Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Boeremag Betotteldes
Die Boeremag Betotteldes [boodskap #86710] Di, 04 November 2003 14:15
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die hofsaak hou my in 'n goeie bui - ek lag gereeld hardop as ek iets
daarvan moet lees.
Vanoggend se koerantstorie was 'n handdoeknatmaker.
Die Manne het glo van hul vergaderings, waar hulle bespreek het hoe om van
die ongewenstes ontslae te raak, gehou by Teazers - 'n stripdansklub,
en by Pleazers - die bordeel langsaan. Tydens die vergadering by Pleazers
het een van die hoofplanmakers glo "tydelik weg gewees om een van die dames
wat daar werk te vergesel".

Ek sien al hoe Pappie sy baard kam en vir Mammie sê:
" Ons hou vanaand 'n Baie Belangrike Vergadering vir die Behoud van Ons
Volk, Ons Kultuur, Ons Taal en Ons God."
Dan sak Pappie af na Pleazers.....

Een van die betottelde lot se planne was om 'n Amerikaanse vliegtuig met 'n
vuurpyl af te skiet bo-oor Kayelitsha. maar die plan is gekelder, omdat
witmense ook kon seerkry, ( op die grond - wie en wat in die vliegtuig sou
wees was glad nie eers aan gedink nie) en die aanval miskien nie goeie lig
sou werp op die aanvallers nie.
Hulle het ook kontak gemaak met Pagad - so ek dink die ouens wat die Planet
Holywood-bom ondersoek moet bietjie by die Boeremagouens gaan soek vir die
bomplanter.

Hoe die regter sy lag kan hou as hy hierdie lot stories hoor weet ek nie.
Hy moet 'n Oscar kry.

--
Annette
Vorige onderwerp: Vir die Norses
Volgende onderwerp: Re: herfst in myn tuin - Herfst 002.JPG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 01:33:34 MGT 2024