Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Slegte tyding....
Slegte tyding.... [boodskap #820] Do, 19 Junie 2003 05:38 na volgende boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit is Donderdagaand. (hier in SA) Ons het verneem dat my moeder kanker het.
Waar die kanker is, en hoe ver dit al gevorder het weet ons nog nie. My pa
neem haar more Pretoria toe vir die nodige toetse. Ons is almal onder
spanning. Niemand in ons huis praat nie..ek sit die hele aand nog in my
kamer en luister na musiek.

Die telefoon hou nie op met lui nie..dit begin my gruwelooslik irriteer, al
weet ek die gemeenskap gee om, sê almal dieselfde eentonige ou rympie op. Ek
het my oorfone opgesit sodat ek 'n verskoning het om nie die elendige ding
te gaan antwoord nie...

Ek was nie gisteraand lus om te gesêls nie. Ek het gisteraand so 08h00 by
die huis gekom. Ek het gaan drukwielle haal vir die John Deere 450
koringplanter.
Ek was die hele dag op die pad en was 'n bietjie moeg.

Verder het ek nie veel nuus nie, behalwe dat dit taamlik aan die koue kant
is, dan waai die wind ook nog op hierdie oomblik.

Sal julle laat weet hoe dit met my ma gaan.

Groete,
Andries.
Re: Slegte tyding.... [boodskap #829 is 'n antwoord op boodskap #820] Do, 19 Junie 2003 07:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hi Andries,

Eks jammer vir jou ma en julle familie, dit is 'n siekte die nie enige
sekerheid gee nie.

Ons wens dit sal nie te erg wees nie!!!

Gr,Rico

"Andries Kriel" skryf in boodskap news:bcqil6$jer$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dit is Donderdagaand. (hier in SA) Ons het verneem dat my moeder kanker het.
> Waar die kanker is, en hoe ver dit al gevorder het weet ons nog nie. My pa
> neem haar more Pretoria toe vir die nodige toetse. Ons is almal onder
> spanning. Niemand in ons huis praat nie..ek sit die hele aand nog in my
> kamer en luister na musiek.
>
> Die telefoon hou nie op met lui nie..dit begin my gruwelooslik irriteer, al
> weet ek die gemeenskap gee om, sê almal dieselfde eentonige ou rympie op. Ek
> het my oorfone opgesit sodat ek 'n verskoning het om nie die elendige ding
> te gaan antwoord nie...
>
> Ek was nie gisteraand lus om te gesêls nie. Ek het gisteraand so 08h00 by
> die huis gekom. Ek het gaan drukwielle haal vir die John Deere 450
> koringplanter.
> Ek was die hele dag op die pad en was 'n bietjie moeg.
>
> Verder het ek nie veel nuus nie, behalwe dat dit taamlik aan die koue kant
> is, dan waai die wind ook nog op hierdie oomblik.
>
> Sal julle laat weet hoe dit met my ma gaan.
>
> Groete,
> Andries.
>
Re: Slegte tyding.... [boodskap #831 is 'n antwoord op boodskap #820] Do, 19 Junie 2003 10:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jock  is tans af-lyn  Jock
Boodskappe: 14
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
> Dit is Donderdagaand. (hier in SA) Ons het verneem dat my moeder kanker het.
> Waar die kanker is, en hoe ver dit al gevorder het weet ons nog nie. My pa
> neem haar more Pretoria toe vir die nodige toetse. Ons is almal onder
> spanning. Niemand in ons huis praat nie..ek sit die hele aand nog in my
> kamer en luister na musiek.
KNIP>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>

Ik hoop voor je dat het goed komt Andries. Ik heb zelf ervaring met kanker.
Het brengt altijd veel spanning mee en maakt je een beetje neurotisch. Maar
er zijn goede methode's tegenwoordig. Maar dat vertelt iedereen aan je
waarschijnlijk. Ik kan je alleen maar sterkte toewensen. Hou vol man.

