Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !!
OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #8954] Di, 01 April 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
[Koos: Ek het nog nie die boek van Reitz genaamd "Commando" gelees nie,
maar ek sal graag wil]. Ek is toevallig besig met 'n boek genaamd:

"THOSE BLOODY WOMEN" - "Three Heroines of the Boer War"
- Brian Roberts, 1991

Die het ook interessante stukke oor die boereoorlog.
So bv, die rol wat die swart stam, die Tswana-Baralongs,
wat buite Mafeking gebly het,in die geveg om die besit van die dorp.
Die swartes was offisieel neutraal,
(Die boere en engelse het daarop gewys dat dit 'n witmansoorlog was),
maar die stam het nie baie simpatie met die boere gehad nie.
Die Engelse (Baden-Powell) het die dorp in besit geneem en wou nie
oorgee nie. Dit het op verhongering uitgeloop.
Die Engelse het fokkol vir die Baralongs omgegee en het hul uitgebuit.
Hulle het slegs 'n klein rantsoen gekry en op 'n stadium is hul
hondekos gegee. Baie is dood aan verhongering en siektes.
Baden Powell "was always to insist that the Baralong would have been
worse off in the hands of the Boers". Mens wonder.

'n Gedeelte van die boek gaan oor die konsentrasiekampe.
Daar is natuurlik gruweldade aan beide kante gepleeg,
maar ek dink nie enigiets wat die boere gedoen het vergelyk met die
grootskaalse barbaarsheid van die engelse teen die boervroue,
kinders en plase nie. Die plase is afgebrand, en die vrouens en kinders
toe in konsentrasiekampe aangehou. Laat ons dit nooit vergeet nie.
Dit is hier waar vroue soos Emily Hobhouse gewys het van watter
staal hul gemaak is.

'n Paar dekades later was die lot van die swartes in party townships
ook maar erg. En hierdie keer was dit die "boere" wat onreg aan iemand
anders uitgedeel het. En die nuwe generaals De Wet wat opgestaan het
daarteen was mense soos Chris Hani. Vandag swaai die tronkvoel
wat klippe gekap het op Robbeneiland die septer.
Die wiel draai darem ne?

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #8963 is 'n antwoord op boodskap #8954] Wo, 02 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek het lank terug 'n interessante storie by 'n ou wat 'n gids was van
oorlogsterreine en die vryheidsoorlogstories baie goed geken het. Hy't sê
dat die boere die gewoonte gehad het om die vrouens wat saam met hulle
geveg het agter te laat as hulle sien die Engelse is besig om 'n geveg te
wen. Hulle het hulself uit die voete gemaak (die boere het mos guerilla
oorlogvoering uitgevind, tot ontsteltenis van die rooinekke) en die vroue
is of doodgeskiet of gevange geneem. Blykbaar het die boere nie eintlik
vreeslik goed na hul vroue omgesien nie.

Charl
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #8985 is 'n antwoord op boodskap #8954] Vr, 04 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article,
writes:

> Ek het lank terug 'n interessante storie by 'n ou wat 'n gids was van
> oorlogsterreine en die vryheidsoorlogstories baie goed geken het. Hy't sê
> dat die boere die gewoonte gehad het om die vrouens wat saam met hulle
> geveg het agter te laat as hulle sien die Engelse is besig om 'n geveg te
> wen. Hulle het hulself uit die voete gemaak (die boere het mos guerilla
> oorlogvoering uitgevind, tot ontsteltenis van die rooinekke) en die vroue
> is of doodgeskiet of gevange geneem. Blykbaar het die boere nie eintlik
> vreeslik goed na hul vroue omgesien nie.
>
> Charl
>
>
>

Minsinformasie. As jy die storie kan met feite en verwysings staaf doen dit.
Anders praat jy loutere strooi. Ek sal dit slegs glo as jy dit kan doen. Die
ou hoorsê ding van lank terug iets gehoor by iemand wat dit by iemand anders
gehoor het .... . Al ooit telefoontjie gespeel as kind?

