie bronne gebruik het
(dieselfde intelligensie bronne wat Bush inlig, maar Bush het
uitdruklik beveel om oor die CIA en ander intelligensie se koppe te
gaan, en sy eie agenda na te volg), kon Clinton en sy administrasie
bin Laden se beplande "millennium" tereur wat sou plaasvind by LAX,
keer.

Maar elkgeval, laat ek nie die mense met feite verwar nie. En
buitendien was Clinton ook geen engel nie. Maar in vergelyking met
die korrupte spul wat tans in die withuis is, was hy dalk.
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91529 is 'n antwoord op boodskap #91517] Vr, 19 Maart 2004 17:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" wrote

. Hoop net Kerry kry goeie mense om hom by te
> staan.

Ek sal nie verbaas wees as McCain uitgenooi word
om een of ander kabinetspos te beklee nie. Ek hoop
ook om Edwards as prokureur-generaal te sien met
sy cute gesiggie. En vir Max Cleland in sy rystoel.

Gloudina
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91530 is 'n antwoord op boodskap #91500] Vr, 19 Maart 2004 17:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote

> Eintlik is die opskrif verkeerd - daar is meer as 300 VSA soldate in Irak
> dood sedert die inval opgehou het.

Bo en behalwe wat die Amerikaanse leër gely het,
ly die arme Irakese bevolking tiendubbelkeer. Op
die CBC ( Canadian Broadcasting Company) het
hulle nou die dag 'n dokumentêre stuk gehad oor
wat in Irak aangaan wat nie deur die Amerikaanse
media gewys word nie. Dit is 'n versameling van
videos en onderhoude met 24 nuusfotograwe uit
baie ander lande, wat wys wat aangegaan het
in die nasleep van die "shock and awe" optrek.

Gloudina
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91531 is 'n antwoord op boodskap #91512] Vr, 19 Maart 2004 17:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote

Eintlik snaaks, jy sal nie maklik die
> soldate hoor kla oor die oorlog nie

Jy praat absoluut bog. Ons sien nou al hier in
Kanada die eerste "dodgers" van die oorlog.
Een soldaat het gesê hy het beloof om sy land
te verdedig, maar wil nie veg in 'n aggressiewe
aanval op 'n ander land nie.
En nou kort gelede was daar van die soldate
se families wat voor die Wit Huis betoog het.

Gloudina
Re: ́n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91532 is 'n antwoord op boodskap #91530] Vr, 19 Maart 2004 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:1oG6c.62116$ohV.55230@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Annette" wrote
>
>> Eintlik is die opskrif verkeerd - daar is meer as 300 VSA soldate in Irak
>> dood sedert die inval opgehou het.
>
> Bo en behalwe wat die Amerikaanse leër gely het,
> ly die arme Irakese bevolking tiendubbelkeer. Op
> die CBC ( Canadian Broadcasting Company) het
> hulle nou die dag 'n dokumentêre stuk gehad oor
> wat in Irak aangaan wat nie deur die Amerikaanse
> media gewys word nie. Dit is 'n versameling van
> videos en onderhoude met 24 nuusfotograwe uit
> baie ander lande, wat wys wat aangegaan het
> in die nasleep van die "shock and awe" optrek.
>
> Gloudina

So gepraat van dit Gloudina, kyk jy ooit ABC News met Peter Jeniings (een
van julle). Hierdie week het hy glo van Baghdad uitgesaai, met allerhande
onderhoude ens. maar ek kon nie een keer hierdie week die nuus op network
kyk nie, ek was weg van die huis. Hy sou n unbiased program uitgesaai het,
waar hy onderhoude met n verskeidenheid mense sou he. Ek wonder hoe dit
was. Ek dink nogal hy is baie goed om nie kant te kies nie.

