Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Basies Korrup?
Basies Korrup? [boodskap #79818] Sa, 28 Junie 2003 05:01 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Joe Verster, eertydse leier van die BSB wat verantwoordelik was vir verskeie
moorde op swart aktiviste tydens die vorige bedeling, is deur die Skerpioene
in hegtenis geneem vir bedrog en dat hy betrokke was by 'n onwettige
gougeldmaakskema.

Annette
Re: Basies Korrup? [boodskap #79820 is 'n antwoord op boodskap #79818] Sa, 28 Junie 2003 05:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
koos  is tans af-lyn  koos
Boodskappe: 137
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
nie moord nie teregstellings
Re: Basies Korrup? [boodskap #79821 is 'n antwoord op boodskap #79820] Sa, 28 Junie 2003 05:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar was geen hofsitting en skuldigbevinding nie.
Dus was dit moord.

Annette

"koos" skryf in boodskap news:bdj9l6$67e$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> nie moord nie teregstellings
>
Re: Basies Korrup? [boodskap #79850 is 'n antwoord op boodskap #79821] Sa, 28 Junie 2003 15:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
En, daar was ook geen hofsitting en skuldigbevinding deur die betrokke
terroriste organisasies nie.
So - moord was met moord vergeld.

"Annette" skryf in boodskap news:bdjh7d$ss0ac$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>
> Daar was geen hofsitting en skuldigbevinding nie.
> Dus was dit moord.
>
> Annette
>
>
>
> "koos" wrote in message
> news:bdj9l6$67e$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> nie moord nie teregstellings
>>
>
Re: Basies Korrup? [boodskap #79874 is 'n antwoord op boodskap #79850] So, 29 Junie 2003 10:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bdkdph$sh3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> En, daar was ook geen hofsitting en skuldigbevinding deur die betrokke
> terroriste organisasies nie.
> So - moord was met moord vergeld.

As jy dit so vereenvoudig, vereenvoudig jy ook die keuses wat mense maak.
Toe die Stevens report nou die dag hier gepubliseer is (oor die feit dat
Britse magte betrokke was by moorde op Katolieke in Ierland, bv. die
prokureur Pat Finucane) het dit baie mense wat voorheen teen die metodes van
die IRL was na hulle laat draai. As jy moordenaars aan die een kant het, en
moordenaars aan die ander, word dinge onmiddelik 'n duisend keer erger want
mense hoef nie meer te stoei met wat "reg" en "verkeerd" is nie.

Lorinda
Re: Basies Korrup? [boodskap #79878 is 'n antwoord op boodskap #79874] So, 29 Junie 2003 16:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - het jy toegang tot die detail rakende die "Stevens-report."

Ten spyte van die feit dat ek pro-Protestante gesind is, het my sentiment
jeens die IRL oor die laaste paar jaar baie verander. Ek vermoed die
betrokke verslag bevestig blot wat almal lank reeds vermoed het - dat die
Britte die unioniste lank reeds "gebruik" het. Hierdie is seker die tippie
van die ysberg.

Mbt die oorvereenvoudiging - jy is reg.
Maar om bloot die een kant van moord te beskuldig terwyl die ander ouens
hulself tot geweld en die geweldadige omverwerping van die status quo
verbind het, is bepaald nie eenvoudig nie.

"Lorinda" skryf in boodskap news:bdmdcu$4r7$1@news8.svr.pol.co.uk...
> "Jonas" wrote in message
> news:bdkdph$sh3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> En, daar was ook geen hofsitting en skuldigbevinding deur die betrokke
>> terroriste organisasies nie.
>> So - moord was met moord vergeld.
>
> As jy dit so vereenvoudig, vereenvoudig jy ook die keuses wat mense maak.
> Toe die Stevens report nou die dag hier gepubliseer is (oor die feit dat
> Britse magte betrokke was by moorde op Katolieke in Ierland, bv. die
> prokureur Pat Finucane) het dit baie mense wat voorheen teen die metodes van
> die IRL was na hulle laat draai. As jy moordenaars aan die een kant het, en
> moordenaars aan die ander, word dinge onmiddelik 'n duisend keer erger want
> mense hoef nie meer te stoei met wat "reg" en "verkeerd" is nie.
>
> Lorinda
>
Re: Basies Korrup? [boodskap #79882 is 'n antwoord op boodskap #79878] So, 29 Junie 2003 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bdn49o$p3m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda - het jy toegang tot die detail rakende die "Stevens-report."
>
> Ten spyte van die feit dat ek pro-Protestante gesind is, het my sentiment
> jeens die IRL oor die laaste paar jaar baie verander. Ek vermoed die
> betrokke verslag bevestig blot wat almal lank reeds vermoed het - dat die
> Britte die unioniste lank reeds "gebruik" het. Hierdie is seker die tippie
> van die ysberg.

