Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner: NP besig met laaste stuiptrekkings
Die Afrikaner: NP besig met laaste stuiptrekkings [boodskap #8624] Vr, 21 Februarie 1997 00:00
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die nuutste uitgawe van Die Afrikaner is nou beskikbaar by

http://www.hnp.org.za/afrikaner/

************************************************************ **********

NP besig met laaste stuiptrekkings

DIE NP het die laaste fase van sy ontbinding begin met die mooi
term, "ontbondeling". Na weke se binnegevegte het die
"Nasionale" Party van mnr. De Klerk besluit om die geveg gewonne
te gee en 'n roemlose einde tegemoet te gaan. Mnr. Roelf Meyer
is aangestel as die likwidateur van die bankrot boedel.
In die proses verloor mnr. Meyer al die poste wat hy tans
beklee - sekretaris-generaal van die NP, leier van die NP in
Transvaal en leier van die NP in die Nasionale Vergadering, en
word hy hoof van 'n taakgroep om 'n nuwe politieke beweging aan
die gang te kry. Hierdie politieke beweging, bestaande uit
elemente van alle politieke rigtings, moet voor 1999 in plek wees
om gereed te wees om aan die verkiesing van daardie jaar deel te
neem.
Die persone wat in die taakspan dien, is net so veelseggend.
Dit sluit in David Malatsi, leier van die NP in Oos-Transvaal,
John Mavuso van die PWV, Henry Cupido van die Wes-Kaap en Nick
Koornhof, ook van die Wes-Kaap.
Terselfdertyd kom nog 'n taakspan onder mnr. Marthinus van
Schalkwyk tot stand om aandag aan die uitbou van die NP te gee
voordat hy van die toneel verdwyn.
Die tyd wat mnr. De Klerk gekies het om hierdie nuwe beweging
aan die gang te kry, kon nie slegter gewees het nie. Dit volg
op twee weke van intense struweling en beskuldiging direk uit die
persstal van die NP dat hy by Kemptonpark "oorgegee" het. Die
debat wat daaromheen plaasgevind het, het uitgeloop op 'n
"meningsopname" deur Beeld waarin probeer bewys is dat mnr. De
Klerk oorweldigende steun geniet. Die uitslag was egter nog nie
eers behoorlik bekend nie, toe erken moes word dat David Malatsi
opdrag gekry het om 'n uitgebreide belveldtog uit die kantoor van
die NP te loods om soveel oproepe moontlik na die telefoonnommers
wat versterk is, te maak. Dit beteken dat dieselfde persoon oor-
en-oor dieselfde nommer moes sit en bel.
Die uitslag was dus 'n slenter, en geen aanduiding van steun
vir mnr. De Klerk nie.
Intussen het, na die aanvanklike beskuldiging van Die Burger
dat mnr. De Klerk bloot oorgegee het tydens die Kemptonparkse
onderhandelinge, al meer inligting aan die lig gekom dat mnr. De
Klerk en sy onderhandelingspan geen weerstand teen die ANC-
onderhandelaars gebied het nie, en voorwaar net in duie gestort
het.
Dr. Tertius Delport het erken dat hy as gevolg van die slap
houding van De Klerk reeds sy bedankingsbrief aan hom oorhandig
het. Of die weergawe van Patti Waldmeir, toentertyd
korrespondente van die Britse Financial Times, wat 'n boek
publiseer wat binne 'n maand beskikbaar sal wees met die titel,
Anatomy of a miracle, die saak oordryf dat dr. Delport mnr. De
Klerk voor die bors gegryp het en hom toegesnou het: "Wat het
jy gedoen? Jy het Suid-Afrika weggegee!" maak nie saak nie. Feit
is dat dr. Delport sy leier so ernstig verkwalik het dat hy Suid-
Afrika uitverkoop het aan die magte van die duisternis, dat hy
bereid was om daaroor te bedank.
Daarna volg nog 'n stukkie drama toe dr. Delport na 'n gesprek
met mnr. De Klerk ingestem het om partybelange voor landsbelange
te plaas en sy bedanking terug te trek sodat die NP nie as gevolg
van sy bedanking te sleg in die verkiesing moes vaar nie!
Want daarna het die NP steeds voortgegaan om in te kalwe voor
elke eis van die ANC, en het hulle selfs toegetree tot die
Regering van Nasionale Eenheid waar hulle vername poste en groot
salarisse ontvang het sonder om enigiets vir die Afrikaner of die
Blanke te beding.
Die Delport-beweging was ook nie beperk tot 'n enkeling nie.
Ook mnre. Hernus Kriel, Andr‚ Fourie en Danie Schutte was teen
die halsoorkop boedeloorgawe, en saam met dr. Delport het hulle
bymekaargekom om sake te bespreek. Om 05:30 die dag van die
noodlottige vergadering waartydens die oorgawe bevestig is, het
hierdie vier manne byeengekom om 'n opstand in die kabinet te
beplan. Die ander drie persone het egter uiteindelik daarteen
besluit.
Wat betref die besonderhede van die oorgawe van De Klerk skryf
Patti Waldmeir dat die ANC gebeure beplan, of in hulle guns benut
het om die NP tot oorgawe te dwing. So het hulle tydens die
Bisho-aanval van die onderhandelinge onttrek, en slegs
teruggekeer met groot toegewings van die NP. Net so het hulle
van mnr. De Klerk se besluit om 'n Blanke referendum te hou, in
hulle teenkanting daarteen gebruik gemaak om net sulke groot
toegewings van hom af te dwing. In so 'n mate dat Joe Slovo
uiteindelik uitgeroep het: "Hulle het oor alles gaan lˆ!" Hy
was die vader van die "Sunset clause", maar uiteindelik het die
NP so oor alles in duie gestort dat dit inderwaarheid nie eers
nodig was om so 'n bepaling te hˆ nie.
Uiteindelik het mnr. De Klerk in 'n persoonlike gesprek met
Patti Waldmeir op 'n stoep in Natal erken: "Ons is die
likwidateurs van hierdie firma."
Dit is ook bekend dat toe die NP finaal boedel oorgegee het,
Cyril Ramaphosa sy verbasing daaroor uitgespreek het en gesˆ het
dat hy uiters verbaas was dat die NP aan die einde alles net so
aanvaar het sonder om op 'n enkele versekering aan te dring.
Wat so verbaas in verband met die NP se finale besluit om te
"ontbondel" en tot 'n nuwe beweging oor te gaan, is dat daar nog
geen voorbereidings van enige aard gemaak is nie, en dat daar
geen beloftes van steun is om vanuit ander kringe in 'n nuwe
beweging op te gaan nie.
Dit dui daarop dat die NP reeds die stryd verloor het.
Toe die VP in die middel sewentigerjare 'n soortgelyke beweging
op tou gesit het, was hulle reeds ver gevorder om verskillende
groepe en partye te betrek by 'n nuwe eenheidsoffensief. Nogtans
kon die Nuwe Republiek Party wat hieruit ontstaan het, nie
oorleef nie, en is binne enkele jare tot niet.
Die NP staan voor dieselfde verdoemende oordeel.
Vorige onderwerp: Re: Die Afrikaner: NP besig met laaste stuiptrekkings
Volgende onderwerp: Nota aan Gloudina via Izak Bouwer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 11:24:04 MGT 2024