Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Dietrich Bonhoeffer:brief aan homself" deur I. L. DE VILLIERS
"Dietrich Bonhoeffer:brief aan homself" deur I. L. DE VILLIERS [boodskap #8876] Ma, 24 Maart 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dietrich Bonhoeffer:brief aan homself
I.L.de Villiers

as niks meer heilig is nie
word alles heilig
en die wind waai waar hy wil

ek is
ek wil
sal wees
en sal nie wees nie

was gister?

en die pad terug na kind
en kinderland is lank
selfs as jy die koers ken
maar die wind
waai alles weg
scho"nberg en buchenwald
berlyn etsi deus non daretur

hoe rooi is die tamaties
op die tafel
hulle is so daar
gebring deur 'n bewaarder
bid vir my pastor bid vir my
ek is so hier
hier in die hoek
op 'n kombers 'n katel
kyk die tossels roer
as ek hier raak

daar is nog rooi tamaties
iewers in tuine
hier in flossenbu"rg
duisende rooi tamaties
ry op ry
in kruise opgebind
soos in berlyn
toe ek 'n kind was

as niks meer heilig is nie
word alles heilig
word die wind stil
hoor jy niks
dis winter
wit

en alles hang
hoog in die dood
groot fees van die wat vry wil wees

dit groei uit rooi tamatie-rye
uit die swart grond uit
groter en ruimer as die son
as vriend as vrou
groei uit na God
swaai aan 'n tou

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Ou Non" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Avondmaal" deur W.E.G. LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 22:34:21 MGT 2024