Ek het die volledige Stevens verslag afgelaai toe dit uitgekom het. Dis te
lank om hier te plaas, maar laat my weet as jy dit wil he. Dit het opslae
gemaak hier, selfs onder die Engelse. Hulle wou antwoorde he oor wat die
regering geweet het van wat die weermag aangevang het, maar toe kom die baie
"tydige" oorlog in Irak. Die verslag het 'n volledige verhoor aangeraai.

Waarom is jy pro-Protestante gesind in terme van Noord-Ierland (behalwe nou
dat jy 'n Protestant is)? Interessant genoeg, die wapens waarmee party van
die moorde gepleeg was, was van Armscor afkomstig. Blykbaar in die
tagtigerjare aangeskaf d.m.v die Britse Agent Brian Nelson wie dan ook
natuurlik 'n belangrike posisie in die UDF beklee het. Dit is inderdaad die
tippie van die ysberg, en 'n yslike blik wurms. Die unioniste mag gedink het
die hele ding was 'n goeie plan, maar dit gaan nou hulle ondergang beteken,
wat ons terugbring by die vorige gesprek; as jy sulke dinge doen gaan jy op
die ou einde verloor.

Lorinda
Re: Basies Korrup? [boodskap #79885 is 'n antwoord op boodskap #79882] Ma, 30 Junie 2003 02:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - my protestantisme was gegrond op my eie protestant wees, maar ook
vanweë die feit dat die IRL se terroriste stryd te veel op siviele teikens
afgestem was.

My eposadres is soos aangedui - fana...@hotmail.com - ek sal jou moeite op
prys stel.

Kyk gerus na 'n stuk wat BBC tans beeldsend oor Israel en sy
atoom/biologiese program. Die sentiment wat die Israeliete uitspreek as rede
vir hulle atoom vermoë laat my onwillekeurigf dink aan ons eie gedagtewêreld
voor '92 - "die wêreld is teen ons gekant", en daarom moet ons ons verskans
...

Wanneer "sulke dinge" gedoen word in die hoop om te oorleef - maw waar dit
ooreenstem met die bedreiging, dan moet iemand dit doen. Reg of verkeerd.
Ons moet net nie later die omstandighede en die gees waarin dit gedoen is
vergeet, en dan die instrumente vervolg nie.

"Lorinda" skryf in boodskap news:3eff4ea0$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bdn49o$p3m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Lorinda - het jy toegang tot die detail rakende die "Stevens-report."
>>
>> Ten spyte van die feit dat ek pro-Protestante gesind is, het my sentiment
>> jeens die IRL oor die laaste paar jaar baie verander. Ek vermoed die
>> betrokke verslag bevestig blot wat almal lank reeds vermoed het - dat die
>> Britte die unioniste lank reeds "gebruik" het. Hierdie is seker die tippie
>> van die ysberg.
>
> Ek het die volledige Stevens verslag afgelaai toe dit uitgekom het. Dis te
> lank om hier te plaas, maar laat my weet as jy dit wil he. Dit het opslae
> gemaak hier, selfs onder die Engelse. Hulle wou antwoorde he oor wat die
> regering geweet het van wat die weermag aangevang het, maar toe kom die baie
> "tydige" oorlog in Irak. Die verslag het 'n volledige verhoor aangeraai.
>
> Waarom is jy pro-Protestante gesind in terme van Noord-Ierland (behalwe nou
> dat jy 'n Protestant is)? Interessant genoeg, die wapens waarmee party van
> die moorde gepleeg was, was van Armscor afkomstig. Blykbaar in die
> tagtigerjare aangeskaf d.m.v die Britse Agent Brian Nelson wie dan ook
> natuurlik 'n belangrike posisie in die UDF beklee het. Dit is inderdaad die
> tippie van die ysberg, en 'n yslike blik wurms. Die unioniste mag gedink het
> die hele ding was 'n goeie plan, maar dit gaan nou hulle ondergang beteken,
> wat ons terugbring by die vorige gesprek; as jy sulke dinge doen gaan jy op
> die ou einde verloor.
>
> Lorinda
>
Re: Basies Korrup? [boodskap #79887 is 'n antwoord op boodskap #79885] Ma, 30 Junie 2003 07:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bdo6ic$eei$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda - my protestantisme was gegrond op my eie protestant wees, maar ook
> vanweë die feit dat die IRL se terroriste stryd te veel op siviele teikens
> afgestem was.
> My eposadres is soos aangedui - fana...@hotmail.com - ek sal jou moeite op
> prys stel.
>
> Kyk gerus na 'n stuk wat BBC tans beeldsend oor Israel en sy
> atoom/biologiese program. Die sentiment wat die Israeliete uitspreek as rede
> vir hulle atoom vermoë laat my onwillekeurigf dink aan ons eie gedagtewêreld
> voor '92 - "die wêreld is teen ons gekant", en daarom moet ons ons verskans
> ...
>
> Wanneer "sulke dinge" gedoen word in die hoop om te oorleef - maw waar dit
> ooreenstem met die bedreiging, dan moet iemand dit doen. Reg of verkeerd.
> Ons moet net nie later die omstandighede en die gees waarin dit gedoen is
> vergeet, en dan die instrumente vervolg nie.
>

