Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Boerdery in SA is nou 'n gevaarlike beroep, sê koerant
Boerdery in SA is nou 'n gevaarlike beroep, sê koerant [boodskap #87893] Wo, 03 Desember 2003 17:27 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Boerdery in SA is nou 'n gevaarlike beroep, sê koerant
Gert Coetzee


Plaasmoorde in Suid-Afrika en die bedreiging van wit boere in dié land
is in die internasionale kollig. Maar sonder dat 'n daadwerklike
oplossing - buiten vinniger grondhervorming - voorgestel of ingryping
gevra word.

In 'n artikel hieroor op sy wêreldblad basuin die Britse The Times dit
uit: "Moordsyfer van Suid-Afrikaanse wit boere styg tot 1 300".

In die artikel word dit gestel: "Met die moordsyfer op wit plaasboere
nou op 145 per jaar, het boerdery sedert die ANC se bewindsoorname 'n
gevaarlike beroep geword."

Die koerant gebruik 'n aanval op die Vrystaatse plaas Aangekocht in
die distrik Bultfontein 'n jaar gelede as illustrasie van die
afmaaiery van wit boere op hul plase. Die grondkwessie word in 'n
kantberig as 'n "politieke tydbom" bestempel.

The Times berig in besonderhede oor die moord op mnr. Rhinus Smith
(28) op 1 Desember 2002 toe hy en sy broer, Helgaard (26), en Tania
(22), Helgaard se vrou, dié Sondagoggend ná kerk op die plaas aangekom
het. Hulle wou vleis braai.

"Terwyl Helgaard rondgekyk het, het die ander in die kombuis iets
gekry om te drink. Skielik het die deur oopgebars en drie gewapende
swart jong mans het ingestorm.

"Sonder om 'n woord te sê het die een 'n vuurwapen teen Rhinus se
voorkop gesit en die sneller getrek. Die koeël het deur sy kop getrek
en duime van Tania se gesig die muur getref.

"Toe Helgaard die skoot hoor, het hy gaan kyk wat aangaan. Die
inbrekers het hom in die hand, arm en keel geskiet. Hy het weens
bloedverlies sy bewussyn verloor.

"Die bloed het uit Rhinus se kop gestroom, maar ons kon niks doen nie.
Dit was sowat 20 minute voordat hy dood was. Hulle het die heeltyd
gedreig om ons te verkrag as ons nie geld en wapens oorhandig nie,"
vertel Tania.

Helgaard het oorleef, maar 'n duim en die gebruik van sy linkerarm
verloor. "Maar die jong egpaar se lewens is deur die voorval verwoes.

"Ek voel soms asof my lewe verby is," het Tania gesê. "Dis sleg om
iemand só te sien doodgaan. Ons gaan nêrens meer heen sonder
vuurwapens nie. Die wete dat mense jou haat en dit aan jou doen, gee
ons slapelose nagte."

Luidens The Times is Helgaard en Tania gelukkig om te leef. "Meer as 1
300 boere is op hul plase vermoor sedert apartheid tien jaar gelede in
duie gestort het. Die vlaag van landelike geweld sedertdien het die
ANC en boere-organisasies slaags."

Die koerant verwys na die bevinding van 'n regeringsondersoek dat
slegs 2% van plaasaanvalle politiek gemotiveerd en die res
misdaadgedrewe is.

Dié syfer word deur Agri SA bevraagteken. The Times haal mnr. Japie
Grobler, president van Agri SA, só aan: "Meer as misdadigheid skuil
agter die moorde. Daar is haat, rassisme en die grondkwessie."

Plaasveiligheid, die afskaffing van landbou-subsidies, meganisasie,
plaaswerkerslone en oneweredige grondverdeling word voorts as kwessies
aangestip.

"Toe die ANC aan bewind gekom het, het 13% van die bevolking - wit
mense - altesame 85% van die grond besit. Ondanks die regering se
grondhervormingsprogram het min verander.

"Die regering en boere-organisasies gryp mekaar nou aan die keel oor
grondhervorming. Tania, wat agt jaar oud was toe Nelson Mandela
vrygelaat is, weet net boerdery is gevaarlik."
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1454022,00. html?kps=193
Re: Boerdery in SA is nou 'n gevaarlike beroep, sê koerant [boodskap #87897 is 'n antwoord op boodskap #87893] Wo, 03 Desember 2003 17:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie Potgieter wrote

> "Toe die ANC aan bewind gekom het, het 13% van die bevolking - wit
> mense - altesame 85% van die grond besit. Ondanks die regering se
> grondhervormingsprogram het min verander.

