Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Veselperskes
Veselperskes [boodskap #90019] Do, 05 Februarie 2004 14:16 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
( Mangos)
Ek het vandag 'n heerlike resep met dit in gesien - kry die ander buite SA
nog dit?
Wil julle die resep hê? Dis 'n soort poering

--
Annette
Re: Veselperskes [boodskap #90022 is 'n antwoord op boodskap #90019] Do, 05 Februarie 2004 17:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote

> ( Mangos)
> Ek het vandag 'n heerlike resep met dit in gesien - kry die ander buite SA
> nog dit?
> Wil julle die resep hê? Dis 'n soort poering

Word 'n mango 'n veselperske genoem? Of is
dit twee verskillende dinge. Ja, gee asseblief
die resep. Dis nou die seisoen hier wanneer ons
baie goedkoop die mangoes kry, waarom weet
ek nie, so in die middel van die winter.

Gloudina
Re: Veselperskes [boodskap #90025 is 'n antwoord op boodskap #90022] Do, 05 Februarie 2004 17:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja - 'n veselperske 'n 'n mango, al het die nuwe soort geen vesels nie.
Resep volg bietjie later.
--
Annette
"@rogers.com" wrote in message
news:2RuUb.143431$9Ce1.44468@news04.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> "Annette" wrote
>
>> ( Mangos)
>> Ek het vandag 'n heerlike resep met dit in gesien - kry die ander buite SA
>> nog dit?
>> Wil julle die resep hê? Dis 'n soort poering
>
> Word 'n mango 'n veselperske genoem? Of is
> dit twee verskillende dinge. Ja, gee asseblief
> die resep. Dis nou die seisoen hier wanneer ons
> baie goedkoop die mangoes kry, waarom weet
> ek nie, so in die middel van die winter.
>
> Gloudina
>
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90030 is 'n antwoord op boodskap #90025] Do, 05 Februarie 2004 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mango brulée:

2 -3 veselperskes
250 ml room, geklits
175 ml natuurlike joghurt
125 - 250ml sagte bruin suiker

Skil, en sny veselperske in blokkies, en plaas in opdienbak
Vou room saam met die joghurt. Smeer room-,emgsel oor die veselperskes. Maak
seker die veselperskes is goed bedek
Strooi die suiker bo-oor - sodat die room-mengsel bedek is.
Verkoel 12 uur voordat dit opgedien word.
Die suiker vorm 'n bros laag oor die room.

Bedien 4 - 6.

--
Annette
Re: Veselperskes [boodskap #90031 is 'n antwoord op boodskap #90030] Do, 05 Februarie 2004 18:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het ook 'n resep vir gedroogde veselperskes - wil iemand dit hê?

Inligting oor veselperskes:
Dit verlig glo spanning ( ek sou nie juis so sê nie;)) )
iets van die alimentary canal wat dit skoonmaak
Dis 'n anti-oksidant en goed vir vertering van kos.
Daar word meer vars veselperskes wêreldwyd geëet as enige ander vrug ( nuus
vir my)
Dit is eerste verbou in Indië.
Hulle is ryk in vesel en vitamine AB en C, en bevat kalsium, yster en
potassium.
bevat geen vet nie en slegs 400 kj per porsie
Bevat 'n ensiem om ander kosse sag te maak, en kan dus in 'n marinade
gebruik word.

--
Annette
Re: Veselperskes [boodskap #90033 is 'n antwoord op boodskap #90031] Do, 05 Februarie 2004 18:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote

> Hulle is ryk in vesel en vitamine AB en C, en bevat kalsium, yster en
> potassium.
> bevat geen vet nie en slegs 400 kj per porsie
> Bevat 'n ensiem om ander kosse sag te maak, en kan dus in 'n marinade
> gebruik word.

Ja, ek het ook gehoor dat mangoes baie goed
vir jou is. Een lid van ons familie maak ook
graag slaai met rof gerasperde mango. Daar
is ook 'n restaurant in Ottawa wat die Green
Mango genoem word.