Ek kan dit verstaan dat jy die Protestante simpatiek gesind sou wees weens
die die feit dat jy een is, dis seker natuurlik. Maar die ding in
Noord-Ierland in die laaste eeu was nooit oor godsdiens nie, maar oor
Engelse teenwoordigheid daar. Die Protestante is afstammelinge van Engelse
en Skotse settelaars wat grond gegee is daar nadat die Iere verslaan is. Dit
gaan oor vereniging met die Ierse Republike ens wat die Protestante
teenstaan. Hulle het ook niks te vrees van so 'n vereniging nie, niks het
met die Protestante in die suide gebeur nie, hulle is steeds daar. Selfs die
twee hoof katedrale in Dublin is nog Protestants, en mens sou dink dat die
Katolieke dit sou verander in die hoofstad van 'n Katolieke land. Wat
siviele teikens aangaan, dit was nie die beleid van die IRL om Protestante
te vermoor omdat hulle Protestante is nie, maar as geweld gebruik word
gebeur ongelukke. Dit was wel die beleid van die UDA om Katolieke te vermoor
selfs al was hulle nie lede van die IRL nie (hulle het natuurlik 'n probleem
gehad omdat hulle nie geweet het wie in die IRL is nie). Dan is daar die
ding van Britse magte op die strate van Noord-Ierland, en alles wat daarmee
saamgaan.

Ek het die verslag gestuur. Blair is blykbaar 'n baie langer verslag gegee,
wat nie publiek gemaak is nie omdat dit moontlike verhore sou bevooroordeel.
Die onafhankilike verslag van die afgetrede Kanadese hoofregter Peter Cory
oor die moorde word in die herfs verwag.

Lorinda
Re: Basies Korrup? [boodskap #79889 is 'n antwoord op boodskap #79887] Ma, 30 Junie 2003 08:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda dankie. Jy preek vir 'n bekeerde - ek het self so 'n bietjie gaan
nalees oor die geskiedenis van Ierland - en die vergrype van die Britte
aldaar.

Is dit nie eienaardig watter negatiewe impak hulle (die Britte) op die
geskiedenis van verskeie lande gehad het nie? En dan staan hulle voorwaar
vandag terug en lewer kritiek op hulle eie uitvloeisels - soos in die geval
van Suid-Afrika.

Weereens - dankie. (ek sal nou gou na fanagalog beweeg...)

