Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die hoek van die sonstrale.
Die hoek van die sonstrale. [boodskap #8045] Di, 14 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die afgelope dae staan ek meer en meer by die glas-
deur van ons balkon en kyk buite toe. Daar voor my is
die kaal bome op die walle van die Ottawa-rivier. Daar
is die rivier self, bevrore. Maar dit is nie wat my aandag
vra nie. Ek voel daar is iets anders wat opgemerk moet
word, iets wat verander het. Toe gister ontdek ek wat dit
is. Dis die lig wat anders is. Dis die hoek waarmee die
sonstrale val, wat verskillend is. En dit vervul my met 'n
groot vreugde. Skielik laat jy jouself toe om te fantaseer
oor die lente. Jy weet die lente is nog drie vier maande weg.
Jy weet daar kan nog maande van sneeu en storms voorlê.
Maar die lig het iets verander in die chemikalieë van jou
brein, en niks is meer dieselfde as 'n maand gelede nie.
Dit het my dan nie verbaas toe ek ontdek dat die pionier
van lig-terapie vir depressie 'n oud-Suid Afrikaner is wat
in New York gepraktiseer het nie. Ek dink mense wat in
Suid-Afrika grootword, is spesiaal ingestem op die effek
wat lig op jou het. Miskien het mense wat soveel helder dae
in hulle jaar het, 'n groter behoefte aan lig as die mense wat
gewoond is van geboorte af aan 'n sekere hoeveelheid van
donker in hulle dae.
Die hang natuurlik ook af van waar jy in 'n tydsone bly,
hoe vroeg dit lig word, hoe vroeg dit donker word. Dit lei
na vreeslike anomalieë. Die plek waar die son die eerste
in die VSA opkom, is Eastport in Maine. Kruis jy nou net
die Kanadese grens binne 'n paar minute, dan is dit 'n uur
later in New Brunswick, wat in die Atlantiese tydsone is.
Eintlik moet Eastport in die Atlantiese tydsone wees. Maar
hulle is nie, omdat daar besluit is: die hele Maine is in die
Oostelike tydsone. Dieselfde anomalie vind jy op die Gaspe-
skiereiland van Quebec, wat verder oos as New Brunswick
strek, en tog dieselfde tydsone deel as Montreal, heel verder
wes.
Dit bring my nou by die vraag wat ek myself al 'n lang
ruk afvra: was daar ooit 'n gedagte daaraan om Suid-Afrika
in twee tydsones op te deel? Ek het in die weste van Suid-
Afrika grootgeword, maar meeste van die res van my lewe
in Suid-Afrika deurgebring in die oostelike dele van die
land. Dit het my altyd so verbaas hoeveel vroeër dit in
Natal donker word as in die Noorkaap. En ek kan nou nog
onthou hoe desperaat dit my pa gemaak het as die son nie
wou ondergaan nie hier teen halfnege in die aand, en hy
wil eet en gaan slaap. En sy vrou wil nie binne toe gaan
nie. En van sy kinders is daar geen teken nie.

Gloudina Bouwer
Re: Die hoek van die sonstrale. [boodskap #8048 is 'n antwoord op boodskap #8045] Wo, 15 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
oos...@scientia.up.ac.za says...
>
> In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
>
>> Dit bring my nou by die vraag wat ek myself al 'n lang
>> ruk afvra: was daar ooit 'n gedagte daaraan om Suid-Afrika
>> in twee tydsones op te deel?
>
> Ek twyfel of dit al ernstig oorweeg is. Tegnies strek SA slegs oor een tydsone
> (15 lengtegrade). Die probleem is dat die sentrale lengtegraad waarop ons tyd
> gebaseer is, 30 grade Oos, te ver na die Ooste lê - dit loop min of meer deur
> Oos-Londen, as ek reg onthou.

> Groete, Leendert

Niks is onmoontlik nie. Hier in Kanada is
die eiland van Newfoundland (en miskien ook
Labrador wat deel is van die provinsie) 'n halfuur
later as Atlantiese tyd. Dit lei tot die immergroen
Newfie joke: "Die wereld sal vanaand om 10:00
tot 'n einde kom, 10:30 in Newfoundland." Asof
die res van Kanada almal in dieselfde tydsone bly!
Gloudina
Re: Die hoek van die sonstrale. [boodskap #8049 is 'n antwoord op boodskap #8045] Wo, 15 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:

> Dit bring my nou by die vraag wat ek myself al 'n lang
> ruk afvra: was daar ooit 'n gedagte daaraan om Suid-Afrika
> in twee tydsones op te deel?

Ek twyfel of dit al ernstig oorweeg is. Tegnies strek SA slegs oor een tydsone
(15 lengtegrade). Die probleem is dat die sentrale lengtegraad waarop ons tyd
gebaseer is, 30 grade Oos, te ver na die Ooste lê - dit loop min of meer deur
Oos-Londen, as ek reg onthou.

Dit sou heel werkbaar wees om on tyd op 22.5 grade Oos te baseer, wat
tydverskuiwings beer sou balanseer. Dit sou egter beteken dat ons 1.5 uur van
Greenwich verskil, en nie twee ure nie. Die burakratiese denke hou nie van
sulke dinge nie, so ons sal maar almal ly.

Suidwes het, natuurlik, ook die SA tydsone gedeel, al val hy feitlik volledig
in die volgende westelike tydsone.

Namibië het die natuurlike tydsone aanvaar, maar gebruik dagligbesparingstyd
gedurende die somer, wanneer hy dus dieselfde tyd as SA het. Vir 'n land wat
feitlik geheel en al in die trope lê om dagligbesparingstyd te gebruik is m.i.
gek - 'n poging om byderwets te wees, eerder as 'n wesenlike bydrae tot die
welsyn van die mense - net soos hul taalbeleid.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Ik hou van Zuid-Africa
Volgende onderwerp: Die Afrikaner: Mandela bondgenootskappe boemerang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 23:02:36 MGT 2024