Lou
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #8986 is 'n antwoord op boodskap #8954] Vr, 04 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 04 Apr 97 08:58:17, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

Ja, dit word nie juis "opgeback" in Reitz se boek nie.
Hy vertel onder meer 'n baie lekker stukkie:
Hy en twee Duitsers sit op 'n koppie in die Vrystaat op pad Kaapland
toe.
Onder hulle steek die Engelse die plaashuis aan die brand waar hulle
die vorige aand geslaap het. Dit was toe verlate, maar steeds heel.
Na 'n tyd kom twee ouerige Boere aangery. Die een het 'n formele soort
hoed op. Die ander een het 'n lang swart "clawhamer" jas aan wat
wapper in die wind as hy ry.
Hulle klim af, groet "curt" en gaan sit op die klippe en kyk na die
huis wat brand.
Die enigste keer toe een van hulle praat, is toe die dak in 'n wolk
van vonke ineensak.
Hy se: "Ja boet, daar gaan die kiaathoutbalke wat ek uit Pretoria
gebring het na die Jameson-inval."
Daarna klim hulle op hule perde en ry weer weg.

Dit klink reg uit 'n bleddie cowboy-movie.
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #9013 is 'n antwoord op boodskap #8954] So, 06 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
"Charl Durand" wrote:

> Die feit is dat daar by verskeie oorlogsterreine slegs vroue in grafte
> gevind is, meeste met wapens of ammunisie by hulle. Een spesifieke
> oorlogsterrein wat ek na verwys is naby Heidelberg, bo-op een van die rante
> om die dorp.

Is hierdie die beste wat jy kan doen om 'n jou bedenklike teorie te
probeer bewys ?

Dit is totaal verstommend dat die boere oorlog nou weer oor geveg
moet word om te wys hoe agterlik/af die Afrikaner man nou eintlik is.

Maar aan die anderkant het almal op hierdie groep klaarblyklik skroewe
los in hulle koppe. Party heelwat meer as ander . Ek kan net nie
uitwerk of ons plaaslike "nutcases"erger is as die Kanadese "nutcases
" nie.

cheers
JP
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #9014 is 'n antwoord op boodskap #8954] So, 06 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , j...@iafrica.com says...
>
> "Charl Durand" wrote:
>
>
>> Die feit is dat daar by verskeie oorlogsterreine slegs vroue in grafte
>> gevind is, meeste met wapens of ammunisie by hulle. Een spesifieke
>> oorlogsterrein wat ek na verwys is naby Heidelberg, bo-op een van die rante
>> om die dorp.
>
> Is hierdie die beste wat jy kan doen om 'n jou bedenklike teorie te
> probeer bewys ?
>
> Dit is totaal verstommend dat die boere oorlog nou weer oor geveg
> moet word om te wys hoe agterlik/af die Afrikaner man nou eintlik is.
>
> Maar aan die anderkant het almal op hierdie groep klaarblyklik skroewe
> los in hulle koppe. Party heelwat meer as ander . Ek kan net nie
> uitwerk of ons plaaslike "nutcases"erger is as die Kanadese "nutcases
> " nie.
>
>
> cheers
> JP
>

Sover ek weet het Kanada net manne na Suider-Afrika
gestuur om in die Boere-oorlog te veg. Herinneringe
aan die Boere-Oorlog is nog vars in die geheue van
die Kanadese. Daar is 'n Pretoria- brug hier in
Ottawa.

Nutcases of South Africa and Canada, Unite!

Gloudina
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #9015 is 'n antwoord op boodskap #8954] So, 06 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
>
> Minsinformasie. As jy die storie kan met feite en verwysings staaf doen dit.
> Anders praat jy loutere strooi. Ek sal dit slegs glo as jy dit kan doen. Die
> ou hoorsê ding van lank terug iets gehoor by iemand wat dit by iemand anders
> gehoor het .... . Al ooit telefoontjie gespeel as kind?
>
Sjoe, ons raak ontsteld oor die mites van ons voorvaders ne'.

Die feit is dat daar by verskeie oorlogsterreine slegs vroue in grafte
gevind is, meeste met wapens of ammunisie by hulle. Een spesifieke
oorlogsterrein wat ek na verwys is naby Heidelberg, bo-op een van die rante
om die dorp. Maar net soos wat jy nie in 'n boek sal teekom hoe Piet Retief
Dingaan probeer bedrieg het nie, so sal jy heel waarskynlik ook nie
enigiets oor bg in boeke vind nie.
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #9021 is 'n antwoord op boodskap #8954] Ma, 07 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article,
>>
>> Minsinformasie. As jy die storie kan met feite en verwysings staaf doen
> dit.
>> Anders praat jy loutere strooi. Ek sal dit slegs glo as jy dit kan doen.
> Die
>> ou hoorsê ding van lank terug iets gehoor by iemand wat dit by iemand
> anders
>> gehoor het .... . Al ooit telefoontjie gespeel as kind?
>>
> Sjoe, ons raak ontsteld oor die mites van ons voorvaders ne'.
>

Jy is die een wat mites vertel. Mite - 'n verhaal wat van persoon tot persoon
in die volksmond oorgedra word.