Gloudina
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90034 is 'n antwoord op boodskap #90030] Do, 05 Februarie 2004 19:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote

> 175 ml natuurlike joghurt

Dis toe net daar waar ek begin sidder.
Ek haat yoghurt. Ek het dit laas ge-eet
toe ek een-en-twintig jaar oud was, en
het toe amper flou geval. Ek het van
kleins af 'n ding teen melk en meeste
vorme van melk, behalwe kaas en
sjokolade melk. Ek dink my liggaam
hou nie daarvan nie. Ek kan dit ruik
as dit in slaaie bygevoeg word.
My man daarenteen eet elke oggend
gereeld sy natuurlike joghurt. met
vars vrugte. Ek weet dis baie goed
vir 'n mens, maar ek kan nie oor my
weersin daarvoor kom nie.

Gloudina
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90038 is 'n antwoord op boodskap #90034] Do, 05 Februarie 2004 22:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het as kind en in S.A. niks van Yogurt gehou nie, tot ek die Griekse
yogurt probeer het in Corfu. Hulle gooi dit in in piering met heuning oor,
en dit is regtig lekker. Ongelukkig kry ons nie Griekse yogurt in ons
plaaslike winkels nie, so ek koop die nuwe Dannon yogurt moes (mousse),
veral die piesang geur een is baie lekker. As julle Dannon kry Gloudina,
koop net eenkeer die mousse tipe, en jy sal gehoek raak, dit is goed vir jou
ook.

Ellie
"@rogers.com" wrote in message
news:NvwUb.144585$9Ce1.114112@news04.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
>
> "Annette" wrote
>
>> 175 ml natuurlike joghurt
>
> Dis toe net daar waar ek begin sidder.
> Ek haat yoghurt. Ek het dit laas ge-eet
> toe ek een-en-twintig jaar oud was, en
> het toe amper flou geval. Ek het van
> kleins af 'n ding teen melk en meeste
> vorme van melk, behalwe kaas en
> sjokolade melk. Ek dink my liggaam
> hou nie daarvan nie. Ek kan dit ruik
> as dit in slaaie bygevoeg word.
> My man daarenteen eet elke oggend
> gereeld sy natuurlike joghurt. met
> vars vrugte. Ek weet dis baie goed
> vir 'n mens, maar ek kan nie oor my
> weersin daarvoor kom nie.
>
> Gloudina
>
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90039 is 'n antwoord op boodskap #90030] Vr, 06 Februarie 2004 03:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - ons ken die ene en ek kan dit aanbeveel - die bruinsuiker maak 'n
verskil.
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90041 is 'n antwoord op boodskap #90039] Vr, 06 Februarie 2004 04:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Enige iets waarby bruin suiker gevoeg word, sal 'n verskil maak:))
--
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:bvv2ph$hc9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette - ons ken die ene en ek kan dit aanbeveel - die bruinsuiker maak 'n
> verskil.
>
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90042 is 'n antwoord op boodskap #90038] Vr, 06 Februarie 2004 05:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kry julle ook daar by julle joghurt in sulke verspotte klein verpakkings?
Daar is skaars 5 teelepels yoghut in. Dit voel vir my dat 80% van die prys
wat ek vir daardie produk betaal is vir die verpakking.

--
Annette
"Ellie" wrote in message
news:BMzUb.12351$GO6.380@newsread3.news.atl.earthlink.net...
> Ek het as kind en in S.A. niks van Yogurt gehou nie, tot ek die Griekse
> yogurt probeer het in Corfu. Hulle gooi dit in in piering met heuning oor,
> en dit is regtig lekker. Ongelukkig kry ons nie Griekse yogurt in ons
> plaaslike winkels nie, so ek koop die nuwe Dannon yogurt moes (mousse),
> veral die piesang geur een is baie lekker. As julle Dannon kry Gloudina,
> koop net eenkeer die mousse tipe, en jy sal gehoek raak, dit is goed vir jou
> ook.
>
> Ellie
> "@rogers.com" wrote in message
> news:NvwUb.144585$9Ce1.114112@news04.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
>>
>> "Annette" wrote
>>
>>> 175 ml natuurlike joghurt
>>
>> Dis toe net daar waar ek begin sidder.
>> Ek haat yoghurt. Ek het dit laas ge-eet
>> toe ek een-en-twintig jaar oud was, en
>> het toe amper flou geval. Ek het van
>> kleins af 'n ding teen melk en meeste
>> vorme van melk, behalwe kaas en
>> sjokolade melk. Ek dink my liggaam
>> hou nie daarvan nie. Ek kan dit ruik
>> as dit in slaaie bygevoeg word.
>> My man daarenteen eet elke oggend
>> gereeld sy natuurlike joghurt. met
>> vars vrugte. Ek weet dis baie goed
>> vir 'n mens, maar ek kan nie oor my
>> weersin daarvoor kom nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90048 is 'n antwoord op boodskap #90030] Vr, 06 Februarie 2004 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek het ewe hoopvol hierdie resep vir my vrou aangestuut.

