Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kersboodskap
Kersboodskap [boodskap #88616] Vr, 26 Desember 2003 04:20 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mbeki verkeer in Haiiti - 'n volledige vlootvaartuig vaar soontoe om hom te
beskerm - want die eilandverblyf is onveilig. (Haiiti vier hulle X-jarige
bestaan.)
Jacob Zuma, die vise-president is nou in beheer van die land. Daar bestaan
prima facie bewyse van sy betrokkenheid in korrupsie. Daarom skakel ek die
tv af wanneer hy namens die regering 'n feesseisoenboodskap oordra.
(Eienaardige gevoel wanneer iemand jou met al die selfvertroue en bravado in
die oë kyk - en jy weet hy is korrup...)
Re: Kersboodskap [boodskap #88619 is 'n antwoord op boodskap #88616] Vr, 26 Desember 2003 07:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek luister na wat jy sê Jonas. Julle kan maar sê wat julle wil, maar dit
gaan meer as net oor 'n korrupte Zuma. Die feit dat SA deur 'n klomp stronte
regeer word is, is 'n tragedie. Dis seker 'n perd wat al holrug gery is op
hierdie nuusgroep, maar die pad wat SA stap is tragies. Dis my gat se deksel
dat meeste dit gedwe� aanvaar en steeds positief voel oor die "nuwe land."
Ek is jammer, maar ek kan nie my knie buig onder een van daardie mense nie.

Spencer

"Jonas" skryf in boodskap news:bsgct5$l1m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Mbeki verkeer in Haiiti - 'n volledige vlootvaartuig vaar soontoe om hom te
> beskerm - want die eilandverblyf is onveilig. (Haiiti vier hulle X-jarige
> bestaan.)
> Jacob Zuma, die vise-president is nou in beheer van die land. Daar bestaan
> prima facie bewyse van sy betrokkenheid in korrupsie. Daarom skakel ek die
> tv af wanneer hy namens die regering 'n feesseisoenboodskap oordra.
> (Eienaardige gevoel wanneer iemand jou met al die selfvertroue en bravado in
> die oë kyk - en jy weet hy is korrup...)
>
Re: Kersboodskap [boodskap #88621 is 'n antwoord op boodskap #88619] Vr, 26 Desember 2003 10:19 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Spencer - ek het bloot probeer om te beskryf hoe dit voel as so 'n persoon
jou as onderdaan van die staat aanspreek met al die selfvertrou en bravado -
terwyl jy en hy weet dat hy eintlik moet bedank.
Persoonlik glo ek dat Zuma se sondes geignoreer word omdat hy op sy beurt
weer andere se sondes sal kan oopvlek.
Die meerderheid kiesers in hierdie land is swart, en die vraag duik gereeld
onwillekeurig by my op - hoe lank sal die swart kiesers hierdie snert
verduur? Waarskynlik solank as wat die ekonomie dit toelaat.
Vorige onderwerp: Frikkie Potgieter
Volgende onderwerp: uitwisselingsproject scholen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 05:53:31 MGT 2024