Ellie
Re: ́n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91533 is 'n antwoord op boodskap #91531] Vr, 19 Maart 2004 18:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:wrG6c.62137$ohV.34920@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote
>
> Eintlik snaaks, jy sal nie maklik die
>> soldate hoor kla oor die oorlog nie
>
> Jy praat absoluut bog. Ons sien nou al hier in
> Kanada die eerste "dodgers" van die oorlog.
> Een soldaat het gesê hy het beloof om sy land
> te verdedig, maar wil nie veg in 'n aggressiewe
> aanval op 'n ander land nie.
> En nou kort gelede was daar van die soldate
> se families wat voor die Wit Huis betoog het.
>
> Gloudina

My buurman se broer was vir n jaar daar, en verlede naweek het ons almal
lekker gesels op ons agterstoep oor n bottel (s) wyn. Die ou is n Kaptein
in die Weermag. Stoere Bush ondersteuner. Hy se ook al die afgryslikheid
sal hom sy hele lewe bybly. Hy het vertel hoe baie werksgeleenthede dit
skep in die VSA, alles van catering, tot konstruksie, tot sementfabrieke
ens. Hy het ook vertel dat hy verbaas was oor hoeveel sielkundiges daar
gestasioneer is, om die soldate te help. Daar is baie geleer uit Vietnam
se foute se hy, en alhoewel n oorlog nooit goed is nie, het die big brass
gesorg dat daar min of meer orde heers in die geriefsone in die chaos wat
oorlog is. Baie interessante man. En natuurlik net een ou se mening, ander
sal anders voel oor die saak.
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... - naming_the_dog.jpg (0/1) [boodskap #91534 is 'n antwoord op boodskap #91496] Vr, 19 Maart 2004 18:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 19 Mar 2004 04:30:28 +0200, "Jonas" wrote:

> Ellie - ek gaan akkoord met jou.
> Terwyl Clitton besig was met Monica was die dinge beplan.

Monica, Jonas?
Wie's dit?

DD
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91537 is 'n antwoord op boodskap #91486] Vr, 19 Maart 2004 21:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf in boodskap news:4059c489$0$575$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> 20 Maart 2003 het die eerste kak in Irak gespat...
>
> Wonder hoe Bush voel as hy terugdink aan die afgelope jaar...
>
> Max____________________________

Ek, weer, wonder hoe ons eie Suidwester voel oor sy
donkiedom voorspellings van 'n jaar gelede (hieronder
aangehaal). Hoe lyk dit met die olie-pryse deesdae,
Suidwester?

Swart Simon

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e718308.0@news1.mweb.co.za...
> Persoonlik dink ek die VSA gaan vir Sadam aanvat en ek dink dat die groot
> baklei gaan binne 2 - 3 weke verby wees want die VSA se tegnologiese aanslag
> gaan die klomp grondtroepe amper nie eers nodig maak nie. Laas toe hulle
> bklei het, was maar 20% van die VSA se wapenstelsels lasergerig.....nou is
> dit oor die 80%. Hulle gaan geselekteerde teikens slaan met die presisie
> van 'n chirurg.
> Ek dink nie Amerika wil beheer oor Irak hê nie. Hulle soek Saddam se
> beheer weg oor een van die grootste oliebronne in die wêreld enis hulle heel
> bereid om dit te gee aan 'n demokratiese regering in Irak. Hierdie laat
> mens natuurlik met die gedagte dat dit net om die Amerikaners se sak gaan
> want hulle is die grootste olieverbruikers, maar dit is nie so einfach nie.
> Op die oomblik is oliepryse onder beheer en kan ons almal darem nog 'n wiel
> draai, maar as 'n mal hond soos Saddam vrye teuels kry, gaan wêreldoliepryse
> die hoogte inskiet. Eintlik is dit nie soveel die VSA wat hieronder sal ly
> nie....een en elke kleiner land gaan veel meer ly en dis seker wat die
> Yankees so gatvol maak......hulle probeer dinge onder beheer kry en die
> ander lot betoog.
> "Sterrenkijker" wrote in message
> news:e0t17vgp91dgdchh94rq174kjreh9epol9@4ax.com...
>> Geagte Suidwester, Gloudina, Annette, Danielle en Jonas,
>>
>> Ek sou wou geweet het van julle:
>> hoe gaan die oorlog tussen Irak en die U.S.A. begin en eindig?
>> Ek dink: die U.S.A. gaan daardie oorlog begin en hulle gaan selfs
>> wen..
>> Maar uiteindelik gaan die Amerikane die gevoel kry dat hulle hulle eie
>> het vasgery in die sand..
>> Ek kan dit weet. Ek het nooit in Irak self gewees nie, maar ek het
>> verskeie kere in Koeweit gewees en dis net soos Irak: 'n klomp sand!
>> Dis daarom dat die Europese nasies soos Frankryk, Duitsland en straks
>> ook Engeland die oorlog daar nie wil begin nie: hulle wil hulle eie
>> daar nie belaglik maak nie!..
>>
>> Die groete vanweë
>>
>> Norbert (uit Vlaandere)

