Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Dis al " van JAN F.E. CILLIERS
"Dis al " van JAN F.E. CILLIERS [boodskap #8186] So, 26 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
As iemand my sou vra wat die grootste gedig
in Afrikaans is, sou ek die volgende gedig kies:

DIS AL
Jan F.E.Cilliers

Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en 'n voël draai bowe in eensame vlug -
dis al.

Dis 'n balling gekom
oor die oseaan,
dis 'n graf in die gras,
dis 'n vallende traan -
dis al.

Dit het my spesiaal getref toe ek die volgende
woorde van Mathews Phosa lees in November
1996 uitgawe van De Kat, waarin daar 'n onder-
houd met hom is, gedoen deur Johann de Lange.
"Cilliers het sy gedig 'Dis al' nie bedoel as
revolusione^re gedig nie, maar as ek dit lees
dan besef ek hy praat van vroue wat in kon-
sentrasiekampe geplaas is, wat verkrag en
vermoor is. En ek dink: wat van die town-
ships, van my eie ervarings.Ons moes 'n les
geleer het uit daardie ervaring, maar ons het
nie. Dit het ons meer as veertig jaar geneem
om die les te leer, maar dit is goed dat ons dit
geleer het...."

Dit ontroer my dat 'n nuwe geslag ook hierdie gedig
as betekenisvol kon sien, hul eie kon maak.

Gloudina Bouwer
Re: "Dis al " van JAN F.E. CILLIERS [boodskap #8205 is 'n antwoord op boodskap #8186] Ma, 27 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die weergawe wat op skool die rondte gedoen het, gaan as volg:

Dis die koei,
dis die stal,
dis die mis wat val,
dis al...
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
Re: "Dis al " van JAN F.E. CILLIERS [boodskap #8206 is 'n antwoord op boodskap #8186] Ma, 27 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:

[...]

> Dit het my spesiaal getref toe ek die volgende
> woorde van Mathews Phosa lees in November
> 1996 uitgawe van De Kat, waarin daar 'n onder-
> houd met hom is, gedoen deur Johann de Lange.

[...]

> Dit ontroer my dat 'n nuwe geslag ook hierdie gedig
> as betekenisvol kon sien, hul eie kon maak.

> Gloudina Bouwer

Nee wat, Gloudina. Daardie deel van die "nuwe geslag" wat De YuppyKat lees sit
hoofsaaklik in die buiteland of op die lughawe op pad soontoe.

(De Kat herinner juis aan niks so veel as aan die invlugtydskrif van 'n
derderangse lugdiens nie.)

Groete, Leendert
Re: "Dis al " van JAN F.E. CILLIERS [boodskap #8241 is 'n antwoord op boodskap #8186] Di, 28 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article,
writes:

Die weergawe wat op skool die rondte gedoen het, gaan as volg:
>
> Dis die koei,
> dis die stal,
> dis die mis wat val,
> dis al...
> --
> Stefan...@mbnet.mb.ca

of soos volg(Die stukkies wat ek kan onthou anyway)

Dis die blond dis die blou
dis die brooklax wat ek kou
dis die pyn op my maag
wat my lavatrie toe jaag
dis die lavatrie se deur
wat my dolle vaart keer

dis 'n drol wat val
met 'n gruwelike knal
dis te laat om te vloek
dis klaar in my broek

dis al

met apologie aan die speelgrond digters.
Re: "Dis al " van JAN F.E. CILLIERS [boodskap #8242 is 'n antwoord op boodskap #8186] Di, 28 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 27 Jan 1997 07:34:00 GMT, Stefan...@mbnet.mb.ca (Stefan Harms) wrote:
<<>Die weergawe wat op skool die rondte gedoen het, gaan as volg:
> Dis die koei,
> dis die stal,
> dis die mis wat val,
> dis al...>>>

Daar was ook 'n ander een:

Dis die blond
dis die blou
dis die Brooklax wat ek kou
Dit die K...huis se deur
wat my volle vaart keer.
Dis helse gevloek
en 'n gek.... in my broek.
Dis al.
Re: DIS AL van Jan F.E. Cilliers [boodskap #8300 is 'n antwoord op boodskap #8186] Vr, 31 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Stefan Harms het geskryf:

<<>Die weergawe wat op skool die rondte gedoen het, gaan as volg:
>
> Dis die koei,
> dis die stal,
> dis die mis wat val,
> dis al...>>>

Toe skryf koos: >Daar was ook 'n ander een....

Maar Koos laat 2 reels uit, dit gaan eintlik so:

Dis die blond
dis die blou
dis die Brooklax wat ek kou
dis die pyn op my maag
wat my levitrie toe jaag
Dit die Kakhuis se deur
wat my keer.
Dis helse gevloek
en 'n gekak in my broek.
Dis al.

My verskoning aan Gloudina om 'n pragtige gedig so te vermorsel.

Terloops: Onthou julle daai een van
"DIE PAARL SE JAARLIKSE POEPWEDSTRYD" ????
Dit het so die rondte gedoen by al die hoerskole in die kaap.
Vieslik en skatalogies sou my vrou sê,
maar vir my was dit vreeslik snaaks.
Ek wonder of ek dit nog iewers het....

Leendert skryf hy hou nie van De Kat nie...
Ek het ook my probleme daarmee.
Maar ek kry nou "INSIG", en ek is baie beindruk daarmee.
Dit het baie artikels oor politiek, letterkunde, kuns en kultuur,
en dit is darem nie te verkramp nie.

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: DIS AL van Jan F.E. Cilliers [boodskap #8301 is 'n antwoord op boodskap #8300] Vr, 31 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article , gal...@ibm.net wrote:

(dele uitgelos)
> Dis helse gevloek
> en 'n gekak in my broek.
> Dis al.
>
> My verskoning aan Gloudina om 'n pragtige gedig so te vermorsel.

Ons praat nou van die verskil tussen *pragtige* en *kragtige* gedigte -

In 'n verlate spoorwegwerkswinkel op Usakos, het iemand die volgende
kragtige gediggie op 'n muur gekras:

James Bond
het 'n hond
met 'n bont kont.

(as daar gras in Usakos daardie jaar was, sou ons van 'n grass-roots level
gedig gepraat het.)
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
Vorige onderwerp: "Man met Flits" van D.J.OPPERMAN (vir Koos die Tweede)
Volgende onderwerp: 'n Gedig van PHILIP DE VOS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 00:16:53 MGT 2024