Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Regte en Voorregte
Regte en Voorregte [boodskap #81316] Di, 29 Julie 2003 09:05 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
In Huisgenoot is daar 'n artikel van 'n oudonderwyser wat beweer dit is die
ouers se skuld as hul kinders stout en onbeheerbaar is.
En die medisyne is nie Retalin nie, maar geld.

Ek stem natuurlik nie saam nie - want die kind moet eerstens leer dat hy/sy
nie iets kan verdien sonder om take te verrig nie.

Annette
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81318 is 'n antwoord op boodskap #81316] Di, 29 Julie 2003 09:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri  is tans af-lyn  Henri
Boodskappe: 69
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ek verstaan nie mooi nie.
Hoe bring hy geld en gedrag bymekaar uit? Laat ek raai:
Hoe meer geld ouers het, hoe beter kan aan die kind se behoeftes voorsien
word - dus sal die kind meer positief optree.

Speedy sê mos ek's stadig. (Lyk of hy vir 'n verandering werk toe is)

"Annette" skryf in boodskap news:bg5dni$kt0qh$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> In Huisgenoot is daar 'n artikel van 'n oudonderwyser wat beweer dit is die
> ouers se skuld as hul kinders stout en onbeheerbaar is.
> En die medisyne is nie Retalin nie, maar geld.
>
> Ek stem natuurlik nie saam nie - want die kind moet eerstens leer dat hy/sy
> nie iets kan verdien sonder om take te verrig nie.
>
> Annette
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81325 is 'n antwoord op boodskap #81318] Di, 29 Julie 2003 10:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee - dit werk so - en dis niks met stadig te doen nie.
Die stouterd kry byv R1 per week van die ouer.
Vir elke keer wat die kind volgens die ouer onbehoorlik optree, word daar 5c
afgetrek.
Dis glo vir die kind verskriklik dan om minder geld aan die einde van die
week te kry, en hy/sy begin hulle te gedra.

Maar dis nie al nie, soos die TV sê:
Sou 'n kind herhaaldelik dieselfde oortreding begaan, of stouter goed doen,
dan moet mens minder aftrek, byv 2c per oortreding, want daar moet nog geld
oor wees om vir die kind aan die einde van die week te gee.

Nou my argument is natuurlik:
1) Hoe gaan die kind leer om geld te verdien deur te werk as sy/hy geld
verdien deur hulle bloot te gedra?
2) Hoe werk die ding op 'n kleintjie vir wie geld geen waarde het nie?
3) Om te vertel dat die kind minder voorregte in die huis sal hê as straf -
hoeveel ouers het dit nie al gebruik nie - so wat is nuut?

Annette

"Henri" skryf in boodskap news:7drVa.96003$JA5.2111107@news.xtra.co.nz...
> Ek verstaan nie mooi nie.
> Hoe bring hy geld en gedrag bymekaar uit? Laat ek raai:
> Hoe meer geld ouers het, hoe beter kan aan die kind se behoeftes voorsien
> word - dus sal die kind meer positief optree.
>
> Speedy sê mos ek's stadig. (Lyk of hy vir 'n verandering werk toe is)
>
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:bg5dni$kt0qh$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> In Huisgenoot is daar 'n artikel van 'n oudonderwyser wat beweer dit is die
>> ouers se skuld as hul kinders stout en onbeheerbaar is.
>> En die medisyne is nie Retalin nie, maar geld.
>>
>> Ek stem natuurlik nie saam nie - want die kind moet eerstens leer dat hy/sy
>> nie iets kan verdien sonder om take te verrig nie.
>>
>> Annette
>>
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81328 is 'n antwoord op boodskap #81316] Di, 29 Julie 2003 10:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wie anders se skuld as die ouers se skuld kan dit wees as 'n kind
ongehoorsaam en onbeheerbaar is? Is dit nie snaaks nie dat meeste kere
hierdie dinge in sekere gesinne voorkom? Dan key jy weer gesinne waar nie
een van 'n swetterjoel kinders ooit tienerprobleme op 'n erge skaal
ondervind nie. Ek dink dis die ouer se plig om voor te vat en die riglyne
neer te lê sodat almal dit kan verstaan en dan toe te sien dat dit nagevolg
word.

"Annette" skryf in boodskap news:bg5dni$kt0qh$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> In Huisgenoot is daar 'n artikel van 'n oudonderwyser wat beweer dit is die
> ouers se skuld as hul kinders stout en onbeheerbaar is.
> En die medisyne is nie Retalin nie, maar geld.
>
> Ek stem natuurlik nie saam nie - want die kind moet eerstens leer dat hy/sy
> nie iets kan verdien sonder om take te verrig nie.
>
> Annette
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81329 is 'n antwoord op boodskap #81316] Di, 29 Julie 2003 10:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wie anders se skuld as die ouers se skuld kan dit wees as 'n kind
ongehoorsaam en onbeheerbaar is? Is dit nie snaaks nie dat meeste kere
hierdie dinge in sekere gesinne voorkom? Dan key jy weer gesinne waar nie
een van 'n swetterjoel kinders ooit tienerprobleme op 'n erge skaal
ondervind nie. Ek dink dis die ouer se plig om voor te vat en die riglyne
neer te lê sodat almal dit kan verstaan en dan toe te sien dat dit nagevolg
word.

"Annette" skryf in boodskap news:bg5dni$kt0qh$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> In Huisgenoot is daar 'n artikel van 'n oudonderwyser wat beweer dit is die
> ouers se skuld as hul kinders stout en onbeheerbaar is.
> En die medisyne is nie Retalin nie, maar geld.
>
> Ek stem natuurlik nie saam nie - want die kind moet eerstens leer dat hy/sy
> nie iets kan verdien sonder om take te verrig nie.
>
> Annette
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81332 is 'n antwoord op boodskap #81328] Di, 29 Julie 2003 10:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is kinders met probleempies jong.
En hoekom kry jy gesinne waar daar een kind is wat so stout is, en die ander
is normaal?
Dis nie altyd die ouers se skuld nie.

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f2650db.0@news1.mweb.co.za...
> Wie anders se skuld as die ouers se skuld kan dit wees as 'n kind
> ongehoorsaam en onbeheerbaar is? Is dit nie snaaks nie dat meeste kere
> hierdie dinge in sekere gesinne voorkom? Dan key jy weer gesinne waar nie
> een van 'n swetterjoel kinders ooit tienerprobleme op 'n erge skaal
> ondervind nie. Ek dink dis die ouer se plig om voor te vat en die riglyne
> neer te lê sodat almal dit kan verstaan en dan toe te sien dat dit nagevolg
> word.
> "Annette" wrote in message
> news:bg5dni$kt0qh$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> In Huisgenoot is daar 'n artikel van 'n oudonderwyser wat beweer dit is die
>> ouers se skuld as hul kinders stout en onbeheerbaar is.
>> En die medisyne is nie Retalin nie, maar geld.
>>
>> Ek stem natuurlik nie saam nie - want die kind moet eerstens leer dat hy/sy
>> nie iets kan verdien sonder om take te verrig nie.
>>
>> Annette
>>
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81334 is 'n antwoord op boodskap #81329] Di, 29 Julie 2003 10:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
As die regering kan riglyne neerlê en nie bevoeg is om toe te sien dat dit
nagevolg word nie, hoe kan jy dit van ouers verwag?:))
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f265125.0@news1.mweb.co.za...
> Wie anders se skuld as die ouers se skuld kan dit wees as 'n kind
> ongehoorsaam en onbeheerbaar is? Is dit nie snaaks nie dat meeste kere
> hierdie dinge in sekere gesinne voorkom? Dan key jy weer gesinne waar nie
> een van 'n swetterjoel kinders ooit tienerprobleme op 'n erge skaal
> ondervind nie. Ek dink dis die ouer se plig om voor te vat en die riglyne
> neer te lê sodat almal dit kan verstaan en dan toe te sien dat dit nagevolg
> word.
> "Annette" wrote in message
> news:bg5dni$kt0qh$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> In Huisgenoot is daar 'n artikel van 'n oudonderwyser wat beweer dit is die
>> ouers se skuld as hul kinders stout en onbeheerbaar is.
>> En die medisyne is nie Retalin nie, maar geld.
>>
>> Ek stem natuurlik nie saam nie - want die kind moet eerstens leer dat hy/sy
>> nie iets kan verdien sonder om take te verrig nie.
>>
>> Annette
>>
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81341 is 'n antwoord op boodskap #81328] Di, 29 Julie 2003 11:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Wie anders se skuld as die ouers se skuld kan dit wees as 'n kind
> ongehoorsaam en onbeheerbaar is? Is dit nie snaaks nie dat meeste kere
> hierdie dinge in sekere gesinne voorkom? Dan key jy weer gesinne waar nie
> een van 'n swetterjoel kinders ooit tienerprobleme op 'n erge skaal
> ondervind nie. Ek dink dis die ouer se plig om voor te vat en die riglyne
> neer te lê sodat almal dit kan verstaan en dan toe te sien dat dit nagevolg
> word.

Mag ek maar met my 3 tiener meisies spog!!

Hulle is 18, 17 en 15 jaar oud en partykeer wens ek amper hulle wil meer
streke hê.

Maar ek gee al die krediet aan my vrou, wat meeste van die opvoeding gedoen
het. Dit was harde werk maar ons pluk nou die vrugte daarvan.

Ons het hulle nooit betaal om hulle te gedra nie.

