Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sagmoedige Neelsie
Sagmoedige Neelsie [boodskap #8225] Di, 28 Januarie 1997 00:00
HvanZyl  is tans af-lyn  HvanZyl
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
So 'n dag of drie voor die Kongokoors-uitbraak by die Oudshoorn
Volstruisabattoir verlede jaar, sien ek vir die eerste keer hoe Oudshoorn
lyk. Dit het so gereen op Sedgefield en Knysna dat enige ekskursie na die
binneland vir 'n natgereende Valie 'n uitkoms was. Dit is 'n interessante
dorp en die omgewing het geblom na so ongeveer vyf duim reen (waaroor 'n
boer daar rond redelik ongelukkig was toe hy op die ou pastorie se stoep
oor 'n koppie koffie sy lot bekla het). Ek benut toe die geleentheid om
ook by Sagmoedige Neelsie se blyplek, Arbeidsgenot, uit te kom.

Alhoewel ek die meeste van sy werke gelees het (het die rooi stel
versamelde werke) weet ek maar min van Langenhoven as mens. Dit is dus 'n
interessante besoek en ek geniet dit om te sien hoe die wysgeer geleef het
- van die blomtuin buite tot vroutjie se hemelbed wat eintlik vir 'n
Indiese prinses bestem was. In die agterplaas by die kantoor van die
kurator is daar 'n hele klomp boeke beskikbaar en ek staan en kwyl. Elsabe
kry my jammer (sy het bankkussings in Knysna gekry) en koop vir my J.C.
Kannemeyer se biografie oor Langenhoven.

Die res van die vakansie lees ek aanmekaar en geniet dit vreeslik. Die
biografie gee mens 'n heel ander insig in die mens Langenhoven, en het 'n
besonder gepaste titel, nl. "'n Lewe".

Na my mening het Kannemeyer 'n baie gedugte taak aangepak en het dit
deeglik, eerlik en sonder omhaal of voorbehoud afgehandel. Ten spyte van
die lang tydsverloop sedert Langenhoven se dood (62 jaar) en sy eksentrieke
testament (vrees vir skyndood, geen hulp aan biograwe) kon Kannemeyer
genoeg inligting bekom om regtig 'n omvattende werk daar te stel. Dit is
ook duidelik dat Langenhoven 'n komplekse mens was met baie verskillende
fasette, party waarvan ek totaal onbewus was. Wat my veral opgeval het, is
dat Kannemeyer daarin slaag om met 'n verteltrant wetenskaplik streng
korrek te skryf. Dit is nogal 'n lessie vir die van ons wat af te toe
probeer om iets in 'n wetenskaplike tydskrif gepubliseer te kry, maar
sukkel om die ding tog lekker leesbaar te hou.

Wie van julle het dit al onder oë gehad?

Hans

========================================
Hans van Zyl
Molekulêre Genetika
LNR Diereverbeteringsinstituut Irene
Privaatsak X2
1675 IRENE
========================================
Vorige onderwerp: OEPSIE KEDOEPSIE
Volgende onderwerp: Re: Taalnuus uit Afrizania
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 09:06:44 MGT 2024