"Annette" skryf in boodskap news:bvu06q$1pd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Mango brulée:
>
> 2 -3 veselperskes
> 250 ml room, geklits
> 175 ml natuurlike joghurt
> 125 - 250ml sagte bruin suiker
>
> Skil, en sny veselperske in blokkies, en plaas in opdienbak
> Vou room saam met die joghurt. Smeer room-,emgsel oor die veselperskes. Maak
> seker die veselperskes is goed bedek
> Strooi die suiker bo-oor - sodat die room-mengsel bedek is.
> Verkoel 12 uur voordat dit opgedien word.
> Die suiker vorm 'n bros laag oor die room.
>
> Bedien 4 - 6.
>
> --
> Annette
>
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90049 is 'n antwoord op boodskap #90034] Vr, 06 Februarie 2004 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Lactose intolerant" is woorde wat ek al in dié verband gehoor het.

"@rogers.com" wrote in message
news:NvwUb.144585$9Ce1.114112@news04.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
>
> "Annette" wrote
>
>> 175 ml natuurlike joghurt
>
> Dis toe net daar waar ek begin sidder.
> Ek haat yoghurt. Ek het dit laas ge-eet
> toe ek een-en-twintig jaar oud was, en
> het toe amper flou geval. Ek het van
> kleins af 'n ding teen melk en meeste
> vorme van melk, behalwe kaas en
> sjokolade melk. Ek dink my liggaam
> hou nie daarvan nie. Ek kan dit ruik
> as dit in slaaie bygevoeg word.
> My man daarenteen eet elke oggend
> gereeld sy natuurlike joghurt. met
> vars vrugte. Ek weet dis baie goed
> vir 'n mens, maar ek kan nie oor my
> weersin daarvoor kom nie.
>
> Gloudina
>
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90056 is 'n antwoord op boodskap #90041] Vr, 06 Februarie 2004 12:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - ken jy perdesuiker?
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90057 is 'n antwoord op boodskap #90056] Vr, 06 Februarie 2004 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee? het dit iets met perdevlieg te doen?:))
--
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:c000kq$906$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette - ken jy perdesuiker?
>
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90062 is 'n antwoord op boodskap #90049] Vr, 06 Februarie 2004 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 6 Feb 2004 09:01:45 +0200, "Koot"
wrote:

> "Lactose intolerant" is woorde wat ek al in dié verband gehoor het.

Lactose intoleransie? Neen, Koot, neen! Dis nie slegs vir lactose dat
hulle intolerant is nie!..

Norbert
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90063 is 'n antwoord op boodskap #90056] Vr, 06 Februarie 2004 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 6 Feb 2004 14:17:22 +0200, "Jonas" wrote:

> Annette - ken jy perdesuiker?
>

Ek is seker Annette ken perdesuiker!

Norbert
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90064 is 'n antwoord op boodskap #90057] Vr, 06 Februarie 2004 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 6 Feb 2004 14:43:50 +0200, "Annette" wrote:

> Nee? het dit iets met perdevlieg te doen?:))

Ja, inderdaad, Annette!

Norbert
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90068 is 'n antwoord op boodskap #90056] Vr, 06 Februarie 2004 15:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - nee - perdesuiker is bruinsuiker wat tammelêtjie geraak het. In
die "ou" dae kon mens dit koop en dan natuurlik vir die perde voer - mits
die kinders dit nie beetgekry het nie.
Dit het net soos die ou "wilson"-toffies geproe - jy weet daardie
vierkantiges wat aanvanklik teen 2 per sent verkoop is.
Dit was baie, baie lekker - en die naaste wat ek nou aan die smaak kan kom
is bruinsuiker.
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90069 is 'n antwoord op boodskap #90068] Vr, 06 Februarie 2004 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wilson toffies ken ek baie goed - en eet dit nog steeds gereeld.