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e71f268.0@news1.mweb.co.za...
> Ja Antie, so droom en filosofeer jy voort en mense wat bereid is om duisende
> mense dood te maak soos op 11 September stap vry weg......omdat jy reken 'n
> mens mag sulke mense nie aanvat nie? Hoe vat jy 'n krimineel aan...deur te
> praat of mooi te praat. Deur hom te probeer rehabiliteer? Ek is jammer,
> maar ek bly maar eerder in die vorige eeu en glo dat ek beheer kan hê oor my
> eie omstandighede 'n iets daaromtrent kan doen. Ek glo vas aan 'n oog vir
> 'n oog en glo aan die doodstraf. Daar kan geen verskoning wees om moord te
> pleeg nie, net soos daar geen verskoning vir enige kriminele daad is nie.
> Vat 'n ou wat steel en kap sy hand af. Ek waarborg jou hy gaan ophou
> steel.
> Jy reken die Amerikaanse ekonomie gaan geknou word deur die oorlog.
> Miskien moet jy minder uit die boeke kyk en jy sal sien dat die ironie van
> die saak is dat so 'n oorlog juis die ekonomie van die VSA bevoordeel.
> Nuwe wapens/vervangings, etc moet gemaak word en dit is alles meer werk.
> Meer werk beteken groter inkomste vir die man op straat. So kan mens
> aangaan. Kry hulle beheer oor die oliereserwes van Irak, gaan die olieprys
> stabiliseer.....wat wil jy hê? Wag tot die Oosterse blok oliepryse in sy
> moer in opjaag en energie in sy peetjie in duur raak? Wat van as die
> Arabiere vir Kanada 'n September 11 gee? By wie gaan julle spul dan tjank
> vir hulp. Sekerlik nie Amerika nie?
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91538 is 'n antwoord op boodskap #91532] Vr, 19 Maart 2004 22:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" wrote

ABC News met Peter Jeniings (een
> van julle). . Hy sou n unbiased program uitgesaai het,
> waar hy onderhoude met n verskeidenheid mense sou he. Ek wonder hoe dit
> was. Ek dink nogal hy is baie goed om nie kant te kies nie.

Ek kyk ook maar net TV as ek tyd het, en het nie
alles van Peter Jennings uit Irak kon volg nie. Maar
hy moet ook maar die algemene riglyne volg wat
alle VSA media moet volg. Kan nie te veel afwyk
van die pro-amerikaanse tendens nie.
Moet ook nie aanneem dat alle Kanadese teen
George Bush is nie. Ons regses is soms nog regser
as Bush. David Frum, die seun van een van ons
beste tvjoernaliste Barbara Frum (ongelukkig
dood aan leukemia), was vroeg een van die
speechwriters vir George Bush, totdat hy uitgeskop
is omdat sy vrou gespog het dat dit David was
wat die uitdrukking "axis of evil" geskep het.