Dan ken ek ook weer 'n dame wie se 5 jarige met haar praat soos hy wil, en
sy laat dit maar toe want "hy moet leer om homself te laat geld".
As my kind sou waag om so met sy ma te praat sou sy agterwereld wragies vir
lank brand. Maar hier in Amerika het die kinders mos die reg om 911 the bel
en 'n klag teen hulle ouers te maak.
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81342 is 'n antwoord op boodskap #81332] Di, 29 Julie 2003 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Daar is kinders met probleempies jong.
> En hoekom kry jy gesinne waar daar een kind is wat so stout is, en die ander
> is normaal?
> Dis nie altyd die ouers se skuld nie.
>
> Annette
>

'n Haaslip is 'n probleempie wat nie die ouer se skuld is nie, swak gedrag
is iets waaraan die ouer kan werk en moontlik ook veroorsaak het.

Ek het onlangs 'n program op TV gesien waar hulle gepraat het oor Rittilin
(spelling?) en hoeveel kinders dit gebruik. Een kundige het gesê dat in die
meeste gevalle dit gladnie nodig is om medikasie te gebruik nie, maar dat
dit net 'n maklike uitweg is vir ouers wat nie tyd en lus het om die
probleem op die tradisionele manier aan te spreek nie.
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81350 is 'n antwoord op boodskap #81334] Di, 29 Julie 2003 13:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, maar jy moet darem onthou dat die ouers nie iemand anders kan blameer as
sy reëls nie toegepas word nie! Ek weet net een ding, ek het 'n ouers
gehad wat die moeite gedoen het [LW die moeite gedoen het] om vir een en
elke onderwyser van sy kinders opdrag gegee het dat hy wil weet as enigeen
van ons straf kry by die skool oor werk, dan het jou tweede pak slae vir jou
gewag as jy by die huis kom. Vir stoutgeid se slae by die skool het hy
begrip gehad 'want 'n soet kind is 'n gevrekte kind', maar oor skoolwerk mag
jy nooit oor die tou trap nie. Dan is die hel los. Die probleem net is
of ouers vandag nog die tyd kan maak om so 'n stel reëls op te stel en toe
te pas?
Wat my natuurlik interesseer van die betaalstorie vir goed en sleg is,
is wat gebeur later in die lewe? Wie betaal dan as jy goed is en by wie
gaan haal hulle as jy drooggemaak het?

"Annette" skryf in boodskap news:bg5kav$l05c4$2@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> As die regering kan riglyne neerlê en nie bevoeg is om toe te sien dat dit
> nagevolg word nie, hoe kan jy dit van ouers verwag?:))
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f265125.0@news1.mweb.co.za...
>> Wie anders se skuld as die ouers se skuld kan dit wees as 'n kind
>> ongehoorsaam en onbeheerbaar is? Is dit nie snaaks nie dat meeste kere
>> hierdie dinge in sekere gesinne voorkom? Dan key jy weer gesinne waar nie
>> een van 'n swetterjoel kinders ooit tienerprobleme op 'n erge skaal
>> ondervind nie. Ek dink dis die ouer se plig om voor te vat en die riglyne
>> neer te lê sodat almal dit kan verstaan en dan toe te sien dat dit nagevolg
>> word.
>> "Annette" wrote in message
>> news:bg5dni$kt0qh$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>>> In Huisgenoot is daar 'n artikel van 'n oudonderwyser wat beweer dit is die
>>> ouers se skuld as hul kinders stout en onbeheerbaar is.
>>> En die medisyne is nie Retalin nie, maar geld.
>>>
>>> Ek stem natuurlik nie saam nie - want die kind moet eerstens leer dat hy/sy
>>> nie iets kan verdien sonder om take te verrig nie.
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81353 is 'n antwoord op boodskap #81342] Di, 29 Julie 2003 13:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vrolik, ek wil jou komplimenteer met jou soet kinders, en julle is inderdaad
baie gelukkig.
Die feit is egter dat daar wel kinders is met uitgehakte koppies, en die
beste ouer te wêreld sal 'n tawwe tydjie met so 'n kind hê.
Ek stem saam dat daar baie kinders is wat Retalin onnodig neem omdat dit die
eenvoudige uitweg is, maar daar is tog wel kinders vir wie dit noodsaaklik
is.
Mens kan nie net eenvoudig gaan en sulke sweeping statements maak dat al die
stoute kinders die ouers se skuld is nie.
Ook nie dat geen kind nie werklik Retalin nodig het nie.

Annette

"Glücklich" skryf in boodskap news:bVsVa.11733$oq.9214@fe04.atl2.webusenet.com...
>> Daar is kinders met probleempies jong.
>> En hoekom kry jy gesinne waar daar een kind is wat so stout is, en die[ ander
>> is normaal?
>> Dis nie altyd die ouers se skuld nie.
>>
>> Annette
>>
>
> 'n Haaslip is 'n probleempie wat nie die ouer se skuld is nie, swak gedrag
> is iets waaraan die ouer kan werk en moontlik ook veroorsaak het.
>
> Ek het onlangs 'n program op TV gesien waar hulle gepraat het oor Rittilin
> (spelling?) en hoeveel kinders dit gebruik. Een kundige het gesê dat in die
> meeste gevalle dit gladnie nodig is om medikasie te gebruik nie, maar dat
> dit net 'n maklike uitweg is vir ouers wat nie tyd en lus het om die
> probleem op die tradisionele manier aan te spreek nie.
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81356 is 'n antwoord op boodskap #81332] Di, 29 Julie 2003 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n familielid wat ver geleer het in kindersielkunde en alhoewel hy
reken kindersielkunde oor die algemeen is 'n lot tjol, reken hy tog dat jy
gesinne kry waarin bv 'n dogter eerste was en 'n seun tweede. Die dogter
is in watte toegedraai en teen die tyd wat by die seunskind gekom is, toe's
die ouers al lekker tuis met die kinder-storie. Nou kan dit twee kante toe
gaan: Of die meisiekind word in die afgrond in bederf en word 'n regte
klein koei en die laaitie gaan dalk verbitterd en met 'n
miderwaardigheidsgevoel deur die lewe. Of, die meisiekind is wonderlik en
met liefde en volop leiding grootgemaak terwyl die seun 'darem in 'n goeie
huis grootword' maar sy ouers het nou beide verder gevorder in die lewe en
het nie meer so baie tyd nie.......om geld te verdien sodat almal lekker kan
lewe.
Common denominator? Die ouers! Darem snaaks dat jy 'n klomp ure se
opleiding moet kry om 'n vliegtuig te kan vlieg, maar niks hoef te doen om
jou vir die verantwoordelikheid as ouer te kwalifiseer nie. Tjoef-tjaf.
'n Paar druppel en 'n paar stuiptrekkings verder en jy's gereed om pappie of
mammie te wees. Ek persoonlik dink hulle moet die strawwe vir jeugmisdaad
wat aan die jeug toeken, net so aan sy ouers ook toeken. DAN sal jy sien
hoe word kinders opgevoed!!

"Annette" skryf in boodskap news:bg5kat$l05c4$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Daar is kinders met probleempies jong.
> En hoekom kry jy gesinne waar daar een kind is wat so stout is, en die ander
> is normaal?
> Dis nie altyd die ouers se skuld nie.
>
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f2650db.0@news1.mweb.co.za...
>> Wie anders se skuld as die ouers se skuld kan dit wees as 'n kind
>> ongehoorsaam en onbeheerbaar is? Is dit nie snaaks nie dat meeste kere
>> hierdie dinge in sekere gesinne voorkom? Dan key jy weer gesinne waar nie
>> een van 'n swetterjoel kinders ooit tienerprobleme op 'n erge skaal
>> ondervind nie. Ek dink dis die ouer se plig om voor te vat en die riglyne
>> neer te lê sodat almal dit kan verstaan en dan toe te sien dat dit nagevolg
>> word.
>> "Annette" wrote in message
>> news:bg5dni$kt0qh$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>>> In Huisgenoot is daar 'n artikel van 'n oudonderwyser wat beweer dit is die
>>> ouers se skuld as hul kinders stout en onbeheerbaar is.
>>> En die medisyne is nie Retalin nie, maar geld.
>>>
>>> Ek stem natuurlik nie saam nie - want die kind moet eerstens leer dat hy/sy
>>> nie iets kan verdien sonder om take te verrig nie.
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81357 is 'n antwoord op boodskap #81329] Di, 29 Julie 2003 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote in message

Ek dink dis die ouer se plig om voor te vat en die riglyne
> neer te lê sodat almal dit kan verstaan en dan toe te sien dat dit nagevolg
> word.

Dit is vir my tog altyd so eienaardig dat in al hierdie soort
redeneerdery oor " wat om te doen" met kinders, dit klink
asof die ouers nou amper perfek is, en as die kinders nou
maar net wil luister " alles sal regkom" . Maar die ouers
vergeet dat hulle, sonder om hulle mond oop te maak, vir
die kinders 'n voorbeeld stel. Hoe baie ouers drink maar
nou net hulle wyntjies, en ooreet hulle, en maak dan beswaar
dat die kinders ook addiktiewe stowwe gebruik. Hoeveel
ouers steel surreptief radioseine en hier en daar klein goedjies
by hulle werk, en dan is hulle verbaas as die kinders shoplift.
Hoeveel kinders sien hoe hulle pa's vir hulle preek oor seks,
maar hulle het al lankal die erotiese prentjies onder die matras
of op die rekenaar ontdek.