Die perdesuiker is seker 'n streekstaaluitdrukking? Ek ken dit nie.
Nietemin - ek het al baie lesse by die mikrogolfoond geleer - een daarvan is
dat suiker se kookpunt effe helhoog is, en as mens nie versigtig is nie, is
tameletjiemaak 'n duur storie met sekere glasbakke wat bars.

--
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:c00bp2$fuq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette - nee - perdesuiker is bruinsuiker wat tammelêtjie geraak het. In
> die "ou" dae kon mens dit koop en dan natuurlik vir die perde voer - mits
> die kinders dit nie beetgekry het nie.
> Dit het net soos die ou "wilson"-toffies geproe - jy weet daardie
> vierkantiges wat aanvanklik teen 2 per sent verkoop is.
> Dit was baie, baie lekker - en die naaste wat ek nou aan die smaak kan kom
> is bruinsuiker.
>
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90070 is 'n antwoord op boodskap #90068] Vr, 06 Februarie 2004 15:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hahahahaaa! En jy gee haar nog 'n uitleg ook!!! Hahaha!!!

Norbert

On Fri, 6 Feb 2004 17:27:22 +0200, "Jonas" wrote:

> Annette - nee - perdesuiker is bruinsuiker wat tammelêtjie geraak het. In
> die "ou" dae kon mens dit koop en dan natuurlik vir die perde voer - mits
> die kinders dit nie beetgekry het nie.
> Dit het net soos die ou "wilson"-toffies geproe - jy weet daardie
> vierkantiges wat aanvanklik teen 2 per sent verkoop is.
> Dit was baie, baie lekker - en die naaste wat ek nou aan die smaak kan kom
> is bruinsuiker.
>
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90076 is 'n antwoord op boodskap #90042] Sa, 07 Februarie 2004 00:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ons kry verskillende groottes, ek dink die kleintjies is vir die kinders om
in hulle lunchboxes te sit ;-)

Ellie

"Annette" skryf in boodskap news:bvv8br$jir$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kry julle ook daar by julle joghurt in sulke verspotte klein verpakkings?
> Daar is skaars 5 teelepels yoghut in. Dit voel vir my dat 80% van die prys
> wat ek vir daardie produk betaal is vir die verpakking.
>
> --
> Annette
> "Ellie" wrote in message
> news:BMzUb.12351$GO6.380@newsread3.news.atl.earthlink.net...
>> Ek het as kind en in S.A. niks van Yogurt gehou nie, tot ek die Griekse
>> yogurt probeer het in Corfu. Hulle gooi dit in in piering met heuning oor,
>> en dit is regtig lekker. Ongelukkig kry ons nie Griekse yogurt in ons
>> plaaslike winkels nie, so ek koop die nuwe Dannon yogurt moes (mousse),
>> veral die piesang geur een is baie lekker. As julle Dannon kry Gloudina,
>> koop net eenkeer die mousse tipe, en jy sal gehoek raak, dit is goed vir jou
>> ook.
>>
>> Ellie
>> "@rogers.com" wrote in message
>> news:NvwUb.144585$9Ce1.114112@news04.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
>>>
>>> "Annette" wrote
>>>
>>>> 175 ml natuurlike joghurt
>>>
>>> Dis toe net daar waar ek begin sidder.
>>> Ek haat yoghurt. Ek het dit laas ge-eet
>>> toe ek een-en-twintig jaar oud was, en
>>> het toe amper flou geval. Ek het van
>>> kleins af 'n ding teen melk en meeste
>>> vorme van melk, behalwe kaas en
>>> sjokolade melk. Ek dink my liggaam
>>> hou nie daarvan nie. Ek kan dit ruik
>>> as dit in slaaie bygevoeg word.
>>> My man daarenteen eet elke oggend
>>> gereeld sy natuurlike joghurt. met
>>> vars vrugte. Ek weet dis baie goed
>>> vir 'n mens, maar ek kan nie oor my
>>> weersin daarvoor kom nie.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90077 is 'n antwoord op boodskap #90068] Sa, 07 Februarie 2004 00:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas, ek weet nou nie hoe oud jy is nie, maar ek onthou die Wilson toffie
so goed, so n brandsmaak half. En my geliefkoosde was die Banana Toffie,
ken jy dit? En daardie groot helderpienk Star lekkers, ek wou eendag lank
gelede vir my kinders daarvan koop toe ons in S.A. was, maar niemand het
geweet waarvan ek praat nie. Mens se hele mond was vir drie dae lank pienk
na jy dit geeet het. Die banana toffie het so n ligbruin vulsel ingehad.
Ai, dis seker n teken van ouderdom as mens eers begin met 'onthou jy' ;-)
Ellie

