Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Koue Oorlog " deur STEPHAN BOUWER
"Koue Oorlog " deur STEPHAN BOUWER [boodskap #8102] Di, 21 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
KOUE OORLOG
Stephan Bouwer

Eers was net die water koud
wat uit die warmwaterkraan gekom het
sodat my pa nie kon skeer nie
Maar toe wou die oond nie warm word
toe ma wou soetkoekies bak nie
Na twee uur het my gefrustreerde suster
met nat hare en krulpenne
onder die droër uitgeklim
Toe het ek die gordyne oopgetrek
om te sien wat aangaan:

'n Stalagtiet van ys het van die son afgehang
tot op die aarde

(gepos deur gloudina bouwer)
Re: "Koue Oorlog " deur STEPHAN BOUWER [boodskap #8119 is 'n antwoord op boodskap #8102] Wo, 22 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
On 21 Jan 1997 17:50:28 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
> KOUE OORLOG
> Stephan Bouwer
>
> Eers was net die water koud
> wat uit die warmwaterkraan gekom het
> sodat my pa nie kon skeer nie
> Maar toe wou die oond nie warm word
> toe ma wou soetkoekies bak nie
> Na twee uur het my gefrustreerde suster
> met nat hare en krulpenne
> onder die droër uitgeklim
> Toe het ek die gordyne oopgetrek
> om te sien wat aangaan:
>
> 'n Stalagtiet van ys het van die son afgehang
> tot op die aarde
>
>
> (gepos deur gloudina bouwer)
>

Asseblief!!!

Nou raak julle darem te erg.

Koos kakkies
Re: "Koue Oorlog " deur STEPHAN BOUWER [boodskap #8170 is 'n antwoord op boodskap #8102] Vr, 24 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mcb...  is tans af-lyn  mcb...
Boodskappe: 9
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ag *** tog! (ek bedoel eintlik ag sies tog)
Re: "Koue Oorlog " deur STEPHAN BOUWER [boodskap #8248 is 'n antwoord op boodskap #8102] Di, 28 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 22 Jan 1997 23:29:57 GMT, cvb...@burger.naspers.co.za (koos) wrote:
<<>Asseblief!!!
>
> Nou raak julle darem te erg.
>
> Koos kakkies>>>

1. Te erg vir wat?
2. Hoekom lees jy dit?
(Huisgenoot nie die week gekom nie, of hoekom is jy so omgekrak
Kakkies?)
Re: "Koue Oorlog " deur STEPHAN BOUWER [boodskap #8276 is 'n antwoord op boodskap #8102] Do, 30 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 30 Jan 1997 17:54:32 GMT, cvb...@burger.naspers.co.za (kakkies) wrote:
<<>(so vlak soos Huisgenoot ookal is, hulle sal straks lag vir hierdie
> digkuns)>>>

Hulle sal waarskynlik.
Maar hulle het vir Breyten se gedigte ook gelas, natuurlik.
Re: "Koue Oorlog " deur STEPHAN BOUWER [boodskap #8277 is 'n antwoord op boodskap #8102] Do, 30 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 28 Jan 1997 12:27:34 GMT, fe...@is.co.za (Koos) wrote:
>
> 1. Te erg vir wat?
> 2. Hoekom lees jy dit?
> (Huisgenoot nie die week gekom nie, of hoekom is jy so omgekrak
> Kakkies?)
>

1. Te erg vir ore wat nou al toegestop voel vir hierdie soort
sentimentele snert.

2. Toevallig gelees. Jy moet eers die posting oopmaak om te sien wat
daarin aangaan. Die hoe hierdie nuusgroepe werk, jy weet.
(so vlak soos Huisgenoot ookal is, hulle sal straks lag vir hierdie
digkuns)

Groete

Kakkies
Re: "Koue Oorlog " deur STEPHAN BOUWER [boodskap #8278 is 'n antwoord op boodskap #8102] Do, 30 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , cvb...@burger.naspers.co.za says...
>
> On Tue, 28 Jan 1997 12:27:34 GMT, fe...@is.co.za (Koos) wrote:
>
>>
>> 1. Te erg vir wat?
>> 2. Hoekom lees jy dit?
>> (Huisgenoot nie die week gekom nie, of hoekom is jy so omgekrak
>> Kakkies?)
>>
>>
> 1. Te erg vir ore wat nou al toegestop voel vir hierdie soort
> sentimentele snert.
>
> 2. Toevallig gelees. Jy moet eers die posting oopmaak om te sien wat
> daarin aangaan. Die hoe hierdie nuusgroepe werk, jy weet.
> (so vlak soos Huisgenoot ookal is, hulle sal straks lag vir hierdie
> ''digkuns'')
>
>
> Groete
>
> Kakkies

Koos die tweede,
Hou jy spesifiek nie van hierdie gedig nie?
Dit was goed genoeg vir Opperman om dit in
die Groot Verseboek op te geneem het. Dig
Stephan Bouwer nog? Is hy goed?
Jy praat altyd van die "sentimentele gediggies."
Het jy dit teen digwerk in die algemeen, of net teen
my keuse van gedigte in besonder? Ek sal probeer
meer intellektuele dinge pos. Net vir jou, een van
die dae, "Man met Flits" van Opperman. Vertel
my dan wat jy daarvan dink.
Intussen pos ek maar voort. As jy weet hoeveel
mense my bedank dat ek dit doen - meestal mense
in die buiteland: oud-Afrikaners, Nederlanders, ook
Vlaminge, nou die dag iemand uit Ierland, met 'n
Engelse naam.
Gloudina.
Vorige onderwerp: ANTJIE KROG, feminis?
Volgende onderwerp: "god het jou laat val" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 21:17:42 MGT 2024