Gloudina
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81358 is 'n antwoord op boodskap #81350] Di, 29 Julie 2003 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die stoute bogger betaal natuurlik later;))
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f26756b.0@news1.mweb.co.za...
> Ja, maar jy moet darem onthou dat die ouers nie iemand anders kan blameer as
> sy reëls nie toegepas word nie! Ek weet net een ding, ek het 'n ouers
> gehad wat die moeite gedoen het [LW die moeite gedoen het] om vir een en
> elke onderwyser van sy kinders opdrag gegee het dat hy wil weet as enigeen
> van ons straf kry by die skool oor werk, dan het jou tweede pak slae vir jou
> gewag as jy by die huis kom. Vir stoutgeid se slae by die skool het hy
> begrip gehad 'want 'n soet kind is 'n gevrekte kind', maar oor skoolwerk mag
> jy nooit oor die tou trap nie. Dan is die hel los. Die probleem net is
> of ouers vandag nog die tyd kan maak om so 'n stel reëls op te stel en toe
> te pas?
> Wat my natuurlik interesseer van die betaalstorie vir goed en sleg is,
> is wat gebeur later in die lewe? Wie betaal dan as jy goed is en by wie
> gaan haal hulle as jy drooggemaak het?
> "Annette" wrote in message
> news:bg5kav$l05c4$2@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> As die regering kan riglyne neerlê en nie bevoeg is om toe te sien dat dit
>> nagevolg word nie, hoe kan jy dit van ouers verwag?:))
>> Annette
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3f265125.0@news1.mweb.co.za...
>>> Wie anders se skuld as die ouers se skuld kan dit wees as 'n kind
>>> ongehoorsaam en onbeheerbaar is? Is dit nie snaaks nie dat meeste kere
>>> hierdie dinge in sekere gesinne voorkom? Dan key jy weer gesinne
waar
>> nie
>>> een van 'n swetterjoel kinders ooit tienerprobleme op 'n erge skaal
>>> ondervind nie. Ek dink dis die ouer se plig om voor te vat en die
>> riglyne
>>> neer te lê sodat almal dit kan verstaan en dan toe te sien dat dit
>> nagevolg
>>> word.
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:bg5dni$kt0qh$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>>>> In Huisgenoot is daar 'n artikel van 'n oudonderwyser wat beweer dit
> is
>>> die
>>>> ouers se skuld as hul kinders stout en onbeheerbaar is.
>>>> En die medisyne is nie Retalin nie, maar geld.
>>>>
>>>> Ek stem natuurlik nie saam nie - want die kind moet eerstens leer
dat
>>> hy/sy
>>>> nie iets kan verdien sonder om take te verrig nie.
>>>>
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81359 is 'n antwoord op boodskap #81356] Di, 29 Julie 2003 14:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai!! Ons is twee kinders, en ek is 5 jaar ouer as my broer.
Ek is die stoute en hy die soete:))
Nietemin - re daadie voorstel vir straf - eerstens dink ek dat kinders op
skool moet leer wat dit behels om 'n goeie ouer te kan wees.
Tweedens dink ek dat alle seuns van 8 - 32 jaar ten minste 'n daaglikse
dosis blou vitrioel inkry:))
Dan kan ons begin praat van ouers wat moet boet vir die kinders se dade -
nou nie juis wat die Bybel verkondig nie, of hoe?
Annette

rote in message news:3f267971.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het 'n familielid wat ver geleer het in kindersielkunde en alhoewel hy
> reken kindersielkunde oor die algemeen is 'n lot tjol, reken hy tog dat jy
> gesinne kry waarin bv 'n dogter eerste was en 'n seun tweede. Die dogter
> is in watte toegedraai en teen die tyd wat by die seunskind gekom is, toe's
> die ouers al lekker tuis met die kinder-storie. Nou kan dit twee kante toe
> gaan: Of die meisiekind word in die afgrond in bederf en word 'n regte
> klein koei en die laaitie gaan dalk verbitterd en met 'n
> miderwaardigheidsgevoel deur die lewe. Of, die meisiekind is wonderlik en
> met liefde en volop leiding grootgemaak terwyl die seun 'darem in 'n goeie
> huis grootword' maar sy ouers het nou beide verder gevorder in die lewe en
> het nie meer so baie tyd nie.......om geld te verdien sodat almal lekker kan
> lewe.
> Common denominator? Die ouers! Darem snaaks dat jy 'n klomp ure se
> opleiding moet kry om 'n vliegtuig te kan vlieg, maar niks hoef te doen om
> jou vir die verantwoordelikheid as ouer te kwalifiseer nie. Tjoef-tjaf.
> 'n Paar druppel en 'n paar stuiptrekkings verder en jy's gereed om pappie of
> mammie te wees. Ek persoonlik dink hulle moet die strawwe vir jeugmisdaad
> wat aan die jeug toeken, net so aan sy ouers ook toeken. DAN sal jy sien
> hoe word kinders opgevoed!!
> "Annette" wrote in message
> news:bg5kat$l05c4$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> Daar is kinders met probleempies jong.
>> En hoekom kry jy gesinne waar daar een kind is wat so stout is, en die
> ander
>> is normaal?
>> Dis nie altyd die ouers se skuld nie.
>>
>> Annette
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3f2650db.0@news1.mweb.co.za...
>>> Wie anders se skuld as die ouers se skuld kan dit wees as 'n kind
>>> ongehoorsaam en onbeheerbaar is? Is dit nie snaaks nie dat meeste kere
>>> hierdie dinge in sekere gesinne voorkom? Dan key jy weer gesinne
waar
>> nie
>>> een van 'n swetterjoel kinders ooit tienerprobleme op 'n erge skaal
>>> ondervind nie. Ek dink dis die ouer se plig om voor te vat en die
>> riglyne
>>> neer te lê sodat almal dit kan verstaan en dan toe te sien dat dit
>> nagevolg
>>> word.
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:bg5dni$kt0qh$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>>>> In Huisgenoot is daar 'n artikel van 'n oudonderwyser wat beweer dit
> is
>>> die
>>>> ouers se skuld as hul kinders stout en onbeheerbaar is.
>>>> En die medisyne is nie Retalin nie, maar geld.
>>>>
>>>> Ek stem natuurlik nie saam nie - want die kind moet eerstens leer
dat
>>> hy/sy
>>>> nie iets kan verdien sonder om take te verrig nie.
>>>>
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81360 is 'n antwoord op boodskap #81359] Di, 29 Julie 2003 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Moet met jou verskil. In die eerste twee jaar van enige mens se lewens
word die basiese grondslag gelê. As jy hom daar kan leer hoe om te
onderskei tussen reg en verkeerd, dan sal daar nie maklik fout kom nie.
Baie mense dink jy kan dinge maar laat gaan, daar's altyd tyd om reg te
maak, maar dis 'n 1000% moeiliker om 'n slegte gewoonte af te leer as wat
dit is om dit aan te leer. Nee wat, lank voordat die ou kindjie by die
skool aangekom het, moet hy al die wêreld op sy eie in die oë kan
kyk.......maar die vraag is net, of sy ouer kan?

"Annette" skryf in boodskap news:bg607u$j4s54$2@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Haai!! Ons is twee kinders, en ek is 5 jaar ouer as my broer.
> Ek is die stoute en hy die soete:))
> Nietemin - re daadie voorstel vir straf - eerstens dink ek dat kinders op
> skool moet leer wat dit behels om 'n goeie ouer te kan wees.
> Tweedens dink ek dat alle seuns van 8 - 32 jaar ten minste 'n daaglikse
> dosis blou vitrioel inkry:))
> Dan kan ons begin praat van ouers wat moet boet vir die kinders se dade -
> nou nie juis wat die Bybel verkondig nie, of hoe?
> Annette
>
>
> rote in message news:3f267971.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek het 'n familielid wat ver geleer het in kindersielkunde en alhoewel hy
>> reken kindersielkunde oor die algemeen is 'n lot tjol, reken hy tog dat jy
>> gesinne kry waarin bv 'n dogter eerste was en 'n seun tweede. Die dogter
>> is in watte toegedraai en teen die tyd wat by die seunskind gekom is,
> toe's
>> die ouers al lekker tuis met die kinder-storie. Nou kan dit twee kante
> toe
>> gaan: Of die meisiekind word in die afgrond in bederf en word 'n regte
>> klein koei en die laaitie gaan dalk verbitterd en met 'n
>> miderwaardigheidsgevoel deur die lewe. Of, die meisiekind is wonderlik
> en
>> met liefde en volop leiding grootgemaak terwyl die seun 'darem in 'n goeie
>> huis grootword' maar sy ouers het nou beide verder gevorder in die lewe en
>> het nie meer so baie tyd nie.......om geld te verdien sodat almal lekker
> kan
>> lewe.
>> Common denominator? Die ouers! Darem snaaks dat jy 'n klomp ure se
>> opleiding moet kry om 'n vliegtuig te kan vlieg, maar niks hoef te doen om
>> jou vir die verantwoordelikheid as ouer te kwalifiseer nie. Tjoef-tjaf.
>> 'n Paar druppel en 'n paar stuiptrekkings verder en jy's gereed om
pappie
> of
>> mammie te wees. Ek persoonlik dink hulle moet die strawwe vir
> jeugmisdaad
>> wat aan die jeug toeken, net so aan sy ouers ook toeken. DAN sal jy sien
>> hoe word kinders opgevoed!!
>> "Annette" wrote in message
>> news:bg5kat$l05c4$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>>> Daar is kinders met probleempies jong.
>>> En hoekom kry jy gesinne waar daar een kind is wat so stout is, en die
>> ander
>>> is normaal?
>>> Dis nie altyd die ouers se skuld nie.
>>>
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:3f2650db.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Wie anders se skuld as die ouers se skuld kan dit wees as 'n kind
>>>> ongehoorsaam en onbeheerbaar is? Is dit nie snaaks nie dat meeste
> kere
>>>> hierdie dinge in sekere gesinne voorkom? Dan key jy weer gesinne
> waar
>>> nie
>>>> een van 'n swetterjoel kinders ooit tienerprobleme op 'n erge skaal
>>>> ondervind nie. Ek dink dis die ouer se plig om voor te vat en die
>>> riglyne
>>>> neer te lê sodat almal dit kan verstaan en dan toe te sien dat dit
>>> nagevolg
>>>> word.
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:bg5dni$kt0qh$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>>>> > In Huisgenoot is daar 'n artikel van 'n oudonderwyser wat beweer
dit
>> is
>>>> die
>>>> > ouers se skuld as hul kinders stout en onbeheerbaar is.
>>>> > En die medisyne is nie Retalin nie, maar geld.
>>>> >
>>>> > Ek stem natuurlik nie saam nie - want die kind moet eerstens leer
> dat
>>>> hy/sy
>>>> > nie iets kan verdien sonder om take te verrig nie.
>>>> >
>>>> > Annette
>>>> >
>>>> >
>>>> >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81368 is 'n antwoord op boodskap #81359] Di, 29 Julie 2003 19:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" > wrote in message

eerstens dink ek dat kinders op
> skool moet leer wat dit behels om 'n goeie ouer te kan wees.

