Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Federasie in Namibië?
Federasie in Namibië? [boodskap #82618] Do, 21 Augustus 2003 11:13
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie snaaks dat nou, 14 jaar na onafhanklikheid in Namibië, die
verskillende volke begin stem dikmaak op soeke na 'n eie gebied met 'n eie
soort van regering nie? Eers was dit laas week die Herero's wat via hulle
opperhoof geëis het dat hulle beheer oor hulle eie land in 'n federale
stelsel wil hê en gister was dit die Basters van die Rehoboth-area wat
besluit het om die regering aan te vat en aansoek te doen om hul eie gebied
te beheer. Beide voel dat die sentrale regering wat beheer word deur die
massa Owambo-stem nie in staat is om hulle onderlinge bevolkingsbehoeftes
reg te hanteer nie.
Dis natuurlik vrek interessant want 'n federale stelsel is presies dit
wat die ou SA regering in gedagte gehad het met die skepping van tuislande
vir minderhede wat dit tot nog toe nie 'n afgebakende gehad het nie. Dis
toe dat onder die Odendaalplan grond van blanke boere uitgekoop is om dit
aan swart boere van die betrokke stam van daardie gebied oor te gee. Daar
is gevoel dat 'n swart boer slegs by uitsondering in staat sou wees om 'n
plaas van die grond af op te bou en suksesvol te maak. Daarvoor sou hy
massiewe staatshulp nodig hê en soort van beskerm word in 'n gebied waar sy
produkte nie direk in kompetisie kom met die reeds suksesvolle produseerders
van die land nie.
Om die volkere gelyke verteenwoordiging in die sentrale regering te gee,
sou elke stam of groep mense in sy eie stamgebied kon stem, sowel as in die
algemene landbestek. Dit beteken dat jy 'n regverdige verteenwoordiging
van die volkere het, sowel as die meerderheidskeuse van die land as geheel.
Dis egter in vlamme afgeskiet as 'n poging van die witman om die swartman
onder sy duim te hou en is 'n politieke party vandag aan beheer met 'n
meerderheidstem waarvan die stemme 80% in die noorde van die land
[Owamboland] geleë is en meeste van die nuwe ontwikkeling in die land vind
daar plaas. Mens moet toegee dat Swapo die perfekte doen deur sy stemmers
tevrede te hou, maar wat word van die ander mense van die land? Blanke
oorheersing het nou net Owambo oorheersing geword en apartheid loop nog
sterk in Namibië!
Vorige onderwerp: Uitlokking: Skuldig of nie?
Volgende onderwerp: Geen Royal meer nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 04:21:52 MGT 2024