Gloudina
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91540 is 'n antwoord op boodskap #91531] Sa, 20 Maart 2004 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jis my antie, moet jy altyd in die minderheid praat en dit vir die
meerderheid aanpas. Een en elke soldaat van die VSA is daar vrywillig en
ek weet nie of jy lekker die woord verstaan nie? Uit eie keuse!
"@rogers.com" wrote in message
news:wrG6c.62137$ohV.34920@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote
>
> Eintlik snaaks, jy sal nie maklik die
>> soldate hoor kla oor die oorlog nie
>
> Jy praat absoluut bog. Ons sien nou al hier in
> Kanada die eerste "dodgers" van die oorlog.
> Een soldaat het gesê hy het beloof om sy land
> te verdedig, maar wil nie veg in 'n aggressiewe
> aanval op 'n ander land nie.
> En nou kort gelede was daar van die soldate
> se families wat voor die Wit Huis betoog het.
>
> Gloudina
>
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91541 is 'n antwoord op boodskap #91533] Sa, 20 Maart 2004 08:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis altyd die verskil. Jy kry die magte se mense wat daar is en was en
weet waaroor dit gaan en dan kry jy die kwasi-kenners soos die anti wat met
haar suurbek enige enkele gaval wat die teendeel sê aangryp en 'n moerse
storie daarvan maak. 'n Professionele soldaat is lojaal aan sy land en sy
regering van die dag. As die opperbevel vir jou sê om in 'n vuur in te
spring, sal jy. Ignoreer haar, sy's 'n lafaard wat weggehol het uit SA toe
dinge begin warm raak het.....

"Ellie" skryf in boodskap news:aOG6c.228$HP.165@newsread2.news.atl.earthlink.net...
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:wrG6c.62137$ohV.34920@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>>
>> "Suidwester" wrote
>>
>> Eintlik snaaks, jy sal nie maklik die
>>> soldate hoor kla oor die oorlog nie
>>
>> Jy praat absoluut bog. Ons sien nou al hier in
>> Kanada die eerste "dodgers" van die oorlog.
>> Een soldaat het gesê hy het beloof om sy land
>> te verdedig, maar wil nie veg in 'n aggressiewe
>> aanval op 'n ander land nie.
>> En nou kort gelede was daar van die soldate
>> se families wat voor die Wit Huis betoog het.
>>
>> Gloudina
>
> My buurman se broer was vir n jaar daar, en verlede naweek het ons almal
> lekker gesels op ons agterstoep oor n bottel (s) wyn. Die ou is n Kaptein
> in die Weermag. Stoere Bush ondersteuner. Hy se ook al die afgryslikheid
> sal hom sy hele lewe bybly. Hy het vertel hoe baie werksgeleenthede dit
> skep in die VSA, alles van catering, tot konstruksie, tot sementfabrieke
> ens. Hy het ook vertel dat hy verbaas was oor hoeveel sielkundiges daar
> gestasioneer is, om die soldate te help. Daar is baie geleer uit Vietnam
> se foute se hy, en alhoewel n oorlog nooit goed is nie, het die big brass
> gesorg dat daar min of meer orde heers in die geriefsone in die chaos wat
> oorlog is. Baie interessante man. En natuurlik net een ou se mening, ander
> sal anders voel oor die saak.
>
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91542 is 'n antwoord op boodskap #91527] Sa, 20 Maart 2004 08:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hie-hie-haaaaa-haaaaa!!!! Fok, maar jy is snaaks!