En nou moet die arme skool ook vir die kinders
leer hoe " om 'n goeie ouer te wees." Ek huil my 'n papie.
Nee, dis een van die langste lesse waarmee 'n ouer
belas is: om vir sy kinders te leer hoe om 'n goeie
ouer te wees : deur self 'n goeie ouer te wees. En as
jou kinders nou al klaar volwasse is, is dit nogal iets
wat baie subtiel gedoen moet en kan word. En die
les is net nodig vir jou eie kind nie. Die les moet ook
die eggenote van jou kinders insluit. Spesiaal hulle.
Ek is seker dat die eggenote van elk van my kinders
oortuig is dat ek net so lief is vir hulle as vir my eie
kinders.
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81378 is 'n antwoord op boodskap #81353] Di, 29 Julie 2003 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Mens kan nie net eenvoudig gaan en sulke sweeping statements maak dat al die
> stoute kinders die ouers se skuld is nie.
> Ook nie dat geen kind nie werklik Retalin nodig het nie.

Ek het myself dalk bietjie verkeerd uitgedruk, ek bedoel nie om 'n "Sweeping
Statement" te maak nie.

Die antie op die TV het gesê dat in 'n kommerwekkende aantal gevalle word
Retalin onnodig voorgeskryf. Maar ek glo dat dit in sekere gevalle baie
nodig en doeltreffend is. Ongelukkig wil dit voorkom dat dieselfde
doeltreffentheid ook mense aangespoor het wat op soek is na 'n "Quick Fix".

Ons het deur die jare 'n paar keer vriende gemaak met mense wie se kinders
my teen die mure opgedryf het. In die meeste gevalle was dit wel maar die
ouers se skuld. Ek besef daar is uitsonderings maar ek glo dat daardie
uitsonderings baie min behoort te wees.

My vroutjie se vriendin los so nou en dan haar bloeitjie by ons huis vir die
dag. Die kind is stroopsoet by ons huis maar sy ma kan hom nie hanteer as hy
by sy eie huis is nie. Daar is spanne sielkundiges wat lekker ryk word deur
die kind se streke. En glo my hulle is meer as bereid om alerande wonderlike
behandeling en medisyne voor te skryf. Ek glo die behandeling sal meer
effektief wees as dit op die ma gedoen word.
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81379 is 'n antwoord op boodskap #81360] Di, 29 Julie 2003 22:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f2686b7.0@news1.mweb.co.za...
> Moet met jou verskil. In die eerste twee jaar van enige mens se lewens
> word die basiese grondslag gelê. As jy hom daar kan leer hoe om te
> onderskei tussen reg en verkeerd, dan sal daar nie maklik fout kom nie.
> Baie mense dink jy kan dinge maar laat gaan, daar's altyd tyd om reg te
> maak, maar dis 'n 1000% moeiliker om 'n slegte gewoonte af te leer as wat
> dit is om dit aan te leer. Nee wat, lank voordat die ou kindjie by die
> skool aangekom het, moet hy al die wêreld op sy eie in die oë kan
> kyk.......maar die vraag is net, of sy ouer kan?

Moet jou nie steur aan Katrynjie nie, ek (en weereens eerder my vroutjoe as
ek) het tweekeer soveel kinders grootgemaak as Katryntjie. Ek beweer ook nie
dat Kartyntjie se kinders monsters is of enigsins dat my kinders beter is
nie. Ek sê net ek is baie gelukkig my my bloeitjies se gedrag.

Ek kan nie meer met jou saamstem oor die vroeë opvoeding van jou kinders
nie. My vrou se gunsteling sê-ding is " buig die boompie terwyl by nog klein
is". As daar nou een ding is wat aanleiding gegee het tot die goeie gedrag
van my 3 meisiekinders en my seun is dit daai geloof.

Natuurlik wonder ek ook altyd wat gebeur as kinders wat nie die voorreg van
'n goeie opvoeding geniet het nie, eendag hulle eie kinders kry?
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81381 is 'n antwoord op boodskap #81368] Di, 29 Julie 2003 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Nee, dis een van die langste lesse waarmee 'n ouer
> belas is: om vir sy kinders te leer hoe om 'n goeie
> ouer te wees : deur self 'n goeie ouer te wees.

Haai antie, ek het nie gedink die dag gaan kom dat ek oor iets met jou
saamstem nie.

Blykbaar was ek verkeerd.
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81382 is 'n antwoord op boodskap #81381] Wo, 30 Julie 2003 01:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Glücklich" wrote:

>> Nee, dis een van die langste lesse waarmee 'n ouer
>> belas is: om vir sy kinders te leer hoe om 'n goeie
>> ouer te wees : deur self 'n goeie ouer te wees.
>
> Haai antie, ek het nie gedink die dag gaan kom dat ek oor iets met jou
> saamstem nie.

Maar die vraag bly staan. Wat beteken die term "goeie ouer" vir jou?
Wat beteken dit om 'n "goeie ouer" te wees? Ek neem nou aan jy glo
nie dat "respek" iets daarmee te make het nie? Want jy het vreeslik
patroniserend reageer op my boodskap hieroor. Dink jy nie die "goeie
ouer" term, is bietjie van 'n abstrakte idee wat definitief ook
kultuur- en geloofsgebonde, is nie? Sekerlik sal verskillende kulture
en gelowe hierdie vraag anders beantwoord?

Dit was bv. altyd baie tragies vir my om te sien hoe sekere Afrikaners
vas bly glo het aan dinge soos "'n kind moet gesien maar nie gehoor
word" teorie. En dan ook die maniere wat sekere kulturele groepe het
om gesag af te dwing op hulle kinders met pakslae en ander vorme van
"beheer" oor hulle kinders. Is dit wat jy ook glo?

Elkgeval - EENDAG sal jy dalk wakkerword en besef dat almal nie soos
jy dink of glo nie, en dat dit ook goed is.
Mens kan vreeslik baie leer van 'n kind, mainly because one can learn
a great deal by observing oneself and how one responds to the
challenges posed by the child.
Respekteer jou kinders.
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81386 is 'n antwoord op boodskap #81382] Wo, 30 Julie 2003 04:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn - daar is slegs een reël wat geld met kinders - jy moet hulle liefhê.
En alles wat jy aan/met hulle doen moet daaraan gemeet kan word.
Nie een ou wat ek ken het al die wysheid in pag mbt die grootmaak van
kinders nie.

"Katryn" skryf in boodskap news:hd7eiv844fdu3dn5p4e1cjqf91463ad7l6@4ax.com...
> "Glücklich" wrote:
>
>>> Nee, dis een van die langste lesse waarmee 'n ouer
>>> belas is: om vir sy kinders te leer hoe om 'n goeie
>>> ouer te wees : deur self 'n goeie ouer te wees.
>>
>> Haai antie, ek het nie gedink die dag gaan kom dat ek oor iets met jou
>> saamstem nie.
>
> Maar die vraag bly staan. Wat beteken die term "goeie ouer" vir jou?
> Wat beteken dit om 'n "goeie ouer" te wees? Ek neem nou aan jy glo
> nie dat "respek" iets daarmee te make het nie? Want jy het vreeslik
> patroniserend reageer op my boodskap hieroor. Dink jy nie die "goeie
> ouer" term, is bietjie van 'n abstrakte idee wat definitief ook
> kultuur- en geloofsgebonde, is nie? Sekerlik sal verskillende kulture
> en gelowe hierdie vraag anders beantwoord?
>
> Dit was bv. altyd baie tragies vir my om te sien hoe sekere Afrikaners
> vas bly glo het aan dinge soos "'n kind moet gesien maar nie gehoor
> word" teorie. En dan ook die maniere wat sekere kulturele groepe het
> om gesag af te dwing op hulle kinders met pakslae en ander vorme van
> "beheer" oor hulle kinders. Is dit wat jy ook glo?
>
> Elkgeval - EENDAG sal jy dalk wakkerword en besef dat almal nie soos
> jy dink of glo nie, en dat dit ook goed is.
> Mens kan vreeslik baie leer van 'n kind, mainly because one can learn
> a great deal by observing oneself and how one responds to the
> challenges posed by the child.
> Respekteer jou kinders.
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81387 is 'n antwoord op boodskap #81378] Wo, 30 Julie 2003 05:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vrolik, ek het nie na jou verwys toe ek van die sweeping statements gepraat
het nie, maar wel van die oud-onderwyser wat verklaar het ( volgens die
artikel) dat daar geen stout kinders is nie, en dat dit altyd die ouers se
skuld is. Ook dat Retalin nooit nodig is nie.
Annette