"Jonas" skryf in boodskap news:c00bp2$fuq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette - nee - perdesuiker is bruinsuiker wat tammelêtjie geraak het. In
> die "ou" dae kon mens dit koop en dan natuurlik vir die perde voer - mits
> die kinders dit nie beetgekry het nie.
> Dit het net soos die ou "wilson"-toffies geproe - jy weet daardie
> vierkantiges wat aanvanklik teen 2 per sent verkoop is.
> DIt was baie, baie lekker - en die naaste wat ek nou aan die smaak kan kom
> is bruinsuiker.
>
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90079 is 'n antwoord op boodskap #90076] Sa, 07 Februarie 2004 05:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis nie wat die advertensies wys wat die ou verpiepte dingtjies adverteer
nie - nee, as mens maer wil wees moet mens glo een klein porsie eet.:))
--
Annette
> Ons kry verskillende groottes, ek dink die kleintjies is vir die kinders om
> in hulle lunchboxes te sit ;-)
>
> Ellie
>
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90080 is 'n antwoord op boodskap #90077] Sa, 07 Februarie 2004 05:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
In my kleintyd was daar net een soort wilson-toffie - die bruine. Nou is
daar al 5 verskillende kleure en geure.

--
Annette
"Ellie" wrote in message
news:JuWUb.13897$GO6.4153@newsread3.news.atl.earthlink.net.. .
> Jonas, ek weet nou nie hoe oud jy is nie, maar ek onthou die Wilson toffie
> so goed, so n brandsmaak half. En my geliefkoosde was die Banana Toffie,
> ken jy dit? En daardie groot helderpienk Star lekkers, ek wou eendag lank
> gelede vir my kinders daarvan koop toe ons in S.A. was, maar niemand het
> geweet waarvan ek praat nie. Mens se hele mond was vir drie dae lank pienk
> na jy dit geeet het. Die banana toffie het so n ligbruin vulsel ingehad.
> Ai, dis seker n teken van ouderdom as mens eers begin met 'onthou jy' ;-)
> Ellie
> "Jonas" wrote in message
> news:c00bp2$fuq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Annette - nee - perdesuiker is bruinsuiker wat tammelêtjie geraak het. In
>> die "ou" dae kon mens dit koop en dan natuurlik vir die perde voer - mits
>> die kinders dit nie beetgekry het nie.
>> Dit het net soos die ou "wilson"-toffies geproe - jy weet daardie
>> vierkantiges wat aanvanklik teen 2 per sent verkoop is.
>> Dit was baie, baie lekker - en die naaste wat ek nou aan die smaak kan kom
>> is bruinsuiker.
>>
>
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90083 is 'n antwoord op boodskap #90080] Sa, 07 Februarie 2004 06:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daai bruin toffie is skoon melasse. Op die plaas koop mens dromme melasse
vir die diere en die kinders eet ook maar so skelm aan die stroop. Dis
sekerlik die lekkerste toffie wat daar is......maar hy moet verouder wees en
kliphard. Ky moet hom eers met die bek werk dat hy kan koubaar raak.
Wees gewaarsku, as jy tannestopsels het....dit waai maklik!

