Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geraamte in die kas
Geraamte in die kas [boodskap #81076] Sa, 26 Julie 2003 09:16 na volgende boodskap
Henri  is tans af-lyn  Henri
Boodskappe: 69
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
'n Regter van Wellington (Nieu Seeland) is van sy pos onthef, omdat hy na
prente van naakte volwasse dames gekyk het op die usenet. Hulle reken dat
iemand wat na so iets kyk, nie betroubaar geag kan word om die pos te beklee
nie. (As hy 'n motowerktuigkundige was, het geen haan seker gekraai nie.)

Ek dink die samelewing is siek. Die lekkerste ding op aarde is om iemand wat
in die kollig is te pinpoint en te verneder. Hansie, Bill Clinton,
onderwysers, predikante en ministers is seker die mense wat hulle gatte die
gouste sien as hulle 'n foutjie begaan.

Ek loer so af en toe na die mense se "Shared Folders" op KaZaa. Agt uit tien
mense (seker mans) het daar êrens tussen al hulle MP3's so 'n lekker paar
tiettie foto's. Man, dis mos die lewe - waarom sal ons nou stry?

Nou hoekom wys ons dan so gou vinger?
Henri
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81077 is 'n antwoord op boodskap #81076] Sa, 26 Julie 2003 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Watter vinger?:))
Annette

"Henri" skryf in boodskap news:HFrUa.92726$JA5.2032591@news.xtra.co.nz...
> 'n Regter van Wellington (Nieu Seeland) is van sy pos onthef, omdat hy na
> prente van naakte volwasse dames gekyk het op die usenet. Hulle reken dat
> iemand wat na so iets kyk, nie betroubaar geag kan word om die pos te beklee
> nie. (As hy 'n motowerktuigkundige was, het geen haan seker gekraai nie.)
>
> Ek dink die samelewing is siek. Die lekkerste ding op aarde is om iemand wat
> in die kollig is te pinpoint en te verneder. Hansie, Bill Clinton,
> onderwysers, predikante en ministers is seker die mense wat hulle gatte die
> gouste sien as hulle 'n foutjie begaan.
>
> Ek loer so af en toe na die mense se "Shared Folders" op KaZaa. Agt uit tien
> mense (seker mans) het daar êrens tussen al hulle MP3's so 'n lekker paar
> tiettie foto's. Man, dis mos die lewe - waarom sal ons nou stry?
>
> Nou hoekom wys ons dan so gou vinger?
> Henri
>
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81078 is 'n antwoord op boodskap #81077] Sa, 26 Julie 2003 09:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri  is tans af-lyn  Henri
Boodskappe: 69
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Die vinger wat die mense na Hansie Cronje , Bill Clinton en daardie regter
gewys het.

"Annette" skryf in boodskap news:bfthlh$ipoq8$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Watter vinger?:))
> Annette
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81079 is 'n antwoord op boodskap #81078] Sa, 26 Julie 2003 10:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vir wat ek kan onthou, was dit nie almal dieselfde vinger nie, veral nie
Bill Clinton nie;))
Annette

"Henri" skryf in boodskap news:mdsUa.92750$JA5.2032702@news.xtra.co.nz...
> Die vinger wat die mense na Hansie Cronje , Bill Clinton en daardie regter
> gewys het.
>
> "Annette" wrote in message
> news:bfthlh$ipoq8$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> Watter vinger?:))
>> Annette
>
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81080 is 'n antwoord op boodskap #81078] Sa, 26 Julie 2003 10:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Is jy skaam om voorvinger of wysvinger te sê?:))
Annette