"Glücklich" skryf in boodskap news:5bCVa.632$BY2.410@fe02.atl2.webusenet.com...
>> Mens kan nie net eenvoudig gaan en sulke sweeping statements maak dat al
> die
>> stoute kinders die ouers se skuld is nie.
>> Ook nie dat geen kind nie werklik Retalin nodig het nie.
>
>
> Ek het myself dalk bietjie verkeerd uitgedruk, ek bedoel nie om 'n "Sweeping
> Statement" te maak nie.
>
> Die antie op die TV het gesê dat in 'n kommerwekkende aantal gevalle word
> Retalin onnodig voorgeskryf. Maar ek glo dat dit in sekere gevalle baie
> nodig en doeltreffend is. Ongelukkig wil dit voorkom dat dieselfde
> doeltreffentheid ook mense aangespoor het wat op soek is na 'n "Quick Fix".
>
> Ons het deur die jare 'n paar keer vriende gemaak met mense wie se kinders
> my teen die mure opgedryf het. In die meeste gevalle was dit wel maar die
> ouers se skuld. Ek besef daar is uitsonderings maar ek glo dat daardie
> uitsonderings baie min behoort te wees.
>
> My vroutjie se vriendin los so nou en dan haar bloeitjie by ons huis vir die
> dag. Die kind is stroopsoet by ons huis maar sy ma kan hom nie hanteer as hy
> by sy eie huis is nie. Daar is spanne sielkundiges wat lekker ryk word deur
> die kind se streke. En glo my hulle is meer as bereid om alerande wonderlike
> behandeling en medisyne voor te skryf. Ek glo die behandeling sal meer
> effektief wees as dit op die ma gedoen word.
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81389 is 'n antwoord op boodskap #81386] Wo, 30 Julie 2003 06:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri  is tans af-lyn  Henri
Boodskappe: 69
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ek beaam wat jy sê, Jonas. Ek vra myself die vraag af, wat gaan ek doen as
my kind op 16jr besluit om seksueel aktief te raak (dis natuurlik wetlik
hulle reg) Of as hy besluit om oor die kleurgrens te gaan. Hoe gaan ek dit
dan hanteer? Deur hom dan op 'n verkeerde manier te hanteer, gaan maak dat
ek my kind verloor.
As dit gebeur, gaan ek eerstens as ouer vir hom daar wees. (Die res kom
later)
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81391 is 'n antwoord op boodskap #81368] Wo, 30 Julie 2003 06:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Antie, staan op aandag.......ons stem saam oor iets! Jog, my swak hart!
Maar, 'n goeie ouer is een wat goed kommunikeer met sy kinders en die
verantwoordelikheid ten volle aanvaar om vir hulle die regte leiding te gee.
As die ouers nie bereid is om vir die kinders die reëls van die lewe neer te
lê nie, wie moet dit dan doen? Tesame met daai reëls moet ook die ander
kant van die saak uitgespel word en wat die gevolge sal wees as oortree
word. Dan is dit mos heel eenvoudig. Elke man kan sy kanse vat, maar ten
minste sal geen kind ooit kan roem daarop dat hy nie geweet het nie.

"@rogers.com" wrote in message
news:s1AVa.868$hOa.641@news02.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>
> "Annette" > wrote in message
>
> eerstens dink ek dat kinders op
>> skool moet leer wat dit behels om 'n goeie ouer te kan wees.
>
> En nou moet die arme skool ook vir die kinders
> leer hoe " om 'n goeie ouer te wees." Ek huil my 'n papie.
> Nee, dis een van die langste lesse waarmee 'n ouer
> belas is: om vir sy kinders te leer hoe om 'n goeie
> ouer te wees : deur self 'n goeie ouer te wees. En as
> jou kinders nou al klaar volwasse is, is dit nogal iets
> wat baie subtiel gedoen moet en kan word. En die
> les is net nodig vir jou eie kind nie. Die les moet ook
> die eggenote van jou kinders insluit. Spesiaal hulle.
> Ek is seker dat die eggenote van elk van my kinders
> oortuig is dat ek net so lief is vir hulle as vir my eie
> kinders.
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81392 is 'n antwoord op boodskap #81316] Wo, 30 Julie 2003 06:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
'Volg net my oë as ek in die spieël kyk,' huil die Streep[hoopvol!]Muis.

"Katryn" skryf in boodskap news:7b1eivk6aptfb5ja13te278t2tmspr8ko4@4ax.com...
> "Glücklich" wrote:
>
>> Natuurlik wonder ek ook altyd wat gebeur as kinders wat nie die voorreg van
>> 'n goeie opvoeding geniet het nie, eendag hulle eie kinders kry?
>
> Lees hierdie groep vir 'n ruk. Jy sal vinnig die antwoord op jou
> vraag kry.
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81393 is 'n antwoord op boodskap #81316] Wo, 30 Julie 2003 07:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
En ek kan hulle nou al sien. Twee sulke Yankee-kougomkouende brats wat al
grootbek agter hulle grootbek-ma aan-tw�r! Jy het dinge verkeerdom, ou
Wensmuis[vir liefde!]. Sien die kind moet respek vir die volwassene hê en
dan sal die res outomaties regkom.....maar verduidelik dit nou vir iemand
wat deur 'n rooi waas [van lus] lewe soos jy?

"Katryn" skryf in boodskap news:qh1divsglan1d6kp89jm5aoeoetj4sls3i@4ax.com...
> Nou hoeveel kinders het jy en jou maatjie al grootgemaak? Ek het
> bietjie vergeet. Julle klink asof julle so baie weet oor kinders, so
> julle moet seker baie ervaring hê oor dit waarmee julle met soveel
> kennis en wyshede hier kom preek.
> Weet jy, as mens self kinders het, besef mens dat RESPEK vir jou
> kinders een van die belangrikste riglyne is. Jy repekteer hulle, en
> hulle respekteer vir jou. Maar wat sal ek nou weet, ek het maar net 2
> kinders grootgemaak, en volgens julle twee moes ek seker 2 monsters
> grootgemaak het Julle sal natuurlik soveel beter weet, nê?
>
> Hou op twak verkondig, man!
>
>
> "Annette" wrote:
>
>> Haai!! Ons is twee kinders, en ek is 5 jaar ouer as my broer.
>> Ek is die stoute en hy die soete:))
>> Nietemin - re daadie voorstel vir straf - eerstens dink ek dat kinders op
>> skool moet leer wat dit behels om 'n goeie ouer te kan wees.
>> Tweedens dink ek dat alle seuns van 8 - 32 jaar ten minste 'n daaglikse
>> dosis blou vitrioel inkry:))
>> Dan kan ons begin praat van ouers wat moet boet vir die kinders se dade -
>> nou nie juis wat die Bybel verkondig nie, of hoe?
>> Annette
>>
>>
>> rote in message news:3f267971.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ek het 'n familielid wat ver geleer het in kindersielkunde en alhoewel hy
>>> reken kindersielkunde oor die algemeen is 'n lot tjol, reken hy tog dat jy
>>> gesinne kry waarin bv 'n dogter eerste was en 'n seun tweede. Die dogter
>>> is in watte toegedraai en teen die tyd wat by die seunskind gekom is, toe's
>>> die ouers al lekker tuis met die kinder-storie. Nou kan dit twee kante toe
>>> gaan: Of die meisiekind word in die afgrond in bederf en word 'n regte
>>> klein koei en die laaitie gaan dalk verbitterd en met 'n
>>> miderwaardigheidsgevoel deur die lewe. Of, die meisiekind is wonderlik en
>>> met liefde en volop leiding grootgemaak terwyl die seun 'darem in 'n goeie
>>> huis grootword' maar sy ouers het nou beide verder gevorder in die lewe en
>>> het nie meer so baie tyd nie.......om geld te verdien sodat almal lekker kan
>>> lewe.
>>> Common denominator? Die ouers! Darem snaaks dat jy 'n klomp ure se
>>> opleiding moet kry om 'n vliegtuig te kan vlieg, maar niks hoef te doen om
>>> jou vir die verantwoordelikheid as ouer te kwalifiseer nie. Tjoef-tjaf.
>>> 'n Paar druppel en 'n paar stuiptrekkings verder en jy's gereed om pappie of
>>> mammie te wees. Ek persoonlik dink hulle moet die strawwe vir jeugmisdaad
>>> wat aan die jeug toeken, net so aan sy ouers ook toeken. DAN sal jy sien
>>> hoe word kinders opgevoed!!
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:bg5kat$l05c4$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>>>> Daar is kinders met probleempies jong.
>>>> En hoekom kry jy gesinne waar daar een kind is wat so stout is, en die ander
>>>> is normaal?
>>>> Dis nie altyd die ouers se skuld nie.
>>>>
>>>> Annette
>>>>
>>>>
>>>> "Suidwester" wrote in message
>>>> news:3f2650db.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Wie anders se skuld as die ouers se skuld kan dit wees as 'n kind
>>>> > ongehoorsaam en onbeheerbaar is? Is dit nie snaaks nie dat meeste kere
>>>> > hierdie dinge in sekere gesinne voorkom? Dan key jy weer gesinne waar nie
>>>> > een van 'n swetterjoel kinders ooit tienerprobleme op 'n erge skaal
>>>> > ondervind nie. Ek dink dis die ouer se plig om voor te vat en die riglyne
>>>> > neer te lê sodat almal dit kan verstaan en dan toe te sien dat dit nagevolg
>>>> > word.
>>>> > "Annette" wrote in message
>>>> > news:bg5dni$kt0qh$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>>>> > > In Huisgenoot is daar 'n artikel van 'n oudonderwyser wat beweer dit is die
>>>> > > ouers se skuld as hul kinders stout en onbeheerbaar is.
>>>> > > En die medisyne is nie Retalin nie, maar geld.
>>>> > >
>>>> > > Ek stem natuurlik nie saam nie - want die kind moet eerstens leer dat hy/sy
>>>> > > nie iets kan verdien sonder om take te verrig nie.
>>>> > >
>>>> > > Annette
>>>> > >
>>>> >
>>>>
>>
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81394 is 'n antwoord op boodskap #81389] Wo, 30 Julie 2003 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sit vitrioel in sy kos - ten minste is die erger probleem met die erger
gevolge opgelos:))
Dit bring ons nou by iets anders - moet kinders ten alle koste ondersteun
word?
Op watter stadium moet die bloedjie self die gevolge van sy/haar eie keuse
dade begin dra?
Jou kind besluit self om op 16 seksueel aktief te raak. Hy is ongelukkig en
die meisie raak swanger.
1) Hoe gaan jy hom ondersteun as hy besluit om op daardie stadium skool te
verlaat, met die meisie te trou en te probeer werk?
2) Hoe gaan jy hom ondersteun as hy besluit om die meisie heeltemal te
ignoreer, en glad nie die kind te wil erken of 'n bydrae te maak nie?

