Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Meriba" deur D.J. OPPERMAN
"Meriba" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #8812] So, 16 Maart 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
MERIBA
D.J.Opperman

Waar alles verstrak
tot die rots, tot die ding,
in Kades, die stad
op die sande van Sin,

vra my volk wildsbokke
en rooi granate,
die wingerstokke
wat raak aan U water.

Maar onder my staf
wat driftig spreek
dat, soos uit 'n kraf,
U vryelik breek

uit die rots, uit die ding,
in Kades, die stad
op die sande van Sin,
breek U waters brak.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Uitvaart" deur CAROL CLARK
Volgende onderwerp: "Kappertjies" deur Ferdi Greyling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 04:00:59 MGT 2024