Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Brief aan God" van SARINA DO"NGES
"Brief aan God" van SARINA DO"NGES [boodskap #8239] Di, 28 Januarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
BRIEF AAN GOD
Sarina Dönges

liewe God
Pierrot en ek drink vanaand
Chivas Regal en Mozart met ys
en fyngekapte melancholie
buite het die bome
te diep in die bottel gekyk,
die maan lê papperig, ge-
hangmat tussen sterre
die nag het die blues
en op die laupunkt
vra Duval na die sin
van die bisarre aardse spel.

stiltes raas dinge oop God
"miskien moes donker blou gewees het",
sê ek vir Pierrot. wonder:
is U ook 'n nar, 'n soort sot,
briljante akteur wat 3 rolle speel
of is U U en wie is U
en is U? en wie kan
die babelaas bome troos
en wie kan die maan
weer regop laat staan
en wie gaan Melancholie se begrafnis reël?

ag liewe God
kom lê tog een nag, nugter
besoek af by my en Pierrot.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: hier's een vir julle
Volgende onderwerp: ANTJIE KROG, feminis?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 19:36:57 MGT 2024