Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dis heerlike lente ...
Dis heerlike lente ... [boodskap #83038] Vr, 29 Augustus 2003 04:10 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die witstinkhoutbome se blaartjies is ongeveer 5mm lank - wat beteken dat
die lente hier is.
Op skool was 1 September Lentedag. Dan het al die meisies blomme in hul hare
gedra.
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83043 is 'n antwoord op boodskap #83038] Vr, 29 Augustus 2003 09:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Op skool was 1 September Lentedag. Dan het al die meisies blomme in hul hare
> gedra.

'n Vriend van my was op Sterkstroom op skool, klein dorpie met 'n
klein skool. In matriek was hy die enigste seun in die klas en toe
kies die skool hom as Lentekoningin. Op 'n vlot deur die strate gery
en alles.
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83044 is 'n antwoord op boodskap #83038] Vr, 29 Augustus 2003 10:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vir ons Namibiërs beteken lente dat 'simpeltyd' amper verby is........dis
nou wintertyd!

"Jonas" skryf in boodskap news:bimjnh$mnj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die witstinkhoutbome se blaartjies is ongeveer 5mm lank - wat beteken dat
> die lente hier is.
> Op skool was 1 September Lentedag. Dan het al die meisies blomme in hul hare
> gedra.
>
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83045 is 'n antwoord op boodskap #83038] Vr, 29 Augustus 2003 10:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dit het ek teen die Kaap - hier is nie behoorlike lente nie. Dit "fade" net
so oor somer toe, groen dwarsdeur. As oud-hoëvelder mis ek daardie warmer
dae, die geur van die appelkoosbloeisels, die geur van daai eerste reën op
die stof en die droë gras...

Ek was konsekwent elke lente verlief. Dit mis ek nie. Behalwe soms.

"Jonas" skryf in boodskap news:bimjnh$mnj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die witstinkhoutbome se blaartjies is ongeveer 5mm lank - wat beteken dat
> die lente hier is.
> Op skool was 1 September Lentedag. Dan het al die meisies blomme in hul hare
> gedra.
>
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83046 is 'n antwoord op boodskap #83038] Vr, 29 Augustus 2003 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 29 Aug 2003 06:10:06 +0200, "Jonas" wrote:

> Die witstinkhoutbome se blaartjies is ongeveer 5mm lank - wat beteken dat
> die lente hier is.
> Op skool was 1 September Lentedag. Dan het al die meisies blomme in hul hare
> gedra.
>

Oh, is dit nou lente by julle daar in SA? Doen julle nou al werk in
julle groentetuintjies? Wat saai en plant julle daar almal in?

Norbert (uit Vlaandere)
'n foto van me groentetuin staan hier:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/De_tuin1.jpg
(Passop: hierdie file is nogal groot - 339635 bytes!)
Ons het 'n goeie somer gehad wat baie en grote groentes opgelewer het!
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83047 is 'n antwoord op boodskap #83045] Vr, 29 Augustus 2003 11:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jaaa - jy kom mos ook van hierdie wêreld af. Moenie jaloers wees nie, dit
was vrek koud die laaste paar dae. Asof die winter nou eers wakker geskrik
het. Die wind het ons deurmekaar gewaai, en die vieslike rooi/swart, stof
(besoedeling) het orals gelê. Ons het darem al so bietjie reën ook gehad,
so ek sal oor 'n week of vat kan begin swem.

E

"Koot" skryf in boodskap news:bin9ag$21f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dit het ek teen die Kaap - hier is nie behoorlike lente nie. Dit "fade" net
> so oor somer toe, groen dwarsdeur. As oud-hoëvelder mis ek daardie warmer
> dae, die geur van die appelkoosbloeisels, die geur van daai eerste reën op
> die stof en die droë gras...
>
> Ek was konsekwent elke lente verlief. Dit mis ek nie. Behalwe soms.
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83094 is 'n antwoord op boodskap #83045] Sa, 30 Augustus 2003 21:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
liggies ruk die wind aan haar rok wyl sy huppelvoets
oor die vlaktes blomme trippel onder die skadu van tafelberg
dan is die lug diep blou en die goud van die sonsak
die kleur van plattelandse grondpaaie na melkbos

haar vel koel en vol knoppies wanneer die duiwel rook
en sy dampe verleidelik oor die piek tuimel wyl die lang
grasse swieg en die snoek loop, september- september
roep die bergdassies wanneer die wind begin waai
oor die vyge, die wingerd, die baai, dis lente in die kaap
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83125 is 'n antwoord op boodskap #83094] Ma, 01 September 2003 09:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Goed, verse sal dit vir my spesiaal maak.

"heksie" skryf in boodskap news:3f51137d.26055908@news.intekom.co.za...

> liggies ruk die wind aan haar rok wyl sy huppelvoets
> oor die vlaktes blomme trippel onder die skadu van tafelberg
> dan is die lug diep blou en die goud van die sonsak
> die kleur van plattelandse grondpaaie na melkbos
>
> haar vel koel en vol knoppies wanneer die duiwel rook
> en sy dampe verleidelik oor die piek tuimel wyl die lang
> grasse swieg en die snoek loop, september- september
> roep die bergdassies wanneer die wind begin waai
> oor die vyge, die wingerd, die baai, dis lente in die kaap
>
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83127 is 'n antwoord op boodskap #83125] Ma, 01 September 2003 09:14 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die werklikheid is dat ons vandag 'n grys, reënerige wintersdag het.
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:biv231$1hk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Goed, verse sal dit vir my spesiaal maak.
>
> "heksie" wrote in message
> news:3f51137d.26055908@news.intekom.co.za...
>
>> liggies ruk die wind aan haar rok wyl sy huppelvoets
>> oor die vlaktes blomme trippel onder die skadu van tafelberg
>> dan is die lug diep blou en die goud van die sonsak
>> die kleur van plattelandse grondpaaie na melkbos
>>
>> haar vel koel en vol knoppies wanneer die duiwel rook
>> en sy dampe verleidelik oor die piek tuimel wyl die lang
>> grasse swieg en die snoek loop, september- september
>> roep die bergdassies wanneer die wind begin waai
>> oor die vyge, die wingerd, die baai, dis lente in die kaap
>>
>
Vorige onderwerp: Die Boot Nog steeds
Volgende onderwerp: Die Stoute Skare
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 04:58:19 MGT 2024