"Katryn" skryf in boodskap news:079m501919d8vtl1cersvpo9cnc5ce3a37@4ax.com...
>
>> Ellie:
>> Dalk moet jy vir jouself vra of 9/11 nie dalk beplan is in
>> detail toe Clinton aan bewind was nie?
>
>> Gloudina:
>> Natuurlik is 9/11 beplan lank voor die huidige
>> Bush. Heelwaarskynlik vóór Clinton ook.
>> Maar ons weet dat die Clinton regime in die
>> laaste weke voor hulle oorgegee het aan die
>> Bush administrasie, die Bush-mense gewaarsku
>> het dat daar sal moet opgetree word.
>
> Natuurlik was dit lankal beplan. Kan enige mens is sy of haar right
> mind anders dink?
> Van al die verdraaide leuens wat die regse media en Bush ondersteuners
> sedert 9/11 versprei het, is hierdie spesifieke ene om die publiek te
> probeer oortuig dat die Al-Quaeda aanvalle op ons land weens Clinton
> se onbevoegdheid was, vir my seker die mees laakbare, idiotiese en
> anti-amerikaanse sentiment ooit. Maar dan weer, die Repugs se boelie
> taktiek om enige Amerikaner wat nie met hulle agendas saamstem nie, af
> te probeer kraak as onpatrioties is nie nuut nie.
> Die ou truuk om as hulle in 'n hoek gedryf word, vir Clinton te
> blameer is al eintlik so tragies, dat dit nie eens meer snaaks is nie.
> Tog bly dit vir my baie snaaks as mense van Suid Afrika en elders
> dieselfde breindood sentimente napraat, en erger, dit glo ook.
> Al wat mense hoef te doen, is om na die feite te gaan kyk. Gaan kyk
> wat Clinton en sy administrasie gedoen het om terrorisme en veral Bin
> Laden te probeer aankeer. Hoe hy keer op keer gekeer was deur die
> Republikeins beheerde senaat en kongres om sy doel te bereik. As mens
> dit nou vergelyk met die totale onvermoeë en niksdoen van die Bush
> Adminsitrasie in die eerste 8 maande van 2001, dan is dit amper
> skrikwekkend! Dit maak natuurlik alles logiese sin as mens na die
> Bush familie en die Carlyle groep begin kyk.
> Maar om terug te keer na Clinton -
> Wat veral vir my uitstaan was in 1998-99 toe Clinton legislasie wou
> uitbring om alle finansiële assets van internasionale organisasies wat
> onder verdenking staan, en wat geld verskaf aan bin Laden en die Al
> Qaeda netwerk te vries, gestop was deur o.a Texas se Repug Senator,
> Phil Gramm.
>
> Dat Joe Lockhart vir ons in 1999/2000 gewaarsku het dat Al Qaeda
> beplan tereur aanvalle op ons land, word verkieslik vergeet. Dat weens
> die manier waarop Clinton sy intelligensie bronne gebruik het
> (dieselfde intelligensie bronne wat Bush inlig, maar Bush het
> uitdruklik beveel om oor die CIA en ander intelligensie se koppe te
> gaan, en sy eie agenda na te volg), kon Clinton en sy administrasie
> bin Laden se beplande "millennium" tereur wat sou plaasvind by LAX,
> keer.
>
>
> Maar elkgeval, laat ek nie die mense met feite verwar nie. En
> buitendien was Clinton ook geen engel nie. Maar in vergelyking met
> die korrupte spul wat tans in die withuis is, was hy dalk.
>
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91543 is 'n antwoord op boodskap #91537] Sa, 20 Maart 2004 08:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nie van jou nie, SwartPiet, maar by ons is brandstofpryse heel
stabiel, die Rand/NamDollar is veel sterker so wie kla? Ek? Oor die
donkiedom-stelling sou ek nie te vinnig wees nie, ou vriend, want:
1. Hoe vinnig was die oorlog verby? Was nogal vinnig was dit nie?
2. Hulle het die oliebronne onder beheer, is dit nie? Waar die kartel die
oliepryse beheer, het die VSA nou 'n harde stem bygekry.
3. Wat dink jy maak die VSA firmas in Irak met al die kontrakte? Geld!
4. Wie beheer nou Irak se oliebronne?
......ag, ek het nog 'n klomp vrae aan jou, maar jy sal nie hou van ons
donkiegeselsies nie!