Ik zal een gebedje zeggen vor jou en je moeder,

Jock
Re: Slegte tyding.... [boodskap #835 is 'n antwoord op boodskap #820] Do, 19 Junie 2003 19:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
speedy Conzales[1]  is tans af-lyn  speedy Conzales[1]
Boodskappe: 5
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 18 Jun 2003 22:38:47 -0700, "Andries Kriel"
wrote:

> Dit is Donderdagaand. (hier in SA) Ons het verneem dat my moeder kanker het.

>
> Sal julle laat weet hoe dit met my ma gaan.
>
> Groete,
> Andries.
>


So paar dae gelede het 'n 'nuwe' kliënt by my kantoor
ingestap, Andries. 'n Vrou in haar vroeê 50's. Gevra
dat ek haar met iets aangaande haar finansiële
beplanning help, en so terloop genoem dat sy
heelwat jare gelede kanker gehad het. Dit was so
op 'n terloopse manier genoem dat ek nie rede
gehad het om te antwoord daarop nie.

Vanmôre was sy by my vergesel van haar dogter.
Netjiese mense. Gevra dat ek vir haar 'n testament
opstel. Vanmôre het sy verder vertel. Ondermeer dat
sy on 1980 gediagnoseer is met kanker, en volkome
daarvan genees het.

'n Ander kliënt, het my kliënt geword na hy 'n operasie
en bestraling gehad het vir breinkanker. Hoe lank gelede
hy gediagnoseer was, weet ek nie, maar wel dat hy al ongeveer
twaalf jaar 'n kliënt van my is. 'n Gesonde bles:-) jong man
van sowat 45 jaar oud. Die enigste teëspoed wat hom intussen
getref het, is dat sy vrou hom verlaat het, en hom werklik finansieël
geknou het. Finansies is op die sak, en dit kan weer herstel:-)

Kanker is oorwin, Andries. Moet asseblief nou net nie jou ma
behandel asof sy 'n begrafnispolis moet kry nie. Wees steeds net lief
vir haar en wys haar dat sy spesiaal is.

'n Skoonsuster van my word Maandag geopereer vir 'n gewas op haar
brein. Gisteraand het sy haarself nie verknies nie, maar gesê dat sy
roomkoek wil hê. Kanker is nie meer 'n doodsvonnis nie, Andries, maar
slegs 'n baie ernstige siekte.
Re: Slegte tyding.... [boodskap #839 is 'n antwoord op boodskap #820] Do, 19 Junie 2003 20:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
speedy Conzales[1]  is tans af-lyn  speedy Conzales[1]
Boodskappe: 5
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 19 Jun 2003 21:59:06 -0700, "Andries Kriel"
wrote:

> Dankie. So jy is 'n prokureur van beroep??
>
> Powered By Linux Mandrake 9.0
>

Is jy deurmekaar? Jy werk te lang ure, Andries,
en Linux maak jou kop deurmekaar.
Ek is 'n skaker. 'n Motorskaker. Jy't net vergeet.

Speedy
Re: Slegte tyding.... [boodskap #840 is 'n antwoord op boodskap #820] Do, 19 Junie 2003 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Andries Kriel" skryf in boodskap news:bct4na$s62$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dankie. So jy is 'n prokureur van beroep??
>
> My ma en pa Pretoria toe vandag. Hulle moet die aand daar oorslaap vir 'n
> biopsie en alles wat daarmee saamgaan.
>
>
> Powered By Linux Mandrake 9.0
>

Ag nee wat Andries, hy is die Finance besigheid (seker om die karre te
finance). Maar hy kon 'n prokureur gewees het.... Ek kan die ry kliente daar
by die hoofkantoor sien wag....

Lorinda
Re: Slegte tyding.... [boodskap #842 is 'n antwoord op boodskap #820] Do, 19 Junie 2003 20:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
speedy Conzales[1]  is tans af-lyn  speedy Conzales[1]
Boodskappe: 5
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 19 Jun 2003 22:08:18 -0700, "Andries Kriel"
wrote:


> Of lei jy dalk aan 'n identiteits krisis??

