Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Koue ooskus, VSA
Re: Koue ooskus, VSA [boodskap #89351] So, 18 Januarie 2004 01:26 na volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
n Mooi foto Henry. Dis altyd vir my so mooi as dit sneeu, en die lug is so
helderblou, n mooi teenstelling. n Vriend van my in Vermont sê nou die dag
vir my dis minus 18 by hulle, en die een buurman, wat nie olie gebruik om sy
huis warm te maak nie, maar elektrisiteit, het n rekening van oor die $800
gekry vir Desember.

Hier in Alabama het ons baie wisselende weer, warm en koud, met reen die
afgelope paar dae. Baie soos Johannesburg se weer, bitter koud in die
nagte, en warmer bedags. Dit begin darem al later donker word middae, en die
grasperk het ook al kol-kol groen.

"Kwarantyn" skryf in boodskap news:9aednaKYU79sKpTdRVn-vw@comcast.com...
> Die afgelope week was dit aan die oostelike kus van die VSA kouer as in
> Reykjavik, Ysland! Ons het nie veel sneeu gehad in suidoostelike
> Pennsylvania nie - soos julle kan sien op die foto hierby aangehed, wat uit
> ons gesinskamer se venster geneem is gistermiddag ongeveer 3-uur nm. My
> termometer op die stoep hang onder die dak se oorhang, en het Vrydag 5
> Fahrenheit (-15 Celsius) gemeet. Terselfdertyd het die TV-weerman gesê die
> aanvoelbare temperatuur in die wind was -11 (-24 Celsius) Fahrenheit. As dit
> so koud is moet 'n mens klere bo-oor mekaar in lae aantrek. Vrydag het ek
> drie jasse bo-oor mekaar aangetrek, met handskoene en 'n hoed voor ek kon
> uitgaan. Soggens skakel jy eers die motor aan en laat hom so vir 15 minute
> loop voor jy kan ry.
>
Re: Koue ooskus, VSA [boodskap #89354 is 'n antwoord op boodskap #89351] So, 18 Januarie 2004 02:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Kwarantyn" wrote

> Die afgelope week was dit aan die oostelike kus van die VSA kouer as in
> Reykjavik, Ysland!

Dit was glo ook kouer as op Mars, wat tot my verwondering
net 'n temperatuur het van omtrent - 15 grade Celsius.
Ja, ons het les opgesê. Voorverlede week het ons 'n abnormale
koue weertydperk gehad, en toe warm dit so effens op en 'n
paar dae daarna toe word dit nog kouer. Mens is natuurlik
warm binne in die huis, maar ek het darem benoud begin voel
toe die dagtemperatuur in die - 30's was ( en dit sluit nie die
"wind chill" in nie) en hulle begin waarsku het dat mense minder
elektrisiteit moet gebruik anders sal daar "rolling brownouts"
wees in New England. Boonop was daar geweldige sterk
winde elke keer as jy in die pad van die "jet stream" kom
Die baie koue weer in die oostelike deel van Noord-
Amerika is glo veroorsaak deurdat die jet stream abnormaal
hoog opgeswaai het in die weste ( met die gevolg dat plekke
in Alberta milde temperature gehad het.) Die jet stream het
dan suidwaarts geswaai nadat dit in die poolstreke bitter koue
opgetel het, en het dan suidwaarts gewaai en hierdie geweldige
koue ver suid in die ooste gebring, sodat 'n plek soos New York
een graad Fahrenheit was ( weet nie wat dit in Celsius was nie.)
Gelukkig is alles nou weer ongeveer normaal hier by ons,
so omtrent - 15 C, wat heel draagbaar is, veral as die wind nie
waai nie.
As gevolg van die bitter koue is die Rideau kanaal in
Ottawa nou weer lekker vasgevries en kan mense op die
langste skaatsbaan in die wêreld skaats. Ek sien ook dat mense
oorkant die Ottawa rivier hutjies op die ys van die rivier oprig,
en begin ysvisvang.
Gloudina
Re: Koue ooskus, VSA [boodskap #89359 is 'n antwoord op boodskap #89354] So, 18 Januarie 2004 12:47 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wel - hier in sonskynland vrek ons van die hitte en die droogte.
Julle noord-amerikaners moet nou ophou om die fossielbrandstowwe op te
gebruik....
Vorige onderwerp: Reën in Namibië
Volgende onderwerp: Mbeki - negatiewe beeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 21:28:57 MGT 2024