Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Laat jou stem hoor
Laat jou stem hoor [boodskap #90086] Sa, 07 Februarie 2004 08:27 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Alhoewel Mnr Valli Moosa "in principal" al 'n besluit geneem het om die naam
van die Kaapse Peninsula Nationale Park ( Cape Peninsula National Park) te
verander na die Tafelbergse Nationale Park ( Table Mountain National Park),
sal hy dit glo net bekragtig as die meeste Kapenaars dit steun.
Dus - Kapenaar of te not - laat jou stem hoor of jy die beoogde verandering
goedkeur ( Die park is ten minste 50km van Tafelberg af geleë, en Tafelberg
kan nie eers van daar af gesien word nie)
Skakel 0800 204 094

--
Annette
Re: Laat jou stem hoor [boodskap #90105 is 'n antwoord op boodskap #90086] So, 08 Februarie 2004 02:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - dis snaaks dat julle so stil is as die ANC Pretoria se naam wil
verander? Wanneer kom Kaapstad aan die beurt?
"An injury to one ....."
Re: Laat jou stem hoor [boodskap #90108 is 'n antwoord op boodskap #90105] So, 08 Februarie 2004 04:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel, Jonas, indien jy dit nie weet nie, die Pretoria naamvernadering ding as
al sedert verlede jaar aan die gang.
Hierdie is 'n nuwe ding - soort van - amper soos die verandering van die
Kruger Nasionale Park se naam.

PE was eerste, en Pretoria het net gevolg - oorspronklike naam bly, maar
die raad kry die nuwe naam - groot gejuig , almal is bly, niemand het niks
om eintlik te sê nie.

Kaapstad is 'n voël van 'n ander kleur;)) Hier het 'n burgermeester en
provinsiale leier hulle posisies verloor net agv 'n voorgestelde
straatnaamverandering.
Hoeveel strate se name is in Pretoria al verander?
--
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:c048ld$r7h$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette - dis snaaks dat julle so stil is as die ANC Pretoria se naam wil
> verander? Wanneer kom Kaapstad aan die beurt?
> "An injury to one ....."
>
Re: Laat jou stem hoor [boodskap #90133 is 'n antwoord op boodskap #90108] So, 08 Februarie 2004 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote

> Hoeveel strate se name is in Pretoria al verander?

Ja-nee, in Pretoria kan hulle darem regtig
'n paar straatname verander. Waarom is daar
nog so 'n straatnaam soos "Scheiding Straat."
Selfs Afrikaners sal twee-keer moet dink of hulle
die woord reggespel het. En die rede hoekom
die straat "Scheiding" straat genoem was het
seker ook al 'n honderd jaar gelede verdwyn.
En al daardie ou Voortrekkerleiers se name
is darem ook ryp vir verandering.

Gloudina
Re: Laat jou stem hoor [boodskap #90153 is 'n antwoord op boodskap #90133] Ma, 09 Februarie 2004 02:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja - dis soos die naam Gloudina? Wat van Mpho of beterr - mpho-mpho ...?
Re: Laat jou stem hoor [boodskap #90156 is 'n antwoord op boodskap #90133] Ma, 09 Februarie 2004 06:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
En Proesstraat. Daai naam sorg darem vir veels te veel plesier en verkeerde
interpretasies.

"@rogers.com" wrote in message
news:7BrVb.11583$R6H.6252@twister01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> "Annette" wrote
>
>> Hoeveel strate se name is in Pretoria al verander?
>
> Ja-nee, in Pretoria kan hulle darem regtig
> 'n paar straatname verander. Waarom is daar
> nog so 'n straatnaam soos "Scheiding Straat."
> Selfs Afrikaners sal twee-keer moet dink of hulle
> die woord reggespel het. En die rede hoekom
> die straat "Scheiding" straat genoem was het
> seker ook al 'n honderd jaar gelede verdwyn.
> En al daardie ou Voortrekkerleiers se name
> is darem ook ryp vir verandering.
>
> Gloudina
>
Re: Laat jou stem hoor [boodskap #90161 is 'n antwoord op boodskap #90133] Ma, 09 Februarie 2004 08:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
En hierdie wys darem presies hoe vlak jy werklik is, ou antie. Enige mens
wat enigiets beteken weet jy kan nie geskiedenis verander nie en dat dit die
fondament is waarop 'n toekoms gebou word......maar met wie redeneer ek?
Jy en jou enersdenkendes verstaan mos nie die beginsel van wag tot iemand
tot sterwe kom voor jy hom vereer nie. Nee, julle wil mos in die spieël
sit en kyk na julle eie gevrete en julleself dan verheerlik. Wonderlik!
Die Afrika-manier. Dankie vader daar sal nooit 'n Gloudina straat wees
nie!
"@rogers.com" wrote in message
news:7BrVb.11583$R6H.6252@twister01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
> En al daardie ou Voortrekkerleiers se name
> is darem ook ryp vir verandering.
>
> Gloudina
>
Re: Laat jou stem hoor [boodskap #90163 is 'n antwoord op boodskap #90156] Ma, 09 Februarie 2004 09:09 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Koot - dis oos die ou vir die meisie die volgende oggend sê - "Ek laaik jou
woes ...". Toe sê sy - "Ek laaik jou wiel ..."
Vorige onderwerp: Goeie Nuus vir Gloudina
Volgende onderwerp: Grillerige advertensie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 00:10:45 MGT 2024