Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sewe tale vir Afrikaans!
Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80100] Sa, 05 Julie 2003 04:57 na volgende boodskap
Rachel Couch  is tans af-lyn  Rachel Couch
Boodskappe: 45
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Wouter

Een huidige Afrikaanse liedjieskrywer het die onderskeiding dat een van sy
liedjies in sewe tale gesing word, insluitend in Portugees. Wie weet of wil
raai watter liedjie dit is?

Ragel: Ek wil graag weet, wie dit is Wouster! Hopelik nie Dozi nie?
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80104 is 'n antwoord op boodskap #80100] Sa, 05 Julie 2003 07:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Jul 2003 21:57:08 -0700, rachel...@yahoo.co.uk (Rachel Couché) wrote:

> Wouter
>
>
> Een huidige Afrikaanse liedjieskrywer het die onderskeiding dat een van sy
> liedjies in sewe tale gesing word, insluitend in Portugees. Wie weet of wil
> raai watter liedjie dit is?
>
> Ragel: Ek wil graag weet, wie dit is Wouster! Hopelik nie Dozi nie?

Leon Schuster, Plaasvark?
Hier kômmie Bokkkéééé...!!!
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80111 is 'n antwoord op boodskap #80104] Sa, 05 Julie 2003 10:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jy praat lelik oor Dozi, so ek gaan jou niks vertel nie!!!!

GrRico

"DD" skryf in boodskap news:6gucgv0rrcjk5d5uq76kv7emq3n3pkhe8q@4ax.com...
> On 4 Jul 2003 21:57:08 -0700, rachel...@yahoo.co.uk (Rachel Couché)
> wrote:
>
>> Wouter
>>
>>
>> Een huidige Afrikaanse liedjieskrywer het die onderskeiding dat een van sy
>> liedjies in sewe tale gesing word, insluitend in Portugees. Wie weet of wil
>> raai watter liedjie dit is?
>>
>> Ragel: Ek wil graag weet, wie dit is Wouster! Hopelik nie Dozi nie?
>
>
> Leon Schuster, Plaasvark?
> Hier kômmie Bokkkéééé...!!!
>
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80113 is 'n antwoord op boodskap #80111] Sa, 05 Julie 2003 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Want Dozi kan nie sing nie. Maar "he grows on you" :-)) Ek was twee dae
lank by my suster en sy het my twee dae lank aan hom blootgestel - en ek
moet sê hier en daar is 'n liedjie wat my aandag gekry het. Verder klink hy
vir my nog steeds soos 'n saag. My ma sê hy klink soos Chris Blignaut
(spelling?), maar ek's bietjie jonk om hom te onthou.

E

"Rico" skryf in boodskap news:3f06a4f8$0$49107$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Jy praat lelik oor Dozi, so ek gaan jou niks vertel nie!!!!
>
> GrRico
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80119 is 'n antwoord op boodskap #80111] Sa, 05 Julie 2003 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rachel Couch  is tans af-lyn  Rachel Couch
Boodskappe: 45
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
"Rico" skryf in boodskap news:...
> Jy praat lelik oor Dozi, so ek gaan jou niks vertel nie!!!!

Ragel: Skuus, hoor! Geen bybedoelings, behalwe dat ek nie mal is oor
die man se sang nie. Of is jy dalk Dozi? Hmmmm?

:-)
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80127 is 'n antwoord op boodskap #80100] Sa, 05 Julie 2003 21:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wouter : Een huidige Afrikaanse liedjieskrywer het die onderskeiding
dat een van sy liedjies in sewe tale gesing word, insluitend in Portugees.
Wie weet of wil raai watter liedjie dit is?

Ragel: Ek wil graag weet, wie dit is Wouster! Hopelik nie Dozi nie?

DD: Leon Schuster, Plaasvark?
Hier kômmie Bokkkéééé...!!!

Wouter
Nee dis nie Schuster nie, maar dis nogal die tipe liedjie wat hy sing.
(Schuster se goed is natuurlik meesal verwerkings van bestaande
liedjies, hy skryf nie veel nuwe liedjies nie.)

En dis ook nie Dozi nie, maar jy is warm Ragel, want Dozi het
misntens een van die vertalings van die betrokke liedjie gedoen,
in Zoeloe. En Dozi sing ook die liedjie in Zoeloe.

