Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Weermag en pille (Waarskynlikhede)
Re: Weermag en pille (Waarskynlikhede) [boodskap #8568] Ma, 17 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote in article
...

>> beweer dat die ou Veiligheidspolisie in die laat tagtigerjare 'n
>> soortgelyke dwelmprojek gehad het waarin onder meer Mandrax teen
>> politieke vyande gebruik is."
>>
>
> Let op na die woorde: bestaan glo, na bewering, voorts - - beweer, verneem
>
> Hmm, so hoekom sukkel ek dan 'n bietjie om die storie te sluk? Ongelukkig
gaan

Ek dink die kwantum sprong in denke is nie so groot as jy onthou dat 'n
eks-generaal onlangs met sakke vol dwelms getrap is nie.

Vrye weekblad het destyds op die harde manier uitgevind met die storie van
Lothar Neethling dat jy liefs maar moet insit "beweer" en "volgens bronne"
anders sleep hierdie blikskottels, met hul onbeperkte staatshulp om
regskostes te dek jou hof toe, big time.

Ten minste haal hierdie details die pers. Ek wonder altyd hoeveel ander
stories wat joernaliste opdiep nooit geplaas word nie want volgens die
bestuur is dit te veel van 'n risiko, of nie in belang van die
adverteerders en ideologiese vennote nie.

Charl
Re: Weermag en pille (Waarskynlikhede) [boodskap #8574 is 'n antwoord op boodskap #8568] Di, 18 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Feb 1997 12:27:35 GMT, "Charl Durand" wrote:

bestuur is dit te veel van 'n risiko, of nie in belang van die[/color]
> adverteerders en ideologiese vennote nie.>>

My ervaring is:

Adverteerders: Dit gebeur soms, maar nie baie nie. As daar 'n baie
groot adverteerder is wat byvoorbeeld dreig om sy ads terug te trek -
en hy is baie groot - kom daar druk om stories af te tone.
Anders trek die rook, if you get what I mean.

Ideologie: In die verlede was niks teen die ideologiese vennote
geduld nie behalwe as dit "in fights" was, werklik in groot openbare
belang of as die ander koerante dit in elk geval gaan skryf. Dan is
dit baie kere defensief aangebied.

Deesdae is daar 'n baie welkome vryheid nie alleen wat vryheid van
spraak in die staatsopset betref nie, maar ook "in house"
Vorige onderwerp: PENVRIENDE
Volgende onderwerp: Re: KAKKIES IS TERUG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 02:54:44 MGT 2024