"Swart Simon" skryf in boodskap news:405b61e3.0@news1.mweb.co.za...

>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e718308.0@news1.mweb.co.za...
>> Persoonlik dink ek die VSA gaan vir Sadam aanvat en
> ek dink dat die groot
>> baklei gaan binne 2 - 3 weke verby wees want die VSA
> se tegnologiese aanslag
>> gaan die klomp grondtroepe amper nie eers nodig maak
> nie. Laas toe hulle
>> bklei het, was maar 20% van die VSA se wapenstelsels
> lasergerig.....nou is
>> dit oor die 80%. Hulle gaan geselekteerde teikens
> slaan met die presisie
>> van 'n chirurg.
>> Ek dink nie Amerika wil beheer oor Irak hê nie.
> Hulle soek Saddam se
>> beheer weg oor een van die grootste oliebronne in die
> wêreld enis hulle heel
>> bereid om dit te gee aan 'n demokratiese regering in
> Irak. Hierdie laat
>> mens natuurlik met die gedagte dat dit net om die
> Amerikaners se sak gaan
>> want hulle is die grootste olieverbruikers, maar dit
> is nie so einfach nie.
>> Op die oomblik is oliepryse onder beheer en kan ons
> almal darem nog 'n wiel
>> draai, maar as 'n mal hond soos Saddam vrye teuels
> kry, gaan wêreldoliepryse
>> die hoogte inskiet. Eintlik is dit nie soveel die
> VSA wat hieronder sal ly
>> nie....een en elke kleiner land gaan veel meer ly en
> dis seker wat die
>> Yankees so gatvol maak......hulle probeer dinge onder
> beheer kry en die
>> ander lot betoog.
Re: ́n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91546 is 'n antwoord op boodskap #91538] Sa, 20 Maart 2004 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek kyk ook maar net TV as ek tyd het, en het nie
alles van Peter Jennings uit Irak kon volg nie. Maar
hy moet ook maar die algemene riglyne volg wat
alle VSA media moet volg. Kan nie te veel afwyk
van die pro-amerikaanse tendens nie.
Moet ook nie aanneem dat alle Kanadese teen
George Bush is nie. Ons regses is soms nog regser
as Bush. David Frum, die seun van een van ons
beste tvjoernaliste Barbara Frum (ongelukkig
dood aan leukemia), was vroeg een van die
speechwriters vir George Bush, totdat hy uitgeskop
is omdat sy vrou gespog het dat dit David was
wat die uitdrukking "axis of evil" geskep het.

Gloudina

Ek het toe gou gisteraand geloer na Peter se laaste nuusuitsending vanaf
Baghdad, en vir my lyk dit asof daar algehele chaos heers. Die verkeer is
totaal onbeheers, erger nog as Bangkok, wat m.i. die slegste verkeersknope
in die wereld het. Die gewone mens in die straat wat hulle onderhoude mee
gevoer het, is omtrent deur die bank kwaad vir die Amerikaanse okkupasie.
Gister het twee V.S. soldate blykbaar goedsmoeds n Arabiese joernalis en sy
crew doodgeskiet, en die mense was opgestoke daardeur.

Die prentjie lyk nie goed nie, alhoewel daar sekere dinge soos beter skole
en beter salarisse ens. is. Ek dink dit gaan ons tweede Vietnam wees, want
ons kan nie nou onttrek nie, en al die geld wat daar ingepomp word help
niks. Ek wonder net hoekom daar nie meer gebruik gemaak word van die olie
revenue nie, ek wonder ook of hulle olieproduksie weer normaal is.

Ellie
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91547 is 'n antwoord op boodskap #91546] Sa, 20 Maart 2004 15:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" wrote

> Gister het twee V.S. soldate blykbaar goedsmoeds n Arabiese joernalis en sy
> crew doodgeskiet, en die mense was opgestoke daardeur.