>
> Die feit is dat daar by verskeie oorlogsterreine slegs vroue in grafte
> gevind is, meeste met wapens of ammunisie by hulle. Een spesifieke
> oorlogsterrein wat ek na verwys is naby Heidelberg, bo-op een van die rante
> om die dorp. Maar net soos wat jy nie in 'n boek sal teekom hoe Piet Retief
> Dingaan probeer bedrieg het nie, so sal jy heel waarskynlik ook nie
> enigiets oor bg in boeke vind nie.

Ne Charl, moet nou nie 'n Koos hier op my doen nie. Jy het allerlei hoorsê
storietjies te verkoop gehad - nou spring jy in 'n ander rigting.

Jy't gesê jy't laaaaankkk gelede 'n storie gehoor dat die boere het
weggehardloop en die vroue en kinders gelos het , wie dan deur die Engelse
geskiet of gevange geneem sou gewees het? Toe sê ek - bewys dit. Wat jy nie
kan nie. Gevolglik: Disinformasie (goeie ou Suid Afrika gebruike ne' :) ).

Vroue in grafte gevind met wapens en ammunisie? Seker een of ander babelse
ritueel - wapens om hulle op die pad na die hiernamaals te vergesel :). Kak
man - eerstens sou die boere nie iemand met wapens en ammunisie begrawe het
nie - dit was 'n skaars kommoditeit. Hoekom sou die engelse dit gedoen het?
Nog een van jou misinformasie storietjies ne! :)

En ons praat nie nou van Dingaan en Retief nie. Of ou Piet gelieg en bedrieg
het of nie, kan jy buitendien kwalik bewys.
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #9022 is 'n antwoord op boodskap #8954] Ma, 07 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 07 Apr 97 08:42:30, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

[/color]
> Jy't gesê jy't laaaaankkk gelede 'n storie gehoor dat die boere het
> weggehardloop en die vroue en kinders gelos het , wie dan deur die Engelse
> geskiet of gevange geneem sou gewees het? Toe sê ek - bewys dit. Wat jy nie
> kan nie. Gevolglik: Disinformasie (goeie ou Suid Afrika gebruike ne' :) ).>>>

OK Louwtjie, hier kom 'n "koos" op jou:
Wat hy ACTUALLY gese het, was dat iemand wat 'n GIDS was van
oorlogsterreine en die vryheidsoorlogstories baie goed geken het, aan
hom vertel het dat.....

In elk geval, dat die Boere egter wer die vroue agtergelaat het soos
hulle voor die Engelse uitgevlug het toe die Engelse hul verbrande
aarde taktiek toegepas het, kan ek vinnig vir jou eerstehands staaf.

Weer Deneys Reitz wat 'n getuie daartoe was.

Die vrouens het met waens en so meer van die plaashuise weggetrek om
die gevangeneskap en die kampe te ontsnap. Die huise is natuurlik deur
die Engelse afgebrand.
Die mans is na kommando's toe of die veld in met perde op soek na
kommando's.
Die vroue het dan baie kere in klowe en by riviere op hul eie
weggekruip.
Reitz was keer op keer getuie tot al die goed en skryf daarvan.
Sorry om 'n "koos" op jou te doen swaer, but that's the way it is.
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #9036 is 'n antwoord op boodskap #8954] Di, 08 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Jy is die een wat mites vertel. Mite - 'n verhaal wat van persoon tot persoon
> in die volksmond oorgedra word.
>
Toemaar, ek kom nog net op dreef. Wat van die mite van Paul Kruger wat
"gaan hulp soek het" terwyl hy eintlik nie vinnig genoeg uit die land voor
die kakies kon uitvlug nie! Die papbroek!
>
> Vroue in grafte gevind met wapens en ammunisie? Seker een of ander babelse
> ritueel - wapens om hulle op die pad na die hiernamaals te vergesel :). Kak
> man - eerstens sou die boere nie iemand met wapens en ammunisie begrawe het
> nie - dit was 'n skaars kommoditeit. Hoekom sou die engelse dit gedoen het?
> Nog een van jou misinformasie storietjies ne! :)