O, so jy is toe in werklikheid 'n sielkundige
wat hom verbeel hy's in die trekkerbesigheid?
'n Wens van kliensaf gewees?

Speedy - langs die grootpad
Re: Slegte tyding.... [boodskap #843 is 'n antwoord op boodskap #840] Do, 19 Junie 2003 20:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
speedy Conzales[1]  is tans af-lyn  speedy Conzales[1]
Boodskappe: 5
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 19 Jun 2003 21:07:43 +0100, "Lorinda" wrote:

> Ek kan die ry kliente daar
> by die hoofkantoor sien wag....
>
> Lorinda
>

Gewapendes, Lorinda:-)))

Speedy - oor sy skouerkykend
Re: Slegte tyding.... [boodskap #845 is 'n antwoord op boodskap #843] Do, 19 Junie 2003 20:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"speedy Conzales" skryf in boodskap news:rg64fv8f8o94fvts7vdir399bb3fpfq6i9@4ax.com...
> On Thu, 19 Jun 2003 21:07:43 +0100, "Lorinda"
> wrote:
>
>> Ek kan die ry kliente daar
>> by die hoofkantoor sien wag....
>>
>> Lorinda
>>
>
> Gewapendes, Lorinda:-)))
>
> Speedy - oor sy skouerkykend
>
LOL. Ons gaan almal een van die dae oor ons skouers kyk - het jy Andries se
nuwe persoonlikheid gesien? Hy het homself nou by die Eksistensialiste
aangesluit.

Lorinda
Re: Slegte tyding.... [boodskap #850 is 'n antwoord op boodskap #820] Do, 19 Junie 2003 21:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy  is tans af-lyn  Speedy
Boodskappe: 224
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 19 Jun 2003 22:20:17 -0700, "Andries Kriel"
wrote:

> ja, wat ook al. Jy is regtig uniek, ek moet sê.


.:-))) 'n kompliment van jou af, (!)
in die vegtende houding waarin
jy die laaste tyd is:-)))
Dankie Andries...:-0

Speedy - met 'n sug van verligting

Powered By Windows XP
Re: Slegte tyding.... [boodskap #858 is 'n antwoord op boodskap #835] Vr, 20 Junie 2003 04:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie. So jy is 'n prokureur van beroep??

My ma en pa Pretoria toe vandag. Hulle moet die aand daar oorslaap vir 'n
biopsie en alles wat daarmee saamgaan.


Powered By Linux Mandrake 9.0
Re: Slegte tyding.... [boodskap #860 is 'n antwoord op boodskap #839] Vr, 20 Junie 2003 05:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou is ek ietwat deurmekaar..sonder grappies...
Of lei jy dalk aan 'n identiteits krisis??

--
Powered By Linux Mandrake 9.0
Re: Slegte tyding.... [boodskap #862 is 'n antwoord op boodskap #842] Vr, 20 Junie 2003 05:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
ja, wat ook al. Jy is regtig uniek, ek moet sê.

--
Powered By Linux Mandrake 9.0

"speedy Conzales" skryf in boodskap news:na64fv0irjaptott1gbdkvu89sh7h7sgde@4ax.com...
| On Thu, 19 Jun 2003 22:08:18 -0700, "Andries Kriel"
| wrote:
|
|
| >Of lei jy dalk aan 'n identiteits krisis??
|
| O, so jy is toe in werklikheid 'n sielkundige
| wat hom verbeel hy's in die trekkerbesigheid?
| 'n Wens van kliensaf gewees?
|
| Speedy - langs die grootpad
Re: Slegte tyding.... [boodskap #864 is 'n antwoord op boodskap #845] Vr, 20 Junie 2003 05:25 Na vorige boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Huh??


Hy het homself nou by die Eksistensialiste = ???
| aangesluit.
|
| Lorinda

--
Powered By Mandrake Linux 9.0
Vorige onderwerp: Gawe Advertensies
Volgende onderwerp: Iemand om meet te praat!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 10:30:22 MGT 2024