3) Hoe gaan jy jou dogter ondersteun as sy 'n aborsie wil ondergaan om aan
te gaan met haar lewe?
4) Hoe gaan jy jou dogter ondersteun as sy besluit om die kind te hou, skool
te los en te gaan werk?

Ek stem saam dat jy jou kind moet liefhê en ondersteun, maar as sy/hy wil
besluite neem wat hulle hele toekoms gaan be-invloed, en hulle wil jou nie
as ouer eers daarin ken of jou raad aanvaar nie, dan kan die ondersteuning
slegs moreel wees - nie monetêr of fisiek nie

Annette

"Henri" skryf in boodskap news:QQJVa.97028$JA5.2138116@news.xtra.co.nz...
> Ek beaam wat jy sê, Jonas. Ek vra myself die vraag af, wat gaan ek doen as
> my kind op 16jr besluit om seksueel aktief te raak (dis natuurlik wetlik
> hulle reg) Of as hy besluit om oor die kleurgrens te gaan. Hoe gaan ek dit
> dan hanteer? Deur hom dan op 'n verkeerde manier te hanteer, gaan maak dat
> ek my kind verloor.
> As dit gebeur, gaan ek eerstens as ouer vir hom daar wees. (Die res kom
> later)
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81400 is 'n antwoord op boodskap #81382] Wo, 30 Julie 2003 07:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rachel Couch  is tans af-lyn  Rachel Couch
Boodskappe: 45
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Katryn wrote in message >
> Maar die vraag bly staan. Wat beteken die term "goeie ouer" vir jou?
> Wat beteken dit om 'n "goeie ouer" te wees? Ek neem nou aan jy glo
> nie dat "respek" iets daarmee te make het nie? Want jy het vreeslik
> patroniserend reageer op my boodskap hieroor. Dink jy nie die "goeie
> ouer" term, is bietjie van 'n abstrakte idee wat definitief ook
> kultuur- en geloofsgebonde, is nie? Sekerlik sal verskillende kulture
> en gelowe hierdie vraag anders beantwoord?
>
> Dit was bv. altyd baie tragies vir my om te sien hoe sekere Afrikaners
> vas bly glo het aan dinge soos "'n kind moet gesien maar nie gehoor
> word" teorie. En dan ook die maniere wat sekere kulturele groepe het
> om gesag af te dwing op hulle kinders met pakslae en ander vorme van
> "beheer" oor hulle kinders. Is dit wat jy ook glo?
>
> Elkgeval - EENDAG sal jy dalk wakkerword en besef dat almal nie soos
> jy dink of glo nie, en dat dit ook goed is.
> Mens kan vreeslik baie leer van 'n kind, mainly because one can learn
> a great deal by observing oneself and how one responds to the
> challenges posed by the child.
> Respekteer jou kinders.

Ragel: Nee, ek weet nie wat presies beteken die term 'goeie ouer'
Maar ek kan nie méér saamstem oor respek vir jou kinders nie. Verder
dink ek dat n kind baie liefde en veral sekuriteit nodig het. Dan val
dinge in plek. Voorbeeld is ook iets waarmee ek kan saamstem. Julle
ken seker daai spreekwoord van sommige ouers - "maak soos ek sê nie
soos ek doen nie!"? Ek dink nie daar is iets wat n kind meer
deurmekaar maak as om vir hom een ding te leer maar n ander ding te
wys nie.

My pad het nou onlangs met die van n 'weeskind' gekruis. 'n Kind wat
deur sy ma by n instansie afgelaai is omdat haar tweede man nie die
seuntjie in sy huis wil hê nie. Hy is nou 11 jaar oud. Het n
bogemiddelde Ik toets geslaag maar het soveel sielkundige letsels dat
n weeshuis hom afgekeur het. Nou word hy Vrydag na n Nywerheidsskool
gestuur. Ek het ingestem om hom naweke in my huis te neem. Voorlopig
nie elke naweek nie. Ag, en net miskien as hy veilig en geborge kan
begin voel kan daar vir hom n mooi toekoms wag. Net miskien...
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81417 is 'n antwoord op boodskap #81386] Wo, 30 Julie 2003 11:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Jonas. Ek stem saam. Maar daar is darem ook baie snert wat
mense kan verkondig hieroor? En gewoonlik het die mense wat die
minste praktiese ondervinding het, die meeste te sê?

"Jonas" wrote:

> Katryn - daar is slegs een reël wat geld met kinders - jy moet hulle liefhê.
> En alles wat jy aan/met hulle doen moet daaraan gemeet kan word.
> Nie een ou wat ek ken het al die wysheid in pag mbt die grootmaak van
> kinders nie.
>
> "Katryn" wrote in message
> news:hd7eiv844fdu3dn5p4e1cjqf91463ad7l6@4ax.com...
>> "Glücklich" wrote:

>>>> Nee, dis een van die langste lesse waarmee 'n ouer
>>>> belas is: om vir sy kinders te leer hoe om 'n goeie
>>>> ouer te wees : deur self 'n goeie ouer te wees.
>>>
>>> Haai antie, ek het nie gedink die dag gaan kom dat ek oor iets met jou
>>> saamstem nie.

>> Maar die vraag bly staan. Wat beteken die term "goeie ouer" vir jou?
>> Wat beteken dit om 'n "goeie ouer" te wees? Ek neem nou aan jy glo
>> nie dat "respek" iets daarmee te make het nie? Want jy het vreeslik
>> patroniserend reageer op my boodskap hieroor. Dink jy nie die "goeie
>> ouer" term, is bietjie van 'n abstrakte idee wat definitief ook
>> kultuur- en geloofsgebonde, is nie? Sekerlik sal verskillende kulture
>> en gelowe hierdie vraag anders beantwoord?

>> Dit was bv. altyd baie tragies vir my om te sien hoe sekere Afrikaners
>> vas bly glo het aan dinge soos "'n kind moet gesien maar nie gehoor
>> word" teorie. En dan ook die maniere wat sekere kulturele groepe het
>> om gesag af te dwing op hulle kinders met pakslae en ander vorme van
>> "beheer" oor hulle kinders. Is dit wat jy ook glo?

>> Elkgeval - EENDAG sal jy dalk wakkerword en besef dat almal nie soos
>> jy dink of glo nie, en dat dit ook goed is.
>> Mens kan vreeslik baie leer van 'n kind, mainly because one can learn
>> a great deal by observing oneself and how one responds to the
>> challenges posed by the child.
>> Respekteer jou kinders.

>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81418 is 'n antwoord op boodskap #81393] Wo, 30 Julie 2003 11:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoeveel kinders het jy, Suidwester?

"Suidwester" wrote:

> En ek kan hulle nou al sien. Twee sulke Yankee-kougomkouende brats wat al
> grootbek agter hulle grootbek-ma aan-twêr! Jy het dinge verkeerdom, ou
> Wensmuis[vir liefde!]. Sien die kind moet respek vir die volwassene hê en
> dan sal die res outomaties regkom.....maar verduidelik dit nou vir iemand
> wat deur 'n rooi waas [van lus] lewe soos jy?
> "Katryn" wrote in message
> news:qh1divsglan1d6kp89jm5aoeoetj4sls3i@4ax.com...
>> Nou hoeveel kinders het jy en jou maatjie al grootgemaak? Ek het
>> bietjie vergeet. Julle klink asof julle so baie weet oor kinders, so
>> julle moet seker baie ervaring hê oor dit waarmee julle met soveel
>> kennis en wyshede hier kom preek.
>> Weet jy, as mens self kinders het, besef mens dat RESPEK vir jou
>> kinders een van die belangrikste riglyne is. Jy repekteer hulle, en
>> hulle respekteer vir jou. Maar wat sal ek nou weet, ek het maar net 2
>> kinders grootgemaak, en volgens julle twee moes ek seker 2 monsters
>> grootgemaak het Julle sal natuurlik soveel beter weet, nè?

>> Hou op twak verkondig, man!