Nee man, dis die Engelse wat hulle begrawe het, waar sit jou logika? Wapens
was skaars vir die Boere, nie vir die Engelse nie. Hulle het ook
verskillende wapentuig gebruik, so die ammunisie was nie vir die engelse
veel werd nie. Jy lewer ook nie eintlik kommentaar op die feit dat daar net
vrouens gevind is nie, wat eintlik die punt van die argument is, en wat ek
mos nou mooi vir jou verduidelik het.

Wat Koos in 'n ander boodskap sê onderle^ my basiese punt -- dat die boere
bra swak na die welstand van die vroue omgesien het, wat op sy beurt 'n
karaktertrek van die Afrikaner onderstreep -- dat sy grond meer as sy
familie beteken, veral in daardie tyd.

Mens kan ook natuurlik lank argumenteer oor die boere se manier van baklei
-- hit and run. Koos kan my korrigeer as sy boek anders sê, maar ek dink
die engelse het die boere beskou as "cunning" eerder as "brave". Ek dink
dis hoe Packenham dit in sy boek beskryf.
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #9037 is 'n antwoord op boodskap #8954] Di, 08 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
>[/color]

Die vlug was baie kere geveg-situasie in die konteks van die
guerilla-stryd wat meer as enigiets anders daaroor gegaan het om net
nie gevang te word deur die Engelse nie.
En die vroue was baie kere gewapen.
Die konstruksie waarin die gids dit gese het maak dus sin uit, hoewel
dit waarskynlik baie raar was dat vroue saambaklei het as 'n reel.
Daarvoor was die spul waarskynlik heeltemak te chauvinisties - aan
albei kante.
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #9060 is 'n antwoord op boodskap #8954] Do, 10 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
>
> Dit sou vir die Engelse 'n major Coup gewees het om Kruger gevange te neem, en
> sou vir die vegtende boere dan ook 'n groot terugslag gewees het. Dit was dus
> polities 'n baie goeie skuif om hom land uit te kry.
>

Tog jammer dat die boere op die ou end in elk geval moes oorgee, sonder
Kruger. Watse terugslag? Dit was 'n groter terugslag dat die ou gehol het.
>
> Charl jy praat nou, soos met jou 'lafhartige boere mite'

Hou op om woorde in my mond te le^! Ek het nooit in enige van my boodskappe
die woord 'lafhartig' gebruik nie. Dis jy wat sulke veralgemenings gebruik!

, weereens 'n klomp
> nonsens. Hoekom wapens saam met die vroue begrawe?

Hoekom nie? Wat sou hulle in elk geval met die wapens gemaak het?

dan net vroue
> gevind?
> Het jy die storie ook laaaaaaaaannnkkk gelede by jou spook gids
> gehoor? Is al die grafte opgegrawe? Hoeveel grafte was daar? Hoeveel wapens is
> gevind?

Ek vermoed jy begin panic. Miskien is jy 'n geskiedeniskenner wat presies
weet hoeveel grafte daar by 'n sekere plek is -- ek nie. Jy ruk nou
heeltemal die kat se gat uit. As soveel detail wil he^, gaan doen self
navorsing! Ek dink ek het genoeg inligting verskaf so jy kan verder gaan.
Hoekom raak jy so ontsteld? SKuldige gewete? Geraamtes in die kas? Komaan,
vertel!

Jy't self ook nog met geen feite vorendag gekom om my stellings te weerle^
nie. So dis maar eintlik my informasie teen jou armswaaiery.

> Lekker ou Charl. Weer jou misinformasie wat jy grond op 'n spul gerugte
> versprei. Iemand anders het die goed gestel - 'Die Boere man word nou as 'n
> papbroekige, lafhartige groep uitgebeeld

Kak man. Weereens le^ jy woorde in my mond. Hulle was nie lafhartig nie,
hulle prioriteite was hopeloos skeef.

om verder die Afrikaner se
> geskiedenis en nasie trots te probeer afbreek'. (Veral in hierdie tyd ) Jy sou
> seker 'n hans kakie gewees het in die oorlog ne :),

Toenie. My voorvaders in die noordweskaap kon nooit verstaan hoekom die
tvlse boere so hardegat was nie. Hulle het nie 'n probleem met die Engelse
gehad nie, en was die vredeliewendheid self. (g'n wonder die volksfront wil
nou weer soontoe trek nie ;>)
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #9061 is 'n antwoord op boodskap #8954] Do, 10 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ev...@sportspace.co.za says...

