Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die tale wat ons praat . . .
Die tale wat ons praat . . . [boodskap #91117] Wo, 10 Maart 2004 16:05
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
by Eleanor Lombard

Net toe almal wil-wil ontspan oor die taalbeleid van die Universiteit
Stellenbosch, vlam die taaldebat weer op.

Die Black Students Association (kan julle jul indink wat die reaksie
sou wees as wit studente so 'n vereniging stig?) en die ANC-jeugliga het
gedreig om te betoog teen die universiteit se taalbeleid. Die betoging sou
saamval met die toekenning van 'n eredoktorsgraad aan president Mbeki. Mnr.
Zim Ceko, SR-lid vir studentepolitiek, het die optrede geïnisieer.

Die Wes-Kaapse leier van die ANC het tussenbeide getree en die
situasie voorlopig ontlont deur in gesprek te tree met die betrokke partye.

Die studentekoerant "Die Matie" lewer hierdie kommentaar: "As jy
Afrikaans verkies, dan kies jy Stellenbosch. As jy Engels verkies, kies dan
'n ander universiteit." US is die enigste (deels) Afrikaanse universiteit in
'n provinsie waarin meer as 60% van die inwoners Afrikaanssprekend is. Daar
is twee Engelse universiteite.

Tydens 'n opname het 86% van die US-studente aangedui dat Afrikaans
hulle voorkeurtaal is, maar 48% van hierdie studente het gesê dat hulle
inskiklik vir ander opsies is. Lees 'n prikkelende artikel deur dr. Dan
Roodt oor Stellenbosch se taalkwessie by
http://www.praag.co.za/rubriek46.htm
Vorige onderwerp: Nude Raider se stupid antics...
Volgende onderwerp: Re: Recep - Troll Kaalgat Dief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 05:34:24 MGT 2024