Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Krismiskaartjie " deur ADAM SMALL
" Krismiskaartjie " deur ADAM SMALL [boodskap #88663] Do, 01 Januarie 2004 00:05 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Krismiskaartjie
Adam Small

Daa moet vrede wies
op élke plek,
so stuur ma die kaartjie
moerie sneeu
al brand die son oek
lat dit vrek.
Re: " Krismiskaartjie " deur ADAM SMALL [boodskap #88673 is 'n antwoord op boodskap #88663] Do, 01 Januarie 2004 18:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 01 Jan 2004 00:05:34 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Krismiskaartjie
> Adam Small
>
> Daa moet vrede wies
> op élke plek,
> so stuur ma die kaartjie
> moerie sneeu
> al brand die son oek
> lat dit vrek.
>

bouwer, dit is tyd dat jy respek vir Afrikaans begin betoon
en ophou om hierdie misbakselse gemors te plaas.
Smal self praat defnitief (of hopelik natuurlik) 'n smaller
Afrikaans as die tipe gemors wat jy aanhou opdis.
Dit is tyd dat jy begin besef dat Afrikaans sonder jou neerhalende
plasings kan klaarkom. Misbaksels wat Small opdis om geld uit
jou tipe aanhangers te maak.

Dave Du Plessis
Re: " Krismiskaartjie " deur ADAM SMALL [boodskap #88675 is 'n antwoord op boodskap #88673] Do, 01 Januarie 2004 18:56 Na vorige boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 01 Jan 2004 20:07:47 +0200, DD wrote:

> bouwer, dit is tyd dat jy respek vir Afrikaans begin betoon
> en ophou om hierdie misbakselse gemors te plaas.
> Smal self praat defnitief (of hopelik natuurlik) 'n smaller
> Afrikaans as die tipe gemors wat jy aanhou opdis.
> Dit is tyd dat jy begin besef dat Afrikaans sonder jou neerhalende
> plasings kan klaarkom. Misbaksels wat Small opdis om geld uit
> jou tipe aanhangers te maak.
>
> Dave Du Plessis
>

Geagte Dave Du Plessis,

Dit word miskien tyd dat ons eens terugkeer na die ontstaan van
hierdie nuusgroep en terug lees wat hier as "Afrikaans" verstaan word.
Sien asseblief hier na die handves van hierdie nuusgroep:
ftp://ftp.isc.org/usenet/news.announce.newgroups/soc/soc.cul ture.south-africa.afrikaans
Daar sal jy sien dat ook tale wat beskou word as "alternatiewe
Afrikaans" hier bespreekbaar is.
Soos jy daar ook sal lees word "Beledigings, "flames" of onnodige
kritiek van 'n groep of persoon ten sterkste ontmoedig." Ek hoop jy
sal dit onthou.

Met my respek vir mevou Bouwer wat ek baie respekteer

Norbert (uit Vlaandere)
Vorige onderwerp: So spel mens
Volgende onderwerp: Re: Old Tannie With Poems ... sies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 17:53:27 MGT 2024