Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner: Bevooroordeelde regstelsel
Die Afrikaner: Bevooroordeelde regstelsel [boodskap #8842] Do, 20 Maart 1997 00:00
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die nuutste uitgawe van Die Afrikaner is nou beskikbaar by
http://www.hnp.org.za/afrikaner/

************************************************************ ************

21 Maart 1997

HOOFARTIKEL

Bevooroordeelde regstelsel

DIE wyse waarop die ANC alles waarop hy sy hande lê, vernietig, het 'n
algemene kenmerk van die
Nuwe Suid-Afrika geword. Die chaos en ineenstortings wat hulle in die
land veroorsaak het, gaan alle
verstand te bowe. So het hulle reeds die onderwysstelsel vernietig, was
daarvoor verantwoordelik dat wet
en orde totaal in duie gestort het, het veroorsaak dat die staatsdiens
nie meer doeltreffend kan
funksioneer nie, het die posdiens in duie laat stort, terwyl hulle nou
van die publiek verwag om meer as
40% meer te betaal vir hierdie onbetroubare diens, het die ekonomie tot
in sy fondamente afgebreek,
ens. ens. Hierdie lys kan mateloos aangevul word totdat dit die volle
samelewingspektrum dek.

Maar nou het hulle eie minister, Dullah Omar ook daartoe aanleiding
gegee dat die regstelsel 'n knou
gekry het waarvan hy beswaarlik sal kan herstel.

Die regstelsel steun primêr daarop dat dit berus op
onbevooroordeeldheid. Almal wat voor die regbank
verskyn, moet die versekering hê dat hy kan staatmaak op 'n regverdige
verhoor.

Deur die optrede van Omar tydens die ontvangs van Allan Boesak is ook
hierdie reg verander in 'n mite -
die Minister van Justisie vereenselwig hom met 'n beweerde misdadiger
voordat hy verhoor is, en stem
met hom saam dat sy verhoor 'n politieke verhoor sal wees - as hy
skuldig bevind word.

Dit is totaal onaanvaarbaar. Maar in die Nuwe Suid-Afrika maak dit nie
meer saak nie.

Dit is nie die eerste keer dat die hof in die Nuwe Suid-Afrika sy
onbevooroordeeldheid prysgee nie.
Gevalle waar dit al duidelik geblyk het, was in die geval van
Potgietersrus waar ouers se regte vertrap is.
Ook in die geval van Willem Ratte se verhoor oor sy betreding van Fort
Schanskop en die besit van
onwettige wapens was daar vreemde uitsprake.

Maar dat die minister self, wat veronderstel is om die oorkoepelende
vertroue in die howe op die hart te
dra, so optree, dit voorspel niks goeds vir regspleging in Suid-Afrika
nie.

Geluk, mnr. Jaap Marais!

OM vir twintig jaar ononderbroke aan die partyleiding van 'n party te
staan, is 'n prestasie.

Tans is daar drie sulke leiers wat hierdie prestasie behaal het, genl.
JBM Hertzog, dr. DF Malan, en nou
mnr. Jaap Marais.

In beide die eerste twee gevalle het jare van stryd uitgeloop op 'n
Eerste Ministerskap en groot seën en
heil vir die Afrikanerdom. In mnr. Marais se geval was dit hom nie
beskore nie - die volk wou nie luister
nie, en het die vrugte daarvan gepluk - onderworpenheid aan 'n vreemde
regime wat hulle nou verwens en
veroordeel. Maar in die jare toe hulle die keuse gehad het, wou hulle
nie luister na die stem van suiwer
nasionalisme nie.

Dit beteken nie dat die stryd verby is nie. Inteendeel, dit sal net met
soveel meer entoesiasme en ywer
voortgesit moet word. Want mnr. Marais se stryd ten behoewe van sy volk
is nog ver van afgehandel.
Mnr. Marais gaan DV hierdie rekord verbeter, en nog voortgaan om die
nasionale Afrikanerdom in sy
stryd om vryheid en op sy pad na selfbeskikking te lei.

Langs die pad lê talle oorwinnings en prestasies. Die belangrikste kan
saamgevat word in een enkele
opmerking - deur die jare van stryd is die basis van nasionalisme suiwer
gehou. In die proses het mnr.
Marais ook daarin geslaag om diegene wat nie die suiwer pad geloop het
nie, uit te wys, te isoleer en te
brandmerk as vreemdelinge langs die pad.

Die basis waarop aldrie hierdie leiers hulle volgelinge gelei het, is
dieselfde - die gesonde basis van
Afrikanernasionalisme, gegrond in vertroue op ons Skepper, geanker in
die krag van
Afrikanernasionalisme, gebaseer op die rassetrots van ons geërfde
etniese afkoms, en geanker in ons
geskiedenis, ons taal en ons kultuur.

Dit is die boustene wat deur die geskiedenis geblyk het onfeilbaar te
wees. Dit is die boustowwe
waarmee die Afrikanergeskiedenis vorentoe uitgeplavei sal word.

Met mnr. Marais steeds aan die stuur.

Die redaksie van Die Afrikaner wens mnr. Marais Gods genade en voorspoed
toe op sy verdere leiding
om ons weer te ontkneg uit die bande wat ons tans bind.
Vorige onderwerp: Die Tulband in Kanada
Volgende onderwerp: Die HNP - Kongres 21en 22 Maart 1997
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 11:28:29 MGT 2024