Mense, mense. Laat ek nou 'n bietjie nugterheid
in die redenerings inbring.
(1) Hier is die adres van iemand in Pretoria
wat vir julle heelwaarskynlik kan help.
Hy is 'n gewese hoofgeskiedskrywer in
die afdeling Oorlogsgeskiedenis (1950-
1961) en sover ek kan onthou is hy 'n
outoriteit op die gebied van die slagvelde
van die Boere-oorlog. S^e vir hom
Gloudina Bouwer het vir jou gestuur:
C.J. Barnard,
130 Lunnon Road
Hillcrest, Pretoria
Sover ek weet het hy nie 'n e-pos adres
nie. Dus sal julle moet bel of skryf.
Hy het die boek "Die Vyf Swemmers"
geskryf, van die vyf Boerekrygsgevanges
wat van 'n skip afgespring het in die hawe
van Colombo en toe via Rusland en Europa
weer teruggekeer het om te kom veg. Dit is
'n opwindende hervertelling van 'n ouer
storie, en die moeite werd om te lees.

(2) Ek wil nou nie teveel vir Charl teenspreek nie,
maar daar was tog 'n sekere mate van aktiwiteit
in die Noordkaap volgens Johan Barnard, wanneer
hy beskryf hoe die vyf swemmers terugkeer na die
oorlog deur by Luderitzbuct te land en hulle pad te
probeer terugvind na die Vrystaat. Toe hulle in die
omgewing van die Oranje-rivier kom, het hulle gehoor
van die bewegings van die jong rebelle-kommandant
(21 jaar oud) Edwin Conroy. Hulle het toe besluit om
by hom te probeer aansluit. Hulle het agtergekom dat
die bruinmense daar hulle nie baie goedgesind was
nie, en dat baie van die mans by die Engelse gaan aan-
sluit het. Hulle het nooit geslaag om by Conroy aan
te sluit nie. Hulle het egter wel by Manie Maritz (25
jaar oud!) aangesluit in die omgewing van die Hantam.
Dis natuurlik ook bekend dat Generaal Smuts self na die
Kaapprovinsie gegaan het om soldate te werf. My pa het
altyd die storie vertel van hoe die Generaal vir 'n klompie
van hulle, sestienjariges in Namakwaland, in 1901 gevra het
hoekom hulle nie gaan help met die vegtery teen die Engelse
in Transvaal nie. My pa het altyd skuldig gelyk wanneer hy
dit vertel.
As enigiemand meer weet van Edwin Conroy, sou ek
dankbaar wees as ek meer van hom kan uitvind. My pa het
baie van hom gepraat. Dit fassineer my ook dat 'n man
met 'n Engelse naam 'n boerevegter was. (Of was hy 'n
geheime Britse wapen om mense in die Noordkaap besig
te hou, en te verhoed dat hulle ook vir die twee republieke
gaan veg? Dink egter nie so nie.) Sy hoofkwartier vir 'n
ruk was op Kakamas.

Gloudina Bouwer
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #9066 is 'n antwoord op boodskap #8954] Vr, 11 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Izak Bouwer wrote in article ...
> In article ,
> ev...@sportspace.co.za says...
>
>
>
> Mense, mense. Laat ek nou 'n bietjie nugterheid
> in die redenerings inbring.

Jan-nee, Gloudina, dit sal 'n lafenissie wees na ou Lous se geraas. Dankie.

> Dis natuurlik ook bekend dat Generaal Smuts self na die
> Kaapprovinsie gegaan het om soldate te werf. My pa het
> altyd die storie vertel van hoe die Generaal vir 'n klompie
> van hulle, sestienjariges in Namakwaland, in 1901 gevra het
> hoekom hulle nie gaan help met die vegtery teen die Engelse
> in Transvaal nie. My pa het altyd skuldig gelyk wanneer hy
> dit vertel.

