Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Joburg Review - bydraes gevra.
Joburg Review - bydraes gevra. [boodskap #8021] So, 12 Januarie 1997 00:00
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Okay, asseblief, al die mense wat kla oor die gediggies op die nuusgroep,
moet om hemelsnaam nie verder lees nie!

Almal weg? Mooi.

Hier is 'n paar mense in Gauteng wat 'n literêre tydskrif met die naam
Joburg Review op die been gaan bring. Ten spyte van die Engelse naam is dit
oop vir bydraes in enige taal -- ons gaan selfs probeer om bydraes van bv
die Portugese gemeenskap te kry. Waar moontlik gaan bydraes in vertaalde
vorm ook geplaas word.

Daar is nie veel "outlets" vir nuwe Afrikaanse skrywery nie, so ons hoop
dat Joburg Review dalk sal help om ongepubliseerde werk onder mense se
aandag te bring. Dus nooi ons almal uit om bydraes te stuur
(ev...@aztec.co.za) vir die eerste uitgawe. Gedigte, kortverhale, en
grafiese werk word aanvaar. Werk met Johannesburg -- in al sy fasette -- as
tema sal natuurlik voorkeur kry, maar ons is nie radikaal provinsialisties
nie. Ek dink dit sal bv nogal interessant wees om bydraes van oorsese Suid
Afrikaners te ontvang wat van die gevoelens wat al hier uitgespreek is
weergee.

Joburg Review gaan nie 'n stywelip, akademiese publikasie wees nie, maar 'n
lekkerlees publikasie met film en boek reviews ook. Dit beloof om 'n spieel
van literêre trends in 'n vinnig veranderende Suid afrikaanse gemeenskap te
wees.

Charl
Vorige onderwerp: Afrikaners in Toronto?
Volgende onderwerp: SKYT-SKYT DIE BULT YT.....................
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 23:09:35 MGT 2024