Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner: Manuel se einde in sig
Die Afrikaner: Manuel se einde in sig [boodskap #8004] Vr, 10 Januarie 1997 00:00
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die eerste Internet uitgawe van die Afrikaner vir 1997 is beskikbaar by

http://www.hnp.org.za/afrikaner/

************************************************************ **********

Manuel se einde in sig

TREVOR MANUEL, die Minister van Finansies, sal moet plekmaak vir
'n meer bevoegde en bekwame persoon. Die algemene gevoel is dat
hy nie die mas opgekom het nie, en sy pos moet ontruim. Alec
Erwin word genoem as die een wat hom moet vervang.
Sedert Manuel die leisels by mnr. Chris Liebenberg oorgeneem
het, het die ekonomie van die land drasties agteruitgegaan. Die
duidelikste bewys hiervoor is die daling in die waarde van die
rand. Dit het sedert Februarie verlede jaar teruggesak van R3,65
vir 'n Amerikaanse dollar tot 'n vlak wat dikwels meer as R4,70
beloop het. Dit verteenwoordig 'n daling van ongeveer 30%. Ook
teenoor die Britse pond en die Duitse mark is soortgelyke dalings
aangeteken.
Daarmee is buitelandse vertroue in die Suid-Afrikaanse ekonomie
erg geknou. Die duidelikste teken dat daar geen vertroue in die
Suid-Afrikaanse ekonomie oorsee bestaan nie, is dat daar niks
gekom het van die verwagte invloei van buitelandse beleggings
nie. Immers, daar is al dreigemente dat sekere maatskappye dit
oorweeg om hulle beleggings aan Suid-Afrika te onttrek as gevolg
van die gebrek aan vertroue in die ekonomie, maar veral ook omdat
die regime nie daarin kan slaag om wet en orde in die land te
waarborg nie. Die misdaadsyfer is 'n ernstige belemmering vir
buitelandse beleggings en werk uiters negatief op die situasie
in.
Daarbenewens is pas aangekondig dat die buitelandse reserwes,
soos die afgelope paar maande, weer 'n ernstige daling ondervind
het. Dit het die afgelope maand met 'n verdere R600 miljoen
gedaal. Ekonome het nie so 'n ernstige daling verwag nie. Daar
word nou deur ekonome voorsien dat die swak rand Suid-Afrika se
uitvoere kan bevoordeel. Dit is egter niks anders as 'n
rasionalisasie van die probleem nie, aangesien die Suid-
Afrikaanse ekonomie op die rand van die afgrond wankel.
Die groot probleem met Trevor Manuel is dat hy oor geen
kwalifikasies beskik om as Minister van Finansies te kwalifiseer
nie. Sy aanvanklike aanstelling is op ideologiese gronde gemaak,
en nie vanwe‰ sy kennis of bekwaamheid nie. Hy beskik slegs oor
'n technikon-diploma. Die buiteland het geen vertroue in hom of
sy makro-ekonomiese plan nie.
Of die aanstelling van Alec Erwin die probleem sal oplos, val
te betwyfel. Hy is beslis beter gekwalifiseerd en beter toegerus
om die pos te beklee as Manuel, maar sy rigiede kommunistiese
agtergrond en beskouings laat twyfel ontstaan of hy die beste
aanstelling in die pos sou wees. Sy sosialistiese instelling,
soos inbegrepe by sy kommunistiese agtergrond, laat twyfel
ontstaan of hy die gewenste persoon sou wees om in beheer van 'n
kapitalistiese ekonomie te wees.
Dieselfde geld vir Gill Marcus, 'n Jodin wat eweneens een van
die voorste kommuniste in die land is. Haar naam is ook al
genoem, selfs as 'n moontlike opvolger vir Erwin wanneer hy van
die toneel verdwyn.
Daar word gespekuleer dat Manuel Alfred Nzo kan opvolg as
Minister van Buitelandse Sake. Om Nzo te vervang, sou wys wees,
hy dra geen gewig nie, en is totaal onbevoeg vir sy amp. Of
Manuel, wat reeds 'n mislukking van Finansies gemaak het, in so
'n belangrike pos aangestel moet word, is te betwyfel.
Die ANC het reeds by monde van Ronnie Mamoepa 'n persverklaring
uitgereik waarin die media gekritiseer word en van rassisme
beskuldig word omdat hulle Manuel, 'n Kleurling (nieblanke) wil
laat vervang deur Erwin ('n blanke). Mandela self het reeds
aangedui dat hy self nie deur die media gedwing sal word om
verskuiwings in sy kabinet aan te bring nie - hy het volle
vertroue in al sy ministers.
Hy sou egter uiters dwaas wees om nie te let op die kritiek
teen Manuel en Nzo, en dit bloot te ignoreer nie. Beskerming van
kabinetslede kan nie versoen word met die belange van die land
nie, en as hy sou weier om op te tree, sal dit rampspoedig vir
die land wees.
Vorige onderwerp: Die Afrikaner: Manuel se einde in sig
Volgende onderwerp: "eerste aand" - FANIE OLIVIER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 12:36:26 MGT 2024