Ag nee wat, skuldig was nie nodig nie. Die noordwesters het nooit 'n
appeltjie te skil gehad met die Engelse nie. So hoekom moes hulle hul
vreedsaamheid opsy sit vir 'n klomp geldgierige transvaalse boere en
immigrante engelse? Wat Smuts aanbetref: My oupa-hulle was almal stoere
Smuts-mense, en ironies genoeg, terwyl geen familielid sover ek weet in die
Vryheidsoorlog gedood is nie, le^ 'n grootoom in Egipte begrawe, en 'n
ander is deur 'n woeste tyd in Italie. Ek dink egter nie Smuts het soveel
aansien tydens die VO gehad as die ander generaals nie nie. Sy dag het eers
later gekom.

Die noordwesters was altyd uiters verligte mense, Gloudina (;>), en tot
vandag toe nie sulke materialiste soos die Transvalers nie.
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #9067 is 'n antwoord op boodskap #8954] Vr, 11 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waldo van Hoving  is tans af-lyn  Waldo van Hoving
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
Izak Bouwer wrote:
>
> In article ,
> ev...@sportspace.co.za says...
>
> Mense, mense. Laat ek nou 'n bietjie nugterheid
> in die redenerings inbring.
> (1) Hier is die adres van iemand in Pretoria
> wat vir julle heelwaarskynlik kan help.
> Hy is 'n gewese hoofgeskiedskrywer in
> die afdeling Oorlogsgeskiedenis (1950-
> 1961) en sover ek kan onthou is hy 'n
> outoriteit op die gebied van die slagvelde
> van die Boere-oorlog. S^e vir hom
> Gloudina Bouwer het vir jou gestuur:
> C.J. Barnard,
> 130 Lunnon Road
> Hillcrest, Pretoria
> Sover ek weet het hy nie 'n e-pos adres
> nie. Dus sal julle moet bel of skryf.
> Hy het die boek �Die Vyf Swemmers�
> geskryf, van die vyf Boerekrygsgevanges
> wat van 'n skip afgespring het in die hawe
> van Colombo en toe via Rusland en Europa
> weer teruggekeer het om te kom veg. Dit is
> 'n opwindende hervertelling van 'n ouer
> storie, en die moeite werd om te lees.
>
> (2) Ek wil nou nie teveel vir Charl teenspreek nie,
> maar daar was tog 'n sekere mate van aktiwiteit
> in die Noordkaap volgens Johan Barnard, wanneer
> hy beskryf hoe die vyf swemmers terugkeer na die
> oorlog deur by Luderitzbuct te land en hulle pad te
> probeer terugvind na die Vrystaat. Toe hulle in die
> omgewing van die Oranje-rivier kom, het hulle gehoor
> van die bewegings van die jong rebelle-kommandant
> (21 jaar oud) Edwin Conroy. Hulle het toe besluit om
> by hom te probeer aansluit. Hulle het agtergekom dat
> die bruinmense daar hulle nie baie goedgesind was
> nie, en dat baie van die mans by die Engelse gaan aan-
> sluit het. Hulle het nooit geslaag om by Conroy aan
> te sluit nie. Hulle het egter wel by Manie Maritz (25
> jaar oud!) aangesluit in die omgewing van die Hantam.
> Dis natuurlik ook bekend dat Generaal Smuts self na die
> Kaapprovinsie gegaan het om soldate te werf. My pa het
> altyd die storie vertel van hoe die Generaal vir 'n klompie
> van hulle, sestienjariges in Namakwaland, in 1901 gevra het
> hoekom hulle nie gaan help met die vegtery teen die Engelse
> in Transvaal nie. My pa het altyd skuldig gelyk wanneer hy
> dit vertel.
> As enigiemand meer weet van Edwin Conroy, sou ek
> dankbaar wees as ek meer van hom kan uitvind. My pa het
> baie van hom gepraat. Dit fassineer my ook dat 'n man
> met 'n Engelse naam 'n boerevegter was. (Of was hy 'n
> geheime Britse wapen om mense in die Noordkaap besig
> te hou, en te verhoed dat hulle ook vir die twee republieke
> gaan veg? Dink egter nie so nie.) Sy hoofkwartier vir 'n
> ruk was op Kakamas.
>
> Gloudina Bouwer