>> "Annette" wrote:

>>> Haai!! Ons is twee kinders, en ek is 5 jaar ouer as my broer.
>>> Ek is die stoute en hy die soete:))
>>> Nietemin - re daadie voorstel vir straf - eerstens dink ek dat kinders op
>>> skool moet leer wat dit behels om 'n goeie ouer te kan wees.
>>> Tweedens dink ek dat alle seuns van 8 - 32 jaar ten minste 'n daaglikse
>>> dosis blou vitrioel inkry:))
>>> Dan kan ons begin praat van ouers wat moet boet vir die kinders se dade -
>>> nou nie juis wat die Bybel verkondig nie, of hoe?
>>> Annette
>>>
>>>
>>> rote in message news:3f267971.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Ek het 'n familielid wat ver geleer het in kindersielkunde en alhoewel
> hy
>>>> reken kindersielkunde oor die algemeen is 'n lot tjol, reken hy tog dat
> jy
>>>> gesinne kry waarin bv 'n dogter eerste was en 'n seun tweede. Die
> dogter
>>>> is in watte toegedraai en teen die tyd wat by die seunskind gekom is,
>>> toe's
>>>> die ouers al lekker tuis met die kinder-storie. Nou kan dit twee
> kante
>>> toe
>>>> gaan: Of die meisiekind word in die afgrond in bederf en word 'n
> regte
>>>> klein koei en die laaitie gaan dalk verbitterd en met 'n
>>>> miderwaardigheidsgevoel deur die lewe. Of, die meisiekind is
> wonderlik
>>> en
>>>> met liefde en volop leiding grootgemaak terwyl die seun 'darem in 'n
> goeie
>>>> huis grootword' maar sy ouers het nou beide verder gevorder in die lewe
> en
>>>> het nie meer so baie tyd nie.......om geld te verdien sodat almal
> lekker
>>> kan
>>>> lewe.
>>>> Common denominator? Die ouers! Darem snaaks dat jy 'n klomp ure
> se
>>>> opleiding moet kry om 'n vliegtuig te kan vlieg, maar niks hoef te doen
> om
>>>> jou vir die verantwoordelikheid as ouer te kwalifiseer nie.
> Tjoef-tjaf.
>>>> 'n Paar druppel en 'n paar stuiptrekkings verder en jy's gereed om
> pappie
>>> of
>>>> mammie te wees. Ek persoonlik dink hulle moet die strawwe vir
>>> jeugmisdaad
>>>> wat aan die jeug toeken, net so aan sy ouers ook toeken. DAN sal jy
> sien
>>>> hoe word kinders opgevoed!!
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:bg5kat$l05c4$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>>>> > Daar is kinders met probleempies jong.
>>>> > En hoekom kry jy gesinne waar daar een kind is wat so stout is, en
> die
>>>> ander
>>>> > is normaal?
>>>> > Dis nie altyd die ouers se skuld nie.
>>>> >
>>>> > Annette
>>>> >
>>>> >
>>>> > "Suidwester" wrote in message
>>>> > news:3f2650db.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > > Wie anders se skuld as die ouers se skuld kan dit wees as 'n kind
>>>> > > ongehoorsaam en onbeheerbaar is? Is dit nie snaaks nie dat meeste
>>> kere
>>>> > > hierdie dinge in sekere gesinne voorkom? Dan key jy weer gesinne
>>> waar
>>>> > nie
>>>> > > een van 'n swetterjoel kinders ooit tienerprobleme op 'n erge skaal
>>>> > > ondervind nie. Ek dink dis die ouer se plig om voor te vat en die
>>>> > riglyne
>>>> > > neer te lê sodat almal dit kan verstaan en dan toe te sien dat dit
>>>> > nagevolg
>>>> > > word.
>>>> > > "Annette" wrote in message
>>>> > > news:bg5dni$kt0qh$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>>>> > > > In Huisgenoot is daar 'n artikel van 'n oudonderwyser wat beweer
> dit
>>>> is
>>>> > > die
>>>> > > > ouers se skuld as hul kinders stout en onbeheerbaar is.
>>>> > > > En die medisyne is nie Retalin nie, maar geld.
>>>> > > >
>>>> > > > Ek stem natuurlik nie saam nie - want die kind moet eerstens leer
>>> dat
>>>> > > hy/sy
>>>> > > > nie iets kan verdien sonder om take te verrig nie.
>>>> > > >
>>>> > > > Annette
>>>> > > >
>>>> > > >
>>>> > > >
>>>> > > >
>>>> > > >
>>>> > >
>>>> > >
>>>> >
>>>> >
>>
>>
>>>

>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81422 is 'n antwoord op boodskap #81400] Wo, 30 Julie 2003 11:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
rachel...@yahoo.co.uk (Rachel Couché) wrote:

> Ragel: Nee, ek weet nie wat presies beteken die term 'goeie ouer'
> Maar ek kan nie méér saamstem oor respek vir jou kinders nie. Verder
> dink ek dat n kind baie liefde en veral sekuriteit nodig het. Dan val
> dinge in plek. Voorbeeld is ook iets waarmee ek kan saamstem. Julle
> ken seker daai spreekwoord van sommige ouers - "maak soos ek sê nie
> soos ek doen nie!"? Ek dink nie daar is iets wat n kind meer
> deurmekaar maak as om vir hom een ding te leer maar n ander ding te
> wys nie.

Dankie vir jou bydrae, Ragel. En jy en jou kinders is 'n sprekende
voorbeeld dat jy weet wat jy doen en waarvan jy praat. Ek hoop die
manne (en vroue) neem jou woorde ter harte.
Ja, by baie mense is dit 'n geval van probeer "domineer" ook nog. Te
lae selfbeeld as ouer (of dalk lae intellek ens.), en dan dink hulle
om hulle kinders te domineer met lyfstraf en ander beheer maatreëls
soos die belaglikhede wat Annette die heeltyd sit en verkondig..

> My pad het nou onlangs met die van n 'weeskind' gekruis. 'n Kind wat
> deur sy ma by n instansie afgelaai is omdat haar tweede man nie die
> seuntjie in sy huis wil hê nie. Hy is nou 11 jaar oud. Het n
> bogemiddelde Ik toets geslaag maar het soveel sielkundige letsels dat
> n weeshuis hom afgekeur het. Nou word hy Vrydag na n Nywerheidsskool
> gestuur. Ek het ingestem om hom naweke in my huis te neem. Voorlopig
> nie elke naweek nie. Ag, en net miskien as hy veilig en geborge kan
> begin voel kan daar vir hom n mooi toekoms wag. Net miskien...

Jy laat my elke keer trane in my oë kry as ek jou stories lees. Ek is
bly dat hierdie seun se pad met joune kon kruis. Sterkte hiermee
liewe mens. Dit is 'n baie moeilike saak.
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81423 is 'n antwoord op boodskap #81382] Wo, 30 Julie 2003 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Maar die vraag bly staan. Wat beteken die term "goeie ouer" vir jou?
> Wat beteken dit om 'n "goeie ouer" te wees? Ek neem nou aan jy glo
> nie dat "respek" iets daarmee te make het nie? Want jy het vreeslik
> patroniserend reageer op my boodskap hieroor. Dink jy nie die "goeie
> ouer" term, is bietjie van 'n abstrakte idee wat definitief ook
> kultuur- en geloofsgebonde, is nie? Sekerlik sal verskillende kulture
> en gelowe hierdie vraag anders beantwoord?
>

Haai Katryntjie waar kom jy nou aan die idee dat ek geen respek vir my
kinders het nie? Natuurlik het ons respek vir mekaar, maar dis maar slegs
iets wat voortvloei uit die liefde wat ons vir mekaar het. Anders as wat ek
grootgeword het word daar in ons huis baie oor en weer gesoen & gedruk , ons
sê ook omtrent 10 keer 'n dag vir mekaar dat ons lief is vir mekaar.

As my meisies besluit om seksueel aktief te raak kan ek wettiglik niks
daaraan doen nie want 2 van hulle is al oor 16, en as jy gaan probeer om
hulle daaroor tee te gaan gaan jy net die sutuasie vererger. Dis hoekom ek
baie bly is dat ons die fondasie goed gelê het, en partykeer word ek verbaas
oor hulle opinies oor sekere dinge. Die ouer twee meisies neem partykeer
self 'n ouer rol aan deur hulle broer (wat die jongste is) te beskerm teen
TV programme met seksuele inhoud, en ander situasies. Soms spot ek en sê ek
is bly ek is nie die man wat eendag met my oudtse dogter gaan trou nie, sy's
bietjie te kwaai.

Daar is natuurlik sekere dinge wat ek nooit sal ondersteun nie, maar my
kinders weet baie goed wat hierdie dinge is. Oor die laaste paar jaar het
'n paar dinge gebeur wat goed gedien het as voorbeelde vir ons kinders,
byvoorbeeld toe ons bure se dogter swanger raak op ouderdom 16. So jammer
wat ek vir die meisie gevoel het daaroor net so bly was ek oor die lewensles
wat my meisies daardeur geleer het.

Ek het geen idee wat die definisie van 'n goeie ouer is nie, miskien is ek
'n swak ouer volgens jou definisie. Dit maak eintlik nie aan my saak nie
want elke tweede persoon het 'n ander definisie wat my nog minder kan pla.

> Dit was bv. altyd baie tragies vir my om te sien hoe sekere Afrikaners
> vas bly glo het aan dinge soos "'n kind moet gesien maar nie gehoor
> word" teorie. En dan ook die maniere wat sekere kulturele groepe het
> om gesag af te dwing op hulle kinders met pakslae en ander vorme van
> "beheer" oor hulle kinders. Is dit wat jy ook glo?

Daai afrikaner geloof "'n kind moet gesien maar nie gehoor word", is
onosens en ek het nooit daarin geglo nie maar my ouers het wel.

> Elkgeval - EENDAG sal jy dalk wakkerword en besef dat almal nie soos
> jy dink of glo nie, en dat dit ook goed is.

En wraggies daar is baaaaaaaaaie min mense wat soos ek dink, lees maar
hierdie NG dan sal jy sien hoe almal my altyd name noem, verkleineer en
beledig omdat ek gereeld met "interresant logia" (soos beskryf deur iemand
anders) vorendag kom. En ja ek is wakker Katryntie, wawyd wakker, hoekom
vertel jy nie vir die res van hierdie groep van jou "Anders Dink" teorie
nie.
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81424 is 'n antwoord op boodskap #81391] Wo, 30 Julie 2003 11:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie ouer voorbeeld gaan altwee kante toe. Ek weet van 'n mater wat altyd
in die moeilikheid was met die wet, en sy 20 jarige seun sit nou langs hom
in die tronk!!

