Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Apartheidstories
Apartheidstories [boodskap #8835] Wo, 19 Maart 1997 00:00
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos het elders in die groep 'n storie genoem van hoe 'n dominee sleg
daarvan afgekom het omdat hy die heersende filosofie bevraagteken het,
gedurende die apartheidsjare.

Ek dink daar is baie sulke stories wat nagevors en in boekvorm behoort
gepubliseer te word.

Ek weet van 'n hele paar. Hier is een.

'n Paar jaar gelede het ons deur die ooskaap gery en by Cathcart, 'n dorpie
naby Queenstown gestop. Soos tipiese Johannesburgers het ons by die antique
shop ingeloop en met die eienaar, wat ook restourasie gedoen het, gesels.
Hy het 'n paar pragtige stukke in die winkel gehad waarna ons toe verneem
het.

Hy vertel toe die volgende: 'n Engelse dame het in die vyftigs uit England
gekom en daar begin skoolhou. Sy't al die genoemde meubelment uit England
saamgebring. Sy raak toe verlief op 'n swartman, en is vir haar sonde na
die lokasie verban. Sy het die res van haar lewe daar gewoon, 'n
uitgeworpene. Na haar dood het haar seun die meubels in 'n shack opgesluit,
en in die proses stukke daarvan afgesaag en lelik verniel. Hy het op die
dorp se slaghuis gewerk, en jare later tot die besef gekom van hoeveel
hierdie 'antiques' werd is. En dit glo vir 'n allemintige bedrag verkoop.

Miskien weet ander nuusgroeplesers van soortgelyke stories?

Charl
Vorige onderwerp: Nuwe SAP Crime Report
Volgende onderwerp: Die Arendsveer in die Parlement
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 04:09:00 MGT 2024