"Lorinda" skryf in boodskap news:3effe0a6_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bdo6ic$eei$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Lorinda - my protestantisme was gegrond op my eie protestant wees, maar
> ook
>> vanweë die feit dat die IRL se terroriste stryd te veel op siviele teikens
>> afgestem was.
>> My eposadres is soos aangedui - fana...@hotmail.com - ek sal jou
moeite
> op
>> prys stel.
>>
>> Kyk gerus na 'n stuk wat BBC tans beeldsend oor Israel en sy
>> atoom/biologiese program. Die sentiment wat die Israeliete uitspreek as
> rede
>> vir hulle atoom vermoë laat my onwillekeurigf dink aan ons eie
> gedagtewêreld
>> voor '92 - "die wêreld is teen ons gekant", en daarom moet ons ons
> verskans
>> ...
>>
>> Wanneer "sulke dinge" gedoen word in die hoop om te oorleef - maw waar dit
>> ooreenstem met die bedreiging, dan moet iemand dit doen. Reg of verkeerd.
>> Ons moet net nie later die omstandighede en die gees waarin dit gedoen is
>> vergeet, en dan die instrumente vervolg nie.
>>
>
> Ek kan dit verstaan dat jy die Protestante simpatiek gesind sou wees weens
> die die feit dat jy een is, dis seker natuurlik. Maar die ding in
> Noord-Ierland in die laaste eeu was nooit oor godsdiens nie, maar oor
> Engelse teenwoordigheid daar. Die Protestante is afstammelinge van Engelse
> en Skotse settelaars wat grond gegee is daar nadat die Iere verslaan is. Dit
> gaan oor vereniging met die Ierse Republike ens wat die Protestante
> teenstaan. Hulle het ook niks te vrees van so 'n vereniging nie, niks het
> met die Protestante in die suide gebeur nie, hulle is steeds daar. Selfs die
> twee hoof katedrale in Dublin is nog Protestants, en mens sou dink dat die
> Katolieke dit sou verander in die hoofstad van 'n Katolieke land. Wat
> siviele teikens aangaan, dit was nie die beleid van die IRL om Protestante
> te vermoor omdat hulle Protestante is nie, maar as geweld gebruik word
> gebeur ongelukke. Dit was wel die beleid van die UDA om Katolieke te vermoor
> selfs al was hulle nie lede van die IRL nie (hulle het natuurlik 'n probleem
> gehad omdat hulle nie geweet het wie in die IRL is nie). Dan is daar die
> ding van Britse magte op die strate van Noord-Ierland, en alles wat daarmee
> saamgaan.
>
> Ek het die verslag gestuur. Blair is blykbaar 'n baie langer verslag gegee,
> wat nie publiek gemaak is nie omdat dit moontlike verhore sou bevooroordeel.
> Die onafhankilike verslag van die afgetrede Kanadese hoofregter Peter Cory
> oor die moorde word in die herfs verwag.
>
>
> Lorinda
>
Re: Basies Korrup? [boodskap #79896 is 'n antwoord op boodskap #79885] Ma, 30 Junie 2003 17:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bdo6ic$eei$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wanneer "sulke dinge" gedoen word in die hoop om te oorleef - maw waar dit
> ooreenstem met die bedreiging, dan moet iemand dit doen. Reg of verkeerd.
> Ons moet net nie later die omstandighede en die gees waarin dit gedoen is
> vergeet, en dan die instrumente vervolg nie.
>

Jonas ek is jammer om weer terug te kom na dieselfde pos, maar wat jy hier
geskryf het pla my. Die herhinnering aan die "omstandighede en die gees"
verwyn soos mis voor die son as omstandighede verander. As Brigadier Gordon
Kerr hier aangekla word (en die moontlikheid word al groter), saam met die
ouens wat die vuilwerk gedoen het, gaan hulle aleen wees. Thatcher en Major
sal nerens in sig wees nie, en die regering (huidige en vorige) gaan hulle
onteien. Daar is al reeds baie bitterheid daaroor en ouens uit die weermag
skryf anonieme briewe aan koerante en kla dat hulle kan sien wat gaan
gebeur. Wat my verbaas is dat hulle verbaas is. Dit is tog altyd so? Moet
iemand nie maar weerhou van dinge wat sy gewete vir hom se verkeerd is nie?
Glo iemand erens dan nog dat die politici of die gemeenskap by hulle sal
staan die dag as die onderhandelings begin (soos nou in Noord-Ierland)?

Lorinda
Re: Basies Korrup? [boodskap #79905 is 'n antwoord op boodskap #79896] Di, 01 Julie 2003 04:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - as jy vir die antwoord op daardie ene het dan sal ek berus.
Waarom word jy 'n soldaat? Ek glo dat in 95% van die gevalle het die
aangeklaagde geglo dat hy 'n bydrae lewer om sy mense/land te beskerm.

My uitgangspunt is 'n baie eenvoudige ene - wanneer 'n soldaat (of wie ook
al) nie homself verryk, of nie sy eie politieke agenda navolg nie, dan
behoort die opdraggewer verantwoordelikheid te aanvaar. (Gewetensbeswaardes
moet liefs uit 'n weermag bly.)

Dit was ook die geval is Suid-Afrika. Daar was sekere milkitêre leiers wat
selfs nadat daar deur FW besluit is om met die ANC te onderhandel,
voortgegaan het om militêre aksies te loods. Dit nadat FW hulle, die
weermag, gewaarsku het. (En as jy die koerantberigte wil navolg doen dit
gerus.) Puik polisiemanne en soldate het dan die spit afgebyt het vir aksies
wat plaasgevind het nadat FW hierdie opdragte gegee het.

Dit wat die SAW betref. Aan die ANC se kant is daardie mense wat aan
identiese operasies deelgeneem het nadat onderhandelinge begin het, egter
beloon. Doen 'n bietjie leeswerk oor Operasie Vula - en die comrades wat
daaraan deelgeneem het - asook hulle "straf".

