Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » TAALNUUS 2
TAALNUUS 2 [boodskap #8432] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Mampoer  is tans af-lyn  Mampoer
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Die CNA-letterkundeprys het na 35 jaar sy CNAlie gesien.
Die baas van CNA, Andries Smith, het in 'n brief aan uitgewers gese
die maatskappy gaan sy "hulpbronne van nou af kanaliseer om aandag te
gee aan die behoeftes van basiese geletterdheids- en opvoedkundige
ontwikkeling".
Hulle het reeds R400 000 geskenk aan die onderwysdepartemente in
Noord-Wes en Oos-Kaapland in die vorm van materiaal wat ontwikkel is
om kinders te leer lees.
"Ons glo die kernbousteen vir hierdie land se toekoms le in die
opgradering van die vlakke van geletterdheid en lees."

Dis tragies. Hul plan met geletterdheid is edel en ek weet daar is te
veel letterkundepryse waarby te min mense baat gevind het, maar
hierdie een was nog altyd bo verdenking. Dit was boonop 'n goeie
aanduiding vir lesers - hierdie boek kan jy gerus loop koop. Ook nie
net Afrikaanse boeke was betrokke nie.
Hul besluit maak sin en hopelik gaan dit veroorsaak dat daar oor net
meer as 'n dekade baie meer boeklesers is. (Die hoop beskaam mos nie.)
Hulle moet ook net hul bydraes tot geletterdheidsprogramme volhou.

Mampoer
Re: TAALNUUS 2 [boodskap #8433 is 'n antwoord op boodskap #8432] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos wrote in article
...
> On Fri, 07 Feb 1997 00:47:12 GMT, djor...@beeld.naspers.co.za
> (Mampoer ) wrote:
>
>
> te

> Wel, nou sal jy maar die boeke moet gaan lees en self besluit, ne?
> Nie 'n slegte ding nie.
>
> Maak nogal sin om mense eerder te leer lees.

Jy's baie naief as jy dink dat CNA het vreeslike humanitere idees. Ek wet
'n boks Neethlingshof Pinotage dat die CNA logo op elke stukkie wat hulle
'skenk' sal verskyn. Dis 'n mark wat hulle probeer bereik, wat
doodeenvoudig meer geld werd is as 'n elitistiese gehoor wat in elk geval
boeke by Exclusive en Facts & Fiction koop.

As die organiseerders slim is, sal dit eersdaags die Exclusive boekeprys
van die jaar wees.

Charl
Re: TAALNUUS 2 [boodskap #8434 is 'n antwoord op boodskap #8432] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Feb 1997 07:31:57 GMT, "Charl Durand" wrote:

[/color]
> As die organiseerders slim is, sal dit eersdaags die Exclusive boekeprys
> van die jaar wees.>>>

Ja.
En dan die vraag wat gaan gebeur teen die einde van die jaar as
kuber-boekwinkels op die net verskyn waar jy sonder vrese met 'n
kredietkaart sal kan betaal en dan word die boek die volgende dag
by jou afgelewer.

Jy ken seker die moeder van alle kuber-boekwinkels Amazon. Hulle het
meer as 'n miljoen boeke beskikbaar en lewer in SA af ook.

As jy dit nie ken nie, gaan check by www.amazon.com

So 'n ontwikkeling sal natuurlik beteken dat as jy weet watter
boek jy wil he, klim jy gou op die PC en bestel dit. Hulle kom lewer
dit dan more of vanmiddag af.

Dan sal 'n mens waarskynlik net boekwinkel toe gaan om te gaan
browse en om nuwe goed te soek.......en om twak te praat!

Dit kan heerlike nuwe soort e boekwinkels tot gevolg he.

Of die wat daar nou is doodmaak.
Re: TAALNUUS 2 [boodskap #8469 is 'n antwoord op boodskap #8432] So, 09 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos wrote in article
...
> On 7 Feb 1997 07:31:57 GMT, "Charl Durand" wrote:
>

> So 'n ontwikkeling sal natuurlik beteken dat as jy weet watter
> boek jy wil he, klim jy gou op die PC en bestel dit. Hulle kom lewer
> dit dan more of vanmiddag af.

My ondervinding is dat dit 'n duur opsie tans nog is. Maar dis wonderlik om
goed te kan bestel wat jy nie plaaslik kan kry nie, en boekwinkels te nors
en stupid is om vir jou te bestel! Viva vir die eerste Suid-Afrikaanse
(never mind _Afrikaanse_ net-boekwinkel! En ek wonder watter afrikaanse
skrywer gaan eerste die guts he^ om 'n totale boek op die Net te sit.
>
> Dan sal 'n mens waarskynlik net boekwinkel toe gaan om te gaan
> browse en om nuwe goed te soek.......en om twak te praat!

Absoluut. G'n plek so goed soos 'n letterkunde rak om 'n aantreklike
meisie met meer as twee breinselle by raak te loop nie.

Die boekwinkels in Jhb is besig om te verdeel in a. Die secondhand
bookshops waar jy bargain hunting kan doen, en b. Byderwetse winkels soos
Facts & Fiction, wat nou ook 'n coffeeshop binne in die winkel het, en 'n
vinnig groeiende rekenaar-afdeling, kompleet met cyber-cafe. Boekekoop word
'n sosiale ervaring, eerder as 'n ekonomiese aktiwiteit.

CNA is deesdae so 'n tipe kruis tussen 'n kafee en 'n supermark wat
toevallig boeke verkoop. Absoluut geesloos.
>
>
> Of die wat daar nou is doodmaak.

Noodwendig, ja.

Charl
>
Vorige onderwerp: Pollie ons gaan Pêrel toe
Volgende onderwerp: Leendert mijn excuses
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 21:15:21 MGT 2024