Ek het 'n Conroy vriend op Varsity en hy is so Afrikaans as wat jy hulle
kry.
--

Geniet die dag!
Waldo van Hoving
vHo...@WTKNIS21.ESKOM.CO.ZA
0135-933570
0135-932473 (faks)
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #9078 is 'n antwoord op boodskap #8954] Ma, 14 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article,
writes:

>
> Izak Bouwer wrote in article ...
>> In article ,
>> ev...@sportspace.co.za says...
>>
>>
>>
>> Mense, mense. Laat ek nou 'n bietjie nugterheid
>> in die redenerings inbring.
>
> Jan-nee, Gloudina, dit sal 'n lafenissie wees na ou Lous se geraas. Dankie.
>

Ja ou Charl, laat ons eerder na 'n bietjie waarheid as na jou gelieg luister.

Lou
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #9079 is 'n antwoord op boodskap #8954] Ma, 14 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article,
>
>
>
>>
>> Dit sou vir die Engelse 'n major Coup gewees het om Kruger gevange te
> neem, en
>> sou vir die vegtende boere dan ook 'n groot terugslag gewees het. Dit was
> dus
>> polities 'n baie goeie skuif om hom land uit te kry.
>>
>
> Tog jammer dat die boere op die ou end in elk geval moes oorgee, sonder
> Kruger. Watse terugslag? Dit was 'n groter terugslag dat die ou gehol het.

Kom ek verduidelik 'n bietjie - as Kruger in die Engelse se hande geval het,
sou dit net soos met Cronje se gevangeneming, 'n groot terugslag vir die boere
gewees het. Gaan lees bietjie jou geskiedenis boeke. O, ek vergeet , jy vertel
eerder mites.

>>
>> Charl jy praat nou, soos met jou 'lafhartige boere mite'
>
> Hou op om woorde in my mond te le^! Ek het nooit in enige van my boodskappe
> die woord 'lafhartig' gebruik nie. Dis jy wat sulke veralgemenings gebruik!

Jy het gesê
.Hy't sê dat die boere die gewoonte gehad het om die vrouens wat saam met
.hulle geveg het agter te laat as hulle sien die Engelse is besig om 'n geveg
.te wen. Hulle het hulself uit die voete gemaak . Blykbaar het die
.boere nie eintlik vreeslik goed na hul vroue omgesien nie.

.Toemaar, ek kom nog net op dreef. Wat van die mite van Paul Kruger wat
."gaan hulp soek het" terwyl hy eintlik nie vinnig genoeg uit die land voor
.die kakies kon uitvlug nie! Die papbroek!

Jy beskuldig hulle van lafhartigheid. Jou eie woorde staaf dit. Punt.

>
> , weereens 'n klomp
>> nonsens. Hoekom wapens saam met die vroue begrawe?
>
> Hoekom nie? Wat sou hulle in elk geval met die wapens gemaak het?

'Meeste grafte' het jy gesê. Nou sou die Engelse in elke graf 'n vuurwapen
geplaas het?

>
> dan net vroue
>> gevind?
>> Het jy die storie ook laaaaaaaaannnkkk gelede by jou spook gids
>> gehoor? Is al die grafte opgegrawe? Hoeveel grafte was daar? Hoeveel
> wapens is
>> gevind?
>
> Ek vermoed jy begin panic. Miskien is jy 'n geskiedeniskenner wat presies
> weet hoeveel grafte daar by 'n sekere plek is -- ek nie. Jy ruk nou
> heeltemal die kat se gat uit. As soveel detail wil he^, gaan doen self
> navorsing! Ek dink ek het genoeg inligting verskaf so jy kan verder gaan.
> Hoekom raak jy so ontsteld? SKuldige gewete? Geraamtes in die kas? Komaan,
> vertel!

Jy is die een wat die Boere afkraak. Jy maak beweringe, sonder enige bewyse.
Jy is die een wat miskien 'n ou geraamtejie in die kas het. Ek is trots op my
voorgeslagte. Ek sit nie openlik en lieg nie. Voor ek enige beweringe maak,
probeer ek ten minste seker te maak van my feite. Vertel ons wat jou probleem
is met die boere? Het hulle jou NK voorgeslagte te na gekom? Voel jy skuldig
omdat jou voorgeslagte draadsitters was? Vertel jy 'n bietjie - jy is die een
wat 'n probleem het!

