Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die ryp is 'n rower" deur PETRA MULLER
"Die ryp is 'n rower" deur PETRA MULLER [boodskap #8765] Di, 11 Maart 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
DIE RYP IS 'N ROWER
Petra Muller

(maartblom het april toe uitgedans,
stil-stil, op haar eentjie;
tanterlanta, lanterfanta,
hoogtrap, uitskop, rittelbeentjie -
stil-stil het sy weggeraak)

ryp het sy mes hier ingekry:
dit is die skrik van die bamboesbos
en die appelboorde kraak

"af met die note, af!"

so by so het die onbesonne bossies
reeds by die blink rampokker ingekruip,
en die werf gaan lê soos 'n naweeksman
wat leeghand huis toe sluip

"af met die note, af !"

ligvoet soos 'n jong bandiet
het die ryp verbygekom;
hy bêre sy diewesak
jy oes, my lelieblom

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Brixton Blou" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Uitvaart" deur CAROL CLARK
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 20:23:58 MGT 2024