Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Biltong
Re: Biltong [boodskap #90125 is 'n antwoord op boodskap #90123] So, 08 Februarie 2004 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
> Ja, ek kan grom ook - wil jy hoor?

eerder nie
Re: Biltong [boodskap #90141 is 'n antwoord op boodskap #90122] So, 08 Februarie 2004 17:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
DD doen nou haar werk vir haar. Sy rus:))
--
Annette

"Glucklich" skryf in boodskap news:DYoVb.14746$Rl4.7197@bignews5.bellsouth.net...
> Hel eks somtyds lekker aan die slaap ek sien nou eers die foutjie wat ek
> gemaak het met daai Vliegtuig se spelling.
>
> Waar's die antie doen sy nie meer haar werk nie?
>
Re: Biltong [boodskap #90155 is 'n antwoord op boodskap #90053] Ma, 09 Februarie 2004 06:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Elaine, en daar sit jy by die paradys van boerewors en biltong. Pretoria s'n
het altyd die meeste gebrêg, maar was vir my maar swaar gelaai met die
speserye. Naby Drie Riviere is Groen Denne slaghuis - lêkker wors. By
Viljoensdrift (?) op die pad van Vereeniging na Koppies (naby Makouvlei
gholfbaan) het ek van die lekkerste biltong gekry wat ek nog ooit geproe
het.

"Elaine" skryf in boodskap news:bvvrh0$4fv$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek's amper 200km van Pretoria af - en ek gaan nie so ver ry net vir biltong
> nie. In Midrand is daar 'n BP garage wat die lekkerste koedoe droëwors in
> hulle shoppie verkoop. Ongelukkig bly ek nou so bietjie ver van Midrand af.
> Iemand moet 'n boek skryf oor al hierdie verskillende "hond" stories, ek
> vind dit vreeslik amusant. Ons is kwaad vir hulle as hulle ons kos steel,
> maar later wil ons, ons doodlag vir hulle en vertel die hele wêreld en almal
> wat wil luister wat ons honde gedoen het.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40236688.0@news1.mweb.co.za...
>> Hoe ver is jy van Pretoria af? Groenkloof slaghuis so naby die SABS doer
>> in die skaduwee van die Unisa gebou. Beste biltong en beste boerewors.
>> Wat dink jy van 'n Weimeraner wat sy lus nie kon beteuel toe hy die
>> springboknek so op die tafel sien lê nie? hy haal hom af en gaan sit op
>> die stoep sy skuins teen die muur. Dan loer hy met sy geel oë so vir my en
>> as ek vir hom sê hy moet die vleis teruggee, dan draai hy net sy kop weg.
>> As ek maak of ek hom gaan boks, dan knyp hy net sy oë styf toe, maar los
>> daai vleis? Nie maklik nie! Daai einste reunhond se kind toe hy so 'n
>> opgeskote bulletjie al was, dwaal eendag in die kombuis rond en my suster
>> het van hierdie bierbrode gebak.....met die kaas bo-op. Weimer-seun het
>> toe gegaan en al op die kant van die kombuiskas af die naaste rand van die
>> hele brood so oor sy lengte fyntjies afgekou! Net die korsie. Ek was so
>> beïndruk met sy vaardigheid dat ek net kon lag.....die bakster was minder
>> beïndruk!
>
Re: Biltong [boodskap #90185 is 'n antwoord op boodskap #90155] Ma, 09 Februarie 2004 20:39 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar's 'n goeie slaghuis in Meyerton wat lekker biltong maak, maar ek kan
nie die naam onthou nie. Die ding is, ek's aardslui - ek ry nie verder as
25km vir biltong nie - en baie particular oor my billies. Ek hou van dit
droog (helemal droog), en dit moet baie gesout wees. Die biltong hierlangs
is sous nat en het net koljander en boggerol sout. Parys biltong was altyd
vir my lekker maar ek weet nie of hulle nog bestaan nie. Deesdae koop ek
maar hierdie botteltjies poeierbiltong (nie die wat hulle by Pick 'n Pay
verkoop nie - dis fyn nie poeier nie), vir toebies. Dit laat my aan my ouma
dink wat altyd vir my sukke samies gemaak het as ek daar in Parys by haar
gaan kuier het.

"Koot" skryf in boodskap news:c0795j$g8m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine, en daar sit jy by die paradys van boerewors en biltong. Pretoria s'n
> het altyd die meeste gebrêg, maar was vir my maar swaar gelaai met die
> speserye. Naby Drie Riviere is Groen Denne slaghuis - lêkker wors. By
> Viljoensdrift (?) op die pad van Vereeniging na Koppies (naby Makouvlei
> gholfbaan) het ek van die lekkerste biltong gekry wat ek nog ooit geproe
> het.
>
Vorige onderwerp: Max se Hoender
Volgende onderwerp: Veselperskes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 09:07:06 MGT 2024