Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Nuwe beskrywende woorde
Nuwe beskrywende woorde [boodskap #84123] Di, 16 September 2003 15:42 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
1) Donderpadda ( opvlieënde persoon)
2) Grafblommetjies ( grys hare)
3) Hakkiebakkie ( Insleep-vragmotor)
Volgens Leon Rousseau in Die Burger vandag die volgende:
Dit lyk nou ook of Kaapse Afrikaans haar eie koers wil begin loop:))
Ons het nuwe tekens nodig om die nodige regte betekenis aan woorde te gee.
soos sêd - want as mens dit net as sad spel, dan rym dit met sat, bad en nat.
'n Tjalie is ook iets anders as 'n sjaal
Kaapse Afrikaans het dus drie klanke wat in standaard Afrikaans kort - die
lang oe van soe, die lang ie van twiede en die ê van sêd.
Moun beteken iets anders as moan, en simpel beteken ook iets heel anders as
simple.
Bôl ( verkul, uitoorlê) het geen ekwiwalent in Engels nie.

--
Annette
Re: Nuwe beskrywende woorde [boodskap #84137 is 'n antwoord op boodskap #84123] Di, 16 September 2003 22:51 Na vorige boodskap
e-way  is tans af-lyn  e-way
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
Bôl ( verkul, uitoorlê) het geen ekwiwalent in Engels nie.

Miskien tog, wat van 'con' ? He conned me out of
$100, of 'he conned me by taking a short cut'.
Vorige onderwerp: Geschiedenis van Afrikaans
Volgende onderwerp: So stil soos 'n .......
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:40:56 MGT 2024