"Henri" skryf in boodskap news:mdsUa.92750$JA5.2032702@news.xtra.co.nz...
> Die vinger wat die mense na Hansie Cronje , Bill Clinton en daardie regter
> gewys het.
>
> "Annette" wrote in message
> news:bfthlh$ipoq8$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> Watter vinger?:))
>> Annette
>
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81081 is 'n antwoord op boodskap #81080] Sa, 26 Julie 2003 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri  is tans af-lyn  Henri
Boodskappe: 69
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ek weet nie wat jy sê nie.
Die punt wat ek probeer maak, is dat baie mense geneig is om ander mense se
foute uit te wys, sonder om na hulle eie te kyk en dat dit die hoë bome is
wat die meeste wind kry.
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81082 is 'n antwoord op boodskap #81080] Sa, 26 Julie 2003 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri  is tans af-lyn  Henri
Boodskappe: 69
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Jy's seker besig om my te terg.
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81084 is 'n antwoord op boodskap #81080] Sa, 26 Julie 2003 11:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri  is tans af-lyn  Henri
Boodskappe: 69
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Nou vang ek dit. Haai hoe laat jy my nou bloos Annette.
Maar ek's nog steeds aan Bill se kant.
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81086 is 'n antwoord op boodskap #81082] Sa, 26 Julie 2003 11:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Fransie  is tans af-lyn  Fransie
Boodskappe: 38
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
My bliksem ouboet, jy het dit!!!!!

Terloops, Bill het blykbaar 'n sigaar gebruik. Viva Havanna!!

"Henri" skryf in boodskap news:%VtUa.92845$JA5.2034597@news.xtra.co.nz...
> Jy's seker besig om my te terg.
>
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81088 is 'n antwoord op boodskap #81084] Sa, 26 Julie 2003 12:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Henri ek stem saam met jou. Maar daar is seker ook 'n les te leer - hou jou
voete na aan die grond sodat jy nie te hard aarde toe kom nie.
Met betrekking tot jou Judge Nudy - ek dink hy is ongelukkig. Mens moet
seker maar leer om diskreet (is dit Afrikaans?) te wees...

"Henri" skryf in boodskap news:4%tUa.92850$JA5.2034772@news.xtra.co.nz...
> Nou vang ek dit. Haai hoe laat jy my nou bloos Annette.
> Maar ek's nog steeds aan Bill se kant.
>
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81090 is 'n antwoord op boodskap #81086] Sa, 26 Julie 2003 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri  is tans af-lyn  Henri
Boodskappe: 69
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
My moer Fransie - noudat die ys gebreek is - Ek reken ook mos 'n sigaar sal
goed werk het vir so iets. Dink net hoe lekker het ou Bill nie gehavanna
nie. Waar's daai skapie (Katryn) nou wat nou die dag so vir Suidwester
aangevat het. Nou kom ons moooooi Katryntjie.
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81097 is 'n antwoord op boodskap #81076] Sa, 26 Julie 2003 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Henri" wrote in message

> 'n Regter van Wellington (Nieu Seeland) is van sy pos onthef, omdat hy na
> prente van naakte volwasse dames gekyk het op die usenet.

Het hulle die foto's gevind op sy rekenaar in sy kantoor
by sy werk of in sy huis. As dit op sy kantoor se rekenaar
was, was hy net eenvoudig onverantwoordelik. As besighede
hulle werknemers straf wat in hulle werktyd sulke dinge doen,
dan behoort regters ook gestraf te word.

Tant Hessie van Kakamas
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81098 is 'n antwoord op boodskap #81088] Sa, 26 Julie 2003 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote in message

> Met betrekking tot jou Judge Nudy - ek dink hy is ongelukkig. Mens moet
> seker maar leer om diskreet (is dit Afrikaans?) te wees...

Ek dink in Afrikaans moet jy die woord " diskreet" maar liewers
beperk tot wiskundige gebruik. Hy moet miskien leer " om sy
oordeel te gebruik,"

Gloudina
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81099 is 'n antwoord op boodskap #81084] Sa, 26 Julie 2003 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Nou vang ek dit. Haai hoe laat jy my nou bloos Annette.
> Maar ek's nog steeds aan Bill se kant.
>
Ek het net een klagte teen Bill Cliton. Kyk maar na JFK, hy het sy fisier
hoog gestel. Marilyn Monroe!!

"Billy boy" het sommer die kantoor personeel vasgetrap.
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81100 is 'n antwoord op boodskap #81098] Sa, 26 Julie 2003 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri  is tans af-lyn  Henri
Boodskappe: 69
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Haai nee Gloudina, diskreet is mos goeie Afikaans. As jy verleenthede
probeer vermy, of dit vermy om ander mense te ontstel, dan is jy diskreet.