"Annette" skryf in boodskap news:c01smd$bs5$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> In my kleintyd was daar net een soort wilson-toffie - die bruine. Nou is
> daar al 5 verskillende kleure en geure.
>
> --
> Annette
> "Ellie" wrote in message
> news:JuWUb.13897$GO6.4153@newsread3.news.atl.earthlink.net.. .
>> Jonas, ek weet nou nie hoe oud jy is nie, maar ek onthou die Wilson toffie
>> so goed, so n brandsmaak half. En my geliefkoosde was die Banana Toffie,
>> ken jy dit? En daardie groot helderpienk Star lekkers, ek wou eendag lank
>> gelede vir my kinders daarvan koop toe ons in S.A. was, maar niemand het
>> geweet waarvan ek praat nie. Mens se hele mond was vir drie dae lank pienk
>> na jy dit geeet het. Die banana toffie het so n ligbruin vulsel ingehad.
>> Ai, dis seker n teken van ouderdom as mens eers begin met 'onthou jy' ;-)
>> Ellie
>> "Jonas" wrote in message
>> news:c00bp2$fuq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Annette - nee - perdesuiker is bruinsuiker wat tammelêtjie geraak het. In
>>> die "ou" dae kon mens dit koop en dan natuurlik vir die perde voer - mits
>>> die kinders dit nie beetgekry het nie.
>>> Dit het net soos die ou "wilson"-toffies geproe - jy weet daardie
>>> vierkantiges wat aanvanklik teen 2 per sent verkoop is.
>>> Dit was baie, baie lekker - en die naaste wat ek nou aan die smaak kan kom
>>> is bruinsuiker.
>>>
>>
>
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90106 is 'n antwoord op boodskap #90034] So, 08 Februarie 2004 03:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 05 Feb 2004 19:07:25 GMT, "@rogers.com" wrote:

> My man daarenteen eet elke oggend
> gereeld sy natuurlike joghurt. met
> vars vrugte. Ek weet dis baie goed
> vir 'n mens, maar ek kan nie oor my
> weersin daarvoor kom nie.
>
> Gloudina
>
>
>

bouwer, vaagweg onthou ek iets soos,
dat jy vertel het dat jou man niks eet
wat van diere afkomstig is nie.
Ek het 'n vriend, 'n baie suksesvolle sakeman,
wat gewoonlik vandag vergeet wat hy gister
gelieg het, en dan die storie heel anders vertel.

DD
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90134 is 'n antwoord op boodskap #90106] So, 08 Februarie 2004 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" wrote

> bouwer, vaagweg onthou ek iets soos,
> dat jy vertel het dat jou man niks eet
> wat van diere afkomstig is nie.
> Ek het 'n vriend, 'n baie suksesvolle sakeman,
> wat gewoonlik vandag vergeet wat hy gister
> gelieg het, en dan die storie heel anders vertel.

Du Plessis, jy onthou natuurlik "vaagweg." Jy
verwys na die feit dat my man eendag vir
twee van sy kleinkinders gesê het dat hy nie sy vriende
eet nie, en hulle toe ewe kontant gevra het of
vrugte en groente dan nie ook sy vriende is nie.
Nee, my man eet geen vleis of vis nie. Hy eet
wel kaas en eiers en drink melk en dié se by-
produkte.

Tant Hessie van Koekenaap
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90145 is 'n antwoord op boodskap #90134] So, 08 Februarie 2004 19:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 08 Feb 2004 14:26:20 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" wrote
>
>> bouwer, vaagweg onthou ek iets soos,
>> dat jy vertel het dat jou man niks eet
>> wat van diere afkomstig is nie.
>> Ek het 'n vriend, 'n baie suksesvolle sakeman,
>> wat gewoonlik vandag vergeet wat hy gister
>> gelieg het, en dan die storie heel anders vertel.
>
> Du Plessis, jy onthou natuurlik "vaagweg." Jy
> verwys na die feit dat my man eendag vir
> twee van sy kleinkinders gesê het dat hy nie sy vriende
> eet nie, en hulle toe ewe kontant gevra het of
> vrugte en groente dan nie ook sy vriende is nie.
> Nee, my man eet geen vleis of vis nie. Hy eet
> wel kaas en eiers en drink melk en dié se by-
> produkte.
>
> Tant Hessie van Koekenaap
>

Waarom (ek weet nie hoekom) het ek so 'n gevoel DD en Gloudina praat
die taal van die verliefdes? Ek sal terug maar eens my sterrekyker van
die solder haal en in die uitspansel loer.