Ek gee nog 'n leidraad of vyf, almal waar.
Maar party help jou dalk in die sloot in :-)

  • Hy is een van ons mees aktiewe liedjieskrywers, hy het al
140+ liedjies geskryf wat reeds opgeneem is
  • Hy sing self die meeste van sy liedjies.
  • Hy dra graag swart leerbaadjies
  • Hy is van Durbanville in die Kaap, maar ek vermoed hy
woon deesdae in Gauteng (Pretoria?)
  • Sy gunstelingliedjie (die een waarvan hy self die meeste hou) verskyn
op sy jongste CD, maar is nie baie bekend nie. Hier is die lirieke

Koor:
Daar is iets in Afrika
Ja daar is goud, jy moet net vra
Meer as die oog kan sien
Hier in Afrika
Daar is iets in Afrika
As ek en jy mekaar moet dra
Tot hoog, hoog op 'n berg
Hier in Afrika

Daar`s `n plek waar die mens van sy vrag kan laat rus
Waar seisoene oor lewe en dood beslis
Waar voetspore in die stof met snelweë verbind
Sy`s die moederland en sy sal sterf, sterf vir haar kind

As die winteroggendmis oor die laaglande streel
En tonele van hoogtes, vér in in droom afspeel
Proe jy die vuur van woestynland in jou mond
Tot die teerpad in `n groot stad, hier uit Afrika-grond.
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80129 is 'n antwoord op boodskap #80127] Sa, 05 Julie 2003 22:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> * Hy is een van ons mees aktiewe liedjieskrywers, hy het al
> 140+ liedjies geskryf wat reeds opgeneem is
> * Hy sing self die meeste van sy liedjies.
> * Hy dra graag swart leerbaadjies
> * Hy is van Durbanville in die Kaap, maar ek vermoed hy
> woon deesdae in Gauteng (Pretoria?)
> * Sy gunstelingliedjie (die een waarvan hy self die meeste hou) verskyn
> op sy jongste CD, maar is nie baie bekend nie. Hier is die lirieke
>
> Koor:
> Daar is iets in Afrika
> Ja daar is goud, jy moet net vra
> Meer as die oog kan sien
> Hier in Afrika
> Daar is iets in Afrika
> As ek en jy mekaar moet dra
> Tot hoog, hoog op 'n berg
> Hier in Afrika
>
> Daar`s `n plek waar die mens van sy vrag kan laat rus
> Waar seisoene oor lewe en dood beslis
> Waar voetspore in die stof met snelweë verbind
> Sy`s die moederland en sy sal sterf, sterf vir haar kind
>
> As die winteroggendmis oor die laaglande streel
> En tonele van hoogtes, vêr in in droom afspeel
> Proe jy die vuur van woestynland in jou mond
> Tot die teerpad in `n groot stad, hier uit Afrika-grond.
>

...weet, ek weet, o ek weet!
Dis Luciano Pavarotti...!

DD
- met a smile aan diegene wat gedink het
dat ek niks van musiek af weet nie
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80133 is 'n antwoord op boodskap #80127] So, 06 Julie 2003 01:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> * Sy gunstelingliedjie (die een waarvan hy self die meeste hou) verskyn
> op sy jongste CD, maar is nie baie bekend nie. Hier is die lirieke

Ek het geen idee wie dit is nie, maar ek laaaik!!
:-)
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80135 is 'n antwoord op boodskap #80133] So, 06 Julie 2003 05:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lucky Sindane ? ;-)))

"Katryn" skryf in boodskap news:8uuegvct4f649vmm8p4j94917o1j574dj3@4ax.com...
> "Wouter Plaasvark" wrote:
>
>> * Sy gunstelingliedjie (die een waarvan hy self die meeste hou) verskyn
>> op sy jongste CD, maar is nie baie bekend nie. Hier is die lirieke
>
> Ek het geen idee wie dit is nie, maar ek laaaik!!
> :-)
>
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80137 is 'n antwoord op boodskap #80129] So, 06 Julie 2003 08:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> * Hy is een van ons mees aktiewe liedjieskrywers, hy het al
> 140+ liedjies geskryf wat reeds opgeneem is
> * Hy sing self die meeste van sy liedjies.
> * Hy dra graag swart leerbaadjies
> * Hy is van Durbanville in die Kaap, maar ek vermoed hy
> woon deesdae in Gauteng (Pretoria?)
> * Sy gunstelingliedjie (die een waarvan hy self die meeste hou) verskyn
> op sy jongste CD, maar is nie baie bekend nie. Hier is die lirieke
> Daar is iets in Afrika
> Ja daar is goud, jy moet net vra

DD: ...weet, ek weet, o ek weet!
Dis Luciano Pavarotti...!