Sien julle wat Frikkie predik. Dieselfde as wat
ek nog altyd predik. Dat die witmense nog altyd
op die grootste deel van die landbougrond in
SA sit. Hoekom gaan dinge so stadig in SA?

Tant Hessie van Wonderboom
Re: Boerdery in SA is nou 'n gevaarlike beroep, sê koerant [boodskap #87901 is 'n antwoord op boodskap #87897] Wo, 03 Desember 2003 18:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 03 Dec 2003 17:49:36 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Frikkie Potgieter wrote
>
>> "Toe die ANC aan bewind gekom het, het 13% van die bevolking - wit
>> mense - altesame 85% van die grond besit. Ondanks die regering se
>> grondhervormingsprogram het min verander.
>
> Sien julle wat Frikkie predik. Dieselfde as wat
> ek nog altyd predik. Dat die witmense nog altyd
> op die grootste deel van die landbougrond in
> SA sit. Hoekom gaan dinge so stadig in SA?
>
> Tant Hessie van Wonderboom
>
>

Glo julle my nòu...! Toe ek gesê het dat bouwer op haar aan-dae
Frikkie Potgieter is?

DD
Re: Boerdery in SA is nou 'n gevaarlike beroep, sê koerant [boodskap #87902 is 'n antwoord op boodskap #87897] Wo, 03 Desember 2003 19:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gm  is tans af-lyn  gm
Boodskappe: 47
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
>
> Frikkie Potgieter wrote
>
>> "Toe die ANC aan bewind gekom het, het 13% van die bevolking - wit
>> mense - altesame 85% van die grond besit. Ondanks die regering se
>> grondhervormingsprogram het min verander.
>
> Sien julle wat Frikkie predik. Dieselfde as wat
> ek nog altyd predik. Dat die witmense nog altyd
> op die grootste deel van die landbougrond in
> SA sit. Hoekom gaan dinge so stadig in SA?
>
> Tant Hessie van Wonderboom
>
>
Soek die swarte nou skielik werkplek of soek hulle le-plek ? Duidelik
voorbeeld in die buurlande gee die grond en die produksie stop. Ek is n'
baie groot voorstander om AL die grond by die wit boere weg te haal in dit
vir die swartes te gee. Met n' paar jaar is alles weer voorby, deels deur
honger ander deur dat die verskeie stamme mekaar uit sal moor. Dan is die
witman weer baie welkom, se maar net hoeveel grond jy wil he baas !
Gaan kyk in Zambie, Kenia, Botswana, die gemorsplek Rodesie, Mosambiek,
Angola behalwe in Zimbabwe is die wit boere baie welkom. Ik glo nie Hessie
het n' brein nie.
Re: Boerdery in SA is nou 'n gevaarlike beroep, sê koerant [boodskap #87942 is 'n antwoord op boodskap #87902] Vr, 05 Desember 2003 09:18 Na vorige boodskap
Karpoegel  is tans af-lyn  Karpoegel
Boodskappe: 8
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Junior Lid
OOr 5 jaar voer ons al ons graan in.

skryf in boodskap news:3fce3397$0$64723@hades.is.co.za...
>>
>> Frikkie Potgieter wrote
>>
>>> "Toe die ANC aan bewind gekom het, het 13% van die bevolking - wit
>>> mense - altesame 85% van die grond besit. Ondanks die regering se
>>> grondhervormingsprogram het min verander.
>>
>> Sien julle wat Frikkie predik. Dieselfde as wat
>> ek nog altyd predik. Dat die witmense nog altyd
>> op die grootste deel van die landbougrond in
>> SA sit. Hoekom gaan dinge so stadig in SA?
>>
>> Tant Hessie van Wonderboom
>>
>>
> Soek die swarte nou skielik werkplek of soek hulle le-plek ? Duidelik
> voorbeeld in die buurlande gee die grond en die produksie stop. Ek is n'
> baie groot voorstander om AL die grond by die wit boere weg te haal in dit
> vir die swartes te gee. Met n' paar jaar is alles weer voorby, deels deur
> honger ander deur dat die verskeie stamme mekaar uit sal moor. Dan is die
> witman weer baie welkom, se maar net hoeveel grond jy wil he baas !
> Gaan kyk in Zambie, Kenia, Botswana, die gemorsplek Rodesie, Mosambiek,
> Angola behalwe in Zimbabwe is die wit boere baie welkom. Ik glo nie Hessie
> het n' brein nie.
>
Vorige onderwerp: Afrikaans los kokon
Volgende onderwerp: Nog n opskrif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 19:57:48 MGT 2024