"@rogers.com" wrote in message
news:JbvUa.49830$vz%.15008@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Jonas" wrote in message
>
>> Met betrekking tot jou Judge Nudy - ek dink hy is ongelukkig. Mens moet
>> seker maar leer om diskreet (is dit Afrikaans?) te wees...
>
> Ek dink in Afrikaans moet jy die woord " diskreet" maar liewers
> beperk tot wiskundige gebruik. Hy moet miskien leer " om sy
> oordeel te gebruik,"
>
> Gloudina
>
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81101 is 'n antwoord op boodskap #81084] Sa, 26 Julie 2003 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Henri" wrote in message

> Maar ek's nog steeds aan Bill se kant.

En so is die algemene publiek in die VSA ook nog
duidelik. Hy is 'n geliefde persoonlikheid. En almal
het ook 'n glimlag op hulle gesig as hulle aan Monica
Lewinsky dink. Dit was net die ou suur Republikeine
wat altyd voorgee om so " goed" te wees en dan die
kat knaend in die donker knyp, wat Bill Clinton
gedemoniseer het. Hy word onthou as iemand wat
gedurig probeer vrede maak het, gedurig op die
verhoog verskyn het met twee opponente, en hulle
mekaar leer handskud het. Duidelik voel Mandela
dieselfde. Hy het spesiaal na die VSA gekom en
sy arm om Bill Clinton gesit toe dit gelyk het of
Bill Clinton van sy pos af gesit sou word. Daarteenoor
staan Mandela se weiering om enigiets met Bush te
doen te kry.
Dit word ook duidelik dat Hillary Clinton
meer en meer geliefd en gerespekteer word, as
iemand wat kan " vergewe" en haar liefde vir
haar man sit bo sy tydelike indiskresies. Ek twyfel
nie daaraan dat daar 'n stille ooreenkoms tussen
Bill en Hilary is dat hy maar so nou en dan met
iemand anders kan assosieer nie. Die jongste stories
is oor Clinton en die baie aantreklike CEO van Magna,
wat 'n Kanadese maatskappy is. Sy is die dogter van
Frank Stronach, wat Magna opgebou het tot die
wereld se grootste vervaardiger van karparte. Maar hy
is ook nou eienaar van baie van die belangrikste
perdewedren-ondernemings in die VSA.

Gloudina
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81103 is 'n antwoord op boodskap #81097] Sa, 26 Julie 2003 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri  is tans af-lyn  Henri
Boodskappe: 69
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
My maggies Tant Hessie. Is jy regtig van Kakamas? Ek bloos nou vir die
tweede keer vanaand, want my van is Du Plessis en ek was skurf vandag.
Ek weet nie of die regter by die werk uitgevang is nie, maar ek neem so aan.
Maar ek glo hulle sal hom hom in elk geval gepeper het, waar hy dit ookal
gedoen het.

"@rogers.com" wrote in message
news:i8vUa.49800$vz%.4750@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Henri" wrote in message
>
>> 'n Regter van Wellington (Nieu Seeland) is van sy pos onthef, omdat hy na
>> prente van naakte volwasse dames gekyk het op die usenet.
>
> Het hulle die foto's gevind op sy rekenaar in sy kantoor
> by sy werk of in sy huis. As dit op sy kantoor se rekenaar
> was, was hy net eenvoudig onverantwoordelik. As besighede
> hulle werknemers straf wat in hulle werktyd sulke dinge doen,
> dan behoort regters ook gestraf te word.
>
> Tant Hessie van Kakamas
>
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81120 is 'n antwoord op boodskap #81099] Sa, 26 Julie 2003 17:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Bill was meer op die ekonomie ingestel:))
Annette

"Glücklich" skryf in boodskap news:vdvUa.2634$oq.1790@fe04.atl2.webusenet.com...
>> Nou vang ek dit. Haai hoe laat jy my nou bloos Annette.
>> Maar ek's nog steeds aan Bill se kant.
>>
> Ek het net een klagte teen Bill Cliton. Kyk maar na JFK, hy het sy fisier
> hoog gestel. Marilyn Monroe!!
>
> "Billy boy" het sommer die kantoor personeel vasgetrap.
>
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81125 is 'n antwoord op boodskap #81076] Sa, 26 Julie 2003 17:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 26 Jul 2003 21:16:24 +1200, "Henri" wrote:

>
> Ek dink die samelewing is siek. Die lekkerste ding op aarde is om iemand wat
> in die kollig is te pinpoint en te verneder. Hansie, Bill Clinton,
> onderwysers, predikante en ministers is seker die mense wat hulle gatte die
> gouste sien as hulle 'n foutjie begaan.
>
Jaap Marais - Eugene Terblanche - Oom Albert - pinpoint soos jy sê

> Nou hoekom wys ons dan so gou vinger?
> Henri
>
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81126 is 'n antwoord op boodskap #81077] Sa, 26 Julie 2003 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 26 Jul 2003 11:23:11 +0200, "Annette" wrote:

> Watter vinger?:))
> Annette
>
>

Skuus dat ek in die Sutherlandverwysing na jou ook verwys het.
Maar somtyds is dit lekker warm is Sutherland ook:-)))

Speedy
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81127 is 'n antwoord op boodskap #81090] Sa, 26 Julie 2003 18:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Jul 2003 00:34:06 +1200, "Henri" wrote:

> My moer Fransie - noudat die ys gebreek is - Ek reken ook mos 'n sigaar sal
> goed werk het vir so iets. Dink net hoe lekker het ou Bill nie gehavanna
> nie. Waar's daai skapie (Katryn) nou wat nou die dag so vir Suidwester
> aangevat het. Nou kom ons moooooi Katryntjie.
>

Jy's te staaaaadig om vir 'n oomblik te dink dat Katryn jou sal
antwoord. Henritjietjie

Speed
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81128 is 'n antwoord op boodskap #81098] Sa, 26 Julie 2003 18:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 26 Jul 2003 13:17:29 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "Jonas" wrote in message
>
>> Met betrekking tot jou Judge Nudy - ek dink hy is ongelukkig. Mens moet
>> seker maar leer om diskreet (is dit Afrikaans?) te wees...

>
> Gloudina
>

Ja, dit is Afrikaans, bouwer, en die bewys dat jy niks meer Afrikaans
in jou het nie

SPEEDY GONZALES
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81129 is 'n antwoord op boodskap #81100] Sa, 26 Julie 2003 18:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Jul 2003 01:31:18 +1200, "Henri" wrote:

> Haai nee Gloudina, diskreet is mos goeie Afikaans. As jy verleenthede
> probeer vermy, of dit vermy om ander mense te ontstel, dan is jy diskreet.
>
>

Jy's laf, Henri. My buurvrou en ek probeer om geen geleenthede te
vermy nie

Speedy
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81130 is 'n antwoord op boodskap #81103] Sa, 26 Julie 2003 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Jul 2003 01:41:23 +1200, "Henri" wrote:

> My maggies Tant Hessie. Is jy regtig van Kakamas? Ek bloos nou vir die
> tweede keer vanaand, want my van is Du Plessis en ek was skurf vandag.

As die Du Plessis'e jou moes hoor, het jy verjaar.
Jou stāāārigeit dui nie op Du Plessis wees nie,
maar as jy komplimente en eer soek, is jy op
die regte pad. Jou antie sal jou van nou af
sagkens behandel.

Speedy Gonzales
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81149 is 'n antwoord op boodskap #81127] Sa, 26 Julie 2003 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri  is tans af-lyn  Henri
Boodskappe: 69
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Jis, maar jy's 'n drol
Re: Geraamte in die kas [boodskap #81166 is 'n antwoord op boodskap #81149] Sa, 26 Julie 2003 20:31 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Okie dokie - laat ek ernstig raak nadat ek my vanmiddag natgelag het vir WP.
Fleckie het hom behoorlik uit die Springbokspan gespeel.

Ek dink nie dat alle hoge bome ter alle tyd lukraak die meeste wind vang vir
enige moontlike vergryp nie, maar diegene wat in die openbaar hulle
uitspreek teen 'n sekere vergryp, en dan self met die hand in die pampoen
gevang word, sal dit ontgeld.
Annette
Vorige onderwerp: meningsopname
Volgende onderwerp: Nelson
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 01:08:24 MGT 2024