Ja, in 'n nuusonderhoud met een of ander
hooggeplaaste Amerikaanse politikus, het
nou vergeet wie, het twintig Arabiese
joernaliste uitgeloop as protes teen dié
doodskietinsident.

Gloudina
Re: ́n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91549 is 'n antwoord op boodskap #91547] Sa, 20 Maart 2004 16:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:i5Z6c.106927$TxJ.20525@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> "Ellie" wrote
>
>> Gister het twee V.S. soldate blykbaar goedsmoeds n Arabiese joernalis en
> sy
>> crew doodgeskiet, en die mense was opgestoke daardeur.
>
> Ja, in 'n nuusonderhoud met een of ander
> hooggeplaaste Amerikaanse politikus, het
> nou vergeet wie, het twintig Arabiese
> joernaliste uitgeloop as protes teen dié
> doodskietinsident.
>
> Gloudina

Dit was Colin Powell, die enigste een in die Bush kabinet wat ek tyd voor
het, maar hy was ietwat haughty
in daardie nuuskonferensie.

Ek moet nou gaan plante koop vir die vale, ons het al diepe lenteweer, en ek
moet begin met my tuinwerk. Ons moet al glad gras sny hierdie naweek, alles
staan groen. Ek skat by julle is die grond nog gevries Gloudina? My
vriende in New Hampshire se hulle het nog sneeu wat sit.

Ellie
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91550 is 'n antwoord op boodskap #91549] Sa, 20 Maart 2004 18:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" wrote

. Ons moet al glad gras sny hierdie naweek, alles
> staan groen. Ek skat by julle is die grond nog gevries Gloudina? My
> vriende in New Hampshire se hulle het nog sneeu wat sit.

Ja. Die sneeu smelt so nou en dan, maar vandag
sneeu dit nog so effentjies. Die rivier is ook nog
merendeels bevrore, maar niemand behoort hom
teen hierdie tyd op die ys te waag nie. Die
maple syrup boere is ook bly dat dit nog koud
in die nagte is en dan meeste dae bo vriespunt.
As dit te gou warm word, dan loop die sap nie
goed nie. Dit is nogal 'n taamlike groot industrie
hier. Ek hou egter nie teveel van maple syrup nie,
en die regte soort ( wat nie nagemaak is nie)
is baie duur.

Gloudina
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91551 is 'n antwoord op boodskap #91538] Sa, 20 Maart 2004 18:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com wrote

> Moet ook nie aanneem dat alle Kanadese teen
> George Bush is nie. Ons regses is soms nog regser
> as Bush. David Frum, die seun van een van ons
> beste tvjoernaliste Barbara Frum (ongelukkig
> dood aan leukemia), was vroeg een van die
> speechwriters vir George Bush

Ek sien vanoggend op CBC 'n onderhoud met
David Frum. Hy en Richard Perle het saam 'n
boek geskryf. Richard Perle was een van die
argitekte van die Irak-beleid. Het vroeg in die
negentigerjare saam met 'n paar ander 'n Irak-
inval bepleit.
Ek hou nie van die invloed van al hierdie Jode
op die Amerikaanse buitelandse beleid nie. Dit
pas die huidige beleid van Israel om ongeveer
'n oorlog in die Midde Ooste teen die Palestyne
te voer, en die VSA sit maar so doodstil en
aankyk, alhoewel hulle so nou en dan mompel
van die "roadmap for peace." Maar niemand
neem hulle meer ernstig op nie. Daar is 'n ernstige
oorlog aan die gang in die wêreld tussen die
Moslem wêreld aan die eenkant en die VSA
en Israel aan die ander kant. En as enige ander
land weier om kant te kies, dan word hulle
beskuldig van verraad.