Wouter
Liewe Lucy? Close hoor, close.
Maar bietjie minder Italiaans....
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80138 is 'n antwoord op boodskap #80133] So, 06 Julie 2003 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> * Sy gunstelingliedjie (die een waarvan hy self die meeste hou) verskyn
> op sy jongste CD, maar is nie baie bekend nie. Hier is die lirieke

Katryn : Ek het geen idee wie dit is nie, maar ek laaaik!! :-)

Wouter
Hy hou self van die meer ernstige goed, maar wat hy verkoop kry is veral die
braaivleis/pub/manne-tipe songs. Hy is 'n dieper seun as wat die meeste
mense besef, dit het uitgekom in 'n TV-onderhoud met hom 'n week of drie
gelede.
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80139 is 'n antwoord op boodskap #80135] So, 06 Julie 2003 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
>> * Sy gunstelingliedjie (die een waarvan hy self die meeste hou) verskyn
>> op sy jongste CD, maar is nie baie bekend nie. Hier is die lirieke

> Katryn : Ek het geen idee wie dit is nie, maar ek laaaik!! :-)

Jonas : Lucky Sindane ? ;-)))

Wouter
Far out Jonas :-)
Maar nou dat ek so daaraan dink, die ou is swart....
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80141 is 'n antwoord op boodskap #80138] So, 06 Julie 2003 10:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Blekkie Swart wat Annuh sing?
Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3f07e4da.0@news1.mweb.co.za...
>> * Sy gunstelingliedjie (die een waarvan hy self die meeste hou) verskyn
>> op sy jongste CD, maar is nie baie bekend nie. Hier is die lirieke
>
> Katryn : Ek het geen idee wie dit is nie, maar ek laaaik!! :-)
>
> Wouter
> Hy hou self van die meer ernstige goed, maar wat hy verkoop kry is veral die
> braaivleis/pub/manne-tipe songs. Hy is 'n dieper seun as wat die meeste
> mense besef, dit het uitgekom in 'n TV-onderhoud met hom 'n week of drie
> gelede.
>
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80143 is 'n antwoord op boodskap #80141] So, 06 Julie 2003 11:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Valiant Swart, ek is seker!!!!!!!!

"Annette" skryf in boodskap news:be8tcd$2d79d$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Blekkie Swart wat Annuh sing?
> Annette
>
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3f07e4da.0@news1.mweb.co.za...
>>> * Sy gunstelingliedjie (die een waarvan hy self die meeste hou) verskyn
>>> op sy jongste CD, maar is nie baie bekend nie. Hier is die lirieke
>>
>> Katryn : Ek het geen idee wie dit is nie, maar ek laaaik!! :-)
>>
>> Wouter
>> Hy hou self van die meer ernstige goed, maar wat hy verkoop kry is veral die
>> braaivleis/pub/manne-tipe songs. Hy is 'n dieper seun as wat die meeste
>> mense besef, dit het uitgekom in 'n TV-onderhoud met hom 'n week of drie
>> gelede.
>>
>
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80149 is 'n antwoord op boodskap #80127] So, 06 Julie 2003 15:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rachel Couch  is tans af-lyn  Rachel Couch
Boodskappe: 45
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
">
> Ragel: Ek wil graag weet, wie dit is Wouster! Hopelik nie Dozi nie?
>
> DD: Leon Schuster, Plaasvark?
> Hier kômmie Bokkkéééé...!!!
>
> Wouter
>
> En dis ook nie Dozi nie, maar jy is warm Ragel, want Dozi het
> misntens een van die vertalings van die betrokke liedjie gedoen,
> in Zoeloe. En Dozi sing ook die liedjie in Zoeloe.

Ragel: Dan raai ek nog net een keer:

Coenie de Villiers? Die woorde wat jy plaas klink vir my vir vreeslik na Coenie!
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80165 is 'n antwoord op boodskap #80143] So, 06 Julie 2003 17:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
Blackie Swart is reg, maar wat Annuh is sal ek regtig nie weet nie. Sy
jongste CD, Pers Kombers, is nie sleg nie, die liedjie "In Afrika" is ook
daarop. Kyk by http://www.blackieswart.co.za/cd.html

Maar die liedjie wat in 7 tale vertaal is, is Liewe Lulu (Nie Liewe Luciano
nie). As ek reg onthou is dit in Engels en Portugees vertaal, ook 5
Afrikatale (nie almal Suid-Afrikaans nie.)

Dit was nie moeilik nie, ek het mos gesê hy is swart.
Blackie Swart :-)

"Rico" skryf in boodskap news:3f080637$0$49102$e4fe514c@news.xs4all.nl...
Valiant Swart, ek is seker!!!!!!!!

