Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe poste is nie reg gehanteer
Nuwe poste is nie reg gehanteer [boodskap #88372] Wo, 17 Desember 2003 18:44
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nuwe poste is nie reg gehanteer


BETHLEHEM. - Die donker wolk van onsekerheid oor personeelplasings
en -skommelings wat reeds lank oor die Dihlabeng-munisipaliteit hang,
het 'n verdere laagtepunt bereik met die aanstelling van sowat 'n
dosyn nuwe senior amptenare en amptenare deur die burgemeester.

Die aanstellings word deur dr. Clem Harrington, prokureur en 'n DA-
raadslid, beskryf as voorbarig, omdat daar geen
personeelplasingsbeleid in plek is nie. Daar word verder deur kenners
gesê dat dié aanstellings boonop onwettig is, omdat die raad nie in
die aanstellings geken is nie. Die raad het vroeër wel 'n organogram
goedgekeur. Die burgemeester, mnr. Patrick Jacobs, het dit skynbaar
as sy magtiging aanvaar om poste te adverteer en mense aan te stel
sonder om sy raad daarin te ken.

'n Personeellid wat nog houtgerus-gelukkig in sy (of haar) werk
was, moes ná 'n tyd van verlof glo vind iemand anders is nou in dié
betrokke pos aangestel. Daar is nooit met die betrokke personeellid
hieroor gepraat, ooreengekom of onderhandel nie.

Dit kom nadat meer as 40 poste stil-stil in September in 'n
Gautengse en 'n Engelse Oos-Vrystaatse koerant met beperkte
verspreiding geadverteer is. Die raad het die poste nie in enige van
die ander Afrikaans- of Engelstalige dag- en weekkoerante in die
Vrystaat of Oos-Vrystaat, wat wyd versprei word, geadverteer nie.

Kenners en belastingbetalers wil weet of daar nou van die ou
personeel ontslae geraak gaan word. Hulle wil ook weet waarom daar
nie professioneel en wettig met personeel gekommunikeer en
onderhandel word oor hul poste nie en of die munisipaliteit al die
aanstellings, wat R1,2 miljoen per jaar gaan beloop, kan bekostig.

'n Woordvoerder van 'n vakbond het aan Vrystaat gesê die ironie
van die aangeleentheid is dat die raad kundige en ervare mense nou
opsy stoot en mense sonder enige of dieselfde soort ervaring in hul
plek aanstel. Die sogenaamde personeelpoelbeleid onder die vaandel
van transformasie en regstellende aksie het glo nou in werking
getree. "Kundigheid, ervaring en bekwaamheid is duidelik nie meer vir
die Dihlabengse besluitnemers belangrik nie," sê die
vakbondwoordvoerder. Vrystaat het ook verneem die posbeskrywings van
die nuut aangestelde personeel het geen voorskrifte vir opleiding
nie.

Die nuwe munisipale bestuurder, mnr. Mothibedi Matshele van Gauteng,
het op 1 Desember diens aanvaar nadat hy en die raad glo ooreengekom
het op 'n salaris van sowat R550 000 per jaar (alles insluitend).
Totdat hy eie akkommodasie in Bethlehem bekom het, gaan sy verblyf
in 'n gastehuis in Bethlehem die munisipaliteit sowat R6 500 per
maand uit die sak jaag. 'n Woordvoerder wat nie sy naam genoem wil hê
nie, sê die munisipaliteit het wel geldelik voorsiening gemaak vir al
die aanstellings. Daar was glo besparings op die begroting vir 2003-
'04 wat al die uitgawes moontlik maak.

http://www.news24.com/Regional_Papers/Components/Category_Ar ticle_Text
_Template/0,,536_1458123~A,00.html
Vorige onderwerp: Rassisme en onkundigheid speel beslis 'n rol
Volgende onderwerp: Mag nie met media praat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 18:24:37 MGT 2024