>
> Jy't self ook nog met geen feite vorendag gekom om my stellings te weerle^
> nie. So dis maar eintlik my informasie teen jou armswaaiery.

Jou Disinformasie? Al jou informasie was nog net 'n klomp gerugte wat jy hier
herhaal het. Bitter min substansie en geen feite. Jy het allerhande bewerige
gemaak!? Jy kan dit nie bewys nie! Die onus rus op jou om dit te bewys. Om
sulke veralgemeende beweringe soos jy gemaak het bv. 'die boere het hulle
vroue gelos om doodgeskiet of gevange geneem te word, terwyl hulle self gevlug
het' tot 'Wapens is saam met die vroue begrawe' of 'Die feit is dat daar by
verskeie oorlogsterreine slegs vroue in grafte gevind is, meeste met wapens of
ammunisie by hulle.' is onmootlik om te weerle^ en jy weet dit goed. Dit is
dus egter maklik om te bewys - wat jy nie kan nie.

By wyse van 'n voorbeeld is dieselfde as ek sou beweer van die Afrikaners in
die Noord Kaap was 'n spul hans kakies. Dit is onmootlik vir jou om te weele^
sonder om elke Afrikaner in die Noord Kaap se geskiedenis te kry. As ek dit
wel sou beweer het (en ek gebruik die slegs as figuratiewe voorbeeld dus
beweer ek dit nie), dan kan ek dit slegs bewys deur histories gestaafde feite
voor te le^.

Ek het dus geen beweringe gemaak nie, en ek hol nie elke keer in 'n ander
rigting soos 'n twee gat jakkals as ek gevra word om iets te bewys nie. Jy is
die een wat lyk my 'n bietjie panikeerig raak hier!

>
>> Lekker ou Charl. Weer jou misinformasie wat jy grond op 'n spul gerugte
>> versprei. Iemand anders het die goed gestel - 'Die Boere man word nou as
> 'n
>> papbroekige, lafhartige groep uitgebeeld
>
> Kak man. Weereens le^ jy woorde in my mond. Hulle was nie lafhartig nie,
> hulle prioriteite was hopeloos skeef.

Hulle het weggehol en hul vroue gelos om 'Doodgeskiet of gevange geneem te
word'. Jy probeer ook nou weghol ne :). Jy beskuldig hulle van plein
lafhartigheid. Sien my aanhalings vroeer in die post. Ek het jou presiese
woorde aangehaal. Alles net joune. Insinuasies en al.

>
> om verder die Afrikaner se
>> geskiedenis en nasie trots te probeer afbreek'. (Veral in hierdie tyd )
> Jy sou
>> seker 'n hans kakie gewees het in die oorlog ne :),
>
> Toenie. My voorvaders in die noordweskaap kon nooit verstaan hoekom die
> tvlse boere so hardegat was nie. Hulle het nie 'n probleem met die Engelse
> gehad nie, en was die vredeliewendheid self. (g'n wonder die volksfront wil
> nou weer soontoe trek nie ;>)
>
>

Ek het gesê jy sou 'n Hanskakie gewees het! Niks van jou voorvaders gesê
soos wat jy van myne gesê het nie!

So wat jy sê is die TVL en Vrystaat en heelparty Kaap en Natalse boere moes
maar net opsy gestaan het en die Engelse toegelaat het om oor te neem. Ek dink
jy is baie voorbarig om namens jou Noord Kaap voorvaders te praat. Hulle hol
seker nou so 2000 revs in hulle grafte. Baie van hulle het seker tog ook aan
die Anglo Boere oorlog deelgeneem?
Re: OORLOG: DAARDIE BLEDDIE VROUE !! [boodskap #9084 is 'n antwoord op boodskap #8954] Di, 15 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article,
writes:

Post van John Dovey op die Afrikaanse Poslys:

> Hi,
>
> I have created a new email list which is meant for the discussion of
> the Anglo Boer War. To subscribe to the list, you can send email to
> Mai...@bib.sun.ac.za and in the message body say
> subscribe AngloBoerWar
>
> The Archive of the list is at
> http://lib.sun.ac.za/army/AngloBoerWar/
>
>
> John Dovey
>
Vorige onderwerp: Doodstraf in SA
Volgende onderwerp: Re: Doodstraf in SA: Ja, Ja, Ja !!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 21:57:28 MGT 2024