Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DAMES EN HERE: DIE TITANIC SINK !!!!
DAMES EN HERE: DIE TITANIC SINK !!!! [boodskap #9038] Di, 08 April 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien gister 'n fliek van die Titanic, en hoe hy gesink het.
Omdat daar nie genoeg reddingsbote was nie,
is die vrouens en kinders in die reddingsbote gesit.
Die mans het agtergebly (en verdrink).
In daai tyd was daar ware here (en dames).

Ek wonder wat sou gebeur as die Titanic vandag sou sink.
Deesdae staan jongmense nie meer op vir oumense nie,
en mans en seuns nie meer op vir vroue in treine en busse nie.
Almal is mos gelyke individue.
Doen jy dit of maak 'n deur oop vir 'n dame word jy dalk uitgemaak
as 'n seksis. Want, so sê die Womans Libbers,
hulle is nie "hulpeloos" nie, hulle wil gelyk behandel word ens.
Ander mans, wat nie eers vir 'n verwagtende vrou wil sitplek gee nie,
het doodgewoon nie ordentlike maniere nie.

Hier is 'n seriele moordenaar in Perth, Australie,
wat onlangs 3 jong vroue vermoor het. Hulle soek hom naarstiglik.
Hy ontvoer en vermoor vroue wat laatnag alleen van nagklubs afkom.
(Die doodstraf is, terloops, afgeskaf hier en "lewenslank" beteken in
regsterme slegs 15 jaar of minder).
Nou is daar 'n advertensies op TV wat vroue aanraai om versigtig te wees
as hul laataand huis toe gaan. Sommige feministe kla hieroor omdat
dit kamma sou impliseer dat vroue verantwoordelik is as hul aangeval word.
(Dis 'n goeie voorbeeld van feministe wat meer gepla is oor hul eie
bleddie agendatjie as die onmiddelike veiligheid van ander vroue).
'n Man skryf in die koerant: In sy dae sou 'n ware heer nooit toelaat dat
'n vrou alleen huistoe moes gaan nie - 'n galante heer sou haar huistoe
vergesel. 'n Ander man op 'n inbelprogram: mans wil nie meer aanbied
om vroue huis toe te vergesel nie, want dit word deur vroue beskou as
onnodige inmenging in deesdae se wereld waar die klem val op die
vryheid van die individu en sy/haar privaatheid.

Tragies ne' - die vryheid van die individu is alles,
die uitgebreide-familie, die gemeenskaps-identiteit en
verantwoordelikheid om na mekaar om te sien tel nie meer nie.
Belangstelling word verwar met inmenging.
Respek en hoflikheid word verwar met seksisme.
Mense ondersteun nie meer mekaar nie. Almal sorg vir homself.
Almal is mos 'n vrye individu. Veels geluk.

Maar as jy vandag om hulp skreeu is jy alleen my vriend.
Sterkte vorentoe.
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: DAMES EN HERE: DIE TITANIC SINK !!!! [boodskap #9039 is 'n antwoord op boodskap #9038] Di, 08 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Apr 97 02:21:01 GMT, gal...@ibm.net wrote:
<<<>Mense ondersteun nie meer mekaar nie. Almal sorg vir homself.
>Almal is mos 'n vrye individu. Veels geluk.
>
>Maar as jy vandag om hulp skreeu is jy alleen my vriend. >>>

Ek kan egter vir jou verseker dat wanneer die chips down is, is dit
baie kere nie die geval nie.
Mense help mekaar baie kere. Vreemdelinge, selfs.
Het dit self al ervaar.
Re: DAMES EN HERE: DIE TITANIC SINK !!!! [boodskap #9054 is 'n antwoord op boodskap #9038] Wo, 09 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos wrote in article
...
> On 8 Apr 97 02:21:01 GMT, gal...@ibm.net wrote:
>
>
> Almal is mos 'n vrye individu. Veels geluk.
>>
>> Maar as jy vandag om hulp skreeu is jy alleen my vriend. >>>
>
> Ek kan egter vir jou verseker dat wanneer die chips down is, is dit
> baie kere nie die geval nie.
> Mense help mekaar baie kere. Vreemdelinge, selfs.
> Het dit self al ervaar.
>
>
Ek stem. Ek het een aand 'n pap wiel gehad, en kon nie my noodwiel loskry
nie (dis 'n bakkie). Uit die bloute kon 'n vreemde swartman en bied aan om
te help. Ook maar skrikkerig, hierdie wit vel, maar gee toe. Twee ure later
klim die ou natgesweet en vol ghries onder die bakkie uit saam met die
noodwiel. Amazing. Daar's hoop vir SA, sommer baie.
>
Re: DAMES EN HERE: DIE TITANIC SINK !!!! [boodskap #9102 is 'n antwoord op boodskap #9038] Sa, 19 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Galjoen skryf,

(snip)

>> "Tragies ne' - die vryheid van die individu is alles,
die uitgebreide-familie, die gemeenskaps-identiteit en
verantwoordelikheid om na mekaar om te sien tel nie meer nie.
Belangstelling word verwar met inmenging.
Respek en hoflikheid word verwar met seksisme.
Mense ondersteun nie meer mekaar nie. Almal sorg vir homself.
Almal is mos 'n vrye individu. Veels geluk."
Vorige onderwerp: Wilde Water Wegbreek Groep
Volgende onderwerp: postmodernisme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 08:37:16 MGT 2024