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f2775c8.0@news1.mweb.co.za...
> Antie, staan op aandag.......ons stem saam oor iets! Jog, my swak hart!
> Maar, 'n goeie ouer is een wat goed kommunikeer met sy kinders en die
> verantwoordelikheid ten volle aanvaar om vir hulle die regte leiding te gee.
> As die ouers nie bereid is om vir die kinders die reëls van die lewe neer te
> lê nie, wie moet dit dan doen? Tesame met daai reëls moet ook die ander
> kant van die saak uitgespel word en wat die gevolge sal wees as oortree
> word. Dan is dit mos heel eenvoudig. Elke man kan sy kanse vat, maar ten
> minste sal geen kind ooit kan roem daarop dat hy nie geweet het nie.
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:s1AVa.868$hOa.641@news02.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>>
>> "Annette" > wrote in message
>>
>> eerstens dink ek dat kinders op
>>> skool moet leer wat dit behels om 'n goeie ouer te kan wees.
>>
>> En nou moet die arme skool ook vir die kinders
>> leer hoe " om 'n goeie ouer te wees." Ek huil my 'n papie.
>> Nee, dis een van die langste lesse waarmee 'n ouer
>> belas is: om vir sy kinders te leer hoe om 'n goeie
>> ouer te wees : deur self 'n goeie ouer te wees. En as
>> jou kinders nou al klaar volwasse is, is dit nogal iets
>> wat baie subtiel gedoen moet en kan word. En die
>> les is net nodig vir jou eie kind nie. Die les moet ook
>> die eggenote van jou kinders insluit. Spesiaal hulle.
>> Ek is seker dat die eggenote van elk van my kinders
>> oortuig is dat ek net so lief is vir hulle as vir my eie
>> kinders.
>>
>
Re: Regte en Voorregte (vir Jonas) [boodskap #81427 is 'n antwoord op boodskap #81386] Wo, 30 Julie 2003 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote:

> Katryn - daar is slegs een reël wat geld met kinders - jy moet hulle liefhê.
> En alles wat jy aan/met hulle doen moet daaraan gemeet kan word.
> Nie een ou wat ek ken het al die wysheid in pag mbt die grootmaak van
> kinders nie.

Jonas, ek het netnou geantwoord, maar my boodskap het nie deurgegaan
nie. Ek stem saam met jou, maar soos gewoonlik vereenvoudig jy alles
- in die geval, werk dit. :-)
Dit hang ook af wat jou definisie van "liehê" is. Hopelik sal dit
respek en eerlikheid insluit?
Re: Regte en Voorregte (vir Jonas) [boodskap #81428 is 'n antwoord op boodskap #81386] Wo, 30 Julie 2003 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote:

> Katryn - daar is slegs een reël wat geld met kinders - jy moet hulle liefhê.
> En alles wat jy aan/met hulle doen moet daaraan gemeet kan word.
> Nie een ou wat ek ken het al die wysheid in pag mbt die grootmaak van
> kinders nie.

Jonas, ek het netnou geantwoord, maar my boodskap het nie deurgegaan
nie. Ek stem saam met jou, maar soos gewoonlik vereenvoudig jy alles
- in die geval, werk dit. :-)
Dit hang ook af wat jou definisie van "liehê" is. Hopelik sal dit
respek en eerlikheid insluit?
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81433 is 'n antwoord op boodskap #81423] Wo, 30 Julie 2003 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Glücklich" wrote in message

> Daai afrikaner geloof "'n kind moet gesien maar nie gehoor word", is
> onosens en ek het nooit daarin geglo nie maar my ouers het wel.

En van wanneer af was dit 'n " Afrikaner-geloof " dat kinders gesien
maar nie gehoor moet word nie? Sover dit my aangaan, is Afrikaners
een van die mees argumentatiewe (in die goeie sin van die woord)
groepe in die wereld. Toe ons kinders nog almal in die huis was, was
die argumente oor politiek en godsdiens en filosofie luidkeels en
aanhoudend. Dit was vir my altyd so komies om te sien hoe bekommerd
die Noord-Amerikaanse girlfriends of boyfriends raak as hulle ook aan
die tafel sit en sien hoe ons familielede oor alles en nog wat stry. Dit
het 'n rukkie vir hulle geneem om gewoond te raak aan die toestand
van sake, en toe het hulle net so lekker begin deelneem aan die sport
van gedagtewisseling as die lede van ons huisgesin. Dit is juis om
hierdie rede dat ek later so verbaas was dat die apartheidsvarke
die Afrikanerdom so kon hokslaan in hulle reaksionere denkwyse.
Ek het verwag dat ons as 'n groep te vrydenkend sou wees om
in so 'n strik gevang te word. Maar dit wys maar net wat kan gebeur
as jy mense begin terroriseer.

Gloudina
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81438 is 'n antwoord op boodskap #81394] Wo, 30 Julie 2003 15:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier stem ek ook saam. As jy as ouer werklik jou bes gedoen het om 'n
fondament vir jou kind te lê wat hom genoeg kennis gee om in staat te wees
om 'n stewige fondament op te bou en dus goed sal weet wat reg is en wat
verkeerd is, dan is daar absoluut niks wat jy kan doen as hy op sy eie
besluit om wel, volgens jou standaarde, skeef te draai nie. Die kind
behoort ook dan darem te weet dat alles wat hy doen, ook gevolge gaan hê en
dis nie noodwendig dat jy as ouers vreeslik opgeklits gaan wees met sy
keuses nie.....maar dis menswees!

"Annette" skryf in boodskap news:bg7qu5$m23kh$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Sit vitrioel in sy kos - ten minste is die erger probleem met die erger
> gevolge opgelos:))
> Dit bring ons nou by iets anders - moet kinders ten alle koste ondersteun
> word?
> Op watter stadium moet die bloedjie self die gevolge van sy/haar eie keuse
> dade begin dra?
> Jou kind besluit self om op 16 seksueel aktief te raak. Hy is ongelukkig en
> die meisie raak swanger.
> 1) Hoe gaan jy hom ondersteun as hy besluit om op daardie stadium skool te
> verlaat, met die meisie te trou en te probeer werk?
> 2) Hoe gaan jy hom ondersteun as hy besluit om die meisie heeltemal te
> ignoreer, en glad nie die kind te wil erken of 'n bydrae te maak nie?
>
> 3) Hoe gaan jy jou dogter ondersteun as sy 'n aborsie wil ondergaan om aan
> te gaan met haar lewe?
> 4) Hoe gaan jy jou dogter ondersteun as sy besluit om die kind te hou, skool
> te los en te gaan werk?
>
> Ek stem saam dat jy jou kind moet liefhê en ondersteun, maar as sy/hy wil
> besluite neem wat hulle hele toekoms gaan be-invloed, en hulle wil jou nie
> as ouer eers daarin ken of jou raad aanvaar nie, dan kan die ondersteuning
> slegs moreel wees - nie monet�r of fisiek nie
>
> Annette
>
>
> "Henri" wrote in message
> news:QQJVa.97028$JA5.2138116@news.xtra.co.nz...
>> Ek beaam wat jy sê, Jonas. Ek vra myself die vraag af, wat gaan ek doen as
>> my kind op 16jr besluit om seksueel aktief te raak (dis natuurlik wetlik
>> hulle reg) Of as hy besluit om oor die kleurgrens te gaan. Hoe gaan ek dit
>> dan hanteer? Deur hom dan op 'n verkeerde manier te hanteer, gaan maak dat
>> ek my kind verloor.
>> As dit gebeur, gaan ek eerstens as ouer vir hom daar wees. (Die res kom
>> later)
>>
>
Re: Regte en Voorregte [boodskap #81552 is 'n antwoord op boodskap #81422] Do, 31 Julie 2003 14:40 Na vorige boodskap
Rachel Couch  is tans af-lyn  Rachel Couch
Boodskappe: 45
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
> rachel...@yahoo.co.uk (Rachel Couché) wrote:
>
>> Ragel: Nee, ek weet nie wat presies beteken die term 'goeie ouer'
>> Maar ek kan nie méér saamstem oor respek vir jou kinders nie. Verder
>> dink ek dat n kind baie liefde en veral sekuriteit nodig het. Dan val
>> dinge in plek. Voorbeeld is ook iets waarmee ek kan saamstem. Julle
>> ken seker daai spreekwoord van sommige ouers - "maak soos ek sê nie
>> soos ek doen nie!"? Ek dink nie daar is iets wat n kind meer
>> deurmekaar maak as om vir hom een ding te leer maar n ander ding te
>> wys nie.
>
> Dankie vir jou bydrae, Ragel. En jy en jou kinders is 'n sprekende
> voorbeeld dat jy weet wat jy doen en waarvan jy praat. Ek hoop die
> manne (en vroue) neem jou woorde ter harte.
> Ja, by baie mense is dit 'n geval van probeer "domineer" ook nog. Te
> lae selfbeeld as ouer (of dalk lae intellek ens.), en dan dink hulle
> om hulle kinders te domineer met lyfstraf en ander beheer maatreëls
> soos die belaglikhede wat Annette die heeltyd sit en verkondig..
>
>> My pad het nou onlangs met die van n 'weeskind' gekruis. 'n Kind wat
>> deur sy ma by n instansie afgelaai is omdat haar tweede man nie die
>> seuntjie in sy huis wil hê nie. Hy is nou 11 jaar oud. Het n
>> bogemiddelde Ik toets geslaag maar het soveel sielkundige letsels dat
>> n weeshuis hom afgekeur het. Nou word hy Vrydag na n Nywerheidsskool
>> gestuur. Ek het ingestem om hom naweke in my huis te neem. Voorlopig
>> nie elke naweek nie. Ag, en net miskien as hy veilig en geborge kan
>> begin voel kan daar vir hom n mooi toekoms wag. Net miskien...
>
> Jy laat my elke keer trane in my oë kry as ek jou stories lees. Ek is
> bly dat hierdie seun se pad met joune kon kruis. Sterkte hiermee
> liewe mens. Dit is 'n baie moeilike saak.

Ragel: Dankie vir jou woorde, Katryn! Ek is nie aldag seker ek doen
die regte ding nie maar nou kan ek nie meer omdraai nie. Weet ook nie
of ek regtig wil nie.
Vorige onderwerp: Kruger-standbeeld
Volgende onderwerp: Platespeler
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 09:53:57 MGT 2024