En van gruweldade gepraat - wie het die meeste Inkatha-lede vermoor?

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f0072ce$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bdo6ic$eei$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Wanneer "sulke dinge" gedoen word in die hoop om te oorleef - maw waar dit
>> ooreenstem met die bedreiging, dan moet iemand dit doen. Reg of verkeerd.
>> Ons moet net nie later die omstandighede en die gees waarin dit gedoen is
>> vergeet, en dan die instrumente vervolg nie.
>>
>
> Jonas ek is jammer om weer terug te kom na dieselfde pos, maar wat jy hier
> geskryf het pla my. Die herhinnering aan die "omstandighede en die gees"
> verwyn soos mis voor die son as omstandighede verander. As Brigadier Gordon
> Kerr hier aangekla word (en die moontlikheid word al groter), saam met die
> ouens wat die vuilwerk gedoen het, gaan hulle aleen wees. Thatcher en Major
> sal nerens in sig wees nie, en die regering (huidige en vorige) gaan hulle
> onteien. Daar is al reeds baie bitterheid daaroor en ouens uit die weermag
> skryf anonieme briewe aan koerante en kla dat hulle kan sien wat gaan
> gebeur. Wat my verbaas is dat hulle verbaas is. Dit is tog altyd so? Moet
> iemand nie maar weerhou van dinge wat sy gewete vir hom se verkeerd is nie?
> Glo iemand erens dan nog dat die politici of die gemeenskap by hulle sal
> staan die dag as die onderhandelings begin (soos nou in Noord-Ierland)?
>
> Lorinda
>
Re: Basies Korrup? [boodskap #79909 is 'n antwoord op boodskap #79905] Di, 01 Julie 2003 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bdr1lr$64v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dit was ook die geval is Suid-Afrika. Daar was sekere milkitêre leiers wat
> selfs nadat daar deur FW besluit is om met die ANC te onderhandel,
> voortgegaan het om militêre aksies te loods. Dit nadat FW hulle, die
> weermag, gewaarsku het. (En as jy die koerantberigte wil navolg doen dit
> gerus.) Puik polisiemanne en soldate het dan die spit afgebyt het vir aksies
> wat plaasgevind het nadat FW hierdie opdragte gegee het.

Hoe het FW hulle gewaarsku? Dis nie 'n retoriese vraag nie, ek probeer net
verstaan. Weet ons of hy iets kripties gese het, of het hy duidelik gese
"dis die einde van die pad ouens, hou onmiddelik op"? As dit laasgenoemde
was, het hulle ooit verduidelik waarom hulle nie opgehou het nie?

Lorinda
Re: Basies Korrup? [boodskap #79932 is 'n antwoord op boodskap #79909] Di, 01 Julie 2003 11:46 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - FW het in die media, volgens my wete aangedui dat die regering
(op daardie tydstip) met die ANC begin onderhandel het. Mens kan aanvaar dat
daar ook van die ander staatsintellinge soos die Staatsveiligheidsraad
gebruik gemaak was om sy boodskap oor te dra - hoe toeganklik daardie
rekords is sal ek nie kan sê nie.

Dis waarom ek verbaas staan as mense soos Eugene De Kock en vennote FW as
verraaier bestempel. Sy waarskuwings en vermanings ten spyt het van die SAW
& SAP leiers (generaals) voortgegaan met aksies - en waarvoor die manskappe
later die prys betaal het. Ek tref bepaald 'n onderskeid tussen aksies voor
en na die openbaarmaking van die besluit om te onderhandel. Dit geld vir
beide kante.

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f013127_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bdr1lr$64v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Dit was ook die geval is Suid-Afrika. Daar was sekere milkitêre leiers wat
>> selfs nadat daar deur FW besluit is om met die ANC te onderhandel,
>> voortgegaan het om militêre aksies te loods. Dit nadat FW hulle, die
>> weermag, gewaarsku het. (En as jy die koerantberigte wil navolg doen dit
>> gerus.) Puik polisiemanne en soldate het dan die spit afgebyt het vir
> aksies
>> wat plaasgevind het nadat FW hierdie opdragte gegee het.
>
> Hoe het FW hulle gewaarsku? Dis nie 'n retoriese vraag nie, ek probeer net
> verstaan. Weet ons of hy iets kripties gese het, of het hy duidelik gese
> "dis die einde van die pad ouens, hou onmiddelik op"? As dit laasgenoemde
> was, het hulle ooit verduidelik waarom hulle nie opgehou het nie?
>
> Lorinda
>
Vorige onderwerp: Annette....
Volgende onderwerp: Re: Hallo!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 02:02:14 MGT 2024