Gloudina
Re: ´n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91553 is 'n antwoord op boodskap #91513] Sa, 20 Maart 2004 22:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rhino  is tans af-lyn  Rhino
Boodskappe: 32
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Ja, hulle weet vir seker waar Bin Laden is, maar ek dink hulle will eers al
die geld uit hom "wrangle" en dan sal hulle hom vir die verkiesing voorhou.
Kyk hoe goed is ons, ons het hom gevang so stem vir ons.

"Suidwester" skryf in boodskap news:405abe8a.0@news1.mweb.co.za...
> Wat ek nog wou bysê: Moenie verbaas wees as Osama Bin Laden gevang word so
> op die laaste reguit stuk na die verkiesing toe nie!
> "Suidwester" wrote in message
> news:405abe2d.0@news1.mweb.co.za...
>> Die hele ou spul is politiek. Wie se brood jy eet, sy gat lek jy blink!
>> Daar's mos geen beginsels in politiek nie, wat jou pas op die oomblik, die
>> hang jy aan. Ek stem saam met jou. Die VSA se soldate is
vrywilligers
> en
>> het nogal 'n goeie loopbaan in die magte en terwyl hulle in die buiteland
>> is, verdien hulle bo-normaal goed. Eintlik snaaks, jy sal nie maklik
> die
>> soldate hoor kla oor die oorlog nie.....maar ons siviele leuenstoel
>> 'experts'? Voor in die koor!
>> "Werner" wrote in message
>> news:c3e4dc$2d4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Het die VSA soos die SA van ouds verpligte militêre diensplig. Ek het
>> altyd
>>> gedink dit VSA magte bestaan uit vrywillige aansluitings.
>>>
>>>
>>>
>>>
>>> Wat ek ietwat eienaardig vind is dat die Demokrate nou versot is op
>> Kerry -
>>> hoofsaaklik vanweë sy militêre agtergrond - maar hulle het nie
omgegee
> om
>>> die dienspligontduiker (Clitton) te kies nie. Ietwat eiegenaardig.
>>>
>>
>
Re: ́n Jaar verder, en fokol verder... [boodskap #91561 is 'n antwoord op boodskap #91551] So, 21 Maart 2004 15:30 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" Ek hou nie van die invloed van al hierdie Jode
> op die Amerikaanse buitelandse beleid nie. Dit
> pas die huidige beleid van Israel om ongeveer
> 'n oorlog in die Midde Ooste teen die Palestyne
> te voer, en die VSA sit maar so doodstil en
> aankyk, alhoewel hulle so nou en dan mompel
> van die "roadmap for peace." Maar niemand
> neem hulle meer ernstig op nie. Daar is 'n ernstige
> oorlog aan die gang in die wêreld tussen die
> Moslem wêreld aan die eenkant en die VSA
> en Israel aan die ander kant. En as enige ander
> land weier om kant te kies, dan word hulle
> beskuldig van verraad.
>
> Gloudina

Ek weet ook nie hoekom die VSA Israel so verdedig nie, maar jy is reg as jy
se die Joodse stem is n groot een in Amerika. Wat ook nog snaaks is, dat
meeste Jode liberale demokrate is, maar die republikeinse regerings het
nooit opgehou om Israel te steun nie, so dit is nie n politiese ding nie.
En politiek in hierdie land is vreemd hoor, nou die aand op die nuus hoor ek
dat Don King (hy met die hoge grys hare, die boks promotor) n
fondsinsamelingparty in sy huis gehou het, vir die Repulikeine! Vir $25 000
per paar kon jy gaan eet by sy huis. Hy is glo nie n republikein nie, en
het soortgelyke fondsinsamelings gehou vir demokrate ook, maar jy moet
wraggies desperaat wees om soveel geld te betaal om by sy huis te gaan eet
;-)
>
Vorige onderwerp: Die Koeksister
Volgende onderwerp: Re: DD Glad to help
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 15:49:26 MGT 2024