"Annette" skryf in boodskap news:be8tcd$2d79d$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Blekkie Swart wat Annuh sing?
> Annette

> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3f07e4da.0@news1.mweb.co.za...
>>> * Sy gunstelingliedjie (die een waarvan hy self die meeste hou) verskyn
>>> op sy jongste CD, maar is nie baie bekend nie. Hier is die lirieke

>> Katryn : Ek het geen idee wie dit is nie, maar ek laaaik!! :-)

>> Wouter
>> Hy hou self van die meer ernstige goed, maar wat hy verkoop is veral die
>> braaivleis/pub/manne-tipe songs. Hy is 'n dieper seun as wat die meeste
>> mense besef, dit het uitgekom in 'n TV-onderhoud met hom 'n week of drie
>> gelede.
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80167 is 'n antwoord op boodskap #80165] So, 06 Julie 2003 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
As hy die liedjie Anna sing, dan spreek hy dit Annuh uit.
Wat word LuLu genoem in Potgugees en in die Afrikatale?
In Engels is die naam LuLu bekend, maar 'n hardhorende soos ek sal dit hoor
as LooLoo:))

Oh, my dear LooLoo,
I need to go to you too
And while there I read The Pooh
I need you, my dearest LooLoo.:))
Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3f085afe.0@news1.mweb.co.za...
> Wouter
> Blackie Swart is reg, maar wat Annuh is sal ek regtig nie weet nie. Sy
> jongste CD, Pers Kombers, is nie sleg nie, die liedjie "In Afrika" is ook
> daarop. Kyk by http://www.blackieswart.co.za/cd.html
>
> Maar die liedjie wat in 7 tale vertaal is, is Liewe Lulu (Nie Liewe Luciano
> nie). As ek reg onthou is dit in Engels en Portugees vertaal, ook 5
> Afrikatale (nie almal Suid-Afrikaans nie.)
>
> Dit was nie moeilik nie, ek het mos gesê hy is swart.
> Blackie Swart :-)
>
>
> "Rico" wrote in message
> news:3f080637$0$49102$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Valiant Swart, ek is seker!!!!!!!!
>
> "Annette" wrote in message
> news:be8tcd$2d79d$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Blekkie Swart wat Annuh sing?
>> Annette
>
>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>> news:3f07e4da.0@news1.mweb.co.za...
>>>> * Sy gunstelingliedjie (die een waarvan hy self die meeste hou) verskyn
>>>> op sy jongste CD, maar is nie baie bekend nie. Hier is die lirieke
>
>>> Katryn : Ek het geen idee wie dit is nie, maar ek laaaik!! :-)
>
>>> Wouter
>>> Hy hou self van die meer ernstige goed, maar wat hy verkoop is veral die
>>> braaivleis/pub/manne-tipe songs. Hy is 'n dieper seun as wat die meeste
>>> mense besef, dit het uitgekom in 'n TV-onderhoud met hom 'n week of drie
>>> gelede.
>
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80178 is 'n antwoord op boodskap #80167] So, 06 Julie 2003 22:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Annette
As hy die liedjie Anna sing, dan spreek hy dit Annuh uit.
Wat word LuLu genoem in Potgugees en in die Afrikatale?

Wouter
Dit bly Lulu.
Wat word Annette genoem in Potgugees en in die Afrikatale?
En wat is 'n Potgugees, is dit wanneer jou pot die gees gee?
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80179 is 'n antwoord op boodskap #80149] So, 06 Julie 2003 22:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> En dis ook nie Dozi nie, maar jy is warm Ragel, want Dozi het
> misntens een van die vertalings van die betrokke liedjie gedoen,
> in Zoeloe. En Dozi sing ook die liedjie in Zoeloe.

Ragel: Dan raai ek nog net een keer:
Coenie de Villiers? Die woorde wat jy plaas klink vir my vir vreeslik na
Coenie!

Wouter
Ek jet jou darem gewaarsku dat sommige leidrade jou van die wal in die sloot
gaan help. Daardie woorde klink glad nie na Blackie Swart nie, hy sing meer
kommersiële goed, maar dis wat hy graag sou wou sing.
Re: Sewe tale vir Afrikaans! [boodskap #80181 is 'n antwoord op boodskap #80179] Ma, 07 Julie 2003 02:43 Na vorige boodskap
Rachel Couch  is tans af-lyn  Rachel Couch
Boodskappe: 45
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:...
>> Wouter
>> En dis ook nie Dozi nie, maar jy is warm Ragel, want Dozi het
>> misntens een van die vertalings van die betrokke liedjie gedoen,
>> in Zoeloe. En Dozi sing ook die liedjie in Zoeloe.
>
> Ragel: Dan raai ek nog net een keer:
> Coenie de Villiers? Die woorde wat jy plaas klink vir my vir vreeslik na
> Coenie!
>
> Wouter
> Ek jet jou darem gewaarsku dat sommige leidrade jou van die wal in die sloot
> gaan help. Daardie woorde klink glad nie na Blackie Swart nie, hy sing meer
> kommersiële goed, maar dis wat hy graag sou wou sing.

Ragel: Wie is Blackie Swart?

;-)

of anders gestel, wie luister nou na Blackie Swart?

;-)
Vorige onderwerp: Gevaarlike sending
Volgende onderwerp: Lulu
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 15:35:10 MGT 2024