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90181 is 'n antwoord op boodskap #90134] Ma, 09 Februarie 2004 17:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 08 Feb 2004 14:26:20 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" wrote
>
>> bouwer, vaagweg onthou ek iets soos,
>> dat jy vertel het dat jou man niks eet
>> wat van diere afkomstig is nie.
>> Ek het 'n vriend, 'n baie suksesvolle sakeman,
>> wat gewoonlik vandag vergeet wat hy gister
>> gelieg het, en dan die storie heel anders vertel.
>
> Du Plessis, jy onthou natuurlik "vaagweg." Jy
> verwys na die feit dat my man eendag vir
> twee van sy kleinkinders gesê het dat hy nie sy vriende
> eet nie, en hulle toe ewe kontant gevra het of
> vrugte en groente dan nie ook sy vriende is nie.
> Nee, my man eet geen vleis of vis nie. Hy eet
> wel kaas en eiers en drink melk en dié se by-
> produkte.
>
> Tant Hessie van Koekenaap
>

Miskien tant Hester, onthou ek dit te vaagweg.
Ek dink dit was die dag wat jy die verskil uitgespel
het tussen 'n vegetariër en 'n vegetarian.

Du Plessis
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90182 is 'n antwoord op boodskap #90145] Ma, 09 Februarie 2004 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 08 Feb 2004 20:03:04 +0100, Sterrenkijker
wrote:

> On Sun, 08 Feb 2004 14:26:20 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>

>> "DD" wrote

>>> bouwer, vaagweg onthou ek iets soos,
>>> dat jy vertel het dat jou man niks eet
>>> wat van diere afkomstig is nie.
>>> Ek het 'n vriend, 'n baie suksesvolle sakeman,
>>> wat gewoonlik vandag vergeet wat hy gister
>>> gelieg het, en dan die storie heel anders vertel.

>> Du Plessis, jy onthou natuurlik "vaagweg." Jy
>> verwys na die feit dat my man eendag vir
>> twee van sy kleinkinders gesê het dat hy nie sy vriende
>> eet nie, en hulle toe ewe kontant gevra het of
>> vrugte en groente dan nie ook sy vriende is nie.
>> Nee, my man eet geen vleis of vis nie. Hy eet
>> wel kaas en eiers en drink melk en dié se by-
>> produkte.

>> Tant Hessie van Koekenaap

>
> Waarom (ek weet nie hoekom) het ek so 'n gevoel DD en Gloudina praat
> die taal van die verliefdes? Ek sal terug maar eens my sterrekyker van
> die solder haal en in die uitspansel loer.
>
> Norbert (uit Vlaandere)

Vir die veterane van die nuusgroep
is dit ou nuus dat ons kys al uit is
na ons verbeteringskooldae.
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90186 is 'n antwoord op boodskap #90181] Ma, 09 Februarie 2004 20:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" wrote
>
> Miskien tant Hester, onthou ek dit te vaagweg.
> Ek dink dit was die dag wat jy die verskil uitgespel
> het tussen 'n vegetariër en 'n vegetarian.
>
> Du Plessis

Nou yl jy. Hoekom sal ek die verskil uitspel tussen
die Engels en Afrikaans van dieselfde woord?
Miskien het ek die verskil uitgespel tussen 'n
vegetariër en 'n vegan.

Tant Hessie van Leeugamka
Re: Veselperskes - resep [boodskap #90190 is 'n antwoord op boodskap #90186] Ma, 09 Februarie 2004 22:55 Na vorige boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 09 Feb 2004 20:49:16 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" wrote

>> Miskien tant Hester, onthou ek dit te vaagweg.
>> Ek dink dit was die dag wat jy die verskil uitgespel
>> het tussen 'n vegetariër en 'n vegetarian.

>> Du Plessis
>
> Nou yl jy. Hoekom sal ek die verskil uitspel tussen
> die Engels en Afrikaans van dieselfde woord?
> Miskien het ek die verskil uitgespel tussen 'n
> vegetariër en 'n vegan.
>
> Tant Hessie van Leeugamka
>

of so iets:-)
Vorige onderwerp: Biltong
Volgende onderwerp: 'n Pannekoek vir Gloudie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 15:01:00 MGT 2024